Raskriteria: Organisasies reik hofstukke uit

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. (Foto: AfriForum)

AfriForum en Solidariteit se regsverteenwoordigers het Maandag hofstukke uitgereik waarin hulle die Konstitusionele Hof direk nader met ’n appèlaansoek teen die uitspraak van regter Jody Kollapen in die hooggeregshof in Pretoria.

Kollapen het Donderdag beslis dat die departement van toerisme wel ras as kriterium vir die toekenning van finansiële hulp aan klein, mediumgrootte en mikro-ondernemings (KMMO’s) kan gebruik.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vanoggend in ’n verklaring gesê daar is besluit om die Konstitusionele Hof direk te nader aangesien die klein toerismebesighede wat deur lede van minderheidsgroepe besit word, net soos alle ander klein toerismebesighede dringend hulp benodig.

“As die saak sloer, sal talle klein sakeondernemings in wit besit ondergaan en sal die regering aandadig wees. Figuurlik gesproke is dit ekonomiese moord op minderhede,” meen Kriel.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is ook nie te vinde daarvoor dat ras as kriterium vir die toekenning van finansiële hulp aan KMMO’s gebruik word nie. “Dit is skrikwekkend dat daar grondwetlike ruimte in ’n krisis soos hierdie kan wees waar die toekenning van noodfondse op grond van ras kan geskied,” het hy gesê.

Volgens Hermann is dit van uiterse belang dat regsekerheid oor die aangeleentheid verkry word. “Aangesien dit ’n dringende krisis is, is ons van mening dat die saak ook dringend is en daarom het ons gevra dat ons toegang tot die Konstitusionele Hof vir dié saak kan kry.”

Maroela Media het vroeër berig Solidariteit en AfriForum was op 28 April in die hooggeregshof in Pretoria om te vra dat die rassemaatstaf van die departement van toerisme hersien moet word. Dit volg nadat Solidariteit op 25 Maart ʼn klagte by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien het nadat die regering bekend gemaak het dat ras, eerder as nood, die bepalende faktor vir die toekenning van noodfondse sal wees. ʼn Dringende aansoek is op 30 Maart op die departement beteken.

Solidariteit argumenteer dat die pandemie nie op grond van ras teen sy slagoffers diskrimineer nie en dat dit dus immoreel van die regering is om hulp op hierdie gronde aan te bied.

Die departement van toerisme se verweer was dat hy wetlik verplig is om swart ekonomiese bemagtiging toe te pas, ongeag die gevolge van beweerde verpligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

katerinadiekat ·

Dankie Afriforum vir alles wat julle doen. Ek is egter bevrees dat die ANC regering die Covid situasie met n blye hart aangryp om blanke besighede te kelder. Uit pure haat en nyd. Om soveel as moontlik van die blanke demografie te verarm tot plakkerskamp vlakke. Baie swartmense gaan Ook hierdeur hul werk verloor. Maar daaroor is die ANC se gevoel seker maar: ” Take one for the team, pal, at least we are destroying the lives of many pesky whites”. I mean, what else is one supposed to conclude from this disgraceful situation?

Harry ·

Hier is die grap. Hierdie stoei kom tot niks. Kospakkies ter waarde van R30.00 word uitgedeel aan stadsraad amptenare teen R600 per pakkie. Geld vloei nogsteeds.

SomeOne ·

dis hoekom die land voor 1994 ‘n apartheids regering was, want rasse kon nie tot ‘n vergelyk kom nie

Jaco ·

As raskriteria ooit geskrap word en wit besighede doen aansoek vir hulp en kry dit, dan het die staat as deel van die aansoeke ALLE inligting oor daardie besighede bekom. Oor ‘n jaar of twee kom raskriteria terug wn dan kan die staat baie maklik daardie wit besighede weer treiter met ras vereistes. Uiteindelik moet daardie besighede dan tog maar toemaak. Wit besighede moet eerder bly wees hulle is uitgesluit van hulp, want daardie selfde “hulp” gaan hulle net eendag in die rug steek

katerinadiekat ·

Dan kan daardie besighede op daardie aangewese tyd hul rasvereistes aanpas as hulle wil. Maar hierdie is nou n krisis reg Nou. As die blanke besighede nie hulp kry Nou nie, gaan hulle in elk geval vou. Die hede is Nou die probleem, nie die toekoms nie.

Michael 1 ·

Hulle president ramaposa keur diskriminasie goed,want die media is te bang om hom aan die groot klok te hang.

Willem ·

Ai ou Kallie sterkte maar dink dis te laat. Ace en Mabuza nou baas

werner ·

Dink bietjie terug Na die sanksies wat jare terug teen SA ingested was ,hoe het ons toe oorleef as n volk en land,ons het oorleef deur Geloof ,daar was Godsdiens in die ouerhuis die skool naskool kerke en kultuur,waaraan hang ons nou,die id2020 beweging,lëe kerke,ongeskoolde kinders ons toekoms,aardverwarming deur ons veroorsaak,oor populasie deur ons weluste,armoede wat ek nie glo baie mense al gesien het nie,plaasmoorde,waar is LIEWE JESUS dan,hoe pas hy in by ons,Glo Praat Doen Saam met Hom

katerinadiekat ·

Versigtig met jou stelling: “Oor populasie deur ONS welluste”. Weet nie hoeveel onse is in jou pond nie, maar die oor populasie in hierdie land is beslis nie voor die deur van die blanke demografie te le nie.

Janc ·

Wat die ANC nie in gedagte gehou het nie, is al die werknemers wat vir hierdie wit maatskappye werk. Ons voer maandeliks 7 swart gesinne met die salarisse wat hulle ontvang. Soos dinge nou aangaan, blyk dit dat ons almal gaan moet laat gaan weens geen inkomste op hierdie stadium nie wat beteken 7 gesinne het nie kos om te eet nie. Dit klink min, maar vat al die klein besighede en gaan kyk hoeveel van “our people” kom hy te na!

katerinadiekat ·

Wel, hulle kry kospakkies and hulp van die regering. Tyd om jou oor jou eie mense te bekommer, oor kindertjies van jou eie volk wat vergaan van die honger.

Francois ·

Ek wil graag he dat Agriform vanoggend se uitspraak ook sal laat ondersoek oor die rassisme dat die toerusme bedryf sal sorg dat die toerusme bedryf nooit weer sal lyk soos voor 1994. Tenminste het ons toe nog n toerismebedryf gehad

Martie Smartie ·

Vat daai grondwet en vee julle alies aan hom af. Dis nie die papier werd waarop dit staan nie.

maggy ·

Ons moet die groot skenkers soos bv mnr Rupert vra of daar enige ooreenkoms geteken was wat bepaal hoe sy skenking geallokeer moet word – glo nie hy sou so baie geld skenk sonder enige ooreenkoms nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.