Raskriteria vir hulp: ‘Gryp in, meneer die president’

dr-dirk-hermann-blf-konferensie-2019-02-14

Dr. Dirk Hermann. (Foto: Reint Dykema)

Solidariteit het pres. Cyril Ramaphosa in ’n brief gevra om in te gryp in die departement van toerisme se besluit om ras as kriteria te gebruik met die toekenning van hulp gedurende die Covid-19-krisis.

Solidariteit en AfriForum is na verwagting Dinsdag in die hof om die departement van toerisme se besluit te laat hersien om ras as kriteria in dié krisis te gebruik. Solidariteit het nou ’n beroep op Ramaphosa gedoen om polities in te gryp sodat ’n skikking buite die hof bereik kan word waarin die partye ooreenkom dat ras nie as kriteria gebruik sal word nie.

Ter wille van die regsproses vra Solidariteit dat Ramaphosa voor Maandag 27 April om 09:00 sal reageer. Die brief is Saterdag aan Ramaphosa gestuur.

“Hierdie saak hoort nie op die hofrol nie. Hulp gegrond op ras sal Suid-Afrika in hierdie krisistyd verdeel,” skryf dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, aan Ramaphosa.

Die Covid-19-pandemie het die toerismebedryf lamgelê. (Foto: Love South Africa/Facebook)

“U het by verskeie geleenthede ’n oproep op mede-Suid-Afrikaners gedoen om teen die nuwe onsigbare vyand saam te staan om die lewe van ons geliefdes en ons lewensmiddele te beskerm. Hierdie virus ken nie velkleur nie en diskrimineer teen niemand nie. Almal word geraak en almal moet saamstaan.”

Solidariteit sê die departement van toerisme het oënskynlik anders besluit en ras word gebruik in die besluit oor wie by die verligtingsfonds vir die bedryf mag baat. Die organisasie sê tydens een van die grootste krisisse in Suid-Afrika word Suid-Afrikaners steeds op grond van hulle ras verdeel.

“U vra vir almal se hulp, tog wil die minister van toerisme nie almal help nie.”

Solidariteit sê die toerismebedryf gaan die laaste een wees wat ná die Covid-19-krisis weer op sy voete sal kan kom. Weens veral streng reisbeperkings word die bedryf swaar getref.

“Hierdie fonds sluit onder meer groot ondernemings, die meeste mikro-ondernemings in wit mense se besit en klein ondernemings wat nie vir belastingdoeleindes geregistreer is nie (die meeste daarvan in die besit van swart mense) uit,” lui die brief.

“Slegs maatskappye met ’n omset van minder as R5 miljoen per jaar en wat vir belastingdoeleindes geregistreer is, kwalifiseer om hulp van hierdie fonds te ontvang.”

Solidariteit sê ’n klein groepie swart eienaars, slegs 7% van die sektor, kwalifiseer vir die leeueaandeel van die verligting wat die fonds bied. In geheel word 93% van eienaars, asook duisende klein informele swart ondernemings van enige hulp uitgesluit.

“Van die 350 000 werknemers in die bedryf is twee uit elke drie swart. Hierdie fonds sluit die oorgrote meerderheid van hierdie broodwinners uit,” skryf Hermann aan die president.

(Foto: Love South Africa/Facebook)

Solidariteit voer aan die fonds diskrimineer op twee vlakke – eerstens teenoor die wit eienaars van ondernemings en tweedens teenoor alle werknemers, wit én swart.

“Hongerte slaan nie werknemers wie se werkgewers wit is oor nie.”

Die departement voer in hofstukke aan swart bemagtiging moet as kriteria gebruik word.

Solidariteit sê egter die doel van swart ekonomiese bemagtiging is om die ongelykhede van die verlede reg te stel: In dié geval gaan dit egter nie daaroor om diegene wat voorheen benadeel is te bevoordeel nie, maar om oorlewing.

Hermann sê volgens die regulasies van swart ekonomiese bemagtiging is mikro-maatskappye vrygestel van swart ekonomiese bemagtiging in normale omstandighede. Te midde die Covid-19-krisis is swart bemagtiging en die vele administratiewe en finansiële verpligtinge wat daarmee gepaardgaan skielik van toepassing op hierdie ondernemings, sê Solidariteit.

“In hierdie krisis is die hekkie wat deur ondernemings in besit van wit mense oorkom moet word, baie hoër as wat dit in normale omstandighede is.”

“U het gesê dat die koronavirus ’n positiewe nalatenskap kan inhou wat Suid-Afrikaners kan byeenbring deur ons vasbeslotenheid vir oorlewing. Hierdie hulp wat aangebied word, maar gegrond is op ras, kan egter Suid-Afrikaners verdeel. Dit kan die negatiewe nalatenskap van die koronakrisis wees.”

Hermann skryf Solidariteit sal intussen voortgaan om alles in sy vermoë te doen om die virus te help beveg sodat mense gesond kan werk.

“Ons dra u en almal in ons mooi land op in ons gebede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Willem ·

Mnr Hermann dankie vir julle pogings om mense wat uitgesluit word ten opsigte van finansieele hulp te help. Self dink ek nie jul gaan iets reg kry met die patetiese ministers nie. Ten minste is jul sigbaar en laat jul stem hoor. Die ander wat voor verkiesings smse stuur elke paar uur is skielik doodstil. STERTE

Frans ·

Kan die wit busnes mense nie besef gee net vir wit mense werk nie so manier sal coverment besef wat aan die gebeur is

Johnny ·

Watse nes is ‘n busnes? Oooooo . . . jy bedoel “besigheidsmense”

Burgermeester ·

Solidariteit doen uitstekende werk, en ek dink nie daar is genoeg woorde om ons dank te betuig nie. Ek stem saam met Willem se kommentaar, dat die kanse om Ramaphosa of die regering se benadering tot die toekenning van fondse te verander maar skraal is. Ramaphosa is geen staatsman nie, as hy was, sou ‘n brief van Solidariteit nie nodig gewees het nie.

Alleen Wolf ·

As ons regering hoegenaamd “Staatsmanskap” wou toon, sou hulle soos Botswana se regering ‘n totale salaris opskorting van 6 maande geneem het en nie die belaglike 30% vir een maand nie, nee wat, van staasmanskap is daar geen sprake nie

Michael 1 ·

Ons sal moet saamstaan teen hierdie diskriminerende wette en beleid ,ek kan nie verstaan hoekom dr Groenewald nie in hierdie tye klem lê daarop nie dit is verkeerd en kan nie geduld word nie .

Boortor ·

Ek kan ook nie verstaan wat van die ander politieke partye geword het nie. Waar is die VF+ nou eweskielik? O ja…dit is nie verkiesing tyd nie, nou onthou ek. Ek stel voor wit klein besighede neem net wit werkers indiens na dese. Ek is seker daar is baie wittes wat goeie werk kan lewer met dieselfde salaris. Ek neem net witmense in en ek is heel tevrede met my besluit. Probeer net en kyk, jy sal dalk verbaas wees!

gatgogga ·

Kan Solidariteit of Afriforum nie ‘n brief rig aan IMF en Wereldbank nie?
Hierdie twee finansiele instansies is genader deur die ANC regering om Corona hulp te bekom. Lig hierdie instansies in hoe selektief die ANC regering beoog om ons land te help om die gevolge van die virus te verlig. Laat die wereld weet wat hier aangaan.

Jaco ·

Gestel raskriteria word weggevat. Dan doen talle wit besighede aansoek vir hulp. In die aansoeke moey hulle ALLES van hulleself vermeld. ‘n Paar maande later kry hulle die hulp en dinge begin weer regkom. Intussen kom raskriteria terug. 1 jaar later word hulle gedwing om maar tog weer BEE ensovoorts toe te pas, want die staat weet nou alles van hulle.
Hoe pynlik dit ook al is, moet wit besighede eerder bly wees hulle word uitgesluit van dié “hulp”. Dit gaan net “hulp” wees met drakoniese nagevolge.

Harry ·

Nou weet ons dat ons 4de klas burgers in S.A. is. Hierdie kom al sedert 1999. JZ het die mes gebruik om homself en sy kaders te probeer verryk. CR het net voortgegaan om sy rug op blankes te draai. Tyd om hierdie nuwe apartheid te verwep en ons opstaan gees te wys.

Opstaan vir reg en gereg. Glo in ons selfwaarde. Glo dat ons ‘n bydrae het om te maak.

Nico ·

Niks gaan daarvan kom nie, rassisme is so diep in die wese van die regering dan dit nooit sal einde kry nie, en die regering dink dit is okay om te diskrimineer want hulle maak die reels. Selfs tydens hierdie tyd sal ons President in een asem vertel dat dat die virus nie ras of geslag of enige van die ander dinge erken wat ons skei nie. Dan in die volgende asem maak hy punt om die plaas werker te bedank vir sy/haar werk maar los doelbewus die boer uit die bedanking uit. Dit maak die regering se posisie baie duidelik. As dit regtig iets was wat die regering as verkeerd gesien het, sou die President dit in die publiek veroordeel het.

Werner ·

En dan is daar sowaar witmense wat dink die regering en ou CR hanteer hierdie krisis wonderlik hoe pateties

Anel ·

Het ons mense nig nie geleer nie? Hoekom aanhou skenkings maar aan regeringsorganisasies? Geen blanke het nog ooit voordeel getrek nie. Skenk dan die geld aan Solidariteit dan weet jy blankes trek voordeel daaruit.

Harold ·

Dit is ek glo net by Toerisme so nie! Met die staatshulp beskikbaar is ons te klein of te…..Ek het ook swart werkers om te betaal.Hulle het nog geen kospakkies ontvang nie!
Jaaare terug het my tannie van Tvl altyd gesê jul bly in die Kolonie dalk nou ees waar!
Vergewe my een negatiewe punt.Toe ek my tuindiens alleen begin het,het gesoek vir arm wit mense om te help,juis om die rede veral dat daar een wat ek dalk sou kon gebruik vir n bakkie later,hartseer hul was nie bereid soos n werker te werk en wou meer pay as ander,dalk was dit n minderwaardige werk.Verskoning maar dit is soos dit is,sal eerder by robot bedel is meer geld.

Baie dankie vir organisasie wat hul beste poog om te doen!

Michael ·

Deze steun kan niet voor één groep gelden maar moete voor iedereen Afrikaner ook.
De getallen van den witte plakkerskampen van zekere gebieden armoedig zijn, ik houd uw in mij gebeden.

david ·

Een van die instansies wat ook op rassegronde uitgesluit word. is Gastehuise.
Daar was onlangs ‘n foto gepubliseer van die eienaars van ‘n gastehuis voor hulle
advertensie bord met die berig –geen hulp omdat hulle WIT is.
Nou wonder ek–kan sulke gastehuis eienaars nie dalk ook adverteer dat hulle nie swart
kliente gaan akkomodeer nie as gevolg van die swart regering se Anti-wit beleid..!
Daar sal natuurlik ‘n geween en gekners van die tande wees, en waarskynlik ook hofsake–
Maar daar kan dan gevra word of die wit eienaars alewig die rassistiese klappe moet verduur
en nie terug klap nie …?
Wonder hoe sou die Gelykheidshof hieroor reageer……?
Miskien moet die betrokke minister ‘n slaggie art 9.2 van die grondwet gaan lees–
oor geregverdigde diskriminasie……

Anton ·

Ek lees dat selfs die kospakkies ook net aan sekere suid Afrikaaners uitgedeel word.

Alleen Wolf ·

Maak nie saak wat Ramaphosa se reaksie gaan wees nie, hulle kan ooreenkom dat ras nie meer die kriteria is nie, maar wie besluit aan die einde van die dag wie word gehelp, gaan daar nie maar weer oral fout gevind word met die inligting wat in die aansoek verskaf is en sodoende verseker hulle geen hulp aan blanke besighede, dis maklik om fout te ind as jy wil.

Pensionaris Sedgefield ·

Na dese sal ons weet of hy eerlik is en of hy net mooi woordjies gebruik om die blankes te paai. Sy uur van waarheid het aangebreek.

Althes ·

Dankie Solidariteit – daar het genoeg skade gewees met Zuma wie die land se mense verdeel het agv rasse uitsprake en onregmatige bevoordeling.
In baie van CR se uitsprake het hy my teleurgestel deur nog steeds probeer om die flou raskaart te speel.
Vat hom vas met hierdie een. Dan sal ons weet of hy werklik wit en bruin Afrikaners verdra.

Patricia ·

Die VF+ se regsaak in verband met hierdie saak begin op 28/04/2020

JJ ·

Wat sal gebeur as diegene waarteen gediskrimneer word, hulle besighede toe hou vir nog ‘n maand of twee. Ek vermoed hulle sal gesmeek word om asseblief hulle besighede te hervat.

daniel ·

So oningeligte dwase besluit het ek nooit van gehoor nie. Dit behoort tog duidelik te wees as n blanke besigheid ondergaan gaan sy werknemers immers saam met hom onder, en die werknemers is merendeels swart. Verstaan die dept van toerisme dit nie?.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.