Rasse-konflik is slegs ʼn rookskerm vir vandalisme in Coligny

Betogings in Coligny en Lichtenburg in Noordwes (April 2017). Foto: Facebook via Intelligence Bureau SA

Die bewering dat die plundering en die brand van winkels en woonhuise in Coligny die gevolg is van ʼn rassevoorval waar ʼn boer die dood van ʼn twaalfjarige swart seun veroorsaak het, is bloot ʼn rookskerm om winkels in Coligny te plunder.

Só sê Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Hy het Coligny vandag besoek om eerstehands vas te stel wat die oorsaak van die gewelddadigheid is, en hoe die situasie tans daar uitsien.

Hy het onder meer gesprek gevoer met die polisie-generaal wat in operasionele beheer van die omgewing staan en is die versekering gegee dat die situasie onder beheer is en dat polisieversterkings op pad is om die geweldpleging die hoof te bied.

Groenewald sê dit was veral opvallend dat feitlik al die drankwinkels op die dorp, insluitende die hotel se kroeg, geplunder is. Twee privaat wonings wat aan die kant van die dorp, naby die informele nedersetting geleë is, is ook afgebrand deur betogers.

Hy sê die situasie is nou onder beheer gebring en die polisie het onderneem om ander private wonings op die dorp te beveilig.

“Ek het gisteraand ook met die nasionale kommissaris van polisie gepraat oor verdere versterkings omdat die polisie aanvanklik nie genoeg lede op die brandpunte gehad het nie en omdat hulle aandag gefokus was op Lichtenburg, sowat 30km van Coligny.

“Die gemeenskap self is ook goed georganiseer en by geleentheid moes gemeenskapslede die polisie bystaan omdat daar slegs een Njala-voertuig met sowat ses polisielede teenwoordig was.

“Ek spreek my dank uit teenoor die gemeenskapslede wat weereens getoon het ons moet in noodsituasies self paraat en gereed wees omdat daar nie ten alle tye van die polisie verwag kan word om die publiek en hul eiendom op kort kennisgewing te beveilig nie,” het Groenewald bygevoeg.

Lees alle vorige berigte oor die geweld op Lichtenburg en Coligny op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Jd ·

Tipiese ANC en EFF taktiek om hulle plunder te regverdig baie interesant dat al die drank winkels en hotel se kroeg eerste geteiken is. Moet seker maar die skuldige gewete weg drink en dan verder plunder

Andreas Meyer ·

Nes die 1976 “protes” – Dit het nie oor “Apartheid” of “Afrikaans” gegaan nie, maar drank. Die drankwinkels is destyds geteiken.

Hanna ·

Ag asseblief… Weereens die ras-kaart! Hierdie was n beplande roof-en-plundertog. Not exactly rocket science.

janneman ·

Se ons almal Manie……maar tensy jy n klein weermaggie saam jou het, staan jy geen kans nie. Ek moes staan en kyk hoe brand hulle my masjiene uit met petrol bomme, met polisie tussen hulle, wie se hande ook afgekap was. Di3 massa is so groot, die paar wat val pla hulle nie, hulle is so oogesweep, hulle het net een doel voor oe, en dis om te vernietig wat voor hom kom. Nee wat, versekering moet maar betaal, ek stel jie my lewe weer in daai gevaar nie

Werner ·

Is die persoon of persone wat die polisie voertuie so lekker aan die brand steek darem gearristeer. Dis mos honderde duisende rande se skade of word dit maar net so aanvaar. Maar probeer ek of jy dit dan sien jy wat gebeur.

Louwtjie ·

Hoekom sit hulle op die treinspoor en sing ‘Are we scared of them? No we are not. We want them’ (verwysende na die blankes wat hulle eiendomme bewaak), as dit net vandalisme is? Verduidelik dit asseblief vir my. Dankie.

Ken2 ·

Henry van breda se nonsense is hoofnuus maar hierdie storie wat gevallestudie van enorme belang is is nie as hoofnuus geklassifiseer nie? Henry kry meer dekking deur die dag as hierdie geskiedkundige gebeurtenis? Besef julle wat hier gebeur? Dit is die eerste keer dat wonings aangeval word en henry kry meer aandag?

vierkleur ·

Jy is 100% reg Ken. Hierdie moet geklisifiseer word as terrorisme, want dit is wat dit is.
Ek sal graag wil weet van regkennis wat n persoon in so n situasie mag doen om jouself te beskerm?
Wat mag ek doen as ek in my huis is en die massas wil dit aan die brand steek? My en my gesin se lewe is in gevaar, mag ek my vuurwapen is so geval gebruik?

Susan ·

Maar waar voor het ons Dan ñ weermag. Hul is veronderstel om in sulke gevalle die land te help beveilig as polisie help nodig het?????

Anoniem ·

Het ons ‘n weermag?? Lyk vir my meer soos ‘n spul vet narre! ;-)

Joe ·

Susan, gelukkig is die weermag nie betrek, anders was die hele dorp afgebrand en geplunder.

Boerseun ·

Die weermag is in die Kongo waar hulle die ANC-leiers se mynbelange beskerm.

popeye ·

Maroela, die mense daar is vreesbevange. Dit is chaos, karre jaag op en af mense skreeu in die buurt en dreig inwoners. Hou die lesers asb op hoogte. Hierdie is lelik!

Precilla ·

Ja asseblief skryf artikel oor wat ons kan doen in so n geval, asseblief Maroela.

mynkie ·

Wat ek nie kan verstaan nie… is dit nie juis die polisie se werk om ons te beskerm nie… op enige tydstip en ten alle tye gereed te wees nie???? kan iemand dit vir my duidelik maak asb?

Leendert ·

Polisie, is als nou onder beheer nadat als bykans verwoes is? Waar was julle voor die tyd? Mmmmm? Hoekom het julle nie gekeer nie? Mmmmm? Dit volg nou al ‘n patroon.

Helizna ·

As hulle huise verseker is, dan die versekering. Anders, moet daar hofsake gebeur…

Besorg ·

Die armste mense is die wie se huise gebrand is, die kanse is goed dat hulle nie versekering het nie…

Lynette ·

Ja Mynkie, in n normale land sou dit so moes werk, maar met alles wat deur korrupsie gesteel is en steeds gesteel word, het alles plat geval. Daar is nie genoeg mense om die werk te doen nie want daar is nie genoeg geld vir salarisse, toerusting en in polisie se geval, voertuie en koeels nie. So gaan dit met hospitale en alle munisipale dienste. Niks werk meer nie want niks is ooit instand gehou nie en raai wie se skuld is dit?

Albert. ·

Ons was in die Sestiger jare opgelei vir Binnelandse beveiliging.Ons sou verseker gegaan het.Se maar net!Dankie vir die vraag SUSAN.

Danie Scheepers ·

Op TV 2 Nuus 6.30 nm het ‘n onderhoud met ‘n blanke man begin en is hy afgesny voordat hy sy sin kon klaar maak. Doelbewus lyk dit. Al wat hul gewys het was : ” Ek was nog altyd regs….” hy is nie toegelaat om klaar te maak nie, want dit pas die uitsaaier se agenda !

Kryn ·

En hy word in Engels ondervra op Afrkaanse nuus, terwyl hy Afrikaanssprekend is.

Leendert ·

Die betogers in ander gebiede, landwyd het ook nou gesien waartoe die polisie in staat is om mense se eiendom te beveilg. Hulle sal hieruit inspirasie vind en die hele land is nou ‘n onveilige plek, veral die dorpe, waar daar nie baie polisie is en vinnig gemobiliseer kan word nie. Hulle het nou gesien hoe verdraagsaam die polisie is. Hoe hulle, na al die skade dit wat oorbly wil kom beveilig.

Anta ·

Ek is stomgeslaan…lenasia,betoog hul oor grond…hul soek n oopstuk wat 15j al aan hul belowe is..is dit al waaroor al die betoogings gaan?lewens word verloor..oor grond?en dan nog ander rasse ook wat wil grond eis!is dit tyd vir ons boere volk om ook op skepe na ander lande te vlug..of is ons nerens welkom nie…want ons het aparteid begin?

Ilse ·

Maak seker van jou feite! Die Britte het appartheid begin. Hulle het dit segregation genoem. Gaan doen navorsing oor segregation in the US… ons dra net die blaam v ander se idees.

Jan Rap en sy maat ·

Ons is vinnig om te kla kan iemand vir n slag n oplossing bied?

Die oomblik as daar iets negatief gebeur wil almal net soos n klomp lavaarde uit die land uit vlug.

Gaan lees die geskiedenis dan sal jy sien ons was eerste hier.

Cornelius du Rand ·

Dankie FW De Klerk, Theuns Eloff en die briljante nasionale party wat vir ons so ‘n wonderlike land gelaat het. Julle cheques and balances werk nou so goed. Dankie dat ons nie meer veilig is nie, dat ons Polisie nie meer in staat is om ons te beskerm nie en dat alles van die Afrikaner reeds vernietig is of in die proses is om vernietig te word. Julle sal onthou word vir julle wonderlike werk.

Praat Jy! ·

@Cornelius – Praat jy nou die waarheid! Die is ‘n goeie voorbeeld van “slim vang sy baas” en daarna kraai geen haan oor “slim” of sy “baas” nie. En laat ons onself nou net hier beskerm, (ek praat nie eers van ‘n vuurwapen optenl nie) hoor! DAN sien jy HOE effektief kan die onbeholpe SAPD word.

Elizabeth ·

Moet nie vergeet van Van Zyl Slabbart wie se sakke vol gemaak is terwyl hy “onderhandel”het nie! Ou FW is niks aangesien Oompie Slabbart die eeste een was wat begin het met sy onderhandelinge met die ANC. Laaaannnnkkkk voordat FW uit die bus geval het

dr. Sakkie van der Merwe ·

‘n Bejaarde boer en sy vrou word vermoor – vaar ons die strate in en brand en plunder? Hierdie siek Afrika kultuur om te moor en te roof is besig om hand uit te ruk. Soos gemeld weinig dekking in die linkse media of op tv nie. Ons staan weer soos in die Oos Grens dae voor ‘n skeidingslyn in ons geskiedenis.

Mano ·

Nou wat het met die kind gebeur. Meer inligting asb. DWS ons moet in die nedersettings ingaan en alles omver gooi oor al die plaasmoorde!

Johannes Meintjes ·

Na mening is enige buurt wat nog nie ‘n buurtwag bedryf nie en optimaal aktief deelneem aan plaaslike bestuur en msidaadbekamping in SA nie, werklik onverantwoordelik. Ja, mens verlang regtens na ‘n goed regeerde land, – maar helaas, dit is nie die geval in die Nuwe SA (beter vir almal met die beste Konstitusie ooit) nie. Wat Coligny en Lichtenburg betref is die terugvoer aan SA, van welke vlakke ook al, nie wat die burgers wil hoor na 23 jaar se geleentheid om glo beter te doen as onder apartheid nie. Teen wie betoog onopgevoede “demokratiese” burgers. Teen die regering vir wie hulle gestem het of teen die gerieflike maar onverantwoordelike drogbeeld van “kolonialisme” en die spook se skaduwee van “apartheid”? Gaan die Bloemfontein saambid elke landsburger, amptenaar en leier in SA tot daadwerklike verantwoordelike rentmeesterskap dring?

Sue ·

Wat ek wil weet is gister was daar berigte op sosiale media versprei, waarna die publiek in kennis gestel is dit is onwaar. Alles is rustig. Nou vind ons uit dat alles nie rustig was ni. Huise was geplunder en gebrand. Hoe kan die polisie help as hulle nie eers weet wat aangaan nie.

Anta ·

Jan Rap en sy maat….ons almal weet ons was eerste hier…bel zoempie en se hom jy het n ou geskiedenis boek…haaaaa!dis al wat jy uit hom sal kry…het met n zimbabwe vrou geprt..sy het saam my gewerk..sy terug!sy my gese hulle het gehoor hoe prt mense by taxi rank…hul soek ons wit uit dan hulle!!!nou vra ek jou waar kry ons wapens om 50miljoen aan te vat?bid man!!!gaan op jou kniee!!!

At ·

Die wit liberales sal sorg dat hierdié in media (plaaslik en in buiteland) opgeblaas word as die gevolg van rassisme teenoor swartes. Enige weddenskappe?

Dawie ·

Paar van julle tree nou net soos ANC ondersteuners op , blameer die geskiedenis in hierdie geval FW de Klerk soos julle dit hier noem. Onthou asb manne hier was n referendum gehou vir die wat kan onthou.Julle het almal op daardie stadium gestem vir demokrasie. Hou op vingers wys. Ons moet van nou af vorentoe werk en nie altyd omkyk wie ons kan blameer nie.

PIETER BARENDSE BOTHA ·

Ek kan nie anders as om bedroef te raak wanneer ek kommentare lees wat neerkom op wit/swart fronte opbouing nie !! Die volledige feite is nog nie eens op die tafel nie en ‘n vloer vir burger oorlog word voorberei !!
Ek persoonlik worstel lewenslank met ‘n geloof probleem……Wanneer is ek Christen,soldaat,sakeman of kerkman ??
My lewens uitgangspunt tov probleme soos die inwoners van Coligny nou noodwendig moet verwerk IS DAT ‘n geleentheid nou ook geskep is tot die bou van ‘n BETER GEMEENSKAP……
VANUIT MY CHRISTELIKE OORTUIGING GLO EK DAT SUID AFRIKA OOR ‘N GESONDE KERN VAN BURGERS OOR KLEUR GRENSE HEEN BESKIK WAT OOK NEGATIEWE GEBEURTENISSE IN GELEENTHEDE KAN OMSKEP.
Ek wens die pro aktiewe denkers in Coligny sukses toe om die probleem gesamentlik met integriteit te benader en tot die been te ondersoek! Daarna gesamentlik as gemeenskap gesamentlik buite politieke verband ‘n doelwit tot die opbou van ‘n model dorp te behaal !!!STERKTE !!! DAAR IS ALTYD HOOP EN GELEENTHEDE WAAR DAAR OOP HARTE IS !!M

johan ·

Jy mag nie iemand in n hok agterop n bakkie sit nie,al klim hy self daarin..Was al probleme daaroor..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.