Rassie, Saru vra verskoning, gaan nie appelleer

Rassie Erasmus. (AP Photo/Christophe Ena)

Rassie Erasmus en SA Rugby (Saru) het besluit om nie teen Wêreldrugby se sanksies te appelleer nie, terwyl daar sommer terselfdertyd vir Nic Berry om verskoning gevra is.

In ’n kort verklaring het Saru gesê dat daar baie druk op alle betrokke partye geplaas is en dat dit onnodig is om alles verder uit te rek.

“Ons het die voorval agter ons gesit en wil nou net vorentoe kyk. Ons respekteer die tugpaneel se bevinding sodat ons met duidelikheid die rugbybedrywighede in die komende maande kan beplan.”

Wêreldrugby het intussen bevestig dat hy die verskoning aanvaar en kennis neem dat die
appèlproses gestaak is.

Die internasionale rugbybeheerliggaam beskou die saak as afgehandel.

Erasmus het vroeër ’n video van 62 minute uitgereik waarin hy videogrepe uitwys waar hy glo die Springbokke in die eerste toets in Kaapstad teen die Britse en Ierse Leeus te na gekom is. Hy het ook voorbeelde uitgelig waar daar nie genoegsame respek aan die Bokke, en veral nie aan die Bokkaptein, Siya Kolisi, betoon is nie.

Die Suid-Afrikaners se direkteur van rugby is op ses aanklagte – onder meer dat hy ’n wedstrydbeampte gedreig het en nie sy gesag gerespekteer het nie – skuldig bevind.

Erasmus, wat aan die stuur van afrigtersake was toe die Springbokke in 2019 die Webb Ellis-trofee omhoog gehou het, is met onmiddellike inwerkingtreding vir die volgende twee maande van alle rugbyaktiwiteite geskors. Hy mag tot 30 September 2022 nie aan enige aktiwiteite deelneem op dae van wedstryde nie en is gewaarsku oor sy gedrag vorentoe. Hy moes ook die betrokke wedstrydbeamptes om verskoning gevra het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

JohanR ·

Soe al die bohaai vir niks! Mag nie jou bek oopmaak dan word hy gou stil gemaak! En skeidregters, en tv skeidregters sal aanhou wedstryde op bogger!

Tubac ·

Ai Tog! Blykbaar het dit nog nie gepenetreer nie. Die korrekte etiket is nie gevolg nie.

Harley Davidson ·

Die wêreld is nie reg vir die waarheid nie kyk maar na die media hulle “sugar coat ” die waarheid oor die werklike probleme in Suid-Afrika en doen dit onder die vaandels van politieke korrektheid.

johan ·

Rassie het sy verdiende loon gekry. Dalk sal hy nou ophou verskonings soek as sy span teen ‘n beter een verloor.

Mallie ·

So nou kan die skeidsregters aanhou “ref” soos hulle gatte en die ander span lei daar onder. Begin om die skeidsregters te beboet vir hulle swak besluite.

Kobus ·

Wat ‘n teleurstelling! Duisende ondersteuners het Rassie opgehemel en Wereldrugby afgekraak. Net soos Quinten de Kock, swaai Rassie nou om. Belaglik Rassie. Jy is seker maar aangese omdat die arme Ausie ref se ego te streel.

Johnny ·

Gelukkig weet almal dat daardie “verskoning” bloot ‘n gedwonge een was en in werklikheid niks beteken nie.

Kokkie ·

Ten spyte van Rassie en SARU se groot brawade en dreigemente van die ryk KZN -sakeman dat hy alle regskostes sou betaal en die Wêreld-rugbybeheerliggaam met ‘n horde Amerikaanse regsgeleerdes sou plettervat, het die berg toe ‘n muis gebaar. Groot lawaai en weinig wol……..stert tussen die bene, want hulle het besef dat hulle nie ‘n kans het in die howe nie. Talk (en grootbekwees)is cheap.

Pierre ·

IRB: Jy hoef nie van my te hou nie, maar jy sal my respekteer want ek is die baas.
dit sal Rassie leer om sy mond uittespoel hy kan baie dankbaar wees hy en SARU word nog verdra.

SlinkseKoljander ·

Speel maar die game, se jy is jammer en bedoel dit glad nie.

My siening ·

En so werk die wêreld teen die eerlikes, en die oneerlikheid word besing, moenie worry nie ons regering doen die selfde, hulle versterk en beloon die oneerlikheid!

Jack ·

Op die ou end is dit seker maar soos altyd, dit gaan oor geld. Rugby speel en afrig het ‘n beroep geword en as jy in opstand kom teen die manne in beheer kos dit jou verlies aan inkomste. Ek sou verwag dat opbouende kritiek verwelkom behoort te word maar dis meer belangrik dat gevestigde belange beskerm moet word. Beginsels tel nie meer nie.

Pieter9 ·

Geen sin om te appelleer; Rassie begin weer 17 Januarie werk. Met al die vakansiedae van nou tot dan het dit byna geen impak op sy werk nie. Hy mis net ‘n paar Bok wedstryd wat hy sal gebruik vir fyner en meer detail ontleding-gaan dan terug kom met wenplanne!

Jr ·

Man al wat mens moet doen is sports kyk en dan sal u besef hoeveel foute refs maak. En dit word uitgewys deur die kamera. ‘n Paaltjie val of word uitgevang deur die paaltjie wagter. Vinger gaan op. Speler uit gegee. Speler appeleer. TV skeidsregter word ingebring. Kolwer nie uit nie. Dis’ n fout wat deesdae geld kos, career figures affekteur. Selfde met rugby. Speler druk ref kan nie sien vir al die lywe. Gee die drie. Opposition kaptein vra vir vorentoe aangee of vuilspel net voor die drie. Derde skeidsregte bepaal dis nie n drie. Bly ‘n fout deur die ref.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.