Rassisme-bewerings by nog ʼn skool gemaak

Leerders van Sans Souci Girls’ High School betoog Vrydag (2 September 2016) by die skool. Foto: Twitter via @FeesMustFallWC

Leerders van Sans Souci Girls’ High School betoog Vrydag (2 September 2016) by die skool. Foto: Twitter via @FeesMustFallWC

Leerders van die Sans Souci Girls High School in Newlands, Kaapstad, het Vrydagoggend op die skoolterrein betoog oor beweerde rassisme by die skool.

Sans Souci is die vierde skool hierdie week waar die skoolbestuur en onderwysers van rassisme beskuldig word en waar swart leerders beweer daar word teen hulle gediskrimineer.

Leerders het Vrydag ʼn memorandum aan die Wes-Kaapse departement van onderwys oorhandig en geëis dat daar aan hul griewe gehoor gegee word. Op die plakkate wat tydens die betoging omhoog gehou is, het onder meer gestaan ‘Black Hair Matters’, ‘They tell us to leave our cultures at home’ en ‘Black shouldn’t be a burden’. Verskeie meisies was in trane terwyl hulle aan verslaggewers vertel het hoe hulle by die skool behandel word.

Die leerders beweer hulle word nie toegelaat om hul hare op natuurlike wyse te dra nie en word strafpunte gegee indien hulle hul moedertaal op die skoolterrein praat. Die leerders beweer dieselfde geld nie vir Afrikaanse leerders wat Afrikaans by die skool praat nie.

'n Boekie waarin 'n leerder se strafpunte aangeteken is glo omdat sy Xhosa gepraat het. Foto: Twitter via @FeesMustFallWC

‘n Boekie waarin ‘n leerder se strafpunte aangeteken is glo omdat sy Xhosa gepraat het. Foto: Twitter via @FeesMustFallWC

Volgens die memorandum wat die leerders Vrydag aan die onderwysdepartement oorhandig het, eis hulle dat Charmaine Murray onmiddellik as skoolhoof bedank. Hulle eis ook dat die skool se reëls oor hare gewysig word, dat die taalbeleid wat glo die praat van inheemse tale verbied, gewysig word en dat leerders wat nie in staat is om die skoolfonds te betaal nie, van geen aktiwiteite by die skool uitgesluit mag word nie.

Die leerders dring ook daarop aan dat meer swart onderwysers by die skool aangestel word om die demografie van die skool se leerders te weerspieël. “Dit kan nie toegelaat word dat ons aan witheid (whiteness) onderwerp word, wanneer daar swart onderwysers is wat gekwalifiseerd is nie,” het die leerders geskryf.

Hulle dring daarop aan dat leerders toegelaat word om ʼn metgesel van enige geslag na skooldanse toe te bring, dat die skool se beheerliggaam herstruktureer word, dat ʼn amptelike ondersoek gedoen word na die bewerings van rassisme by die skool en dat onderwysers “wat rassisme en ʼn gebrek aan respek in hul klaskamers bevorder” afgedank word.

Debbie Schäfer, die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, het in ʼn verklaring gesê dat enige bewerings van rassisme en diskriminasie in ʼn baie ernstige lig beskou word. Volgens Schäfer het die voorsitter van die skool se beheerliggaam haar ingelig dat die leerders nog nooit voorheen hul ontevredenheid oor rassisme by die skool uitgespreek het nie. Sy het gesê die beheerliggaam sal volgende week vergader om die aangeleentheid te bespreek.

“[Skole se] gedragskodes moet die waardes van die Grondwet weerspieël. Ek doen ʼn beroep op alle skole in die Wes-Kaap om hul gedragskodes te hersien en te verseker dat dit in ooreenstemming met die Grondwet en verteenwoordigend van die hele skoolgemeenskap is,” het Schäfer gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

57 Kommentare

Ai tog ·

Jip, en so lei een saak tot ‘n groter saak. Ons gaan nou meer en meer hoor oor die “Diskriminasie” Geen order en dissipline word meer toegelaat by skole nie, dan wonder ons hoekom is vandag se jeug soos hulle vandag is

Sandra ·

Darem nie almal is so nie. Jy goedgemanierde, gedissplineerde kinders. Maar dan kry jy maar die gewone 10% uit ‘n groep wat agter die ouers aan praat en graag die rassekaart speel. Een op een , is hulle oulik. Maar in ‘n groep…..ek sê eerder niks! Ek het lank genoeg by ‘n skool gewerk….sommige mense word so maklik meegevoer, en dan gaat ons….. Veral as TV teenwoordig is. .En party van daardie haarsteile kan selfs die wat dit verdedig, nie miskyk nie. Wragtag!

wonner net... ·

Interessant die demeriete boekie…geen woord oor die ander oortredings nie…daar is nog so n boekie op die Cape Times se voorblad waar oortredings heeltemal oorheers…ek wonner maar net…

bompie ·

Wat nou nog. Plaas laat hulle klas bywoon en iets leer. Nou ontwrig hulle almal. Eks jammer n onderwyser wil ek nie in vandag se tyd wees nie.

Abel ·

O genade hier het nou weer ñ nuwe ding sy kop kom uitsteek…. seker ook weer Jan van Riebeeck of apartheid se skuld….. ek is seker die onderwysers praat net van die tale in die klaskamers sodat almal kan verstaan as hulle praat. As hulle dan so krisis het met hierdie skole, hoekom gaan hulle dan nie net weer terug na die skole waar hulle was nie (all black schools). Dit maak mens skoon siek, dan wonder mens nou eintlik wie is die rassiste in ons land, oor elke bog storie gaan die hele land op loop en steek dit aan soos ñ veldbrand. Dit word ook net erger.

Huibrie ·

Lyk na n moeilikheidmakertjie as ek so ma die datums kyk….

Christo ·

Ag en hier gaan Maroela media alweer ………
Dink die mense mies eintlik in bemarking ingegaan het want julle kan van niks baie maak. Is Julius uit die land uit dat julle nou niks anders het om oor te skryf nie

Karma ·

Christo, ek dink jy moet bietjie wyer lees – hierdie was hoofnuus en -opskrifte in talle publikasies en op baie webblaaie.

rudi ·

Hierdie sake is die kruks van ons samelewing. My kinders is nou op skool en ek soek ‘n veilige plek waar hul tussen kinders en onderwysers kan wees met waardes wat ek my hele lewe voor veg. Hul soek meer swart onderwysers in die skool. Hoekom? Ek verstaan ander mense wat nie rasisties soos ek is nie. Maar ek weet nie hoekom mense hul wil op my wil afdwing nie. Ek het my goeie redes waarom ek voel ander kulture is nie wat ek vir my kinders wil gee nie. My kinders word gevoeter as hul mors of jok want dit is die basiese beginsels om die wereld ‘n beter plek te maak. Dit is beginsels wat glad nie in ander kulture belangrik is nie. So hoekom moet ek my kinders bloodstel aan dit?

Theresa B ·

Ag gee my krag!! As die een iets doen dan wil almal dieselfde doen………………… Word net groot en kry respek en discipline vir julle self en volwassenes.

Jan ·

Ok, so hulle wil nie “onderwerp” word onder wit wees nie, en ek wil nie onder “blackness” onderwerp word nie. Wat nou? Gaan ons weer apartheid instel en elke een sy eie skool gee. Sien wat maak rasbehepte wette!

Ons kinders moet dieselfde doen oor die eensydige geskiedenis wat hulle inkrimineer agv hul vel kleur, wat hulle leer op skool en eis vir ‘n gebalanseerde sillabus! Dis oor daai sillabus wat ons so gehaat word.

Die rassisme by Hector Paterson Memorial is ook baie erg, en blaas al hierdie haat aan!

vytjie ·

Chris, jy so reg. Mens moet dieper as die eweskielike klagtes kyk. Die reels is verstaanbaar as jy na die reels kry. Om eenheid te kry moet die kinders mekaar verstaan en samewerking in alle gevalle gee. Ouers moet ook eenheid aanmoedig. Hoe moet twee kinders mekaar verstaan as die xhoza praat en die ander afrikaans. Engels ‘n goeie medium taal wees vir komminukasie. So kan eenheid vorm. Almal wil soos modepopies lyk, maar dit beter om op skoolwerk te konsentreer as hare ens. Die ou haarreels het goed gewerk om eenheid en netheid te behou. Mens moet ‘n streep trek. Tog gaan ek terug na my begin sin… dit is nie werklik waaroor als gaan nie…. Ek baie bly ek nie ‘n onderwyser of iets in der voege nie, want niks wat jy doen of sê sal in jou guns tel nie. Jy kan die hardste werker wees en selfgedissiplineerd, daarom begin ons mensdom die ander se voorbeeld volg, want daar is geen toekoms of hoop nie… Ek self werk hard, want my motto is ek werk vir God en nie vir ‘n baas of mens nie… God sal my beloon…

Magriet ·

Ek is n onderwyser in die buiteland.Saam met my werk daar baie Afrikaanse mense. Ons mag nie afrikaans praat by die werk nie, want ons werk in Engels. Ek het reels wat ek moet na kom by die werk. Reels oor kleredrag. Reels oor my hare. Reels oor die soort skoene wat ek mag dra. Ek is al 54! Nog nooit het dit my gepla nie, want my hele lewe het ek die reels van die samelewing nagekom! Wat is n skool of land onder reels? Chaos!

Herbert ·

Hoekom pla reels jou nie – want jy is n gedissiplineerde mens.

Cherokee ·

Debbie Schäfer sê dat die bewerings van rassisme en diskriminasie in ‘n baie ernstige lig beskou word. Wat eintlik in ‘n baie ernstige lig beskou moet word is wie die mondstuk agter die kinders is – wie dit is wat die kinders gebruik om onrus te saai by skole. Dit kan tog nie wees dat die regringsamptenare so dom is dat hulle dink dat die skoolkinders dit op eie inisiatief doen nie.

Ronell ·

Hou op om oor sulke snert groot nuus te maak…. so ook P Gordan…! Hy sal self sy
man staan. As joernaliste sulke bollie ignoreer sal dit nie opgeblaas kan word nie.

Dries ·

Dit is mos naderende eindeksamens , iemand is nie lus vir leer nie , lyk dit my.

Santjie ·

Presies. Sien nie kans vir eksamen nie nou kla hulle maar oor die hare.

SI ·

Gee die pinkie dan gryp ons die hand! Dis die eerste van vele wat nog gaan volg …..

MM ·

As ek so na die punte kry wat teen haar tel doen sy nie haar huiswerk nie. Wat verwag hulle!
Dis nie rassisme as jy nie jou huiswerk doen nie dis pleis slap g…

Hugo Vermeulen ·

Hierdie is duidelik ‘n goed beplande en georkestreerde veldtog wat gemik is op meisieskole regoor die land. Geen kind kan so plan self bedink en inisieer nie. Hier is volwassenes wat agter dit skuil en skoolkinders gebruik vir politieke oogmerke.

Sarie ·

Skuil agter kinders het al in Hector Petersen se tyd gewerk Hoekom nie nou nie.

Pietman ·

Hulle wil swart onderwysers hê? Totdat die onderwysers swart is dan gaan soek hulle die volgende wit skool om te vernietig.

Lizzy ·

In die omgewing waar ek bly, is dit presies wat reeds met ‘n hele aantal skole gebeur het. Een vir een is so ontwrig deur swart onderwysers en chaos, en almal het een op die ander ene toe gemaak. Dan skuif hulle na die volgende skool toe. Daar is al reeds meer as 5 laerskole wat in die laaste 2 jaar so toe gemaak het en dit duur net voort.

Grap ·

Enige iets net om nie te werk of te leer nie die probleem is mos nou aangespreek ??

erica ·

nou hoe verstaan ek dit nou.ons mag nie in ons moedertale geleer word by universiteite nie maar hulle baklei en moan omdat hulle nie xhosa mag praat by skole.hulle soek nou moeilikheid ek is regtig keevol dat hulle so jannie jammerbal speel.ons kinders moet die reels gehoorsaam by skole maar hulle mag toi toi oor hare ,tale.

M A ·

Daar was ‘n berig op Netwerk24 waar die kerke sê dat swart skoolkinders hulle taal en kultuur by die skoolhek los en dit geld nie vir wit kinders nie. Die berig is binne 12 uur weer afgehaal. Daar is baie Afrikaanse kinders, waarvan ek een was, wat in Engelse skole opgevoed is. Ons het ook ons taal en kultuur by die skoolhek gelos. Ek is bitter dankbaar dat ek in Engels opgevoed is want dit stel my in staat om oor die weg te kom in die internasionale wêreld. Ek het nog steeds my Afrikaanse taal en kultuur – dit was net in skoolttyd dat almal oor dieselfde kam geskeer is.

In die 22 jaar waar swart mense in beheer is en die staatsbeursie beroof, hoeveel skole waar swart kultuur geld is daar gebou? Daar is 11 amptelike tale en nog steeds staan swart kinders tou om na Engelse en selfs Afrikaanse skole toe te gaan. Na die Boere-oorlog het die Britte alles in hulle vermoë gedoen om Afrikaners te onderdruk – dit het nie gewerk nie want Afrikansers het opgestaan en vir hulle ‘n lewe uitgekerf. Nou hoekom kla swart mense nog steeds oor voorheen wit skole en doen niks om vir hulle eiesoortige skole met swart kultuur te bou nie? Dis maar te lekker om iets te kritiseer wat jy nie met bloedsweet opgebou het nie.

E ·

Die politiek stel vandag vir die kinders ń voorbeeld, en nou begin die getoi by die skole. Wat van môre, volgende maand/jaar?
En ons gewone mid klas mense, ons kinders is in staat skole. So nou hoe gaan my en jou kinders se veiligheid en skoolbywoning daarna uitsien as die klein jakkalsie begin hardloop?

Vra net ·

Hoe weet ons nie dat daardie “boekie” se inskrywings nagemaak is nie?

Anita ·

Die leerders eis en dring aan …?
Sjoe – toe ek ‘n ‘leerder’ was, het ek ‘n heilige vrees vir die onderwysers en hoof gehad. Het maar liefs gedoen wat hulle sê (selfs al het ek soms gevoel hulle is deksels onregverdig – die een juffrou het so ‘n nuk gehad dat as ons in die voogklas raas, ons almal ‘n hou op ons hande kry met haar plank. Eerste ding in die oggend – selfs al was jy die stil enetjie in die klas. Hm. En moet ek net bysê, almal in die klas het deurgeloop, behalwe haar witbroodjie!) Daar was niks van ons eis of dring aan nie. Gits.

anne ·

Ag siestog arme bloedjies, in trane nogals ne? Is hulle dalk nie lus om eksamen te skryf nie? Hulle kry te veel publisiteit. Is die aantal moorde wat gepleeg word nie belangriker nie?

Anoniem ·

Nee wat daar gaan alle discipline by ons skole…Ek dink ons moet maar almal begin privaat klasse by ons huise gee, want hier gaan dit nie stop nie…..Hierdie hele ding gaan al hoe meer uitbrei oor allerhande snert…….

Lili ·

Ai, die strooi het nie plaas gevind toe ek op skool was nie… Ons was gevors om in kuns en kultuur take te doen, onder meer gumboot dancing, geskiedenis leer oor Shaka Zulu. En ons het nooit gemoan nie… Maar nêrens was daar ‘n taak oor leer boeredanse doen of oor die voortrekkers se geskiedenis leer nie. Ons het ook nie oor die Boere Oorlog geleer nie. In teendeel skaam ek myself om te sê my algemene kennis is baie beter oor die Khoi-San en die Zulu’s as my eie voorvaders. Maar dit was deel van die Kurrikulum en ons het dit aanvaar soos dit is. As ons nie wou Gumboot dancing doen nie, het die skoolreëls gevolg en jy het nul gekry vir jou taak. As ons as Christene nie wou leer oor Evolusie in biologie nie, was dit op ons en daar was nie ekstra krediet wat jy kon doen in plaas van Evolusie take doen nie. Nee man, mense raak nou simpel.

Alle tipes hare kan netjies kort gedra word of vas gemaak word. Het hulle ooit navorsing gaan doen oor wat presies gesê of bedoel was? Het die persoon wat punte verloor het oor Xhosa praat, Xhosa gepraat om te vermy dat die onderwyser verstaan wat hy/sy sê? Of is daar werklik ‘n reël dat daar geen Xhosa gepraat mag word nie? Waar was die onderwysers toe die media daar was? Het die media die onderwyser kommentaar gevra oor dit?

Xt1 ·

Wit dogters en seuns is vir jare verhoed om hulle natuurlike haarstyle te dra. Die reëls by skole is op alle leerders van toepassing. Wat word die afdwing van hierdie reëls op wit kinders dan genoem? Daar kan tog nie dubbele standaarde toegepas word nie. Het ons maar net met ‘n spesifieke kultuur te doen wat sukkel met reëls en dissipline?

koos ·

Ek is baie hartseer as ek hierdie artiekels lees want ek verlang na my papagaai nie die mamma gaai nie. My pappa gaai was vreeslik oulik as hy iets hoor wat iemand se is dit soos blits dan se hy dit ook. Hy het ongelukkig agter die kar se wiel gesit want hy he gese dat ons nie hoor as hy vir ons se dat hy anders as die kraai is nie . Ek het hom nie daar gesien nie toe ry ek oor hom , sy laaste woorde was … …

Eric ·

Wonder maar net….word die reels nie aan hulle voorgeskryf voordat hulle daar begin skool gaan nie.
As dit die geval is weet hulle mos waarvoor hulle hul self inlaat….as jy die reels anvaar het leef daarmee!!!

vermeende ·

As jy wil Xhosa praat en deur n swat onderwyser geleer wil word gaan dan na n Xhosa skool toe.

Nou dink ek weer aan ou Frikkie se belofte, EIE SKOLE. Kan nog steeds nie dink dat hy so baie mense met die beloftes gevang het nie.

Emile ·

“Speaking Xhosa” waarskynlik uit konteks aangehaal.

Waarskynlik verkorte weergawe van “Speaking Xhosa to teacher in subordinate manner when teacher cannot understand Xhosa”

Dan ·

Sjoe, terwyl julle besig is, stig sommer ‘n nuwe skool wat spesiaal geskik sal wees vir almal se onnodige en tydlose klagtes oor snert. herskryf alle skoolrëels – dit het mos geen nut nie, en is ook nie onderteken deur ouers/ voogde van kinders toe hulle in die skool ingeskryf is nie.. En hou op ‘slander’ in moedertale, as blankes Afrikaans gepraat het in hul skole sou dit ook aangespreek word, siende dat hulle kan praat wat hulle wil – en niemand verstaan nie. Gaan skool, hou op skoolgeld, wat jul nie betaal nie – uit artikel – mors!

Oldie ·

Daar is net een oplosssing vir al die skool dine nl. Tuisonderrig geen skoolklere probleem of hare probleem of taal probleem en die kinders is baie meer ontspanne en leer harder wat al daardie stress is weg

ag togie ·

Maar my magtag gee vir elkeen sy eie skool ek is seker as daar n skool langs n ander skool gebou word en AFR en Engels word gesplit gaan hul in AFR se skool wil wees net om te wys hul sal vat wat hul wil hê o ja eers die ander skool afbrand genade tog iemand is besig om kids voor te sê wat om te sê

hans ·

By baie staatsdepartenente word swart tale ondermekaar gepraat,maar waag net om Afrikaans te praat dan moet jy hoor wat daar gese word.

Ben ·

By die Kalbassie kleuterskool het voorskoolse leerders ook vanoggend betoog omdat hulle graankos vir ontbyt kry. Hulle dring ook aan op Coca Cola in plaas van vrugtesap!

manuel ·

dit is mos weer eksamen tyd nou is boikots en skole afbrand tyd

sophia ·

Reels geld in alle omstandighede..ek moes ook met hare reels saam leef..my hare was bedek onder n netjiese wit of groen kappie want ek het in n voedsel vervaardiger fabriek gewerk. Ongelukkig kon ek ook nie skoene dra wat ek wou nie moes hou by veiligheid…waar in jou lewe kry jy enige iets sonder reels en dissipline?

J-lee ·

Binnekort word dissepline in skole ook afgestel en voor ons ons oe uitvee dan kry ons ook gevalle waar kinder ander skoolkinders en onderwysers “gundown” soos in die amerikaanse skole. Amerika het ‘n groot probleem met gun violence en rape op hul skool en universiteits gronde die afgelope paar jaar en elke jaar vermeerder dit net en word die gevalle erger.

Sarie ·

Ek kan verstaan dat hulle hul Afrikatale pouse wil praat, maar indie klas in formele gesprekke is dit beter om Engels te praat. Hoogtyd dat ons ‘n derde taal in ons skole invoer Die taal wat die meeste in daardie streek gepraat word. Dit sal bydra dat ons mekaar beter verstaan.

n boer maak nog altyd n plan ·

Pleks die afrikaanse onnies dan maar saam staan in hul eie manier en n tipe soort home school projek begin. Huur of bou n saal of ń vertrek waar jy n hoeveelheid kinders klas kan gee van die vak wat jy in geleerd is. Elkeen op sy eie maar verkieslik naby mekaar en in dieselfde area. Of huur n huis met groot kamers. Mens kan even die kombuis dan gebruik om lunch te gee aan kinders ingesluit met die prys of apart.
Laat die kinders dan so klasse bywoon.
Skep n werksgeleentheid vir iemand met n bussie om die kinders heen en weer te vervoer na hul klasse vir die ouers wat werk en dit nie kan doen nie. So kan Onnies hul eie inkomste ook verdien.
Daar is eintlik n paar idees wat mens kan doen as mense net bietjie wil saamstaan. Hul verskille bietjie een kant toe skuif en begin dink aan hul kinders se opvoeding.

Henriette ·

Praat die skool se taal in klas verband buite klas kan jy praat net wat jy wil. Jou ouers het jou ingeskryf by die skool omdat jy beter opleiding daar sal kry. As Jul nie te vrede is nie gaan na die Township skool toe waar jul kan doen net wat jul wil.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.