Rassie, Kolisi sê dankie vir Suid-Afrika

Die Sprinbokke vier hul oorwinning teen Engeland tydens Saterdag se Wêreldbeker-eindstryd. (Foto: Verskaf).

Pas nadat die Springbokke die William Webb Ellis-trofee in Japan gewen het, het Siya Kolisi (kaptein) en Rassie Erasmus (afrigter) die span se ondersteuners bedank.

Die Bokke het vandag in Jokohama vir die derde keer Wêreldrugby se gesogte trofee gewen toe hulle vir Engeland met 32 – 12 in ’n aksiebelaaide stryd ore aangesit het.

“Toe die eindfluitjie geblaas het, was ek net dankbaar gewees,” het Kolisi gesê.

“In Suid-Afrika is daar soveel probleme, maar om ’n span soos dié te hê – ons kom uit verskillende agtergronde en is deel van verskillende rasse. Tog het ons as ’n span saamgekom met één doel voor oë en ons het dit bereik. Ek hoop ons kon dit vir die mense van Suid-Afrika gewys het: Ons kán saamwerk as ons iets wil bereik.”

Dit was Erasmus se laaste toets as die Bokke se hoofafrigter, hy sal voortaan weer uitsluitlik op sy rol as SA Rugby se direkteur van rugby fokus.  Hy het gesê dat die span nooit alleen daar in die verte gevoel het nie.

“Ons het soveel boodskappe van al die ondersteuners gekry; ons kan letterlik nie wag om weer terug by die huis te wees nie,” het Erasmus gesê.

Erasmus het bygevoeg dat die span net doodeenvoudig besluit het dat hulle sal saamstaan en hard werk om hul droom te bewaarheid.

“Rassie het net vir ons gesê dat ons nie meer vir onsself speel nie, maar vir die mense by die huis. Ons is lief vir jou, Suid-Afrika. Weer eens, ons kan enigiets doen as ons saamwerk,” het Kolisi afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

andre ·

‘n Sterk leier laat die groep wen!

Waar ‘n swak leier is … is die mense verdeeld en hulle trek dwars … en die span verloor!

Laat die ANC leer by die Bokke!

Tong in die kies ·

Andre miskien moet Rassie oorneem as President. Miskien gebeur daar iets!

Nasiebou ·

Stem saam dalk kan hy ‘n paar Kolisi’s identifiseer om by Cyril en kie oor te neem…..maar nee dan gaan die gestelery en self verryking ophou…nee sal nie gebeur nie rugby is rugby en politiek is politiek.

M ·

Die media en joernaliste is tog so opgewonde. NOU gaan Malema en sy trawante die boere soen en daar sal reenboog unicorns rondloop in Suid Afrika …

Lizelda ·

Ek sou ook n skuilnaam gebruik het as ek soveel negatiewe nomsense kwytgeraak het soos ky @M

bogGom ·

Of die boere gaan die EFF soen. Ons draai mos die ander wang.

JP ·

Ai, dit sal lekker wees, as ons eendag besef ons spreek dood/wanhoop/onmin, en nie lewe/hoop/verdraagsaamheid nie, met al die negatiewe dinge wat ons so vir mekaar sê. Kom ons gee die Here die eer (in alles), ook hiervoor, wees bietjie meer positief en dink voor ons praat!

Marietta ·

Stem saam…so Val almal vir die propoganda grap…..more is dit weer back to business met grondonteiening….maar hay! Ten minste kon ons almal vir een dag die sport God dien!!! Hooray!

Frik ·

Die EFF is nie gepla oor rugby nie. Hulle wil die land oorneem.

Sport Gom ·

Alles lyk so mooi haarfyn uitgewerk. Laat mens dink aan 1995 toe Pienaar en Mandela ook die “nasie” met die bal-god aanmekaar gegom moes hou.

Realis ·

Geniet hom bokke! Die Geskiedenis het bewys, dat die bokke se kanse om Wêreldbeker Oorwinnings te behaal, in veelvoude van 12 herhaal.

● 1995
● 2007
● 2019
● 2031

Dubbelloop ·

Baie geluk bokke. Onder die moeilike omstandighede waarin Rassie was het hy tops uitgekom. Hy het geweet wat hy doen en sy ondervinding in sport en rugby afrigting het die deurslag gegee. Sy strategie regdeur het gewerk. Hy het baie doemprofete se monde gesnoer. Well done.

M ·

LMGA hoe vinnig delete Maroela media my post. Nie polities korrek genoeg v julle nie ?

TwaalfBoor ·

@M
Gaan lewer dan jou snottie kommentaar op ñ plek waar dit aanvaarbaar is.

Jack Sadie ·

@M. Moenie ooit sê wat jy dink nie. Sê wat MM wil hoor. Ek is maar ‘n aweregse blikskottel, maar glo in leef en laat leef. MM hou nie van mense wat buite die boks dink nie.

Marinda ·

Dankie Bokke, Rassie en ander lede vam die span! Julle het die WB verdien!

Johanna Botha ·

Baie mooi en geluk ons het so posetiewe nuus nodig in die laaste 10 jaar …bokke BO !

Kraaibakke ·

Mooi bokke wys vir Suid Africa en die wereld hoe ons die dinge reg kan doen ,sharp sharp.

Dubbelloop ·

M jy het seker snert gepraat oor die bokke, die afrigter en die politiek. Sê maar net na vandag; Rassie is die beste afrigter! Dit gaan mos hier oor die uitslag.

Johan ·

En na die oorwinning, is almal skatryk en al ons probleme is iets van die verlede. Hoe sotlik. ????????????

Niel ·

My hel Johan dis net ‘n rugby game. Kom bietjie by?????????????????????

Positief ·

So moet ons morbied wees oor die Bokke oorwinning? Dit gaan nie oor probleme wat verdwyn nie, dit gaan oor saam staan! Ongeag kleur of politiek. En dis toontjiekrul-lekker dat ons ‘helhool’ van ‘n land al die ‘eerste wêreld lande’, insluitende die waarheen baie ‘vlug’, gewys het waar Dawid die wortels begrawe het. Dankie Bokke – trots op julle!

KO ·

positief, sport is vir daardie lande bysake hulle ekonomie kom eerste – kyk na hulle geld eenheid.

@KO ·

Sport is verseker ook nie SA se eerste prioriteit nie, en tog het ons gewen!

JohanL ·

Geluk Bokke. Welverdiende WB wenners. Kom ons geniet vandag. Ander dag verloor ons weer – dit is immers hoe sport is. Maar vandag het ons gewen en ons geniet dit.

Welgedaan aan Rassie, sy span afrigters en die spelers.

En Johan (die een sonder van) – niemand het dit gese nie, maar regtig man – leer om die positiewe dinge in die lewe te geniet man.

PJ ·

Awesome game Bokke. So lekker om vandag te kan feesvier en bly en opgewonde wees. Aan al die ou suurknolle hier wat net negatief is.. Gaan slaap asb. Daar is duisende wonderlike mense van alle rasse in hierdie land. En vandag se wen gee mense hoop en ‘n ietsie om op trots te wees. Dankie Bokke.. Rugby het nog altyd en sal altyd SA se mense verenig.

Linda ·

Rassie Erasmus het ons kykers se vertroue in rugby weereens herstel. Waarom kon die sogenaamde ‘wonderlike’ Heyneke Meyer dit nie reg gekry het nie. Hy het ons vertroue in rugby heeltemal geknak. Nou glo ons darem weer in rugby en die springbokke wat vandag gewys het dat n bok, bly n bok !! Wel gedaan, hopenlik sal Rassie se opvolger, ons vertroue in rugby ons bly prit en aanhou om so te wees soos nou ! Na Heyneke Meyer se gemors, wou ons nie eens meer na rugby gekyk het nie, dit het seer gemaak !!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis vir my so teleurstellend dat ‘n geleentheid soos hierdie nou “die land moet verenig” en “positief maak” en vir mense wys dat ons saam groot hoogtes kan bereik as ons een doel voor oë het…..maar dat die regerende party sy uiterste bes doen om die land te breek. Hoe lank gaan ons nog staan en toekyk hoe die regerende party ALLES doen wat TEEN die aanbevelings en raad en hulp en samewerking van miljoene mens is…..wat uiteindelik die spit gaan afbyt oor wat die regerende party mee besig is? Ons wil almal ‘n suksevolle welvarende land hê vol gelukkige mense wat strewe na prestasie……maar ons word gekortwiek deur ‘n regering (vir wie die meerderheid gestem het) wat GEEN verantwoordelikheid aanvaar nie, en NIKS doen om die benarde finansiële posisie van die land te verbeter nie….terwyl hulle goed weet WAT gedoen moet word, maar dit net eenvoudig ignoreer. As dit so aanhou, beteken hierdie wêreldbeker oorwinning absoluut NIKS!

TwaalfBoor ·

AL julle negatiewe suurknolle….. julle sal die res van jule lewe so wees en armsalig van gees bly. BOKKE BO!!!!!

Stem saam ·

Twaalfboor, ek stem heeltemal saam met jou! As jy die negatiewe kan uitkrap uit die feit dat ons die wêreldbeker gewen het, sal jy dit met enige iets kan doen. Gee vir so ‘n ou suurknol ‘n paar miljoen rand en hy kla oor die belasting! Of help hom emigreer na Kanada of Aus en hy kla oor die koue of muskiete.

Pim ·

Galbrakers is al wat hulle is.

Ek is baie bly ons het gewen! Almal het op ‘n stadium iets nodig wat positief is.

Marietta ·

Armsalig?…plaas julle geluk vind in die Here as n rugby spell wat als n klug is….wanneer jy skrik ….skrik net wakker

Eunice ·

PRAGTIG GESPEEL BOKKE! JULLE MAAK ONS TROTS, DANKIE! ONS SPREEK LEWE OOR JULLE EN OOR SA!

TwaalfBoor ·

@Marietta
Hahaha……. jys ook een van die suurknolle. Ja my hoop is in my God en nie in mense nie. Maar weet jy wat???? Die Bokke is wêreld kampioene en dis waaroor die berig gasn. Skrik jy tog wakker.

Adam ·

Ai, die Afrikaners is darem sontraaltjies. Nooit tevrede nie en daarom geen wonder dat hulle in volkstaat fantasie glo nie.

bokke ·

Ek is ‘n Afrikaner maar nie deel van die Boervolk sekte nie. Ek skaam my morsdood vir die klompie.

Adam ·

Bokke, dankie tog vir Afrikaners soos jy. Ek wonder hoe die destydse armblankes sou gevoel het as hulle al die negatiwiteit moes beskou. Hulle het doodeenvoudig die hand aan die ploeg geslaan, gewerk tot hulle byna neerslaan en reuse ondernemings soos Rembrant, Volkskas ens op die been gebring. Ons kan dit weer doen en daaroor is daar weinig twyfel.

Walter ·

Adam, waar val jy nou uit? Dit was Afrikaner elite wat die nood van hul volk gesien en voel het. Toe word dit wat opgebou is gevat in die naam van regstellende aksies. En nou is die Afrikaner weer waar hy was. Hoekom nou weer opbou? Dit gaan tog net weer gevat word. Solidariteit probeer iets doen, maar dis te laat. Maak eerder soos Rupert en vat die pad. Jy en bokke maak of die Afrikaner gemors is en soos melaatses vermy moet word.

Adam ·

Walter, ek sal my nie laat beinvloed deur jou minagtende en beterweterige houding nie. Lees asb weer wat ek geskryf het en jy sal die bewondering sien wat ek vir die Afrikaner, waarvan ek ‘n trotse een is, duidelik sien. Solidaiteit se pogings is gewis nie te laat nie en so is elkeen van ons individuele bydraes irrelevant nie. Bokke is reg as hy hom skaam vir diegene wat hulself in ellende wil verdrink. Dit is gelukkig nie ‘n groot deel van ons mense nie. Ja, diskriminerende wetgewing is onaaanvaarbaar en die ANC regering is pateties, maar ek kan jou verseker die Afrikaner het ‘n toekoms in SA. My kinders is tot meestersgraad gekwalifiseer en verdien ‘n sewesyfer bedrag per jaar. Waar op aarde gaan jy dit op 30 jarige ouderdom kan regkry selfs te midde van die gewraakte diskriminerende wetgewing. Laat ons maar weer soos die Afrikaner van ouds aan ons skoenveters optrek.

Walter ·

Ai Adam, jy het bewondering vir Bokke. Punt. Jy minag volkstaters, en dus ook Oraniërs. Baie arm Afrikaners is werkloos en sommige pas ryk mense se blink karre op. Ander bly in plakkerkampe. Lank terug het die Reddingsdaadbond hulp gebring, en nou Helpende Hand. Ek help binne my kerkgenootskap. Maar terug by jou storie. Nege of so dekades gelede het die Afrikaner ‘n droom gehad te midde van ellende en verdrukking. Hulle het uit die as opgestaan en hul lewens omgekeer. Vraag is, is die droom nog daar? Hoekom sal ons buk en veters optrek? Wat is die einddoel? Wat is die magte en kragte wat teen Afrikaners werk? Feit is, die politieke droom is nou weg. Dis maklik om ander mense in boksies te plaas en sê hulle moet presteer binne jou verwydingsraamwerk. Dinge vir ander is nie altyd so eenvoudig nie. Moet asseblief nie mense wat anders as jy dink afskiet nie. Indien daar afstigters is, respekteer hul menings en sienings. Mense hier lewer nie kommentaar sonder rede nie. Probeer ook opbouend wees en ander mense begryp. Dit mag dalk werk. Ons almal het vrese en onsekerhede.

Kobus ·

@Adam. Ek het my werk in SA verloor weens herstruktuering en regstellende aksie. Altyd gedink met ‘n MEng MBA is ek veilig met ‘n sewe syfer salaris. Steeds stuur maar nou ja, ek het my voete weer gevind in die Midde Ooste. Ander is nie so gelukkig nie. Nou wil SARS my nog belas ook vir risikos wat ek hier loop. Terloops, ek steun die Volkstaat idee en glo dit sal werk. Dis nie ‘n fairy tale nie. Ek stem saam met Walter, gun ander die gekeentheid om hul eie heil te vind. Wees meer simpatiek. Dit sal goed wees vir jou.

Adam ·

Walter, ek weet nie waar jy sien dat ek Oraniers of volstaters minag nie. Ek het inteendeel waardering vir enige persoon wat sy of haar lot probeer verbeter. Die feit is egter dat in die huidige bedeling ‘n volkstaat nooit kan of sal werk nie. Die blanke is ‘n minderheid en alhoewel ek nie die verskil kan sien tussen tradisonele leiers wat heers oor groot stukke grond (bv Zulu’s) en ‘n volkstaat vie blankes nie, sal die meerderheid nooit instem tot so’n bedeling nie. Ek gun juis elke persoon sy reg om sy eie heil uit te werk, maar realisme kan nie by die venster uitgegooi word nie.

Alida ·

Ai mene bere die nydigheid en wees n slag bly oor vandag gebeur het

INA ·

Ek & my 2 hondekinders het alleen rugby geluister, & hulle het seker gedink hul Ouma is die kluts kwyt omdat sy kort-kort kliphard geskree het; veràl toe die eindfluitjie blaas… ????????!!! Bàie geluk Rassie & jou bokke… Èk is bàie trots op julle!!!

$ ·

Ina, jou kommentaar was die lekkerste om te lees; sou graag daai woefs wou sien as ouma so begin skree (-:

Hennie ·

Finominaal Bokke. As ons saamstaan werk alles ten goede uit! Ek vertrou dat ons land se leiers die boodskap kry!

Joehaan Furrmeellin ·

Kwintin Terrintiennou was ook Saterdag in Joëkoehamma om na die bokke te kyk.
Hy is eintlik besig met n nuwe film in Sjienaa, waar Jamaha hom borg met motorfietse.

Gou Bokke!!!

TLC ·

So trots om n BOK te wees
Awesome game
Ag die trane loop net aan mekaar
Ek ook alleen gekyk maar almal om my het geweet die BOKKE SPEEL
Nou vrees ek net vir EBEN se part daai klop knolle slyp hul tande net sodra die BOKKE op bodem land maar eben ek staan agter jou

John ·

Miskien moet die land maar ook so maak: Stuur die baas af dat die res die saak kan beredder en as alles verby is, kan hy terugstorm en al die eer vat… magical Africa… 1984.

John ·

… moet so stres nie, die so positiewe ouens se probleem is bloot te wyte aan die droogte se te min water in die glas om in te eish by die sterker stroom. Dan lyk alles soveel beter… tot mòre se kopseer. Dokter ek voel vreeslik sleg… Sjoesj, broer, nie so hard nie… Ek sukkel self vandag.

Heleen ·

Vir eenheid in ons land nodig ons ‘n baie sterk, God vresende en wyse leier… Een wat alle rasse ewe regverdig behandel en nie dit duld wanneer sekere groepe eenheid probeer vernietig nie

bokke ·

Wat ‘n kaptein, wat ‘n speler. Ek het skoon bewoë geraak oor sy fantastiese speech na die tyd. Baie mense kan nederigheid by hom leer. Lyk na ‘n fantastiese mens ook, ek het ook nog net goeie dinge gehoor van spelers wat nou en in die verlede saam met hom gespeel het. Klas.

Nasiebou ·

Kyk en leer. Swak, uitlokkende aanmerkings oor ander werk nie.

Martie ·

Alles is wonderlik ek het laaste Rugby gekyk in 1995 waarvan ek nog n wereldbeker bottel wyn gekoop het is nou ng in my kas.Ek het gister besluit om weer te kyk geluk aan die Bokke maar net een ding was vir my ne reg en dit is dat Ramaposa alles vir my bederf het.

Eva ·

Ja, ek en my man is hoog positeef. Ons twee kjinners het meestersgrate en hulle verdien op dertigjarige ouderdom ‘n sewesyfer bedrag per jaar, al verteenwoordig hulle ook nie eers 1% van die afrikaners in azanië nie, en al is daar sowat 900-duisend armblankes in SA, en al het meer as 1.7 miljoen die land verlaat, en al word daar ook 57 moorde p/d in ons wonderlike rugbyhool gepleeg. Positief sal ons bly. Amen.

Kallie ·

Jinne, maar jy is gelukkig om sulke kinders te hê. Myne is flops.

Maria ·

Baie dankie aan alle bokke en kaptien julle vir ons land SA voorbeeld gemaak om eerder saam te werk as om geraas te maak .
Baie geluk bokke trots op julle vanmore gesels opgewonde kantoor met verskillende rassie mense oor die ervaring van Saterdag die groot dag sonder oor politiekte praat fanasie

Scalla ·

Hoop die klomp van Bafana Bafana het iets by die bokke geleer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.