‘Rasmal’ regering nou ook by IAO verkla

Dirk Hermann by die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) in Genève. (Foto: Verskaf)

Solidariteit het Woensdag ʼn klag teen die regering se raswette by die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) in Genève, Switserland, ingedien.

Die klag fokus spesifiek op rassewetgewing soos van toepassing in die werkplek en volg kort nadat die organisasie Maandag ʼn klag teen die regering by die Verenigde Nasies se Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD) ingedien het.

Die klag by die IAO is ingevolge Resolusie 111 van die IAO, wat rassediskriminasie verbied, ingedien.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê enige vorm van regstellende aksie behoort as ʼn uitsondering hanteer te word en moet aan streng vereistes voldoen. Dit moet tydelik wees, regstelling tot gevolg hê en mag nie tot aparte regte vir aparte groepe lei nie. Indien die regstellende aksie nie hieraan voldoen nie, is dit onbillike rassediskriminasie wat verbied moet word.

“Suid-Afrika oortree hierdie resolusie op talle vlakke,” sê Hermann.

Dirk Hermann en Anton van der Bijl by die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) in Genève. (Foto: Verskaf)

Hy vorm deel van ʼn span wat tans verskeie Europese lande besoek om met politici van oor die hele spektrum te vergader oor die Suid-Afrikaanse regering se beleid oor ras.

“Die beleid van absolute rasseverteenwoordiging lei daartoe dat regstelling niks meer met regstelling te doen het nie, maar alles met ras. Dit bring ook mee dat die regstelling permanent is,” sê Hermann.

Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se regsdienste, sê die IAO-grondwet laat vakbonde toe om ʼn klag teen ʼn regering by die IAO in te dien indien ʼn resolusie van die liggaam oortree word.

Indien die IAO in Solidariteit se guns bevind, sal die regering verplig wees om wetgewing daarvolgens aan te pas.

Solidariteit se klag steun sterk op die Menseregtekommissie (MRK) se gelykheidsverslag wat bevind het dat die Wet op Billike Indiensneming nie aan grondwetlike en internasionale verpligtinge voldoen nie.

Die kommissie se gelykheidsverslag het ook aanbeveel dat regstellende aksie meer genuanseerd toegepas moet word en nie net op ras gegrond moet wees nie. Dit moet eerder behoefte in ag neem, aldus Hermann.

Solidariteit versoek nou die IAO se komitee van kundiges om onder meer aan te beveel dat Suid-Afrika dié genuanseerde benadering tot regstellende aksie volg en vra ook die komitee om aan te beveel dat ras nie die bepalende faktor moet wees nie.

“Suid-Afrika is die mees rasgereguleerde land in die wêreld. Ons durf nie toelaat dat dit normaal raak nie. Internasionale resolusies en klagte help om ʼn internasionale spieël voor die abnormaliteit van die Suid-Afrikaanse rassebedeling te hou,” sê Hermann.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hardekwas

Voetsek anc kommuniste.

Jaco

Wat van die regerings van Amerika, Kanada, Brittanje, Nederland, België, Duitsland, Oostenryk, Australië en Nieu-Seeland vra of vlugtelingstatus aan SA se wit mense sal gee?
Eerlikwaar, met NET die klere aan my lyf, sal ek van vooraf in enige van daardie lande begin, want hulle is SONDER:
-Onbeheerbare uiters hoë misdaad
-Beurtkrag
-Swak vuil staatshospitale
-Lae standaard onderwys waar gewelddadige leerders meer regte as onderwysers het
-Swak of geen munisipale dienslewering
-Regstellende aksie
-Plaasaanvalle en plaasmoorde
En en en. My lys is eintlik BAIE langer.

Marcello

WOW!!!! Trots op my vakbond, hou so aan…..

Sarel

Wel..net die feit dat julle aangehoor was is ‘n.pluspunt.
Maar nou ja verwag maar dat die ANC Regering dit sal teenstaan en Solidariteit.gazn voorstel as Rasisties..

Pieter

Die lande en nasies wat die ANC in hul struggle ondersteun het moet maar bestek opneem van die gevolg van hul dade en hul stem verhef. Maar ja, die struggle se eintlike doelwit was om die vleispotte van Suid Afrika leeg te maak. Weinig te doen met menseregte.