Rassie: Bokke wou hoop skep met Wêreldbeker

Die Springbokke vier Cheslin Kolbe se briljante drie. (Foto: APA)

Rassie Erasmus, afrigter van die Springbok-rugbyspan, sê die Bokke wou vir Suid-Afrika hoop bring.

“Ons het begin praat oor wat ‘druk’ vir ons beteken en vir mekaar gesê ‘druk’ is wanneer jy nie ʼn werk het nie of wanneer een van jou geliefdes vermoor word,” het Erasmus Saterdag ná Suid-Afrika se oorwinning oor Engeland in die Wêreldbeker-eindstryd gesê.

Suid-Afrika het Engeland met 32-12 geklop. Erasmus het Saterdag ná die wedstryd met joernaliste gesels oor hoe die span die Wêreldbeker aangepak het.

“In Suid-Afrika is daar baie probleme wat druk veroorsaak en rugby behoort nie ook druk op ʼn mens te plaas nie. Dit behoort vir mense hoop te gee.” het Erasmus gesê. “Ons het daaroor begin praat dat ons die voorreg het om vir mense hoop te gee, eerder as ʼn las om hoop te skep.”

Erasmus sê hoop is nie om te praat oor hoop of ʼn mooi boodskap op Twitter te plaas nie. “Hoop is wanneer jy goed speel en mense na die wedstryd kyk terwyl hulle braai en goed voel na die tyd. Maak nie saak wat jou politieke of geloofsoortuigings is nie. Vir daardie 80 minute stem almal saam oor iets, waar hulle gewoonlik van mekaar verskil.

“Ons het begin glo dat dit ons voorreg is om vir Suid-Afrikaners hierdie hoop te bring. Die oomblik wat jy dit só sien, begin jy soontoe werk en dit is hoe ons hierdie Wêreldbeker aangepak het,” het Erasmus gesê,

Hy en Springbok-kaptein Siya Kolisi het Suid-Afrikaners Saterdag bedank vir hul ondersteuning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

Hagar ·

Ons Pres het hister gese wys maar net wat goeie samewerking kan bereik en die hoop uitgespreek dat dit op alle terreine kan gebeur. Ja dankie daarvoor ons hoop almal so. Maar Pres daar is n n heel paar berge wat uit die weggeruim moet word. U is natuurlik op hoogte daarvan en ons hoop u gaan nou spoedig en drasties iets daaraan doen!!!!!! Aan Solidariteit en Afri Forum dankie dat julle sulke groot projekte aanpak om hoop te skep. Ons hoop dat daar n dag sal kom dat die ganse volk nasie u op dieselfde wyse sal toejuig as in die geval met die Sprinbokke se oorwinning.

Kosie ·

Sport en veral rugby en krieket is gebruik om die land aan die kommuniste oor te gee. Selfs vandag nog, kyk ook hoe is wyle Joost deur Zuma vereer. Ironies dat rugby ‘n koloniale sport is en koloniale dinge is uit volgens die ANC. Nee, Rassie, ek bly maar my hoop en vertroue op God stel. Rugby gaan my nie van verneukers, ‘n swak ekonomie, droogte, verraaiers en moordenaars verlos nie. En die ou wat gister ‘n probleem was gaan nie na die beker skielik beter wees nie, die wortel lê dieper.

Judge Dredd ·

100% . Jammer dat mense nie dieselfde passie het vir dinge wat saakmaak.

JR ·

Ek stem saam met jou Kosie geen sport sal die land kan red nie dit is in die hande van ons Hemel se Vader maar met sulke sondaars moordenaars verkragters en kuripsie in hierdie land weet ek nie of daar enige hoop vir ons is nie miskien as die ANC verslaan word ja dan is daar dalk hoop

Ig ·

Ek hoop Ramaposa en sy gevolg luister mooi na Rassie en leer daaruit

Rinkhals ·

Dalk kan ons in die parlement begin braai dink net hoe gaan ons dan saamstem oor alles. Sport bring mense bymekaar politiek bring tweespalt.

GR ·

Hoe kry jy hierdie boodskap en Siya se boodskap by Malema uit in ‘n taal wat hy en sy gepeupel sal verstaan??

Johnny ·

So ‘n bek moet jem kry.
Nou dat ons almal (weereens) verenig het onder ‘n nuwe vlag, kultuur en taal; wil ek asseblief nie weer hoor iemand kla oor korrupsie of moord nie.
Die klei en yster gaan ons nou met alle mag probeer meng, en maak asof ons nie kan sien dit werk nie.

Kallie ·

Die jubelendes moet ook nie oor die ekonomie, grondvergrype, SEB, en EE kla nie. Dis mos deel van nasiebou.

bokke ·

Geen boodskap van hoop gaan die onpatriotiese klomp Suid-Afrikaners hier op Maroela (hulle weet wie hulle is) help nie. Reeds te ver in hul eie suurgeit verval. Beter om hierdie groepie manteldraaiers te ignoreer sodat hulle in hul eie suurbraak kan vergaan. SA is ‘n beter plek sonder hulle.

Grapgat ·

Ja nee die wereldbeker gaan definetief die werkloosheid van 29% omdraai, die misdaad bokkamp, ekonomie omdraai, asook die landings persentasie van GDP van amper 70% verlig. Rugby wereldbeker verander al daai realiteite en die papsak geinduseerde koma duur voor, maar al hoop wat ons het is die wereldbeker.

Rinkhals ·

Dis nie die op maroela wat die hoop nodig het nie. Dis die tikkoppe in Mitchels, dis die wat bedel by robots, dis die wat onder brue slaap, dis boere wat selfmoord pleeg oor droogte, plaasmoorde en grondhervorming, dis kinders wat hul broers en susters grootmaak want hul ouers is oorlede agv HIV, dis vrouens wat vasgevang is in verhoudings met mans wat hul en hul kinders vermink, dis Zimbabwiers wag hiernatoe vlug wat aangerand en vermoor word deur SA burgers, en nog veel ander. So as jy wil praat oor hoop, vat jou boodskappie van rugbyhoop daarnatoe en vra hulle wat die wereldbeker in hul lewens verander het en hou op vir mense op Maroela vertel wat hul veronderstel is om te dink.

bokke ·

Frik, wanneer begin daai party van jou wat jy so ‘n tjeerleader voor was tydens die verkiesing hulle verkiesingsbeloftes van gesprekke oor ‘n volkstaat, beginne nakom?

Judge Dredd ·

Afrikaner Meelopers van ANC plannetjies is die mantel draaiers. Trek voordeel deur jul eie mense te verraai.

Linda ·

Hi Bokke,
Moenie kla oor die kommentaar op Maroela Media nie. Duidelik het jy nog nie die kommentare op Politicsweb gelees nie. Groete.

Werner ·

Ja en vir al die ou gebreinspoeldes gister het hulle ook aangekondig dat art 25 onteiening sonder vergoedingswet Desember deurgedruk gaan word so hou maar die jubelsange vir julself

@Werner ·

Ja Wener dit is baie hartseer want na 25 jaar het sommige mense nogsteeds nie n begrip wat in hierdie land aangaan.

Sven ·

Almal hier wat nou jubel en net wil nasiebou sal dan weer aan die kla gaan.

Henk Ackermann ·

Die kanker lê ongelukkig baie meer diep as n wêreldbeker oorwinning . Dit is danksy die anc . 1995 , 2007 , 2010 wêreldbeker sokker toernooi kon dit nie doen , CR is al twee jaar president en hierdie beker gaan dit ook nie doen nie .

Walter ·

Die Afrikaners wat nou trots is en wil nasie bou woon gerieflik in stede en voel vere vir boere wat hul grond kan verloor.

Kat ·

Sport skep reeds een van die grootste probleme. Dit is n ligstraal van vreugde wat die mense se oë verblind vir die chaos wat die maxiste besig is in te doen.

Judge Dredd ·

Kulkuns wat hul by die Roemeinse ryk geleer het. Jammer dat na meer as 2000 jaar menige dit nog nie begryp nie.

bokke ·

Dis darem oulik dat die mense wat juis die meeste het in die land ook diegene is wat die meeste kla. En dan is dit ook juis daai spesiale groepie wat hulself die boervolk noem wat ook die meeste murmureer.

Swartwolf ·

En dis juis daai wat die minste het en bereik het en die minste kans het om hulle lewens te verbeter wat al die realiteite van SA miskyk en aanhou hoop, verblind deur die wereldbeker euforia. More is hul realiteite weer terug. En jy weet watter “volk” dit is.

KO ·

Bokke jy verstaan nie, almal is opgewonde oor die springbokke se oorwinning maar jy kan dit nie gebruik om n land simbolies te verenig, dit werk nie. Die Leier of President van n Land is verantwoordelik hiervoor. Hoekom het dit dan nie gewerk in 1995 of 2007 ?

andre ·

Hoeveel tyd, energie en geld is nie vermors met Allistair Coetzee en Pieter de Villiers, nie.? En onreg gepleeg teen onskuldige spelers en afrigters?

IDEOLOGIE KOM VOOR MERIETE?

Die swak besluitnemers moet aanspreekilik gehou word vir hulle FOUTE?

Koos de Meyer ·

Ja ongelukkig het ons ons land en ons godsdiens verkoop vir sport. Die blindes wat glo die wêreld beker het ons verenig, word wakker uit julle droom. ‘n rinkhals bly ‘n rinkhals, more is als vergete en dan gaan alles maar net weer voort soos voorheen. Maar soos die spreekwoord sê, as jy hulle nie kan wen nie sluit maar by hulle aan en word deel van hulle. Ek is Trots Afrikaans. Sport het ‘n afgod geword.

Dolf ·

Sê ek ook Koos!!! Die sportgod moet nou alles regmaak wat verkeerd is.

Hoog op Rugby ·

Kom mense, ons is nie morbiet nie. Dit was nou eerstekas! Ek is so tros op hulle! Hulle het die engeltjies ‘n les geleer. ‘n Spel so uit die broeke uit! Hippie-hoeraa vir die pragtige bonteboksies! Julle was skijtterend! Ek voel nog steeds skoon dik in die nek, so hoog en leeg tussen die ore van opgewoldenheid. Ek is so dêm trots dat ek omtrent my kortbroek kan bevuil. Mammie sê dat sy dit nie kon glo toe sy die eindfluitjie in haar koppie hoor raas nie. Malema se begaafde kinnertjies kan my maar more kom freek maak – solank ek net met my rugbybol-diep-in-my-hall hemel toe gaan, dan is alles reg. Rugby Leef! Prys die Rugby!

Gemaskerde Sopbeen ·

Dankie Bokke vir julle voorbeeld. Watter “wit” afrigter gaan nou aangestel word vir die land se “swart kaptein”? Dit het duidelik gewerk vir die Springbokke….dit behoort te werk vir die land ook!!!

Runice ·

Baie dankie, Rassie… dankie bokke, JULLE MAAK ONS TROTS! GEEN kerk, geen politiek kan ons laat saamstem nie, maar sport kan! Wonder of die “sedeprekers” ooit WEET, dat ons springbokkaptein, n erkende Koningskind van die Allerhoogste Vader is en dit publiek verkondig ook? ONS SPREEK LEWE IN JESUS CHRISTUS VAN NASARET SE NAAM, OOR ONS STUKKENDE LAND, SY MENSE EN OOR ONS BOKKE!! Gebruik dan SPORT as INSTRUMENT IN DY HANDE om harte te verander en om siele te wen…!!!

CHAPPIES ·

Wonderlik Rassie+BOKKE! WEN eenheid in Sa, wen siele, gee weer hoop en WOEKER MET JUL TALENTE TOT SY EER!

KO ·

Dankie ds. Renice en CHAPPIES, stem 100% saam hulle leef dalk hulle godsdiens uit en ly deur voorbeeld maar hulle herenig nie ons land nie, julle liberale hou daarvan om Godsdiens by elke argument in te sleep.

Griet ·

So trots op julle bokke! Welgedaan Rassie,dat jy n brugbouer is en nie n suur negatiewe dodespreker nie! Stem 100% saam met chappies en met runice!

bokke ·

Kyk, jy kan vir boervolk se kind ‘n verniet nuwe Toyota of Landrover gee, jaar se gratis etes by KFC en Steers, ‘n jaar se gratis groceries by Pick ‘n Pay en Woolworths, gratis DSTV, verniet AIG konserte (sonder Steve), verniet lug en data tyd by MTN, geen gekleurde spelers in die Bok-span nie EN hulle sal steeds oor alles moan (selfs oor die goed wat hulle verniet gekry het). Hulle glas is ALTYD halfleeg. Gun ook niemand anders (spesifiek die minderbevoorregtes) iets nie want hulle is dan self die minderbevoorregtes en ergste benadeeldes wat die swaarste kry.

Rinkhals ·

Gaan verkoop jou rugbyhoop aan hulle, die wat swaar kry, en hoor hoe die wereldbeker hulle lewens more gaan verander. Hou op om mense hier te vertel wat hul moet dink of voel. Jy maak min indruk.

Swartwolf ·

Vermeulen is in elk geval die regte leier. Jy moet blind wees om dit nie raak te sien nie.

runice ·

Bokke, dis ons nou presies, nes jy daar seg…met niks tevrede en MOAN sal die ou volkie moan, ongeag watookal..!

Griet ·

en wat doen jy nou anders, met jou swartgallige all black opinie, hmmm…ou giftige Rinkhalsie?

bokke ·

Wel enigeen wat in die samehorigheid van ‘n een nasie glo behoort ‘n positiewe geleentheid aan te gryp om ten minste nasietrots en rasseverhoudings te probeer verbeter. Maar natuurlik het ons mos ook nou daai groepie onpatriotiese en nagatiewe siele wat juis nie belangstel in samehorigheid nie maar hulself iewers op ‘n eiland onder ‘n klip wil gaan wegsteek…en moan.

Swartwolf ·

Ons weet nou wat jou vlak van aspirasie is. Jammer jy is nog ver agter.

Wet ·

Bokke…Almal is bly dat die springbokke gewen het maar die beker gaan NIKS verskil maar aan die toestand waarin die land hom bevind en mense wat swaarkry se lewe verander nie. Is dit regtig so moeilik om te verstaan??????

bokke ·

Wat van samehorigheid, nasietrots, voorbeeld wat met harde werk reggekry kan word, ens?

Boemerang ·

@bokke – Samehorigheid, nasietrots en harde werk, veral harde werk is nie vir Afrikaners vreemde konsepte nie, hulle het dit gehad lank voor enige Wêreldbeker gewen is. Hulle moes ná die ABO van voor af met niks begin. Ook ná die depressie. As daar een deel van dié nasie is wat weet van werk en trots is dit die Afrikaner.
Almal is bly die Bokke het gewen. Om die gemors wat tans aan die gang is danksy misdaad en ‘n kruppel Ekonomie te probeer wegpraat omdat ons een suksesvolle sportspan het is nie net naief nie, dis bietjie onnosel. Maar cheers op die Bokke.

Con Dumpi ·

Die Ingelse is geBReEXIT. Welgedaan Bokke, Rassie en ondersteuningspan.

WK ·

Ek dink nie genatiwiteit het enige situasie beter gemaak nie en nog minder iemand wat dit voel, enige goed gedoen nie – dit is net plein ongesond. Maar positiwiteit en dankbaarheid vir bietjie goeie nuus vir ons land in ‘n lang tyd? O Ja! nog altyd! Welgedaan Rassie en span – jy is ‘n seun van Afrika en ‘n leier.

Griet ·

en wat doen jy nou anders, met jou swartgallige all black opinie, hmmm…ou giftige Rinkhalsie?

Grote Griet ·

Nee Griet hang maar bietjie hier rond op Maroela vir ingeval jy nog nie ‘n groot slang gesien het nie.

bokke ·

Is dit boerevolk of boervolk, is daar ‘n verskil? Ek moet sê die woord boervolk is vir my minder bekend as boerevolk. Boervolk klink bietjie plat, bokkerig vir my (soos in boerbok).

bokke ·

Moet ‘n provinsiale ding wees. In die Kaap praat mense nie van boervolk nie, in al my jare nog nie gehoor iemand praat so hier nie. Maar julle doen mos snaakse dinge daar in die Noorde soos om brêkvis (pap) saam met julle braaivleis te eet, die Stem by Steve se konserte te sing, die ou landsvlag te swaai en so aan…

Apools ·

Jong ons kan vir jou snaakse dinge vertel wat volk daar in jou geweste doen maar jy behoort te weet ons spaar jou dit.

Petrus ·

Bokke, jy is ‘n verleentheid vir Kapenaars. Sodra die Kaap afstig moet jy maar trek na Tshwane. Maar jy kan wel in Kaapstad en Stellenbosch bly. Hulle bly deel van SA.

Nasiebou ·

Hey m.k.t hou tog op aangaan oor boere en volk en wie weet wat. Help nie jy se jy staan nasiebou voor nie maar alles wat gese word beteken die teenoorgestelde.

Spook ·

@Bokke… ek was vreeslik opgewonde toe die manne in groen op die geld verskyn, was reeds trots want as n BOERE vrou kon ek met eerlikheid se ons manne het trots vertoon. Hulle oorwinning het n vet smile op my gesig gesig…. veral omrede ons daai Ingelse pakslae gegee het….wel…tot ek al die dronkies oppad huis toe teekom het, het my euforie onmiddelik verdwyn…… as jy dan nou my volk verafsku hoekom dan nou nog in afrikaans kom staan en praat??? Dit is dan so eg aan die BOEREVolk.. Haat ons maar sonder ons kan julle ook nie.. dit is half pad parties hoor..ek is bly en trots maar my lewe is steeds dieselfde???? Nou wat nou????

Fanie ·

Kom ons geniet die oorwinning, ons almal het goeie nuus nodig gehad. Niemand sê dit gaan die ekonomie verbeter nie- dis net lekker om te wen. Politici wat dit probeer misbruik om te ‘bewys’ dat transformasie ‘werk’, sal nêrens kom nie. Almal weet dis nie meer ‘95 toe mense nog nie die gevolge van die ANC se transfornazi’s gesien het nie. Die spansamestelling is reeds ‘n bewys dat kwotas nie nodig is, omdat goeie swart spelers gekies is. Daarom kan ons dit gerus maar geniet.

Stephan de S ·

Wonderlike naweek. Rassie is die man wat dit vermag het……sonder hom geen beker nie.
Tog deel ek ook in die skeptici se twywel. Ek daag Bokke uit om te verduidelik wat harde werk gaan bereik onder leiding v n BEE afrigter en BEE formule EKONOMIESE span. As ons ekonomie ingespan word vlg die formule vd springbokspan , dan gaan hoop en samewerking blom in hd land.

BR ·

bokke ek stem saam met jou. Hou tog op klae en negatief wees. Daar is baie hardewerk voor en dit begin by ons. Probeer tog net asb.

Spook ·

Ek hoor jou BR maar met @bokke mentaliteit is daar nie veel hulp nie hy braak dan dieselfde gal as die mense wat hy beskuldig……minderwaardigheids kompleks as jy my opinie vra

BR ·

bokke ek stem saam met jou. Hou tog op klae en negatief wees. Daar is baie hardewerk voor en dit begin by jou. Probeer tog net asb.

Pieter ·

Vir 80 min lank het n groot groep Suid -Afrikaners oor kleur, politiek en Godsdiens gekyk en saam gekyk na die rugby. Hulle was almal in dieselfde `span` Dit is net weereens n bewys dat die meeste mense is SA saam kan leef in vrede. Ongelukkig is daar die 5 % onverdraagsame mense wat so korrup,gulsig en grierig is dat hulle dit regkry om onmi tussen mense te saai. Ek is oortuig dat as die rugby ondersteuners kan saan staam. kan ons maklik vir die Malemas`s en Anlide`s vevolg en hulle lewenslank toesluit.

Sinies ·

Al hierdie politiek laat dit voel soos om die sangbeker op inter skole te wen.

Betekenisloos!

P ·

Watse hoop asseblief. Hulle het gaan speel vir geld vir niks anders nie.

Lorraine ·

Ek wens ons regering wil weer mooi na die woorde luister van ons Nasionale lied.
Sounds the call to come together,
And united we shall stand,
Let us live and strive for freedom
In South Africa our land.
Politiek maak als net bitter en erger en verhoog rassehaat.

Oom Kosie ·

Kom ons begin sommer by die refrein: Oom Kosie is siek vir die hel in effrika….. tra-la-la-la-la laa laa laa laa……..

bokke ·

Ek gee die kwota-stelsel die skuld dat ons die wêreldbeker gewen het. Ons is nou te goed.

Nasiebou ·

Bokke – m.k.t, in jou wildste drome. Rassie en Vermeulen, bedank hulle.

bokke ·

Kolisi beste Bok-kaptein sedert Morne Du Plessis. Hall of Fame skougehalte. Wereldwyd gerespekteer, lyk ook nie so dom soos van die boervolk seuns nie, praat ook beter Engels, oor die algemeen beter opgevoed. As Kaptein Kolisi praat, spring die boervolk kênners.

Nasiebou ·

Ja hy en Rassie maak ‘n goeie kombinasie, Rassie beste afrigter na Jake. Baie beter strateeg en hoer intellektuele vlak van rugby dinkwerk as die afrigters voor hom soos snor en toets. Dink Rassie het hele span beinvloed om saam te werk dink as Rassie praat spring die hele span kwotas ingesluit. Kyk hoe mooi het hulle sy opdragte uitgevoer elke een weet wie is eintlik in beheer. Rassie, Jake en Kitch, wonder wat het hul in gemeen ?

@bokke ·

Jy wil so graag van die Bokke se wen ‘n ras oorwinning oor wittes maak. Jou ras- onderrok hang uit.
Maar ek stem saam, Kolisi praat lekker Engels want hy het nog sy twee voortande. Daai “th” klank is ‘n dealbreaker sônner djou taintjies my uncle.

Rugbysiener ·

Hiert ou mkt is die potjie leeg en die sakke op? Wat nou ? Skoorsoek gaan nie die holte in die binneste vul nie.

Rinkhals ·

Bokke jou minderwaardigheids kompleks skemer deur. Die span het die beker gewen nie ‘n sekere ras of volk(ie) in die span nie. Jy gaan binnekort weer jou naam moet verander.

Duusman ·

Rassie, afrigter van die jaar – fantastiese toekenning wys net sy intellektuele vermoe, strategie en visie. Hy het die volk verenig in die span en samehorigheid en dissipline geskep. Geen dwarstrekkery nie. Dis duidelik dat sy wedstrydplan uitgevoer was. Sterk persoon en afrigter, selfde as kitch en jake voor hom. Dat drie duusmanne aan die stuur was van die springbokskippie in drie wereldbeker oorwinning!

Rugbysiener ·

Hiert ou mkt is die potjie leeg en die sakke op? Wat nou ? Skoorsoek gaan nie die holte in die binneste vul nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.