Rassie Erasmus skuldig bevind en geskors

Rassie Erasmus. (Foto: Anne-Christine Poujoulat/AFP)

Rassie Erasmus, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se direkteur van rugby, is skuldig bevind aan wangedrag en is ‘n skorsing opgelê weens sy kritiek teenoor die Australiese rugbyskeidsregter Nic Berry.

‘n Onafhanklike tugpaneel, onder voorsitterskap van Christopher Quinlan QC, hoof van Wêreldrugby se regskomitee, en die Nieu-Seelanders Nigel Hampton en Mike Mika, het bevind dat Erasmus se gedrag teenoor wedstrydbeamptes tydens vanjaar se toetsreeks tussen Suid-Afrika en die Britse en Ierse Leeus op wangedrag neerkom.

Wêreldrugby het ses aanklagte teen Erasmus aanhangig gemaak vir die oortreding van die liggaam se gedragskode nadat ‘n video versprei is waarin Erasmus kritiek teenoor Berry uitgespreek het vir sy hantering van ‘n wedstryd. Hy het ook voorvalle van vuilspel deur die Leeus uitgewys.

Erasmus is op al ses aanklagte skuldig bevind en is met onmiddellike ingang van alle rugbyaktiwiteite geskors vir die volgende twee maande. Hy mag tot 30 September 2022 nie aan enige aktiwiteite deelneem op dae van wedstryde nie en is gewaarsku oor sy gedrag vorentoe. Hy moet ook die betrokke wedstrydbeamptes om verskoning vra.

Wêreldrugby het ook twee aanklagte teen Saru aanhangig gemaak. Saru is op net een van die aanklagte skuldig bevind en met £20 000 beboet.

Erasmus en Saru het sewe dae om te appelleer teen die beslissing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Porseleintjie ·

Ag asb. Duidelik ken hy sy spel en word nou daaroor gestraf.

twaalfboor ·

Ek wonder of die 6 “thumbs down” dalk deel was vam die tug kommitee.

Christo ·

Weereens is die wedstrydbeamptes onaantasbaar……..dis ‘n skande dat hulle met die spreekwoordelike “moord” kan wegkom.

Renier ·

Hoe verskriklik ironies. Die skeidsregters wat die spelers benadeel wor beskerm deur ‘n klomp wette en regulasies, maar die spelers en beamptes moet maar hulle monde hou? Wat ‘n klomp snert!. ????

Pieter ·

Laat dit jou nie maar ook dink aan die res van ons lewens vandag nie…

Jacobus ·

En wat nou van sokker? Waar Danny Jordaan, Hugo Broos die afrigter nou almal aanvat en n perskonferensie gehou het oor die skeidsregter? Hulle wil nou die wedstryd teen Ghana oorspeel wat Bafana verloor het. Alweer dubbel standaarde!

Elize ·

Wie is Bafana? Volgens my is dit ‘n “span” wat skitter in hulle verloor van wedstryde.

Anton ·

Hopelik vry waar hulle ons ook van ons lidmaatskap en bypassende geldjies, klomp sotkoppe

Stephanus ·

Ja, so word diegene wat die waarheid verkondig gestraf en word alles in die stryd gewerp om die mensdom te dwing om die knie te buig vir die leuen.

Henri ·

My derde span rugbyafrigter het gesê alle skeidsregters stink. Sommige stink net meer. Hy het dit net baie mooier gestel.

Jr ·

Aussie en Nieu Zealand? Rugby se glamourboys en die grootste “CRY BABIES”. KAN LEKKER VYLSPEEL MAAR AS ONS DIT DOEN – CITE SA. SA moet altyd 19 ouens speel. 1x ref, 2x kant linesman, 1x televisie ref. Refs help hierdie twee spanne games wen. Rassie u het nog meer respek van ons gewen. Wat sê hulle oor die 23 erkende foute uit die 26 wat u uitgewys het.?

Harley Davidson ·

Straf hom oor ‘n simpel ding maar die kwota sisteem gebaseer op velkleur daarvan word niks gesê nie

Gerrie ·

Nieu-Seelanders onafhanklik jeens Suid-Afrikaanse kritiek op ‘n Aussie? Nonsens man.

Wat die beginsel ter sprake betref – om konsekwent te wees in die breëre sportwêreld behoort FIFA dan nie verder te huiwer nie en SAFA onmiddellik te skors vir hul klagte en openbare kommentaar oor die skeidsregter in Bafana se wedstryd teen Ghana. Die sportsirkus word al groter.

Ian ·

Hierdie is niks anders as boelie gedrag nie.Jy durf nie uitpraat oor enige iets wat verkeerd is nie of jy word stil gemaak as jy dit doen. Hierdie is n baie siek storie. Geen spasie vir vryheid van spraak of opinies nie.

Oros Soros ·

Sien dat die volgende hutsmerk op social media hardloop: #JusticeforRassie

twaalfboor ·

En as Rassie nou “Mr Rasievungu” geheet het, was sekerlik geen tug verhoor gewees nie.

Jacobus ·

“Timing” van uitslag is bedenklik – duidelik om England ter wille te wees. Maak van kwaliteit van amptenare ‘n grap. Sterkte Rassie!

Domeritus Danie ·

Hou duimvas dat die Bokke (selfs sonder Rassie oor wie daar nou so ‘n onbillike geraas gemaak is) Saterdagaand die Ingelse op hul tuisfront ‘n ordentlike drag sla sal gee. Dit sal my tone laat omkrul van lekkerkry ! Sterkte Bokke! Maak ons weer nasietrots!

twaalfboor ·

So Rassie moet die wedstryd beamptes omverskoning vra. “I’m sorry that i revealed the truth and that you guys were exposed as incompetant and biased”.

Domeritus Danie ·

Baie skerp “twaalfboor”! Laat my dink aan oom Neelsie (Langenhoven) wat doerietyd in die parlement in opdrag van die Speaker sy “beledigende uitlating” oor die opposisie moes terugtrek. Wat hy dan ook gedoen het, toe hy die volgende kwinkslag kwytgeraak het: “Goed, mnr die Speaker, ek het genoem dat die helfte van die agbare lede aan die oorkant ‘n klomp bobbejane is. Ek trek dit terug met die volgende uitlating: Die helfte van die agbare lede aan die oorkant is nie bobbejane nie!”

Steyn ·

Dit wat hy gedoen het is reg, maar die prosedure was teen die bepalings van die IRB, die wat nog kan onthou, daar was ‘n skeidregter met naam van Andre Watson wat na sy uittrede wel erken het dat na elke wedstryd word die wedstryd beamptes ook aangespreek oor foute en hantering van die spel.
Rassie dink hy is groter as die spel, dink net hoeveel skeidregters op skool rugby al ingewag is by sy kar na die wedstryd. Gaan blaas jy daar in die middel en kyk of jy jou man kan staan teen intimedasie van albei kante af.

tweeling ·

Nee ek glo nie Rassie dink hy is groter as die spel nie. Daar was geen verduidleiking van Berry hoekom hy nie die afrigtingspan na die 1ste toets gaan sien het soos die reels bepaal nie. Hy het hom nie aan die reels gesteur nie en dus het Rassie hom aangevat. Nerens sien ek enige apologie van Berry nadat hy hulle versoeke geignoreer het nie.

Domeritus Danie ·

Ek stem saam met Robert, want dis darem uiters gewaagd (vriend Steyn) om te beweer dat Rassie dink hy is groter as die spel!?
Wat word van die wedstryd beamptes en skeidsregters wat aangespreek word oor foute . Word hulle ook (finansieel) beboet soos die spelers wat geel en rooi kaarte kry en/of verbied om weer te blaas?
Om darem skeidsregters by skole rugby in dieselfde kategorie te plaas as internasionale skeidsregters is effens dik vir ‘n daalder!

In ligter luim en tong-in-die -kies: Jare gelede het ‘n jong leraar in Betlehem (Vrystaat) dit gewaag om die fluitjie te hanteer tussen twee eerste spanne van bekende hogerskole wat aartsvyande van mekaar was/is. ‘n Toeskouer wat glad nie gediend was met die wyse waarop die wedstryd gehanteer is nie, het – toe die fluitjieblaser binne hoorafstand was – kliphard gegil: “Doemenie, jy bid seker onder ‘n skuilnaam!”

Daar is mos ‘n gesegde: “As jy jou uitgee vir ‘n toffie,moet jy nie verbaas wees as jy gelek word nie!”

Hardekwas ·

Dit is juis die probleem met die hedendaagse liberale en menseregte voorstanders. Almal is vry en gelyk, almal is veronderstel om vryheid van spraak en vryheid van mening aan te hang. Maar o wee, moet net nie die liberaliste en menseregte voorstanders durf teengaan nie, want dan geld vryheid van spraak en menseregte glad nie meer nie. Absoluut absurd.

Anoniem ·

Dis nou dieselfde wêreld rugby wat saamgestem het op 23 van die 26 punte wat Rassie uitgewys het. Dit lyk vir my asof wêreld rugby ‘n erkende wedstryd knoeiery sindikaat is.

Natasha ·

Eerlikwaar, daar is nie een game wat gespeel word waar foute mis gekyk word nie. Maak nie saak wie speel nie. Rassie was verkeerd en sy optrede reflekteer op die bokke. As hy een ref wil uithaal moet hy al die refs uithaal. Dis reg dat hy bietjie in die bek geruk word.

Pieter ·

Dis presies wat vout is met hierdie. Alles word in die agtergrond “bespreek”. Niemand mag in die openbaar uitgedaag word om hulle kant te stel… Niamdn is meer groot mense nie… As jy sien wat jy sien en dan daaroor praat, hoe de donkie kan hy dan die skuldige wees? Sou hulle dus ‘n proses gevolg het en dinge buite die publiek hanteer het? Nee wat, dit klink alles maar vir my soos onder die mat… Hy wil nou nie volgens hulle reels speel nie…

Hy hoef nie ‘n draadsitter te wees nie want hy is verandwoordelik vir een span…

Malan ·

Hy is nie skuldig bevind aan die kritiek nie, maar wel op die manier wat dit gedoen is. Soos met alles is daar altyd ‘n regte en verkeerde manier.

tweeling ·

Hy het die video aan WB (privaat) gestuur en iemand het dit, sonder sy medewete, uitgelek. Hy kan nie pa staan vir die uitlek nie. As WR moeiete doen sal hulle kan uitvind waar die lekkasie plaas gevind het.

Hendrik ·

Hierdie is nou die bitter New Zealanders wat nie kan vat dat ons huidiglik die beste span is nie.

Natasha ·

Die bokke mag die wêrelbeker hê, maar hulle is beslis nie die beste span nie

Harry ·

Wat het New Zealand met Rassie se gekerm te doen, vat jou pak soos n man en moenie ander blameer nie!

Lida ·

Ai Rassie ons voel almal soos jy…..die waarheid maak seer en ag hoe lekker ons het die hef in die hand en sal oor jou lot besluit. Ons staan agter jou.

Casper ·

Kyk van watter land is Nick Berry en dan sal julle die arrogansie verstaan.Bryce Lawrence van Kiwi land is so gekritiseer deur al wat ‘n rugbybeampte is dat hy uitgetree het.

Waarnemer ·

Die Springbokke moet Saterdag maar net baie harder speel en n rekord punte teen Engeland opstel…ter ere van Rassie wie absoluut n “one in a million” rugby strateeg is.

Peach ·

Dis baie duidelik dat almal kies om die situasie te ontleed om sy/haar eie argument te bevorder. Ek stem egter 100% saam met diegene wie objektief hierna kyk. Rassie is nie skuldig bevind omdat hy sy mening gelig het nie maar, op die manier waarop hy dit gedoen het. Siende hy die spel reëls so goed ken, voorsien ek hy behoort ook die administratiewe reëls binne die Internasionale Rugby Raad (IRR) te ken. Indien hy manhaftig genoeg is, sal hy sy fout erken en aanspreeklikheid aanvaar.

Jasper ·

Sport raak al hoe meer lagwekkend met hierdie beslissing en as ek kyk na die die BLM belaglikheid van KrieketSA ens. Ek stel al hoe minder belang.

Anita ·

Baie onredelike en duidelike politiek gesentreerde uitspraak teen Rassie Erasmus…opmerklik vir my dat Sprinkbok rugby elke keer getakel word voor n groot wedstryd..veral nou WEER teen Engeland.
Duidelik is die Bokke n bedreiging vir die wereld.
Daarom probeer hulle die Bokke op n emosionele vlak tampteer.

Beslis sal hulle dit nie regkry nie.
Wil voorkom of dit steeds Suid Afrika teen die wereld is waar ons kritiek op kritiek onregverdiglik moet hanteer.
En elke verkeerde optrede teen ons Bokke op die veld verwag hulle moet ons dit ewe koel en kalm hanteer sonder om dit te bevraagteken.

Skandelik dat persone in hoe posisies hulle mag misbruik om saam met die gepepel die Bokke te wil aftakel met hulle swak kennis van die rygby reels….ons lyk my het n hele ander spelreelboek as al die ander lande..

Ons is n TROTSE nasie en sal aanhou opstaan vir die onreg wat teen ons gepleeg word.

Francois Le Cochon ·

Ek ondersteun vir Rassie, maar Rassie is eensydig. As hy kla oor skeidregters wat nie die rugbyreels toepas nie, moet hy ook kla oor Springbok spelers wat nie die rugbyreels toepas nie, en sodoende strafskoppe weggee.

Michael ·

Is goed dat hy nou van rugby moet wegbly vir ‘n ruk. Hy en SARU bedrieg die publiek al lank met die feit dat hy in werklikheid die bokke afrig en dat Nienaber net vir die skyn daar is-hoe kon Nienaber in elk geval die pos bo ander ervare afrigters in die land kry terwyl nog nooit die hoofafrigter van enige 1e rangse span was nie. Erasmus is meer saam met die span op die oefenveld as enige vorige direkteur van rugby en dan rig hy as waterboy nog die span tydens hul wedstryde ook van die kantlyn af. Wereldrugby moet dit ook sommer stop

Spearhead ·

Wat ‘n klomp klug. So wedstryd beamtes mag nou nie aan geraak word nie. Hulle het nou die reg om ander spanne/spelers na te kom sonder gevolge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.