Rashied Staggie in dieselfde straat as broer vermoor

Rashied Staggie jare gelede buite ‘n hof.  Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die voormalige leier van die Kaapstadse Hard Livings-bende Rashied Staggie is Vrydagoggend in ’n hospitaal dood nadat hy verskeie kere buite sy huis in ’n Kaapse voorstad geskiet is.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring forensiese kenners is op die toneel waar ’n 58-jarige man in Soutrivier geskiet is.

’n Voorlopige ondersoek toon dat die man in sy motor gesit het toe twee onbekende verdagtes op die man losgebrand het voordat hulle te voet op die vlug geslaan het. Die man is ernstig gewond in die voorval en na ’n nabygeleë hospitaal gehaas vir mediese behandeling waar hy met sy aankoms aan sy beserings beswyk het.

Daar is vanoggend wyd berig die oorledene is Staggie. Die polisie wou dit egter nie in dié stadium al bevestig nie.

Die straat waarin Rashied én Rashaad Staggie vermoor is. (Foto: Twitter)

Times Live berig Staggie se dogter, Ingrid Carolus, het vanoggend buite haar pa se huis in Londenweg geskree: ‘Hy is dood! Hy is dood!”

Betogers van die groep People Against Gangsterism and Drugs (Pagad) het Staggie se tweelingbroer, Rashaad, in 1996 in dieselfde straat geskiet en lewend aan die brand gesteek.

Maroela Media het vroeër berig Staggie is in 2003 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van ontvoering en verkragting. In 2004 is hy tot 13 jaar tronkstraf gevonnis weens wapendiefstal. Die vonnisse is samelopend uitgedien, en hy is in 2013 op dagparool vrygelaat. Dié parool is later teruggetrek, maar die voormalige bendeleier is in 2014 weer vrygelaat.

Die motor waarin Staggie vanogend geskiet is. (Foto: Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Al ·

Absoluut! Geen genade nie. Een suurstofdief minder wat die aarde besoedel.

Netso ·

Ja die persoon wat die sneller getrek het, kan beslus groepeer!

m ·

Ja Juan, presies wat ek gedink het toe ek daardie foto sien!! Die ou kan skiet!

Aksie SA ·

Verskeie media se beriggewing kom eerder neer op heldeverering vir ‘n berugte krimineel…. begin tipies die norm raak in SA!

Domvraag ·

Dis wanneer die regstelsel faal en mense reg in eie hande neem. Hy moes 28jaar sit maar was net 10jaar in die tronk.
Die uitdien van vonnisse gelyktydig moet geskraap word. Of jy 1 doodmaak of 10 die vonnis bly dieselfde. Dis mos nie reg nie.

Grobler Steyn ·

Ek wag nou vir die huldeblyk en kerkdiens sal seker ook as morele kompas pilaar van samelewing vegter teen misdaad soos die politieke misdadigers van ANC bv Ben Turok beskryf word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.