Rassis moet óf hoes óf tronk toe

Adam Catzavelos (Skermgreep)

Die veroordeelde rassis Adam Catzavelos is ʼn boete van R50 000 of twee jaar tronkstraf, waarvan vyf jaar opgeskort is, opgelê.

eNCA berig Catzavelos het Vrydag in die Randburgse landdroshof verskyn nadat hy verlede jaar in dié hof skuldig gepleit het op ʼn aanklag van crimen injuria.

Dié sakeman het in die moeilikheid beland toe hy in 2018 ʼn video van homself gemaak het waar hy op ʼn Griekse strand die k-woord gebruik.

Maroela Media het vroeër berig Catzavelos en die Menseregtekommissie (MRK) het in Augustus ʼn skikkingsooreenkoms aangegaan, nadat die kommissie hom van haatspraak ingevolge die Gelykheidswet aangekla het.

Die ooreenkoms behels dat Catzavelos oor ʼn tydperk van 30 maande R150 000 aan ʼn liefdadigheidsorganisasie moet betaal. Dit is bo en behalwe sy boete van R50 000. Hy moes ook om verskoning vra vir sy uitlatings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Werner

Jammer die wet is net op ons van toepassing hulle kan maar se wat hulle wil wonder wat word jy genoem as jy se n boer moet doodgemaak word omdat hy wit is soos heeldag vd poduims af verkondig word hoop hulle gaan ook tronk toe

Erik

Mooi man! My een juffrou het altyd gesê: “Stupid people suffer”. Wens net die tipe straf kan konsekwent na alle kante toe toegepas word.

Willem

Nou word dié man twee keer gestraf vir dieselfde ding!? Hoe regverdig is dit? Hierdie gekerm oor rassisme en apartheid is net om die aandag van die brouwerk wat deur die swart regeerders aangerig is af te trek.

Toy

Mag hy die liefdadigheidsorganisasie kies.

Boertjie

Ek het ‘n vraag. Hy is tot 2 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan 5 jaar opgeskort is? Hoe skort hulle 2.5 maal die vonnis op? Of moes die sin lees: Hy is tot 2 jaar tronkstraf gevonnis, wat vir 5 jaar opgeskort is? Vra maar net….