Rassetransformasie van gemeenskapsbehuisingskemas beplan

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Tierra Mallorca/Unsplash)

Mmamoloko Kubayi, minister van menslike nedersettings, beplan rassetransformasie vir privaat dienslewering by gemeenskapsbehuisingskemas wat onder meer deeltitel-komplekse, huiseienaarsverenigings en aftree-oorde insluit.

AfriForum is sterk gekant teen só ’n rasseverandering en sal die proses aandagtig moniteer en beveg, indien nodig.

Kubayi beplan dié rassetransformasie omdat gemeenskapsbehuisingskemas ’n reuse-bydrae maak tot die ekonomie. Altesaam 27% van alle residensiële eiendomme in Suid-Afrika is deel van gemeenskapsbehuisingskemas, daarom bied hierdie skemas groot geleenthede vir privaat veiligheid-, vullisverwydering- en tuindienstemaatskappye wat op hulle beurt weer baie werksgeleenthede skep.

“Die minister wil dus swart ekonomiese bemagtiging instel as kriteria vir maatskappye wat dienste lewer aan hierdie skemas, sodat histories benadeelde individue meer van hierdie dienste lewer,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se raadgewer vir plaaslikeregeringsake.

“Mense besef al hoe meer dat hulle hulself moet organiseer in sterk, selfstandige gemeenskappe omdat die regering nie die vermoë of politieke wil het om hulle grondwetlike pligte na te kom in terme van die bestuur van munisipaliteite nie. Die gevolg is dat die hoeveelheid gemeenskapsbehuisingskemas geweldig gegroei het die afgelope paar jaar.”

Coetzee sê meeste mense is baie ontevrede met die wyse waarop hul plaaslike munisipaliteit bestuur word en probeer om so onafhanklik as moontlik van die munisipaliteit te wees.

“’n Groot rede waarom munisipale dienslewering swak is, is omdat die verkrygingsproses vir die aanstel van kontrakteurs by staatsinstellings, waar swart ekonomiese bemagtiging ’n groot vereiste is, nie altyd so effektief is nie. Die totale munisipale verval in die land getuig van onbekwame en ongekwalifiseerde munisipale kontrakteurs. Dit is waansin om behuisingskemas, waar dienslewering effektief is, te dwing om van oneffektiewe kontrakteurs soos by munisipaliteite gebruik te maak. AfriForum sal nie skroom om regstappe te neem indien die minister voortgaan met die beplande proses om behuisingskemas te transformeer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

annie ·

Dit sou totale beheer beteken. Wie kan mense dwing om in hul private verblyf staatsinmenging toe te laat. Die land is oorbevolk en die ANC doen niks buiten om nou onwettige werksverskaffing te wil afdwing nie. Wat beteken eienaar en private eiendom? Word ons nou sommerso ‘n sosialistiese konkoksie waarin niks meer aan die individu behoort nie. Hierdie dwaasheid moet beveg word!

Harley Davidson ·

Hoe dink hy,rasse diskriminasie werk nie en sal nooit werk nie ,werk op ‘n sisteem van die beste persoon gebaseer op kwalifikasies en ondervinding.

Jacobus ·

Wys net weereens dat naïwiteit en stupidity baie na aan mekaar is. “Ons kan niks bou nie maar deur wetgewing toegewings afdwing wat enige skyn van gesonde verstand oorskadu. As mens waarneem hoe klein dorpies gewurg word deur swak dienslewering moet jy die malligheid ernstig opneem!

minnie muis ·

volgnde van die kimmunistee gaan seker privaat huise en erwe wees, as jy te groot huis het gaan die wetters sekeer verWAG jy moet deel… net voters fiefie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.