Rassie, Saru in sop oor video

Rassie Erasmus. Foto: (Kyodo News via AP)

Kort nadat sir Clive Woodward in sy Daily Mail-rubriek geskryf het dat Wêreldrugby so gou as moontlik vir Rassie Erasmus op die vingers moet tik, het die internasionale rugbybeheerliggaam die 48-jarige Wêreldbeker-wenner saam met SA Rugby (Saru) voor ’n tugverhoor gedaag.

Erasmus het verlede Donderdag ’n video van 62 minute uitgereik waar hy videogrepe uitwys waar hy glo die Springbokke in die eerste toets in Kaapstad teen die Britse en Ierse Leeus te na gekom is en daar nie genoegsame respek aan die Bokke, en veral nie aan die Bokkaptein, Siya Kolisi, betoon is nie.

Veral Australië se Nic Berry het onder Erasmus se bekwame videoredigeer-vingers deurgeloop en Rugby Australië het die “aanval” onder meer as “onaanvaarbaar” bestempel.

Op sy beurt meen Woodward dat Erasmus se kommentaar intimiderend en ontwrigtend is en dat Wêreldrugby nie moet toelaat dat ’n presedent geskep word nie.

“Daarbenewens stem ek ook nie saam met alles wat hy gesê het nie. Sy argumente sou meer waterdig gewees het as hy ook die wangedrag van die Springbokke uitgewys het. Die aanval was net té persoonlik,” het Woodward geskryf.

Dit was dus bloot ’n kwessie van tyd voordat Wêreldrugby ook ’n stuiwer in die armbeurs gegooi het.

“Wedstrydbeamptes word as die ruggraat van die sport beskou en sonder hulle sou daar geen spel wees nie. Wêreldrugby veroordeel enige openbare kritiek ten opsigte van hul optrede en integriteit wat hul rol kan ondermyn.”

Ná ’n deeglike ondersoek het Wêreldrugby bevind dat daar individue in beide spanne (Springbokke en Britse en Ierse Leeus) is wat hulself oor die keuse van wedstrydbeamptes én hul vertoning uitgelaat het.

Rassie Erasmus se teenwoordigheid langs die veld maak mense ook vies. Foto: Twitter.

Tog word Erasmus se video as ’n groter sonde beskou en hy sal voor ’n tugkomitee moet verskyn. Dit sal waarskynlik eers ná die derde toets plaasvind, wat beteken dat Saru se direkteur van rugby moontlik met sy waterdra-pligte sal kan voortgaan.

In ’n kort en kragtige verklaring het Saru gesê dat hy kennis neem van die klagtes en deur die aangewese kanale daarop sal reageer.

Baie Springbok-ondersteuners meen egter dat Erasmus nie gekla of gekritiseer het nie, hy het slegs die feite uitgewys.

En of sy video ’n invloed op die wedstryd gehad het of nie, die Bokke het die tweede toets gewen om die reeks lewendig te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Baardman ·

Die waarheid is maar nooit lekker om te hoor as jy gefouteer het nie.

Anton ·

Jip, sal interessant wees om te sien hoeveel van sy punte bewys hulle verkeerd :-)

Aai ·

Snaaks hoe die wereld verander het hulle wil nooit die waarheid hoor dan is ‘n mens verkeerd.Van wanneer is die waarheid verkeerd in die nuwe wereld.

Robert ·

Waneer ‘n organisasie so optree is dit tyd om hulle uit die kussings te lig. Kritiek is deel van die lewe. Ek staan 100% agter Rassie, hy het die volste reg om sy mening te kan gee.

Schalk ·

Jy dan deesdae enige twak kwyt raak, maar moet net nie die waarheid verkondig nie.

Harry ·

Ek dink Rassie is ‘n intelligente, berekende mens. Hy het geweet hierdie liggaam gaan sy bloed soek. Wees verseker, hy gaan nie omdop en mak hond speel nie. Sterkte Rassie. Ek hou van sulke opstand teen ‘n liggaam wat mense en nasies boelie.

Louis ·

Baie respek vir Rassie. Dis reg iemand wat nie bang is om die foute uit te wys nie. Die bokke word altyd te nagekom deur ander lande se skeidsregters

Tokkel ·

RASSIE, 10 uit 10!
Al wat ek wil weet, wie het daardie man gekry om te kom skeidsreg in SA???

Casper ·

Met alle respek teenoor Rassie.Daar is kanale wat hy moes gevolg het om sy ontevredenheid te kenne te gee en sosiale media is nie die plek om dit te doen nie.As Nick Berry drooggemaak het sal die IRR optree soos met Bryce Lauren e.

Henri ·

Bryce Lawrence is daardie einste jaar deur Nieu Seeland se rugbyraad as skeidsregter van die jaar aangewys…

Hoekom ·

21ste Eeu is bekend vir die mensdom se vermoë om weg te hardloop vir hulle verantwoordelikhede en om hulle eie foute te verdoesel. Hierdie is ‘n goeie voorbeeld van dit. Die skeidsregter, moet verantwoordelikheid aanvaar en nie wegkruip soos ‘n lafaard agter Wereldrugby nie. Vertel jou kant van die storie sodat ons kan weet hoekom lyk die feite soos dit lyk. Hoe meer jy swyg, hoe skuldiger lyk jy…

piet ·

Gatland het dan presies dieselfde gedoen deur die aanstelling van die wedstrydbeamptes en skeidsregterbeslissings in die openbaar te kritiseer en dit is gedra deur alle mediakanale. So lyk my ‘n youtube video is nou ernstiger as blootstelling op radio, tv, gedrukte media en ander aanlynplatforms. Belaglik.

Jr ·

Go Rassie Go dude. SA speel altyd 16 mans. Waarheid maak seer nê.

Andre ·

Dis vir my ongelooflik om te sien hoe Rassie nou gesien word as ‘n “goeie leier” vir die video wat hy laasweek uitgesit het. As ‘n Engelse, Aussie of Kiwi coach (of hulle director of Rugby) dieselfde gedoen het sou ons SA’ners eenvoudig gese het hulle is weer moan gatte en slegte verloorders. Ek’t nie vir een oomblik gedink daar gaan iets goed van die video kom nie, en alhoewel WAT Rassie gese het nie noodwendig verkeerd is nie, is die HOE hy dit gedoen het wat SA weer laat lyk asof ons dit nie kan vat om te verloor nie.

Daleen ·

Slaan jy die spyker op die kop Andre. Hipokrasie dis wat dit genoem word…..

JohanR ·

Rassie die land staan bank vas agter jou. Soe video moes al lankal gemaak word want vir jare was skeidregters maar vrot. Daai video het net uitgewys hoe vrot!

Tubac ·

Ek stem saam Sy waardigheid verdien geen respek nie. Die probleem is dat hynou weer aan die wereld gewys het van watter stoffasie ons sogenaamde leiers is.

Boomspan ·

Goeie sportmansgees en waardige gedrag is belangriker as om foute uit te wys. Rugby is belangriker as SA rugby. In enige spansport is almal bewus van die reëls maar ook van die menslikheid van skeidsregters. Dis deel van goeie sportmansgees om beslissings te aanvaar selfs al sou jy dink en voel dis onregverdig. Op die ou einde van die dag is daar ‘n hoër geregtigheid en ‘n mens moet daarby berus. Ek dink nie ‘n direkteur van rugby behoort by sulke moddergooiery betrokke te wees nie. Dit maak my skaam.

Jacobus ·

Die waarheid is ook dat ‘n senior ex Engelse speler ‘n ruk gelede in die sir- behepte Britse pers uitgeskree dat die skeidsregter in WB eindstryd omgekoop was.

Tubac ·

Skoenmaker hou jou by jou lees. Ons praat van Rugby en nie krieket nie.

Josua ·

Rassie vir President!!!!!!!!!! Kom ons maak die ding nog meer opwindent en meer regverdig en dring daarop aan dat die sogenaamde “hearing” lewendig op Supersport uitgesaai word en nie agter toe deure nie, die is ons rugby liefhebbers se reg om hierop aan te dring want dit is ons geld wat komitee lede, eienaars ens in hul posisies plaas. Ons moet altyd by ons base hoor dat die klient altyd reg is en moet met die grootste respek behandel word en die beste diens moontlik kry. SA se Rugby is juis in die groot gemors gedompel deur die sogenaamde base wat miljarde rande uit rugby gemaak het en steeds doen tenkoste van die spelers en toeskouers jul salaris betalers so ons het die reg om ook om die tafel verteenwoordig te word en ons opinies MOET ook aangehoor en na geluister word!!!!!

Tubac ·

Ja, opinie met waardigheid. Ons sien genoeg van mense in rooi wat so onbehoorlik optree om aandag te kry.

Josua ·

Maroela groot asb begin hierdie veldtog namens die rugby ondersteuners om daarop aan te dring dat die “Hearing” lewendig op tv uitgesaai word dan kan niemand mos niks wegsteek of mense dalk dryg dat hulle hul poste mag verloor of groot boetes opgelê mag word, al wat ons vra is regverdigheid dis al. Dis n uitgemaakte saak dat, sou enige ander Rugby baas dieselfde gedoen het sou niks gebeur het nie maar net omdat dit SA was moet daar weereens n voorbeeld gemaak word wat net Rassie se standpunt nog meer versterk!!!!!

Josua ·

Nobody is passing the buck, they have everything in place “Social Media” and a big client base that’s the difference and they trustworthy as well!!!!!!

piet ·

My probleem is dat Rassie nou anders behandel word as Gatland wat dieselfde “oortredings” begaan het. Ek hou ook nie van die manier hoe dit gedoen is nie maar dit is nie vir my die issue hier nie. Gatland moet ook verhoor word, hier is nou dubbel-standaarde..

Cecilia ·

D Wereld rugby unie se beamptes is d ruggraat v wedstryde. Maar hkm tree hul dan so ruggraatloos op tydens wedstryde!.
Hkm ondersoek hul nie eerder d ref nie? O ja hy is n Ausie en hul is mos onaantasbaar!
Rassie ons staan agter jou! Mooi skoot. Jy is d 1ste afrigter wat n ruggraat het om jou mond oop te maak en uit te wys hoe d Bokke jare lank al verneuk word.

MakersMark ·

Die “sirs” van mud island is maar jaloers dat die eks kolonie hulle so op hul herrie gee, nie net op die veld nie (Wereld beker 2007, B&IL reeks 2009, wereldbeker 2019 en natuurlik laas Saterdag), maar nou in die pers en in sosiale media ook.

Casper ·

Twee skeidsregters een van Australië en een van Nie Zealand.Hulle pas dieselfde stel reëls toe.Een wat die eerste toets hanteer het was nie goed nie en die tweede een puik.Nick Berry het die Britse en Ierse leeus in die eerste toets met moord laat wegkom.Ben O Keef van Nieu Zealand het in die tweede toets die Engelse vinnig vasgevat en gewys wie is in beheer en sy outoriteite afgedwing.Wel gedaan mnr.O Keef.Gatland moet ook verhoor word oor sy uitlatings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.