‘Rasregter’ op spesiale verlof

Mabel Jansen. Foto: Twitter

Mabel Jansen. Foto: Twitter

Adv. Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het Woensdag ʼn aansoek goedgekeur om ʼn Pretoriase regter in die hooggeregshof, Mabel Jansen, op spesiale verlof te plaas nadat dit aan die lig gekom het dat sy meen swart mans het ʼn “kultuur” van verkragting.

Mthunzi Mhaga, die minister se woordvoerder, het gesê Masutha het ook ʼn vakature goedgekeur om ʼn waarnemende regter intussen in haar plek aan te stel.

Die Regterlike Dienskommissie (RDK) het Dinsdag bevestig adv. Vuyani Ngalwana, SC, het ʼn amptelike klag in sy hoedanigheid as voorsitter van die Advokate vir Transformasie, asook in sy persoonlike hoedanigheid, teen Jansen ingedien. Die RDK gaan ondersoek instel om te bepaal of Jansen die regterlike gedragskode, waaraan sy onderworpe is, oortree het met haar uitlatings.

Die RDK het verder gesê hy het met Jansen vergader en versoek dat sy op spesiale verlof gaan, hangende die bevinding van die ondersoek. Die RDK het ʼn beroep op die publiek gedoen om die nodige prosesse hul gang te laat gaan.

Maroela Media het vroeër berig ʼn herrie het op 7 Mei op sosiale media losgebars, nadat ʼn private gesprek van 2015 tussen Jansen en Gillian Schutte, ʼn joernalis en aktivis, aan die lig gekom het. Schutte het die gesprek, waarin Jansen haar mening verduidelik oor swart Suid-Afrikaanse mans se beweerde kultuur van verkragting, openbaar gemaak.

Schutte het skermskote geplaas waarin Jansen glo skryf: “In hul kultuur is ʼn vrou daar om aan hulle genot te verskaf. Punt. Dit [seks] word beskou as ʼn absolute reg en ʼn vrou se toestemming is nie nodig nie.” Sy het ook geskryf: “Ek moet nog ʼn swart meisie ontmoet wat nog nie teen 12-jarige ouderdom verkrag is nie. Ek is doodernstig.” Schutte het ook ʼn skakel gedeel waarin Jansen glo soortgelyke uitlatings op ʼn openbare forum gemaak het. Volgens Schutte het sy dit reeds in Junie 2015 by die RDK aangemeld, maar daar het klaarblyklik niks daarvan gekom nie.

Jansen het op 8 Mei op haar Twitter-rekening gereageer deur te twiet: “Wat ek vertroulik aan iemand gesê het, is heeltemal buite konteks geneem en verwys spesifiek na hofsake.”

Lees die vorige berigte oor Mabel Jansen op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Hendrik ·

Ek het berig gehoor die regter se man is die naweek oorlede. As dit so is verstaan ek die spesiale verlof.

DG ·

Feit van die saak is daar is ‘n ongelooflike hoeveelheid verkragtings in sekere areas plaasvind, kyk wat kry ek op wiki

“More than 25% of a sample of 1,738 South African men from the KwaZulu-Natal and Eastern Cape Provinces admitted to raping someone when anonymously questioned; of these, nearly half said they had raped more than one person, according to a non-peer reviewed policy brief issued by the Medical Research Council (MRC).[6] Several news publications wrongly extrapolated these results to the rest of the South African population, giving reported rape prevalence several times higher in the two provinces in question. [7][8] Nearly three out of four men who admitted rape stated they had first forced a woman or girl into sex before the age of 20, and nearly one in ten admitted to doing so before the age of 10.[6]”

Dit klink vir my ‘n saak van skiet die boodskapper. Die werklike probleem is dat sy die waarheid praat!!!

Marius ·

Twee blanke mans rand ‘n swart man aan en noem hom rassistiese name. Daarom is alle blanke mans rassiste.
Dis presies hoe jou argument klink. Probeer tog bietjie meer objektief wees. Afwesige pa’s, gewelddadige gemeenskappe as gevolg van ‘n hele reeks faktore. Navorsing wys op so baie dinge wat verkeerd is in swart gemeenskappe en die sosiale maatskaplike probleme wat daar bestaan. Baie daarvan het hulle wortels in die trekarbeiderstelsel van apartheidsregering. Ek sou verseker die harnas in wees as ek ‘n swart man is en onder dieselfde kam geskeer word as ‘n verkragter net omdat hy swart is. Dink tog wat jy kwytraak. As dit is hoe blanke mense redeneer is hulle baie vlak. (Klink dit nie so bietjie bevooroordeeld nie) Jeffrey Damer verkrag en vermoor 21 vrouens en eet van hulle liggaamsdele. Hy was ‘n blanke man. Wat maak dit my want ek is ‘n blanke?

Rina Pretorius ·

Ek wonder hoekom vervolg hulle dan nie die swart vrou wat so jaar of wat terug gese het dat wit man hulle vrouens abuse, hoekom is niks daaraan gedoen nie, ek wonder maar net. Wat goed is vir die een is mos goed vir die ander ook

D ·

En wat van Gillian. Don’t give her a bells. Sy is waaragtig agteraf. Met so ‘n vriendin het jy ni vyande nodig ni.

Henk Celliers ·

Kan daar nie navorsing gedoen word oor die regter se uitspraak nie,dan weet ons mos of sy reg of verkeerd is,sommer ook kyk na die tendens van korrupsie

MCS ·

Ag shame, party rasse kan maar net nie die waarheid “face” nie! Wys jou weereens uit watter verskillende hout die Rainbow Nation gesny is!Dis hoekom niks ooit bymekaar sal kom in die land! Geure en kleure wil maar net nie meng!

Paul ·

Om Schutte as ‘n “joernalis” en “aktivis” te beskryf, is heeltemal foutief.
Dis nie waarmee sy haarself besig hou nie. Ek kan nie hier beskryf wat sy werklik doen nie, want dit sal nie aan die bepalings en voorwaardes vir die kommentaar voldoen nie…

Corné ·

Hoekom tree Gilillian Schutte as aktivis nie ook vir blankes in die bres wanneer daar onregverdige en ongegronde uitlatings teenoor hulle geuiter word nie? Nié alle mense van kleur is oneerlik of rassiste nie en nét so ook nie alle blankes nie. In die geneenskappe waartussen ek beweeg het ek nog nie één rassistiese of wraaksugtige opmerking vanuit blanke geledere gehoor nie. Ek hoor dit egter op gereelde basis by mense van kleur. Mense moet eerder regverdig en neutraal staan wanneer hulle verslaggewing doen. Dis maklik om mensein ‘n situasie teplaas waar hul opinie dalk (vir sekere mense) ‘n negatiewe strekking het…..dis geen kuns nie. Dis ook geen kuns om ander mense in ‘n swak lig te stel en tot ‘n val te bring nie. As daar nie soveel vergrype was waarmee ons moes saamleef nie, sou daar ook nie soveel “negatiewe” persepsies gewers het nie. Pleks dat mense in sleutelposisies eerder poog deur positiewe samewerking ‘n vreedsame oplossing te bring

Theo ·

http://www.zonalatina.com/Zldata309.htm- Race, class & education in Brazil. lees hierdie bevinding in n land, waar daar geen ras klassifikasie is nie, dan verstaan ek hoekom die anc aan regstellende aksie vas klou of as n blanke n stelling maak dan is dit rassisme.

André ·

Gaan kyk na hof statistieke en bring dit in konteks met wat tegter Mabel Jansen gesê het. Dit is immers waarvan sy gepraat het….die hofsake wat sy hanteer het. Die eier is uit die hoender geruk, maar as mens iemand in ‘n swak lig wil stel sal daar altyd ‘n metode gevind word om dit te doen.

André ·

Gaan kyk na hofstatistieke. Regter Mabel Jansen het spesifiek melding gemaak van die hofsake wat sy hanteer het. Die eier is uit die hoender geruk. Mense wat iemand anders in ‘n swak lig wil stel sal altyd wel ‘n metode vind.

Peet Boksburg ·

Paul lug is jou opinie omtrent feetjies? Feetjies doen moes nie wat nie en/of is nie wat nie ?

Se net ·

Hierdie hele situasieis vir my so die verkeerde tyd. Hoekom wag dat die regter se man sterf en haar emosies op die laaste is. Dan klap ons die mens heen en weer. Dink werklik sy het nou genoeg om te hanteer. He medemenslilheid, of is dit vir ons as mens tog te lekker om ander te trap wat reeds le.
Swak van die joernalis, niks om op trots te wees nie! Daar is n tyd en plek vir als.

Jana ·

So voor n verkiesing is fit net baie snaaks dat al wat rasiste is is ons blankes. Wat van die Dr. wat sy arm beseer het en hoe die swart polisie jom uit sy kar geruk geklap en gevloek het. Dit is niks. Dit is waar die swart mans is dit hulle reg om te vetjrag. Hier op die plaas ondervind ons dit gereeld. So weet nie waaroor regter Jansen nou so aangeval word. Waar is die DA om hulle steun ook vir ons blankes te gee!

anthonie. ·

Paul ek dink ek weet waarvan jy praat. As julle na Schutte se agtergrond gaan kyk, sal jul besef waarom sy die regter gaan verkla het.

Oupa Hen ·

Wat is die statistiek? Hoeveel swartmense verkrag witmense?Hoeveel witmense verkrag swartmense?

Veritas ·

Die regter het glo aan een of ander nuusgroep vertel dat sy, gedurende die vorige bedeling, hard geveg het teen die Apartheidsregering. Dit het haar 20 jaar gevat om wakker te word. Van my kant af, sal sy geen simpatie kry nie.

Leon Pit ·

Wel Maroela het klaar geoordeel .
Hoof opskrif Ras Regter. Is die media regverdig of hoe.

Vicus ·

Maroela waarom is julle so bevooroordeeld deur haar die rasregter te noem? Sou julle dit gewaag het as dit iemand anders was. Hierdie is nog slegs bewerings. Sies vir julle!

Ben Prinsloo ·

Veritas as jou inligting korrek is dan maak dit 2 van ons. Dan sing ek maar net” swem regter swem”

Bruno Stef ·

schutte die een wat n ander persoon jaag staan self nie stil nie so moet nie tjank as die hele aangeleentheid op jou self boemerang nie.Die hele probleem is dat jy van n molshoop n berg probeer maak ek het persoonlik al te veel kere tot die selfde slotsom gekom na jare se ondervinding met groot konstruksie werkers spanne.Ek sal toegee dat n mens nie kan veralgemeen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.