Rassekwotas ‘ongrondwetlik en irrasioneel’

Argieffoto

Argieffoto

In een van die sterkste uitsprake nóg oor rassekwotas, het die appèlhof bevind dat rassekwotas ongrondwetlik en irrasioneel is.

Die saak is gevoer tussen die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, die meester van die hooggeregshof, Solidariteit, verteenwoordigers van insolvensiepraktisyns en die Vereniging van Regslui vir Afrikaans. Die saak handel oor ʼn beleid rakende die aanstelling van insolvensiepraktisyns wat deur Michael Masutha, die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, gepubliseer is.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Saterdag aan Maroela Media gesê die saak is een van die belangrikste rigtinggewers in Suid-Afrika oor die grense van transformasie en gelykheid.

“Die staat se rassebeleid het weer bloedneus gekry. Wat ons egter verstom is dat die staat skynbaar glo dat hul rasobsessie bo die Grondwet verhef is. Die hof het die staat skuldig bevind aan onbillike rassediskriminasie. Dis ʼn baie ernstige aanklag vir ʼn regering wat rassisme deur wetgewing wil kriminaliseer,” het Hermann gesê.

In die opsomming van die saak skryf regters Mathopo, Mpati, Swain en Van der Merwe ook dat die saak handel oor die bestek van die toets vir gelykheid wat dui op die feit dat die hof ook die uitspraak sien as rigtinggewend.

“Volgens die beleid moet insolvensiepraktisyns volgens ʼn streng rassekwotastelsel aangestel word,” het Hermann verduidelik. “Vier kategorieë is geïdentifiseer naamlik (a) swart, Indiër, bruin en Chinese vroue (b) swart, Indiër, bruin en Chinese mans, (c) wit vroue en (d) swart, Indiër, bruin, Chinese mans en vroue en wit vroue wat ná 27 April 1994 Suid-Afrikaanse burgers geword het en wit mans. Die Meester van die hof moet dan vier praktisyns uit kategorie a, drie uit kategorie b, twee uit kategorie c en een uit kategorie d aanstel.”

Die hof het bevind dat hierdie stelsel ongrondwetlik en irrasioneel is en het dit onwettig en ongeldig verklaar. ʼn Kostebevel is teen die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling en die meester van die hooggeregshof gegee.

In die uitspraak skryf die regters dat regstellende maatsreëls op ʼn progressiewe wyse toegepas moet word om mense te ondersteun wat in die verlede van geleenthede ontneem is. “Sulke maatreëls mag egter nie op ʼn onregverdige manier inbreuk maak op die menswaardigheid van diegene wat daardeur geraak word nie,” het Hermann bygevoeg.

“Volgens die hof mag so stelsel nie naakte voorkeure openbaar nie. Een so voorbeeld van naakte voorkeure is volgens die hof ʼn rassekwotastelsel. Die stelsel wat die insolvensiepraktisyns moet reguleer, het geen buigbaarheid nie en al die rigiditeit wat reeds deur die Grondwetlike hof verbied is. Die hof het onder andere bevind dat die stelsel tot gevolg kan hê dat ʼn ongekwalifiseerde persoon aangestel kan word op grond van die rassekwotastelsel.”

Volgens Hermann bring die beleid die absurditeit van die regering se rasseklassifikasiestelsel na vore. “Daar word nie ag geslaan op vaardighede nie, maar slegs op ras. Die doel is ras en nie meer insolvensiekwessies nie. Vir ʼn vakbond wat die beste belang van sy lede in insolvensiedispute in ag wil neem, is dit ʼn reusedilemma as ras die oorwegende faktor is. Mense se lewens word geraak deur ʼn staat se rasobsessie.”

Die hof verwys ook na die absurditeit om wit mans saam met almal wat ná 1994 burgerskap gekry het, in een kategorie te gooi. “Dit lei in praktyk tot benadeling van jongmense uit alle rassegroepe, wat ná 1994 gebore is. Die staat se beleid ontras nie Suid-Afrika nie, maar versterk ʼn beleid van rasseklassifikasie op ʼn rigiede wyse,” het Hermann gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Anel ·

Hoekom het sjinese meet regte hier in ons land, as ons as wit Suid-Afrikaaners?

Jan ·

Baie eenvoudig Anel; hulle vul die koffers aan van ons “regeringsampterary”

MikeT ·

Wel dis duidelik dat daar nie net Guptas in die proses is nie. Hier is menige Chinese besighede wat met moord wegkom en miljoene insamel. Hulle werk egter nie so op die voorgrond soos die Guptas nie… hulle hou baie lae profiel … betaal hulle omkoop gelde en gaan dan voort om ongelooflike rykdom in die land op te bou.

A de Bruin ·

Vra ek mos ook hoekom kry Chinese voorkeur bo blanke Suid Afrikaners!

Neo kolonis ·

Chinese is die nuwe kolonialiste, met volle en amptelike goedkeuring deur die regerende party.

Wilbro ·

Omdat Afrikaners hulle vryheid en regte op ‘n skinkbord weggegee het om te bewys hoe goeie mense hulle is.

Egbert ·

Die ANC beskou hul vertolking van die Grondwet as verhewe bo die howe se vertolking daarvan. Dit bly die mislukking van FW de Klerk en Seuns se “wigte en teenwigte” Geluk met uitslag en jammer dat ek nie kan jubbel nie!

MikeT ·

Hierdie is werklik die werkswyse waarmee alle staatsdiens sowel as baie openbare en privaat besighede beoordeel word derhalwe praktyk … gaan kyk maar na die talle poste wat deur arbeidsmakelaars geadverteer word en 90% word duidelik as slegs EE kandidate gemerk. Ek het selfs epos van so makelaar ontvang wat spesifiek uitlig dat ek uitstekende kandidaat is maar ek kort ongelukkig EE kwalifikasie. Meer nog van wanneer af is Chinese in die land skielik op die lys? Ek verstaan egter nou hoekom MnT ontwikkelaars (wat deur Chinese vrou besit word) soveel projekte oral in Pretoria en Centurion verkry selfs in gebiede waar geen ander ontwikkelaar die nodige bou permitte of regte kon verkry nie.

andrea van vuren ·

Dit gaan al jare so aan. Die ergste is die Chinese werk verkieslik met kontant en betaal derhalwe nie belasting nie!

miv ·

Die Chinese broei in stilte agterlangs en stroom die land binne en wanneer ons ons oë uitvee is hul getalle in S-A die meerderheid en vat hul die land lag-lag oor.

KP ·

Aag siestog dink hulle alles gaan nou skielik verander. Ek is 100% seker oor nog n hele klomp jaar, in elk geval terwyl die ANC of enige kommunistiese party aan bewind is, gaan niks verander nie. Hulle steur hulle mos nie aan wat enige iemand se nie, kyk maar na JZ.

Lance ·

Stel net die beste persoon aan en einde van die storie ….regstellendeaksie = apartheid in reverse

Skeidsregter ·

Hierdie uitspraak moet ook nou na sport toe deurgetrek word. Regering gaan seker nou weer Grondwethof toe om dit te probeer omkeer.

Oom Kalahari ·

Is hierdie samestelling dan nou nie ‘n klaarblyklike bewys wat aangaan in die praktyk, sowel as waar daar opsetlik blanke mans weereens uitgesluit word soos in elke werks praktyk. Bid jou aan Chinese wat mag verteenwoordigend wees, wel wat dan nou van die ge-eerde Kubane, waarom is hul dan nou nie ook ingesluit? Al hierdie ondraaglike uitbuitings en vernerende afdrukkings dui net aan deur wie die land verteenwoordig word in die regerings vlakke.

Wilbro ·

Omdat dit glad nie die narratief sal pas wat hulle al jarelank teen die witmense in Suid-Afrika propageer nie.

RC ·

Uitstekende vraag Sarie. Die baie moorde van witmense is ook nie op Netwerk 24 nie.

jaco ·

kom ons agiteer vir VOLLE kommunisme. dan nasionaliseer die staat die HELE ekonomie en dan werk ALMAL (dokters, prokureurs, straatveers, call centre agents ens ens) vir die staat. dan kan hierdie raskwotas gelos word want dan het almal mos werk

Griki ·

Chinese was nie voorheen benadeel nie. Hulle het saam met blankes besighede en huise in blanke gebiede besit.

HBK ·

As ek reg onthou het mense van Japanese afkoms ‘ere’ blanke status gehad. Mense van Chinese afkoms nie.

andrea van vuren ·

Help my reg asb. Chinese verkies dat jy kontant betaal, veral in hul klerewinkels. Soos ek verstaan is dit pleinweg belastingontduiking!

jaco ·

hierdie regters word deur die Staat betaal en dan maak hulle so n uitspraak. Hulle moet oppas: hulle kan maklik hulle werk verloor. Twee se vanne lyk juis vir my nogal “wit”. Vreemd dat hulle nog werk het as regters. Hoe werk die raskwotas dan in ons howe??? in Zimbabwe het verskeie regters gedurig gesê Mugabe se afvat van wit boere se grond is ongrondwetlik, en toe dank Mugabe hulle eenvoudig af en vervang hulle met regters wat altyd uitsprake lewer wat in pas is met sy beleid. Moenie dink so iets kan nie in SA gebeur nie.

David Lewies ·

Beroepsport , bv beroepsrugby, is n loopbaan vir die persone wat dit beoefen – dan moet presies dieselfde regsreels mos geld. Hoekom nie die Minister van Sport aanvat oor die grondwetlikheud van rugby-kwotas nie….?

Ampie ·

Nou gaan die regering die storie na die grondwethof verwys. Daar gaan Solidariteit weer verloor, want die grondwethof is ‘n politieke hof wat 99% van die regering se beleid ondersteun.

Thyskotze ·

Gaan die regering doen wat die hof se hulle is mos bo die wet steur hulle nie daaraan nie sover ek kan onthou die VADER moet ons genadig wees

joe1975 ·

Ons mors ons tyd mense. om enige kontrak tans te kry moet jy jou BEE sertifikaat toon en dit word as dase 3 van beoordeling gebruik. maak nie saak of jy die beste geprys is of jy die beste vir die infrastruktuur vir die kontrak het nie. Jy gaan goed deur al die fases maar hulle kies die met vlak 1 BEE telling. niks sal verander nie. as jy enige boehai opskop nooi hulle jou eenvoudig net nie na volgende tender voorleggings toe nie

pieter ·

Die ANC regering is tot in sy diepste wese verrot en ras-siek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.