‘Rassehaat’-veldtog by Tukkies gekap

Een van die #TuksSoWhite-frases wat op sosiale media versprei word: Foto: Verskaf

Een van die #TuksSoWhite-frases wat op sosiale media versprei word: Foto: Verskaf

Afriforum Jeug het Woensdag gesê ʼn veldtog deur die South African Students Congress (Sasco) op die kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) vuur rassehaat onder studente aan.

Sasco het onlangs ʼn veldtog op die kampus en sosiale media van stapel gestuur met die hutsmerk #TuksSoWhite. Volgens Matlou Pataki, voorsitter van Sasco se Tukkies-tak, is die veldtog nog nie amptelik begin nie, maar die organisasie het solank begin om “die water te toets”. Die veldtog sal binne die volgende twee weke amptelik van stapel gestuur word.

Foto’s van plakkate met rasgebaseerde-frases soos “#TuksSoWhite you can see the Voortrekker monument from the HSB” [jy kan die Voortrekkermonument van die Geesteswetenskappegebou af sien], word tans op sosiale media versprei.

Een van die #TuksSoWhite-frases wat op sosiale media versprei word: Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

“Die grootste probleem op die kampus is ʼn tekort aan transformasie en studente se onkunde oor die kwessie,” het Pataki gesê. “Hierdie veldtog wil hierdie probleem onder studente se aandag bring en bewustheid skep oor al die kleinere kwessies wat voortspruit uit die feit dat die kampus nie verteenwoordigend van die land se rasseverdeling is nie.”

Pataki het gesê uitsprake dat die #TuksSoWhite-veldtog rassehaat aanvuur, is oningelig en eng. “UP is een van min universiteite wat steeds kwotas vir toelating tot die universiteit en koshuise het. Die 60/40-rassekwota beteken dikwels dat ʼn swart student nie toegang tot die universiteit kan kry nie bloot omdat hy of sy swart is. Mense moenie oningelig oor hierdie kwessie wees nie.”

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Werner Beineke, voorsitter van AfriForum Jeug Tukkies, het Sasco gekap oor die veldtog en gesê AfriForum verwerp die veldtog ten sterkste. “In ’n tyd waar hoë rassespanning reeds heers en sekere rassegroepe se erfenis ontken en selfs afgebreek word, is dit hartseer dat daar nou haat onder studente aangehits word, wat lei tot polarisasie tussen studente.” Hy het ʼn beroep op die universiteit gedoen om dringend en streng op te tree teen organisasies en politieke partye wat rassehaat onder studente aanvuur.

Nicolize Mulder, woordvoerder van die universiteit, het bevestig dat die plakkate onder hulle aandag gebring is. “Volgens UP se beleid moet enige plakkaat of soortgelyke kommunikasie wat op kampus aangebring word, vooraf goedgekeur word, onder meer om die verspreiding van haatspraak, laster of ander soortgelyke skadelike boodskappe te verhoed. Plakkate en bemarkingsmateriaal wat sonder toestemming op kampus aangebring word, word dadelik verwyder,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

chris ·

So in the near future Tuks would be so black you can’t see anything?

Chris ·

Laat 2 wit studente nou hulle gesigte swart verf dan word daar soos blits opgetree. Maar as swartes rassehaat aanhits teen wit studente dan sleep hulle hul pote

pop ·

Die mense ken net een ding. Haat, opstokery, toi-toi, staking en dan natuurlik om alles wat ons mense so hard voor gewerk het af te breek. Al wat gaan help is dat ons vergeet van ons opvoeding en ook soos barbare begin optree. Wat gaan die polisie doen as ons ook massas is. niks. Steve lyk al meer vir my na die beste plan. Hy weet om sy mond oop te maak. So komaan mense begin stem maar vir die stem singer,

Niel ·

Steve Hofmeyer maak die saak net erger! Hoekom sal mens nou wil krap waar dit nie juk nie?

#SeManet #SteveMoetBlyBySing

Louise ·

Persoonlik is ek moeg vir al die haat gemik teen blankes. Ons word stelselmatig gebreinspoel om te glo ons kultuur is iets om oor skaam te wees en ons teenwoordigheid hier is onwelkom. Van oral moet ons hoor hoe ‘sleg’ en veragtelik blankes is. Ek sou se dis tyd dat ons besluit of ons gaan omrol en doodspeel omdat ons te lafhartig is, en of ons ons koppe gaan lig en se dat wat aan die gebeur is, totaal onaanvaarbaar is. Ten minste het Steve ‘n ruggraat.

Pierre Celliers ·

…..”Hy weet om sy mond oop te maak”?
Niemand steur hulle daaraan nie!

JC Kleynhans ·

Waar is jou Afrikaner trots? Het jy geen skaamte nie! Ons moet saam staan. Steve doen darem iets, wat doen jy?

Tammy ·

Dis gewoonlik die ou met die grootste bek wat niks doen nie. As jy nie kan waardeer wat ander mense ten geode skryf nie, foertsek.
So terloops die mense kan ook maar ophou om Maroela te kritiseer. Ons betaal nie n sent om hier kommentaar te lewer nie.
Dankie vir die geleentheid Maroela!

Niel ·

Die feit dat die kampusse “ewe skielik” getranformeer word vandat Pukke berig is, maak alles vir my “Fishy”. Hoekom sal al die kwessies nou skielik probleme word?

#MaakNieSinNie #WieWordRegtigBenadeelHierso

Asjas ·

Foto 1
Jip, groot probleem daar! Leer spel jou dom idioot! Konsentreer op jou studies dan mag jy dalkies groot woorde soos Voortrekker reg spel.
Foto 2
Pure jaloesie, Afrikaans is ‘n unieke taal en nie vir almal beskore nie.
Foto 3
Ek stem saam, ons is totaal en al in ‘n ander klas. Dankie dat julle opgemerk het!

Spel Polisie ·

Dis Voortrekker, nie Vootrekker soos op Foto 1 nie, heeltemal ander betekenis. Gaan terug laerskool toe dan probeer julle weer.

jacques ·

Nou kan n mens jou ook nou nie eens self swart verf om in te pas in nuwe Suid Africa nie want jy word toegesluit daarvoor,so lyk my ons is gedoom of ons sal moet boom om te oorleef.

carel ·

…….julle verstaan nie die goed is so onosel hulle moet iets doen op kampus om die aandag van hul slegte punte af te ly en in die proses probeer hulle dan die wit leerders sleg maak met die hoop dat dit die wit leerder se punte sal beinvloed – ek het nuus vir hulle punte word deur net 2 ding beinvloed en dit is verstand (wat hulle blykbaar mee sukkel) en harde werk (wat hulle voor bang is).

Dink hoe sou die land kon vorder as al hierdie negatiewe energie positief toegepas word?

Andre van Blommestein ·

Het julle regtig gedink- toe die mag net so oorgegee is -dat ons vreetsaam om een pot pap kan sit.
Die wit ras is Suid Afrika is uitverkoop, nie net die Afrikaners nie. Maak maar reg vir nog groter probleme. Wetsgehoorsames is nie verniet stadig ontwapen nie.
NS Ek behoort aan geen organisasie wat Uhuru verkondig nie.

sarie van heerden ·

Mense wat Steve kritiseer omdat hy net praat, van hulle wil ek weet: WAT VERWAG JULLE MOET HY DOEN?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.