Rassisme by Tuks-koshuis ondersoek

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die Universiteit van Pretoria (UP) het bevestig dat hy ondersoek instel na rassistiese en uitlokkende opmerkings wat aan ʼn student se koshuiskamerdeur aangebring is.

“The Devil is White = F*ck you” en “Keep calm and bring back the Land mother f*ckers” is op 15 en 17 November vanjaar teen die betrokke student van die Taaibos-koshuis se kamerdeur geskryf.

Jaco Grobbelaar, AfriForum Jeug se Tuks-koördineerder, het gesê hoewel die saak by die koshuisvader aangemeld is, versuim hy om op te tree. “AfriForum Jeug het gevolglik ’n klag by die UP ingedien en eis dat die student wat die opmerkings aangebring het onmiddellik uit die koshuis geskors word en dissiplinêre aksies teen hom gedoen word.”

Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media bevestig dat die universiteit bewus is van die voorval en dat daar ondersoek ingestel word. “Afhangend van wat bevind word kan die nodige dissiplinêre stappe volg,” het sy gesê.

Volgens Grobbelaar is dit egter nie die eerste keer vanjaar dat klagtes oor radikale, rassistiese en aanstootlike uitlatings teenoor wit mense op die UP-kampus gebring word nie. “Ons sal graag wil sien dat die UP teen studente optree wat geweld en rassisme op kampus aanhits en op dié wyse die universiteit se beleid verontagsaam. Ons het tot dusver geen universiteitsoptrede met vorige voorvalle gesien nie en eis dat die UP strenger hierop reageer.”

Grobbelaar sê voorts dat die betrokke student ’n lid van die Economic Freedom Fighters Students’ Command (EFF SC) op kampus is en dat daar al verskeie klagtes teen lede van dié organisasie gemaak is.

“’n Koshuis is veronderstel om ’n veilige hawe te wees waar studente kan leer, leef en aan ’n gesonde studentelewe kan deelneem sonder om met politiek en rassisme gekonfronteer te word,” het Grobbelaar gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Alida ·

Miskien moet ons dieselfde doen dan sal jy sien hoe spring hulle op en af.

Sjoe Jan, kan jy nie sien nie? of is jy ook.n liberaal wat nie wil nie nie? ·

Liberale sal vra vir n handskrif ontleder. Want hulle wil nie sien nie. Alle ander mense ken die handskrif.

Mel ·

Dis deesdae di mees algemeenste woord “rassisme” maar Ja dit mag net ontstaan onder sekere rasse, stem saam jou Anel

Maddox ·

Ek daag die knaap uit, noem my asb in my teenwoordigheid ‘n M…F…r, en ek belowe jou, ek sal jou so hard ry vir lastering en naamskending jou kleinkinders sal nog eendag afbetaal aan daai eis.
Miskien moet Afri/Sol so tipe klas aksie oorweeg. Dagvaar die wit hel uit hierdie klomp, en op die einde van die dag kan julle die geld gebruik om weer ‘n arm blanke kind geleentheid te bied om te studeer.
Neewat genoeg is genoeg, so kan dit nie aangaan nie!!!!!

Swanna ·

Maddox jy het absoluut ‘n baie goeie punt daar beet en stem volkome met jou saam.

Johann Barnard ·

Nou hoekom gee ons nie die land vir hulle nie,hulle sal dit in elk geval binne n jaar teruggee want daar gaan niks van oorbly as hulle daarmee klaar is nie.Soos erf geld……

RINA ·

Did hoe die regering hulle leer. Rasseme is in die regering se koppe en hulle dra dit oor. Die mense weet nie van beter en volg net wat hulle aangese word om te doen. als is vandag rasseme maar op straat hoor jy nie daarvan nie. Een ding is verseker wat jy saai sal jy maai. Did hoekom daar soveel problem vandag is.

Veronica ·

Sien! Weereens hoor jy NIKS daaroor nie! Maar behoede jou ,as student, as jy dit net waag om jou gesig blou te verf!! Nee wat! Daar bestaan geen geregtigheid meer in hierdie land nie!! Dit stink!!!

Sonja ·

Ek stel voor hulle moet bewyse lewer watter grond aan hulle behoort het? Wanneer het ons die grond afgevat? Wie het dit gedoen? Vandag kan ons nie net valslike aannames maak nie, jy moet bewyse lewe. Laat hulle bewyse lewer. Hulle sal buitendien agterkom dat grond geen waarde het as jy absoluut niks daarmee maak nie.

Spook ·

Waar kom julle daar aan? Dis mos nie rassisme nie dis vryheid van spraak.

Gys ·

Daar was nog niks suksesvol behaal in die 20 + jaar wat die nuwe regering aan bewind is nie. Hulle kannie vrede maak dat hulle in als mislik nie. Die media maak die wit mense uit as die vrot appel in die sak en daarom sal die wit mense altyd as die probleem bestempel word. Daar is geen vrede in ons land nie , net n silent oorlog van rasisme wat nooit sal ophou nie maar net erger gaan raak.

hlatswayo ·

so van rassissme gepraat: simphiwe romeo nxumalo, sandile ngwenya en sithembile sthesh ntshwanti se fb inskrywings behoort ook aan die groot klok gehang te word vir die vf+, Solidariteit, afrifirum om meer te ploeg en plant. die dinge wat hulle se laat my bloed yskoud word. ons moet paraat wees. te alle tye. hulle se dit nie net nie sandale ngwenya se fotos bewys hulle bedoel presies wat hulle se.

E.K. - ek sê net! ·

Ignore it with the contempt it deserves. Iemand wat sukkel om netjies te skryf is so laakbaar dat ek dink hy verdien geen aandag nie. Almal soek mos hul sg “5 minutes of fame” en nou kry hy te veel daarvan.

E.K. ·

Rian Malan het ‘n UITSTEKENDE artikel onlangs gepubliseer op Alec Hogg se The Daily Insider waar hy Malema en die landgrypers presies vertel HOE die geskiedenis lui. Wens mense wil dit lees en op hul kamerdeure spyker!

leon Centurion ·

De la Rey sal niks doen nie! Al wat sy doen is om die radikale “studente” te paai. Haar strategie om water te trap tot haar termyn verstryk. Tuks gaan die droewige pad van al die Afrika universiteite volg. My raad, ondersteun van vandag af ons eie inisiatiewe – Akademia.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.