Rasseherrie oor Paul Kruger-foto

Die foto van Anchen Dreyer, DA-LP, wat by die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad geneem is. Foto: Phillip Bruwer

Die foto van Anchen Dreyer, DA-LP, wat by die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad geneem is. Foto: Phillip Bruwer

Nog ʼn herrie oor beweerde rassisme het Vrydag op sosiale media losgebars nadat ʼn foto van Anchen Dreyer, DA-LP, wat langs ʼn kartonuitknipsel van Paul Kruger staan, wyd versprei is.

In die foto, wat op 10 Oktober 2015 by die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad geneem is, hou Dreyer ʼn plakkaat vas met die woorde, “Lekker verjaar Oom Paul!”.

Keith Khoza, die woordvoerder van die ANC, het op Twitter teen die foto uitgevaar en gesê Dreyer is ʼn “toevoeging tot die DA se rassistiese brigade” wat openlik ʼn “rassistiese geleentheid” gevier het.

Hy het verder gesê Dreyer se “openlike viering van Paul Kruger-dag” bevestig bloot hoe rassisties die party is. “[Mmusi] Maimane, [die leier van die DA], se geskrewe notas het gepraat van die DA se onverdraagsaamheid teenoor rassisme, maar die organisasie tree nie op teen rassiste nie! Wie flous vir wie?” het Khoza geskryf.

Dreyer het by navraag van Maroela Media die ANC se uitsprake as belaglik beskryf en gesê dit is niks anders as ʼn taktiek om die aandag af te lei van die regerende party se mislukkings, insluitend die hoë werkloosheidsyfer in die land nie.

“Die werkloosheid in Suid-Afrika onder alle jeug, maar veral onder die swart jeug, is ʼn brandpunt en iets waaroor die DA hom ten sterkste uitspreek en daarom probeer die ANC die aandag daarvan weglei,” het sy gesê. “Hierdie storie wys eintlik net hoe desperaat hulle is. Hulle skraap nou regtig die bodem om enige manier te kry om negatiewe publisiteit vir hul opponente te skep.”

Dreyer het beklemtoon dat daar niks skandalig is aan die foto nie en dat sy geensins iets het om weg te steek nie. “Ek het Solidariteit se Toekomsberaad bygewoon om na die menings van verskeie rolspelers te luister. Mense het op lighartige wyse foto’s saam met die Paul Kruger-uitknipsel geneem en daar was ʼn prettige atmosfeer. Nou probeer die ANC ʼn skandaal daarvan maak. Ek dink die meeste kiesers sien deur hierdie flou poging.”

Dirk Hermann, bestuurshoof van die Solidariteit Beweging, het gesê die ANC se negatiewe tipering van Paul Kruger is aanduidend van die party se gebrekkige historiese begrip. “Paul Kruger word deur talle Afrikaners as die grootste Afrikaner van alle tye gesien. Ons vra nie om verskoning daarvoor nie; inteendeel, ons herdenk hom,” het hy gesê.

“Oom Paul het gesê neem uit die verlede wat goed is en bou die toekoms daarop. Daarom was dit gepas om die Toekomsberaad op Oom Paul se verjaarsdag te hou, omdat dit juis is wat ons daar gedoen het. Ons doel was om na maniere te kyk waarop Afrikaners ʼn toekoms in Suid-Afrika kan hê wat vry, veilig en voorspoedig is,” het Hermann verduidelik.

Op ʼn vraag oor Dreyer se betrokkenheid by die beraad, het Hermann gesê sy was maar een van sowat 2 700 afgevaardigdes en lede van die publiek wat die beraad bygewoon het. “Die beraad is deur talle meningsvormers met verskillende standpunte bygewoon. Die feit is dat die ANC Afrikaners beskuldig bloot omdat hulle bestaan. Net die feit dat Afrikaners bymekaar kom, word deur die ANC as rassisties gesien en ons sal dit nie duld nie.”

Khoza kon nie onmiddellik Vrydagmiddag vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

97 Kommentare

Antoinette ·

Nee dit is nou rerig belaglik lyk my vir die ANC is alles wat nou gedoen word alles rassisties.

m ·

So belaglik. Hierdie ANC is so rassisties dit eintlik pateties. Kry iets beter om julle tyd mee te bedryf as om te kyk wat ander mense doen. Sit net heeldag en kyk wat die DA doen en se.

Otter ·

Hermann raak aan die rede vir ANC se patetiese uitlatings: hulle beskuldig Afrikaners bloot omdat ons bestaan. Ek is trots om deel van daardie groep te wees, en ek gaan nêrens nie want ek gaan beslis nie vir die ANC hul sin gee deur te vlug nie.

Johan ·

Kan iemand soos die MRK net tog asb ‘n “Geskiedenis Beraad” hou waar hulle’n groep gerespekteerde geskiedkundiges kry om die bewese geskiedenis op die tafel te sit en vir eens en vir altyd uit te sorteer:

1. Wie nou rassiste was en wie nie
2. Of diegene méér rassisties was as hulle tydgenote van ander nasties
3. Of die Europieërs grond “gesteel” het of nie, en of die manier waarop hulle wél grond gekry het wesenlik verskil van die manier waarop grond in daardie tyd op ander plekkie in die wêreld en ook Afrika verkry is
4. Of Dingaan en Shaka dade gepleeg het wat vandag as menseregteskendings, genocide of oorlogsmisdade beskou sou word
5. Of die terrorisme van ISIS en die van MK só wesenlik verskil dat ISIS se terrorisme afgekeur en MK se ryk geskiedenis van terrorisme aktief gevier en bewonder word

Kan iemand met ‘n hoorbare stem in die openbare debat asb só ‘n Beraad bepleit. Dan sal ons almal weet waar ons staan en minder mense goedkoop propaganda opvreet

Berhalet Beukes ·

Goed gestel… Ek stem volkome saam want dit raak nou ietwat irriterend om elke dag van nie nuutste ongegronde beskuldigings te lees!

Sarie ·

Sjoe die ANC sportel nou rond soos ‘n afkophoender om stemme te werf vir die komende plaaslike verkiesing, want al hierdie skielike rasisme, maar net die uitlatings deur wittes en hulle eie mense maak elke dag erger rasistiese uitlatings, is vir net ‘n teken dat die ANC werklik nou die bodem van die pot skraap om te probeer om groter onmin in hierdie land te saai en om mense terug te log na ‘n ANC wat total besig is om inmekaar te stort! Mense daar is baie beter dinge om te doen as om al jul waardevolle tyd aan rasistiese uitlatings, wat nie eers rasistiese uitlatings is te bestee. Kyk net om julle en sien in watter vervalle toestand ons land is, doen liewers iets daaraan. Doen iets om julle eie mense te help wat krepeer in plakkerskampe, doen iets om ons grense te beskerm waar miljoene onwettige immigrante jaarliks eenvoudig oorstap na ons land toe en bovenals doen iets aan geweldsmisdaad. Begrawe tog nou maar asseblief die woord rasisme want volgens my mening is die ANC deesdae die groot beskermers van rasisme. Rasisme is dood maar julle blaas die vlam elke keer net weer aan. Het julle niks ands om te doen nie

Stan ·

Paul Kruger is 1904 oorlede.
Apartheid was in 1948 ingestel.
Hy het nie eers geweet van apartheid wat eers 44 jaar na sy dood ingestel sou wees nie. nie.
Ons moet maar net dankbaar wees vir dit wat hy vir ons (alle rasse) gelos het.
Ek dink nie hy sou ‘n DA hoedjie gedra het nie.

Loeis ·

Die hele rasse-ding het wel voor 1948 begin. Ons hoor heelwat van die 1914 “Lands act” en hoe dit nou reggestel moet word. Wat nie gese word nie is dat ‘n Britse Lord dit geskryf het. Maar die vinger word na die Afrikaner gewys.

Kruger word ‘n rassis genoem omdat hy as blanke dit gewaag het om ‘n staatshoof te wees. Ironies.

Dee ·

Ek hou van wat jy sê Stan. Ek dink ook nie hy sou ‘n DA-hoedjie gedra het nie. Die DA moet aangekla word van konserwatisme want hulle is liberaliste wat met konserwatiewe kallers wil ploeg.

Johan ·

Ek stem saam met stan. Zhara sit dit mooi uiteen. Die ANC weet nie ‘n benul van die geskiedenis nie. Dis net propaganda. Daar word nou meer rassistiese uitlatings gemaak van die ANC as te ware.

Erna van Dyk ·

Dalk sou hy – hy dan juis gese”neem uit die verlede wat goed is en bou n toekoms….”

Sarie ·

My siening presies! Toe Paul Kruger die dag dood is het die woord rasisme nog nie eers bestaan nie. Dit wys jou net tot watter laagtepunt die ANC bereid is om te daal om onmin te saai. As dit nie Jan van Riebeeck is wat vir die rasisme verantwoordelik gehou word nie, dan is dit Paul Kruger. Wie gaan die Volgende wees? Dalk moet die ANC bietjie ‘n slag in eie geledere gaan soek na mense wat aan die voorpunt van rasisme staan

Jan Kruger ·

Op so geskiedenis beraad sal dit duidelik aan die lig kom dat Veral England in 1910 n nuwe Suid Afrika geskep het met met geen politieke seggenskap en voor uit sig vir die swart bevolking nie. Rede:hulle het goed koop arbeid op die myne benodig. In 1948 erf Nasionale party apartheid en pas dit toe met een groot verskil:
Erkenning van swart politieke aspirasies en bereid willigheid om hulle te lei na volle selfstandigheid en politieke vryheid met behoud van eie vryheid

Steve ·

Ek raak nou so moeg vir hierdie skuim in die anc. Alles is skielik rassisme terwyl die anc gemors hul will op die blankes probeer afdwing.

Kerneels ·

Die ANC kan bomplanters verheerlik maar ons mag nie eers ‘n persoon wat se verjaardag vier nie.

Antonie ·

Ag nee…is nou skoon kommin dat hulle so bler oor kamstige rassisme…hoekom gaan help hulle nie liewers om water en kos na droogte gebiede te stuur nie.

Henri ·

Want ons doen dit self, waarom hulle net hulp aan opkomende boere gee. Om stemme te probeer herwin natuurlik. Dis presies waaroor dit gaan, Amper soos ‘n stupid laaitie wat wil afshow op ‘n motorfiets voor ‘n mooi meisie. Wat gebeur gewoonlik?

Anika ·

Dit is tyd dat die ANC hulle begin toespits op die regte probleme waarmee ons land opgeskeep sit soos die Rand wat in sy dinges is, die grootskaalse korrupsie, die BEJAARDES wat so vermoor word, sies man ANC, kom tog by en kyk verby al hierdie kleinlikhede!! Daar is tog baie belangriker dinge om aandaag aan te gee. Maar daar is ‘n spreekwoord wat sê “small things amuses small minds” !!!

P S ·

Anika, nou praat jy die waarheid! Maar weet jy wat pla my geweldig? Die baie moorde op bejaardes, en nie sommer net die plaasboere nie, kyk bietjie hoeveel bejaardes hulle in stede vermoor en vir geen rede as kastig om te steel nie.
My ‘gut feeling’ se vir my dit is hulle manier om die pensioengeld vir ons te verminder en hulle sakke te vul.

Grotman ·

Ja broers en susters van die huidige Suid Afrikaanse gemeenskap. Ons lewe in n Surkus en is omring van narre. Moet nie aan die ANC die mag gee om julle te ontstel nie. Hulle het niks beter om hulle self mee besig te hou nie.

Henri ·

Stem Grotman, Mag ek byvoeg, wees Positief, weet dat dit taktiek is, moenie toelaat dat hulle jou soos ‘n Politieke gevangene laat voel nie, Staan saam, Staan sterk deur elke een van ons ‘n kruisie gaan maak TEEN hulle. Maak elke punt op die uitslag tel,

Peter ·

Wat moet ons nou sê as daar groot bohaai gemaak word oor oud pres Mandela se verjaarsdag; of as hulle ‘n ophef maak oor oliver tambo of chris hanie. Ek stem heeltemal saam met Stan se komentaar oor rassisme wat gekom het lank na paul kruger oorlede is. Mense moet net wakker word en fokus op wat regrig nodig is. Los die nietighede.

Des ·

Dis snaaks dat hulle nie ook die droogte hulp projekte as rassisties afmaak nie.

hantie ·

Hulle is ‘n klomp patete en dit is mooi gestel!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Liewe heksie ·

Jong ek begin nou wonder of anc besig is met Groot onregmatigheid want dit begin nou al hoe meer lyk die rasse ding is on die aandag AF te ly met wat hul werklik besig is

Frederik ·

‘n Rubriekskrywer het onlangs in sy skrywe genoem dat die ANC se goeie storie te deurskynend geword het vir die kiesers om te glo. Nou teiken hul, soos die EFF, die wittes en dit gaan so aanhou tot na die munisipale verkiesing vanjaar.
Mnr. Khoza, ek is, soos jy, ‘n rassis.

·

Oor hoeveel jaar???? Daar is klaar niks oor nie en dit net na 20 jaar. Die skade wat nou al gedoen is gaan hulle 300 jaar vat om eers reg te kry voor ons dalk weer vorentoe kan probeer beweeg…..

Geraldine ·

Een van die dae gaan jy tronk toe oor jy wit is op straat.

Berhalet Beukes ·

Dan preek ek oor God van die oggend tot die aand in daardie tronk! Net omdat ek kan!

Anoniem ·

Goeie dag my liewe nasie, ek is Afrikaner gebore eerste en wit tweede. Groet my op straat ek is vriendelik, nooi my vir n koppie koffie en deel met my n storie. Oupa leer my van my geskiedenis sodat ek dit aan my jong afrikaner broer kan oordra. Waar is die Ooms en Tannies? Onthou altyd dat ons nie wit is nie, Ons is Afrikaner, wit is net n kleur en dit staan vir niks, maar Afrikaner is sterk. Wit staan alleen, Afrikaner staan saam.
Keur terug na jou Afrikaner wortels. Staan saam of val alleen.

Rynhardt ·

Ek is min gepla oor die sogenaamde helde by wie politici soos die DA poseer.Die volle storie agter die storie van SA geskiedenis is nog nie uitgespel nie.Die Anc maak oor alles geluide waar wit ter sprake is, want hy sien apaetheid.Verwoerd is nie die vader van apartheid nie.Apartheid was ingestel deur die Britse regeeing in 1809 al! Die liberale en Anc het vir jare leuens versprei teen Afrikaners eat talle van hul ondersteuners nog steeds glo!

kobus ·

Rassisme het nou die anc se tema vir die verkiesing geword. My Afrikaner verlede is edel en trots. LOS DIT UIT! Ons veldtog vir die verkiesing moet nou wees om rassistiese wette van die wetboeke af te kry.

Loeis ·

Om ‘n paar goed in perspektief te stel:
1) Dit was Solidariteit se toekomsberaad, so die ANC sit die pot heeltemaal mis deur die DA te betrek, soos die artikel terreg uitwys. Die ANC is seker bang die DA se nuwe swart leier lok swartes se stemme by die ANC weg, vandaar die lawaai.
2) Paul Kruger en rassisme het niks met mekaar te doen nie. Die feit die ANC nie van Solidariteit se toekomsberaad hou nie, is ‘n heeltemaal ander saak.
3) Anchen Dreyer is ‘n parlementslid van ‘n party wat swart bevoordeling ondersteun. Gaan loer gerus op hulle webwerf onder die “Policies” opskrif. Sy het dit voor die vorige verkiesing in ‘n onderhoud op Pretoria FM ontken maar Pieter Mulder het haar daarop gewys dat die DA in die parlement ten gunste van swart bevoordeling gestem het. VF+ het daarteen gestem.

Vicus ·

Louis jy ia heeltemal korrek. Vir Anchen Dreyer sal ek nie verdedig nie. Haar stanery langs oom Paul is net n poging om n paar van die duisende WIT stemme wat hul verloor het, terug te wen.

Johannes ·

Vicus die toekomsberaad was voor die huidige ras focus en die ANC PROBEER BAIE HARD om swart mense terug tekry wat nie meer vir hulle stem nie.Openbare intimidasie.

Bertie ·

Aan mnr Khoza…..jy en jou party is besig om groter skade aan terig as wat die foto doen. Jou eie mense is siek en sat vir julle self verrykking en dit my liewe comrade gaan julle vernietig!

Joe Zorgman ·

So met ander woorde,’n foto saam Mandela is vir die blankes rassisties,Khosa dis goed soos jy wat die demokrasie van die land verkrag,jy en jou hele Anc.As julle almal doen wat julle veronderstel was om te doen,sal julle nie so gejaagd en bekommerd voel nie,julle tyd het aan gebreek,”just a question of time” !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

humor ·

Khoza, vat die saak asb hof toe en maak jou en jou party tot jul nadeel verder belaglik. Dit kan ons net pas.

Henri ·

Waar Desperaat, Pateties Wanhopig, Ondoeltreffend, Geen benul, Geen nuwe plan, ens. geindig het is hulle nou. Die EFF het hulle getalle verklein een vakbond uitgesit en ‘n tweede, Cosatu het gese dis moeilik om die ANC te help terwyl Zuma die werkers se pensioen wil beheer. Hulle is reeds besig om ‘n staking te reel teen die Pensioen storie, ‘n goeie ding vanwaar ek sien, Daar isduidelike bewys in di onglangse herverkiesings in Pretoria, Rustenburg en nog ‘n plek, (dink NW erens) waar die DA omtrent 4% beter gevaar het asook KZN erens waar die IFP ook verbeter het. Hulle self besef ook dat hulle ook stemme verloor uit hul gelededere aan ‘n spektrum ander partye (omtrent 260 tans as mens die IEC kan vertrou) “desperate mense maak desperate spronge” of gryp elke grashalm wat hulle in die hande kan kry. Gaan MAAK ‘n merkie TEEN ANC, wegbly help NIEMAND nie, en Bowenal, hou moed en Glo.

Loon ·

En al daai lekker 2kg chicken pakke se hoendertjies…..hulle is almal spierwit!

Flippie ·

Die enigste rassiste is die ANC en sy ontplooide kaders. Veral die in die polisie, NPG en howe.

Hulle gebruik dit om die blankes toenemend te kriminaliseer en sommer terselftertyd atmer 5e maak.

Trots Afrikaans ·

Hierdie is ‘n tree te ver en dui daarop dat die ANC nie die logika of wilskrag besit vir ‘n versoenende toekoms nie. Dit wil sê dit is onnodig om verder te probeer.

Kieth, ek eer Jan van Riebeeck, Wolraad Woltemade, Piet en Dirkie Uys, Japie Fourie, Oom Paul, Siener van Rensburg, Koos de la Ray, ens tot by PW Botha. Opinie oor FW is nog onbeslis.

Ek heg waarde aan die Vierkleur, die Oranje Blanje Bloe, Die Stem, FAK, Afrikaans.

EK IS AFRIKAANS en ek is bereid om my reg tot behoud in Suider Afrika te beskerm met woord en daad, selfs al moet dit met my dooie liggaam wees want ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid Afrika.

Johan ·

Ja, Kobus, die ANC het die laaste 21 jaar so 119 rasgebaseerde (rassistiese) wette op die wetboek geplaas. Wie is dan nou die rassiste?

Henri ·

En nou stel hulle ‘n komissie aan om 1000 wette daargestel sedert “94 te ondersoek oor die volgende jaar. Die doel is duidelik om stemme terug te werf wat hulle verloor het, veral sedert Zuma. Om die wat dom genoeg is te probeer flous om weer vir hulle te stem. ‘n Jaar om te bestudeer? Dan is die Munisupale Verkiesing laaaankal getel.

Ouman ·

Dit is tipies die ANC hulle sal enige storie opdis om die aandag van hulle mislukkings af te lei. Die spul is verrot en korrup. Hulle laat my dink aan kleuters wat hulle self probeer verdedig as hulle gevang word besig om kwaad te doen. Due ergste is dat hulle volgelinge nie instaat is om die leuns te erken vir wat dit is nie.

Johann ·

Waaroor is die bohaai? Niemand word beswadder nie! Daar is ook geen sarkasme betrokke nie, net patriotisme. Die ANC gaan binnekort Kersdag ook rassisties verklaar, net omdat ons Christus aanbid! Hulle is nou regtig desperaat vir publisiteit en stemme. Ai tog!

Jan maak n Plan ·

Die arme ou lei aan verbale diaree. En onthou – benoude ………… (nou nou is ek ook rasisties) maak benoude spronge. Hulle tyd raak min.

Dee ·

Dit klink asof jy dinge weet waarvan die meeste van ons nie kennis dra, Jan. Wiè is die húlle wie se tyd min raak en vertel meer daarvan. Raak die anc se tyd min sodat die eff gaan oorneem of hoop jy op die da? Of verstaan ek nie waarvan jy praat by ‘hul tyd raak min’? Indien jy nie meer uitbrei weet jy ook nie waarvan jy praat.

Karel ·

Arme Dee weet ook nie veel. Tik baie maar se niks, net nog n “keyboard warrior”

Jacques ·

Kyk die ANC moet rasisme lewendig hou om hul kiesers te behou,hulle weet rassisme is hulle joker om uit enige situasie te kom

Hercu Krüger ·

ai oom Paul, nou het ek ‘n huge probleem • ek is ‘n afstammeling van oom en wonder watter van kan ek gebruik om nie rassisties te wees nie • dink Kroza kan dalk werk • geniet julle naweek :-)

tisa ·

Wk kan nie glo wat ek hoor nie. Wie de hel het OOIT Oom Paul se geskiedenis nagevors? Niemand weet dat hy n rassis was nie…….maardie Kruger park bring baie geld Iin vir ons land…..maar daaroor word niks gese nie. Net die slegte word uitgehaal. …waarvoor daar GEEN bewys is nie. Hulle is so pateties.

Boetman ·

Is dit dan nie ook tyd dat die ANC hom van Mandela distansieer nie? Die ou het mos by Betsie Vewoerd gaan koeksusters eet en tee drink terwyl hul oor “koeitjies en kalfies” gesels het.Geen kwade gevoelens en selfs drukkies uitgedeel. Dit maak van Mandela ook ‘n apartheidsaanhanger.

Berhalet Beukes ·

Hulle wil selektief aanhaal en uitwys… Jy weet dit mos! ;-)

Sarel Strydom ·

Wat die mense blykbaar nie besef nie. Die ANC het met ‘n probleem gesit vir die verkiesing en met hulle rug teen die muur gestaan. Nou het mense vir hule die pad oopgemaak om die perd van rasisme te ry en sodoende die massas se steun te kry vir die verkiesing wat aan die kom is Julle gee stemme weg vir die ANC. Maak nie saak of dit rassisties is en of mense skuldig is aan rasisme nie, die massa glo die ANC.

J.Z ·

Ek is n rassis,Rede, Ek is wit ,ek steun nie op die regering nie ,ek onderhou my self.Ek staak nie ,Ek gooi nie klip en toi toi nie,Ek drae by om die agtergeblewedes te onderhou,Ek klim nie oormuure nie en die belangrikse van als is,ek is as n rassis verklaar deur die ANC en die regering.Nou wie kan stry dat ek nie n rassis is nie.My vel kleur SE alles.

Johann Basson ·

Afrikaners, besef en erken dat ons volk maar ‘n klein deel uitmaak van die Suid-Afrikaanse nasie. Fokus jul talente, tyd, energie, bronne en geduld om jul eie besighede te groei tot internasionaal kompeterende entiteite om sodoende buitelandse valuta op ‘n winsbasis te bekom. Raak onafhanklik van enige staatsdiens.

Fokus daarop dat jul kinders uitnemende onderwys en opleiding ontvang. Pas naasteliefde toe en raak betrokke by burgerlike strukture ter bevordering van jou Afrikaner-kultuur.

Weet: buitelandse beleggers en toeriste is goed ingelig. Hulle weet wat in Suid-Afrika aangaan. En die koordlose multi-media het ook vir die Afrikaners ‘n nuwe wêreld van uitdagings en geleenthede oopgemaak. Fokus op die toekoms en laat die andere hul tyd, energie, bronne en geleenthede na keuse vermors in eindlose idealogiese debate en magstryde. Geen volk of nasie is heilig nie.

Thea Gerber ·

Net so Adoons. Ek kruip al die hele oggend onder die bed weg, want ek het n foto van myself by Hitler se beeld -sal maar hoop die ene van my by Stalin en op die Rooi Plein in Moskou sal opmaak dat ek nie vir ewig gaan sit nie. Ha-ha

Henk prinsloo ·

Ek het iewers in ‘n bron gelees hoe President Kruger aan die hoofman (of is dit toe die koning?) van ‘n Swart stam iewers in wes Transvaal raar gegee oor die wetlike en dokumentere regte op sy grond te verkry. Verskoon as ek myself so in die skrywe regstel, maar ek dink dit is waar daar nou platinum ontgin word. Hierdie stam is vandag skatryk en dit vanwee Pres. Kruger se raad aan daardie hoofman. Ek glo iemand van Maroela Media sal ons meer hieroor kan inlig. Onnodig on dit te se, maar hiersie stukkie inligting kan, indien iemand in die anc kan, laat bloos.

DPJ ·

Soos ons nou almal deeglik kennis geneem het dat rassisme deur die regering misbruik word in die 2016 munisipale verkiesing. Hulle vergeet gerieflikheids halwe van hulle eie NASSIEBOU planne. Nou moet die vekiesings gewen word.
Die saak waar oor dit hier gaan is DIENSLEWERING op plaaslike vlak. Dit is wat almal verlang teen ‘n leewbare tarief.

Oom Boer ·

Ai’ tog Oom Paultjie, jy was en is dan nog altyd my geskiedkundige Ikoon gewees en nou na meer as 100jr moet ek aanhoor jy was ‘n rassis. Ag toemaar Oom Paul jy kan maar rus want die geskiedenis van SA het eintlik in 1994 begin. Anchen Dreyer vir jou se ons dankie tesame met Solidariteit dat jul hande saam snoer en beraad oor hoe om oplossings te kan vind om die ANC se rassistiese propaganda en opmerkings te prober oorbrug. Jul probeer ten minste dat mense in harmonie moet voortbeweeg ongeag van etniteite, gelowe, kulture, godsdienstigheid’ kleur ens. en dan kom ons geagte ANC lid Mnr Khoza en breek weer die boustene af om rassistiese opmerkinge teweeg te bring. Laat die verlede tot rus en vind strategiee om voort te bou tot die toekoms waar almal in liefde, vrede en vreude kan leef en die son oor elkeen kan skyn. As die blanke Afrikaner dan nou so ‘n groot probleem is of raak, gee ons dan ons regmatige stukkie aarde waar ons met sukses kan voortleef en tot niemand as ‘n indringer of rassis uitgekryt kan word nie, want die ou woorde “Rassis, agtergeblewende, opkomende, regstellende, kwotas ens raak darem nou regtig afgesaag na 21jaar” Dit beweeg al vir meer as 15jaar in net een rigting van korrupsie en bevoordeling. Die ou rassis woord is al soos ‘n verlate dobberende bootjie op verlate waters en as die ANC liewer die strooi halmpies vermy en konsentreer op meer waardige en belangriker sake waar alle belange groepe in meedeel en konstruktiewe oplossings vind tot voordeel van alle mense en kleure, dan kan hierdie land jubel van vooruitgang.

Kaspaas ·

Gogga maak vir baba bang. Ha ha die ANC IS BANG baie bang

Shannon ·

Anchen, loopbaan polliekus aan die linker kant van die spektrum, word nou deur die selfde terroriste vir wie sy berading gegee het in die laat 80’s, as rassis uitgekryt. Sterkte my skattie, jy vind nou uit wat ons domkoppe lank reeds weet.

What a joke this abc mob... ·

Ja nee die abc het geen skaamte en ken geen perke as dit by onnoselheid kom nie…veregaande en uiters belaglik.. Magtig maar daai lot is tog so kleinlik, siestog arme goed. Eendag gaan die mense van die land wakker word en deur al hul bollie sien, hopelik nie te laat nie..

piet pompies ·

Ek wens al die poletieke partye wil net flippen wakker skrik en besef dat alles gaan nie oor hulle nie want die DA wys alles uit wat die ANC verkeerd doen en die ANCwys alles uit wat die DA verkeerd doen en op die ouend gaan die nie oor die flippen Da of Anc nie die gaan oor ons land wat besig is om uit mekaar te val skrik wakker mens los die probleme in die land op ek gee nie om wat n lid van die DA of die ANC in die opendaar doen nie solteer die land se probleme uit staats hospitaal wat uit mekaar val voedsel pryse wat so belaglike duur is en brandstof pryse en dan is daar al die misdaad in die land elke dag lees mens van moord en roof besef die regeering dat as hulle net die misdaad kan uitsolteer sal beleggers en toeriste dalk meer belangstel in ons land en ons beter ekonomiese groei sal he nee die poletieke partye is veel meer bekommerd dat die se hemp uithang en daai een se skoen los is skrik wakker en fokus op die probleme

Berhalet Beukes ·

Foei tog…. Die arme bloedjies verstaan net nie die konsep van rassisme nie…. Kan hulle nie net ‘n slag verstand kry nie? Hulle tart ons nou blatant tot op die uiterste uit, jammerte is…. Niks wat hulle se maak sin nie!

adrian ·

ANcancer I AM A WHITE SOUTH AFRICAN AND PROUD OF IT. I AM A AFRIKAANS INDIVIDUAL. I AM IN MEMBER OF A AFRIKAANS CHURCH. I READ AFRIKAANS AND ENGLISH (NO AFRICAN LANGUAGES) I LOVE TO LOOK AT GOOD AFRIKAANS TV LIKE ASTV. I WAS IN A AFRIKAANS SCHOOL AND LOVE RUGBY. NOW ANC RACISTS TAKE ME TO COURT. IT IS SIMPLE I AM NOT YOUR CULTURE FINISH AND KLAAR

Dan ·

Die ANC dink hulle kan alles links en regs beskuldig soos wat hulle wil en dan gee hulle dit n naam “RASSISME”,wat dink hulle van hulself, dis net Mandela hier ,rassisme en apartheid daar, gee elke mens ruimte om homself te wees. hulle wil alles manupaleer na hul wense, maar wys hulle op hul foute dan is die gort gaar. Word groot julle irriteer ons tot in ons tone. Paul Kruger is deel van ons almal se geskiedenis tot met julle sin. Amen.

Sarie ·

Jaloesie is ‘n lelike ding. Die Afrikaner het met al sy foute eienskappe soos deursettingsvermoë wat veral in moeilike tye na vore kom. Hulle kan prakties dink en oplossings soek en deurvoer. Dit sal ook nie deur diskriminerende wette verander kan word nie. Dit maak hierdie blink Stefaanse met die skerp punt skoene baie jaloers en laat hulle belaglike dinge kwytraak

Johannes Meintjes ·

Het Paul Kruger nie die Koninklike Bafokeng Stam bemagtig tot een van die rykste stamme in Afrika nie? Wat het enige van die “Kill the Boer – Kill the farmer” of “Bring my masjiengeweer” brigades vir die blanke gedoen?

Hester ·

Dan kan ons wittes ook sê dat die ANC viering in Rustenburg ook rassisties was!!!

Fanie ·

Dit klink vir my die ANC lede is maar baie kleinlik, jaloers en afgunstig. Ek kan nie glo hulle kry hulself nog steeds sóo jammer na 21 jaar. En ja ek stem, hulle is bang en benoud. Hulle weet self hulle kan nie die land suksesvol regeer nie. Pleks hulle eerder kos produseer want hulle het miljoene om te voed. Nou hou hulle hulle self op met kleinlikhede, jaloesie en afguns!!

Kobus ·

Khoza, hier is die definisie van “Rassis” soos in die Oxford Advanced Learners Dictionary. “The belief that all members of each race possess characteristics, abilities or qualities specific to that race, especially so as to distinguish it as inferior or superior to another race or races” Dit is dus onlogies, om deur oom Paul se verjaarsdag te herdenk, gebrandmerk te word as rassisties. Jy beskuldig jouself van rassisme want as jy mooi lees, is jy n rassis as jy jouself “inferior to another race” beskou, iets wat jy baie duidelik doen. Ek dink oom Paul het meer vir die swart mense gedoen as wat die ANC vir hulle in 22 jaar gedoen het. Kry n lewe en ek dink beter opleiding, joune is werklik substandaard

johan ·

As ‘n vis buite die water is gaan sy mond oop en toe want hy is besig om te vrek. So is die anc se monde, oop en toe want hulle weet hulle is besig om te sink.

sarie van heerden ·

Ons het as studente in die VSA gewoon daarna het ons vir baie jare elke jaar verskillende buitelandse lande besoek en na al ons onvervindinge het ek een vraag en stelling: IS RASSISME NET BEPERK TOT SA SE WITTES?

Cilliers ·

O, aarde! Gaan ons nou nog vir Sinterklaa sook moet inboet omdat sy baard wit is? Gaan ons dan net vir Zwarte Piet hê, soos die Hollanders?

Disselboom ·

Oor Paul Kruger, sy rol in die beskerming van swartes se belange en hoe die Bafokengstam so skat-skatryk geword het uit platinumregte, en die werklike redes en verband met die ANC-georkestreerde aanvalle destyds op Lucas Mangope en Bophutatswana…. ag, nog die ANC nog die huidige Afrikaners stel regtig belang om die geskiedenis te ken, behalwe vir die sappige stukkies.

Belangriker vir ons vandag, is die amusante verhouding tussen die DA en Solidariteit, en dat mense soos me Anchen Dreyer nou agterkom politici kan nie hulle brood albei kante en aan die sykante gebotter kry waar hulle orals gewildheid wil werf nie.

Heel belangrik is die kwessie van wat die Afrikaner definiëer, dinge soos protestantse christelike geloof, en God se reg eerste voor menseregte, die volk met die Gelofte en gebondenheid aan God; en of dit enigsins versoenbaar is met DA-beleid soos oor aborsie, om nou maar ‘n kras voorbeeld op te haal, of menseregte. Net omdat ons bang is ons krane loop droog en die vullis word nie meer verwyder nie, kan nie beteken ons steun skielik die DA nie (met verwysing na stemmery in die plaaslike regeringsverkiesings).

Solidariteit en sy vertakkinge en bedrywe verdien steun en is ‘n Afrikanersaak. Dit beteken egter nie verhewenheid bo kritiek en vrae oor hierdie ietwat te gemaklike verhouding met die DA nie. Of was me Anchen Dreyer ‘n verleentheid wat haarself tydens die Toekomsberaad opgedring het?

In elk geval: sy moet vir haar kry as sy orals op almal se stoele wil sit. Terwyl dit ook waar is dat die klagtes van rassisme in hierdie geval te gek is om los te loop!

David ·

Sol Plaatjies wat ‘n joernalis tydens die ABO was, het opgemetk dat die swartes beter af onder die ZAR en OVS as onder die Unie van SA was.
Plaatjies was later een van die stigters van die voorganger van die ANC – lyk my dat hierdie Khoza onbewus is van sy eie organisasie se geskiedenis.

Henri ·

Ek sê weer, die ouens met die meeste minderwaardig voel sal altyd ander uitkryt vir een of ander iets. Dit is NOOIT hul eie skuld nie.

Marie Luyt ·

‘n Mens moet respek betoon vir jou voorvaders. So glo die meeste mense in ons land. Afrikaanse mense dink ook so. Mens kan dit dalk maar uitwys aan mense wat reken lojaliteit aan ”oom Paul” is ‘n teken van rassisme.

Marius H. ·

Elke slag wat ‘n lid van die ANC ‘n Blanke se naam raaklees, maak nie saak hoe lank gelede die Blanke persoon geleef het nie, was hy ‘n rassis. Siestog!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.