Rassisme: ‘Growwe dubbele standaarde word toegepas’

Marlene Hurford in die hospitaal. Foto: Verskaf

Marlene Hurford in die hospitaal. Foto: Verskaf

Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy kommer uitgespreek oor die growwe dubbele standaarde wat toegepas word wanneer daar oor rassistiese voorvalle gerapporteer of in die algemene diskoers daarvan gepraat word. Die organisasie het ook ’n beroep op die regering, media en alle ander rolspelers gedoen om konsekwent te wees in hul veroordeling van alle rassistiese voorvalle.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het verwys na die kapingsvoorval Woensdag in Rustenburg waartydens Marlene Hurford en Grant Short erg deur drie mans aangerand en met die dood gedreig het. “Nadat Hurford haar gesteelde tablet geblokkeer het, het een van die aanvallers glo die laaste nommer wat sy gebel het geskakel en gedreig: “You white bitch, I’m coming for you’,” het Roets gesê.

Roets het gesê geweldmisdade waar wit mense die slagoffers en swart mense die oortreders is, word nie met dieselfde entoesiasme veroordeel as in gevalle waar swart mense die slagoffers en wit mense die oortreders is nie.

“Dit blyk dat wanneer ’n wit persoon die slagoffer en ’n swart persoon die oortreder is, dit oor die algemeen as ‘gewone misdaad’ afgemaak word. In gevalle waar ’n wit persoon die oortreder en ’n swart persoon die slagoffer is, word dit egter summier as ’n daad van rassisme bestempel.”

Roets wys verder daarop dat daar vanjaar reeds ’n legio sulke voorbeelde was en sê dat die inkonsekwente veroordeling van rassisme nie net neerslag vind in die manier waarop daar hieroor berig word nie, maar ook in die gevolge vir die oortreders.

Penny Sparrow, ’n afgedankte eiendomsagent van KwaZulu-Natal, het in Januarie vanjaar op haar Facebook-blad na swart strandgangers in Durban as “ape” verwys. Die Umzinto-gelykheidshof in Scottburgh het Sparrow weens haatspraak met R150 000 beboet, wat sy aan die Oliver & Adelaide Tambo-stigting moet betaal.

Daarteenoor het Velaphi Khumalo, ’n werknemer by die provinsiale departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning, ook in Januarie op sy Facebook-blad gesê dat hy “die land van wit mense wil reinig” en dat daar teen wit mense opgetree moet word soos Adolf Hitler teen die Jode gedoen het. Hy het in ’n tweede inskrywing op Facebook gesê dat wit mense in Suid-Afrika verdien om soos Jode opgekap en doodgemaak te word. Die departement het Khumalo hangende ’n interne dissiplinêre ondersoek met betaling geskors. Hy is nog geen straf deur die gelykheidshof opgelê nie.

ernst roets

Ernst Roets. Argieffoto: Reint Dykema.

In dieselfde week waarin die harebeleid van ’n Pretoriase hoërskool landswyd in die kollig was en veroordeel is weens ’n reël dat meisies nie Afro’s by die skool mag dra nie, het Luvuyo Menziwa, ’n lid van die verteenwoordigende studenteraad (VSR) van die Universiteit van Pretoria, op sy Facebook-blad geskryf dat hy wit mense met ’n bazooka en masjiengeweer wil afmaai. Hoewel hy uit die VSR geskors is, is die interne dissiplinêre ondersoek teen hom stééds nie afgehandel nie.

Uit die manier hoe dié sake hanteer is, lyk dit asof dit ’n nasionale krisis word om vir skoolkinders te sê dat hulle nie Afro’s by die skool mag dra nie, terwyl ’n swart persoon wat sy behoefte uitspreek om wit mense te vermoor, as relatief normaal en alledaags beskou word.

“Hierdie dubbele standaarde is ook sigbaar in die ophemeling van die leiers van die #FeesMustFall-veldtog en die #MustFall-beweging in die breë, terwyl dit algemene kennis is dat verskeie leiers van dié beweging in die openbaar gesê het dat wit mense vermoor moet word en dat Hitler ’n held was,” het Roets gesê.

Hy het bygevoeg dat dit duidelik is dat die opstellers van die ANC se voorgestelde Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak wit mense wat snedige kommentaar teenoor swart mense maak in die tronk wil gooi, terwyl dieselfde opstellers versuim om dit te veroordeel as swart persone moord of selfs volksmoord op wit mense aanmoedig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Jan ·

Die swart mense weet hulle het ‘n probleem met minderwaardigheid teenoor die wit “bevoorregtes”, dis hoekom hulle die vure stook en om elke hoek en draai rasisme teenoor wit mense skree. Hulle (die leiers) skree dit vir hul eie gehoor, om te regverdig wat hulle doen. Hulle doen dit al vir jare, so wie sal dan nou nie die leiers glo nie, dit het ‘n vrypas geword. Dit is lankal, soos julle van bewus is, nie net gewone misdaad wat teenoor wit mense gepleeg word, of in die algemeen nie. As misdaad teenoor wit mense gepleeg word meestal erge geweld gebruik en in die vorm van haat op hulle uitgehaal.

PJH ·

Dankie tog iemand wat dit se kom ons kyk of hulle sal terugvoering gee, ek glo nie

callie ·

Baie dankie. Dit is juis die tipe van dinge wat gebeur wat mense regtig kwaad maak en wit mense rassistiese dinge laat kwytraak. Die media moet egter n groot deel van die blaam dra. Gaan kyk hoe was die doodskis geval op al wat voorblad van koerante in hoofletters uitgespel vir n paar agtereenvolgende dae. Dit was totaal onaanvaarbaar wat die wit mans gedoen het maar tot vandag is daar geen woord gerep oor hul frustrasies van ongewenste persone oor hul grond en wat was dalk hul redes was. Wit mense word doodgeskiet, met messe dood gesteek, verwurg ens. en dit is n berig vir een dag en dan word dit vergeet. Hoekom word daar ook geskryf wit mans het so oortree maar nooit dit was swartes wat alweer wit mense vermoor het nie. Die land is op pad na n bloedbad. ASB Kan die media nie net meer regverdig berig en ook die witman se kant stel nie of is daar druk op die media op swart positief en wit negatief te berig

Johann ·

Die regte mense en die verslaggewers wat die berigte skryf, glo ek, is sommer baie bewus van wat jy hier sê, maar dan wil ek ten volle met jou in jou laaste sin saamstem, dit is om ter wille te wees, dat daar so ‘n ophef van gemaak word as ‘n wit persoon die oortreder is. Vat nou maar bv vir Max.

Cherokee ·

Jy is heeltemal reg Callie en liberalistiese witmense dra deel van die blaam. Kyk na die voorval wat jy aanhaal hoe het Maroela se forumbydraers (ek weier om hulle kommentators te noem) gebraak in hul kommentare oor die blanke twee wat ‘n swarte in ‘n kis gedruk het. Dieselfde klomp is oor die algemeen stil wanneer daar berigte verskyn waar dit andersom is. Maroela Media self dra blaam met hul oordrewe politieke korrektheid. Daar is ongelukkig veel meer Max Du Preez in die land as wat gedink word.

Chris ·

Ek verstaan almal se frustrasie met die rasse aangeleentheid. Ek het bietjie selfondersoek gedoen en ‘n wilsbesluit gemaak. Ek behandel my medeburgers met dieselfde houding as waarmee ek behandel word. Ek was al in situasies waar ek openlik konfronteer en gekoggel word. Al wat ek gedoen het is om die persone in die oë te kyk in hul gesigte te lag en weggestap. Ek verloor nie meer my waardigheid en selfrespek om in ‘n woordewisseling of konfrontasie betrokke te raak nie. Van die mense is daarop uit om ‘n reaksie uit te lok en sodra jy reageer trap jy in die slagyster. Jy kan doen en sê wat jy wil, jy gaan die saak verloor. Soos die Engelse spreekwoord lui, ” loose the battle and win the war”. Wat ek agtergekom het, indien jy die persoon ignoreer sien hy dit in elk geval jy ag hom nie op dieselfde vlak as jy nie. Dit werk vir my. O ja, dit help ook om sy taal te praat. Dit vat gewoonlik die wind uit hul seile uit want hulle beskinder jou openlik en dink jy kan nie hul taal praat nie. Het al ‘n hele paar van hulle so verras.

Maria Van Dieweeck ·

Dankie, die waarheid MOET NOU vierkantig in die oe gekyk word.

Lydia Malan ·

Dis nog altyd my standpunt gewees. Boere word vermoor maar daar is nie plek op die nuus vir dit nie!!! Nee hulle sal eerder aanhou met klein dinge soos die woord ape. Hulle maak groot ophef van enigiets wat n wit persoon se of doen…..wat van die dreigement van Julius Malema?? Whites will not be slaughtered….yet. Hoekom kan hy sulke dinge se en daarmee wegkom? Dis mense soos die wat die vuur van rassisme aan blaas!

Jan ·

Ek het in my kommetaar vroeër die woord minderwaardig gebruik en ek dink dit is hoekom dit nie geplaas is nie. Mens moet so versigtig wees wat mens skryf, of hoe mens dit uitdruk, ek wens by tye hulle wil vir ons ‘n lys van die woorde gee waarmee hulle ‘n probleem het. Ek sien op ‘n plek het ‘n ander persoon dit net anders omskryf, toe is daar nie ‘n probleem nie.

Frik ·

Net n stelling waarom die aanvalle nie as dieselfde gesien word nie. Ek plaas die skuld op die Media in algemeen. Hoekom as die Media oor so n insident rapporteer gebruik hulle die die woord “Rasse aanval” wanneer dit wit op swart” is en “aanranding” wanneer dit swart op wit is. Is die Media bang vir verdere optrede en as dit is waarom? Kom Media ek daag julle gee my n anrwoord.

Penellope Jones ·

As mens in ag neem hoe die “doodskis”-geval die media , die parlement gehaal het, dit oral genoem is, selfs op internasionale media beland het en hierdie geval en ander soortgelyke gevalle nie, dan is “growwe dubbele standaarde” dalk nog te lig gestel.

Dit is eenvoudig rassisme aan die kant van die regering, openlike rassisme en die blanke bevolking mag nie daaroor kla nie want dit word ook gesien as rassisties.

Met Zuma se rassisme-verkiesingsveldtog het hy en die regering en diegene wat soos hulle dink, die laaste spyker in die ‘doodskis’ van die blanke bevolking gekap.

Rassisme is nou ‘n heerlike ‘n stok om mee te slaan, isdie woord en begrip om alles rakende blank mee te blameer, terwyl rassisme teenoor die blanke duidelik geignoreer word en amper selfs geprovokeer word sodat daar ‘n “saak” kan ontstaan.

Met die blanke bevolking wat in die minderheid is, maak dit dit soveel makliker, geriefliker en aanvaarbaarder dat rassisme teenoor hulle toegelaat, geignoreer en met opset gedoen en toegelaat word.

Dit verskoon uiteraard en juis NIE rassisme vanaf blanke kant nie. Inteendeel.

Dossie Dednam ·

Ek dink nie daar word ‘n kwart van “blanke” rasisme gerapporteer nie. Kyk net na die kommentare wanneer daar iets wat nie ‘n ras verband is nie, maar bloot kriminaliteit is. Meer Witmense is rassiste op Facebook wat ek sien as Swartmense en ek het meer Swart vriende as Wit mense op Facebook.

Jan ·

Dossie, dit is van g-volheid, dat dit so is. Ek was tot nie baie lank nie, toetentaal anders ingestel teenoor wat ek vandag is. Maar ek sien die swartman nog steeds niks anders as soos enige ander persoon nie, ek het dit egter oor die ingesteldheid en die kultuur van wat hulle aanvang, wat hulle, met die tyd, hul eie gemaak het, wat ander in hulle koppe inprent en dan liggelowig vir soetkoek opeet. Dit is nie net die regering wat arrogant geraak het nie, maar baie van hulle sommer in die algemeen, en baie opstandig ook. Kyk na die studente. Vakbonde se manier van spiere wys vryf ook af op die mense, dis hul kultuur. oor die afgelope klompie jaar, het ons baie van hulle geleer.

Frik ·

So lank as ons praat van wit rassisme is ons oë gesluit vir ander vorms van rassisme. Eers as ons erken dat swart mense ook rassiste kan wees sal ons vorder en ontslae raak van dit. Ek kan jou verseker dat die meeste aanvalle en moorde deur swartes op wittes gaan te saam met met rassistiese opmerkings. Kom ons staak die dubbel standaarde oor rassisme.

Hentie Smit ·

Dossie het jy miskien al probeer uitvind hoekom dit so is. As jy my vra sal ek jou dae lank kan besig hou met redes.

GES ·

Volgens jou mening is net blankes rassiste. Ek ervaar totaal ʼn ander situasie.

Griki ·

Interessant dat hulle Hitler ‘n held noem terwyl hy die een persoon is wat swartes soos vliee sou afmaai.

Ronel ·

Was my gedagte ook. Duidelik ken hulle nie hul geskiedenis nie!!

Cherokee ·

Maar jy weet mos Ronel, dat hulle niks weet van geskiedenis nie. Hulle besef nie eens dat hulle die San se grond gesteel het nie. En sê in die parlement dat Jan Van Riebeeck aan die Kaap voet aan wal gesit het 2000 jaar gelede.

Johann ·

Hoe redeneer jy met selfaangewese magsbeheptheid? Hoe beinvloed jy n “kultuur” van geen respek vir lewe of ander se regte en voorregte nie? Hoe hou jy iemand verandwoordelik wanneer hy/sy/hulle operate vanuit n vioraf verklaarde verskoning en regverdiging van en vir als? Nog erger om iets sinvol te se teen die aanname dat “rassisme” “volksbesit” is van berontregte swart mense? HUGE verskil tussen previously disadvantaged en currently taking advantage!

Armando ·

Cherokee, jy van almal hier behoort van beter te weet. Sy was op TV, nie in die parlement nie.

Hannie ·

So is ons (blankes) se beloop van ons lewens nou en so sal dit bly. Nie n goeie vooruitsig nie.

Chris Ws ·

Hierdie dubbelstandaarde moet by die VN aan die klok gehang word met voorbeelde.
En aan al die “nuushonde” wat wit rasisme deur middel van die media aanblaas : wees gewaarsku – jy speel met jou lewe.

Hentie Smit ·

Ek wonder net hoekom is Musi en Melani Verwoerd nou so stil ? Volgens hulle sal die arme agter geblewenes seker die reg he om ons te haat en te vermoor.

Ek Stem ·

Hou net in gedagte die arme Max weet nie meer herwaarts of derwaarts nie.

Hy het eers witvoetjie gesoek by die ANC – selfs hulle wou hom nie hê nie.
Toe probeer hy vlerksleep by die Afrikaners – dieselfde gevolge.
Nou probeer hy maar kyk of daar nie tog `n ou gatkruipplekkie iewers na aan die ANC is nie.

Moet ook nie daardie Doktor met die servet op sy kop vergeet nie !! ( Of is dit eintlik `n afdroog doek ?)

Selfbeskikking ·

Selfbeskikking is die ENIGSTE volhoubare oplossing. Zumba het self gese ons moet hier oor met hom kom praat.

ada ·

Baie dankie vir die goeie artikel. Ek hoop die media neem kennis daarvan. Ek het juis n dag of twee gelede gevra waarom die artikel vandie aanval op die juffrou en haar maat geskuif het op maroela se voorblad na die volgende bladsy. Die storie oor die doodskis geval was baie langer op die voorblad as die doodskis geval. Waarom was dit so? Omdat aanvalle op blankes – soos die skrywer van hierdie artikel tereg se – algemeen aanvaar word?

Frederik ·

Volgens my kennis van die Penny Sparrow voorval het sy nooit gesê swartes is ape nie. Sy het bloot gesê van die hordes op die strand het hul soos ape gedra, omdat hul openlik seks op die strand gehad het en oral rommel gestrooi het. Afgesien van al die onnodige bohaai van 1916, gaan hul dit maar net hierdie Kersfees herhaal.

Gerrit Swanepoel ·

My kommentaar word nie geplaas nie,
Lykk my solank ons net Zuma se agterent lek, is enige kommentaar welkom.

GES ·

Kyk gerus rond, hierdie is ʼn wêreldwye tendens. Blankes word geteiken en as rassiste afgemaak vir alles wat verkeerd gaan. Daar gaan ʼn dag aanbreek wat die pot se deksel gaan afvlieg en dinge baie sleg gaan draai vir mense wat hierdie vuur stook. Hierdie rookskermpie word al hoe meer deursigtig. Kyk wat gebeur in die VSA en Europa … ʼn saak het 2 kante.

Reg en geregtig ·

Verkeerd kan nooit met n ander verkeerd regverdig word nie. Tog in die afgelope 50 jaar het ons nie meer of minder gruwelike dubbel standaarde nie, dis nog net so erg as die afgelope 50 jaar net die persone teenoor wie dit gepleeg word het verander

Lance ·

Die feit dat daar sulke dubbel standaarde is is net ook n bewys hoe rasisties die mense self is …waar kom hulle daaraan dat swart mense nie kan rasisties wees nie …genade dis mos ooglopend n groot leun

monique swanepoel ·

Ek is Marlene Hurford se tannie en ja die aanval op Marlene en Grant was rassisties van aard. Grant de bakkie het aan een van Noag se seuns behoort en was in “various state of repairs” – blou bumper, groen deur ens. Dink nie dit het regtig geld waarde nie. Hulle is aangeval suiwer omdat hulle wit is en vir geen ander rede nie. Ek is die persoon vir wie sy laaste gebel het en ek is ook heel bo op haar contact list want ons het net mekaar hier in Rustenburg en haar jongste dogter bly middae na skool by my. Ek het nie net een dreigement gekry nie maar kry daagliks so 3 wat my baie nicely vertel wat hulle met my wit vel gaan doen. Nou omdat my pa nie n bang kind groot gemaak het nie maar my geleer het om groot kinders bang te maak het ek hulle genooi om te kom probeer.

HdW ·

Hulle will nou die stoomketel se veiligheidklep afblok en dit terwyl hulle die vuur aanhou shook!!!

Thyskotze ·

Baie van my komentaar is al gesensor reg en geregtig ek glo nie jy ken ons geskiedenis nie media wil ook nie profesiee publiseer nie hulle is so ??? Bang vir negatiewe berigewing ek hou maar liewer my mond maar die wiel draai stadig maar seker OU spreekwoord elke hond kry sy dag maar die brak kry syne dubbeld ek hoop ek lewe nog die dag van vergelding

Jef ·

Dis nie net in SA nie maar n wereldwye fenomeen, in Europa het dit die afgelope jare behoorlik begin borrel tussen swart mense uit alle dele van Afrika wat gevestig is in alle lande in Europa en in elke land het daar konflikte ontstaan tussen swart en wit mense.
Maak nie saak waar ons witmense in die wereld woon nie ons word altyd beskuldig van rassisme en toenmalige slawerny en ons dink ons is superieure mense.
In Europa word witmense ge diskrimineer deur swart mense, dis n multi kultrieele samelewing en almal word geag vredeliewend saam te woon maar elke keer word met ons afgereken oor die verlede.
Waar in SA ons al n tyd lang met die probleem sit het Europa begin met dieselfde probleem.

Cherokee ·

Europa se probleem is nie so erg swart nie maar moslems.

Breytie ·

Daar is net een ding wat die media sover kry om iets aan die groot klok te hang en dit is die begrip “sensasie”. Dit is sensasie wat die geld laat inrol deurdat meer verkope lei tot meer advertensies. Ons kan dus nie morele waardes gebruik om die media te oordeel of te kritiseer nie want dis per slot van sake ‘n besigheid wat moet wins maak al is die beriggewing onregverdig.

Ons Afrikaners moet liewer konsentreer daarop om beter mense te word, edeler gedagtes te dink en alle haat en vooroordeel te vervang met ‘n hoër vlak van oordeel. Enige kritiek teen ander moet vermy word, dit is in elk geval teenproduktief. Aanvaar ander soos hulle is en dan moet ons nie afgaan na “hulle” toe nie, maar opstyg na waar ons behoort te wees.

Adam Boshoff ·

Se ek ook al lankal Zuma is nie president vir Blankes nie Het hom nog nooit n barbaarse plaas moord hoor veroordeel nie Net so met haatspraak van swart op wit ook nie Dink die regering stel die voorbeeld hoe om nie rastisties oor die algemeen te veroordeel nie My mening is as dit beide kant toe veroordeel word sal rasisme stadig aan begin verdwyn

Ben Prinsloo ·

Ag ou Dossie nooi ons asb uit om by jou n koppie tee te kom drink in Alex. Indien jy nog nie daar is nie verkoop jou huis en gaan. Die inwoners van Alex sal jou met ope arms ontvang. Toe nou Dossie stel nou vir ons n voorbeeld asseblief. Dossie moet asseblief nou nie gatomswaai soos die de Klerks van ouds nie, ons ken nou al daardie ene.

Gerhard ·

Anvaar maar dat dit nie beter gaan word nie. Die regering se onwilligheid om teen swartes op te tree en hulle oorywerigheid om teen blankes op te tree is die oorsaak hiervan.
Of ons nou hieroor wil praat of nie die tyd sal en gaan kom wanneer blankes gaan optree om hulleself te beskerm. Dis net ‘n kwessie van tyd…..

Jan ·

Baie moeilik om die regte woorde te kies om uiting te gee aan mens se frustrasie. Al wat ek wil noem is dat dai uiters neerdrukkend is om terug te wees in “my” land na ‘n maand in New Zealand waar die beskawingspeil beduidend hoog is. Die aardbewing het 7.8 geregistreer en die herbouingsproses gaan volstoom voort. Hier registreer dit veel meer as dit op die geestesvlak en die skuddings is daagliks. Raak alhoemeer van n uitdaging om perspektief te behou.

Carel ·

Die woord rassisme se betekenis is gekaap deur die lot. Die beste is om nuwe woorde tesame met rassisme te gebruik.

peanut ·

Is daar akkurate statistieke erens beskikbaar oor die moord en doodslag in SA, gegroeper volgens etniese groep, met aanduiding van oortreder en slagoffer se velkleur asook wapen en intensiteit van aggressie gebruik.
Syfers vanaf 1950 af tot op hede.
Sal nogal interressant wees om te sien

Nic ·

Soos een van die ou redakteurs van die New York Times aan sy joernaliste verduidwlik het: “Dog bites man” is nie nuuswaardig nie, dis allerdaags, maar ” man bites dog” is ñ goeie storie. Op dieselfde trant ” swartman pleeg geweld teen witman” ook te allerdaags om te raporteer maar andersom is hoofnuus?

Maria Van Dieweeck ·

Ja Peanut. Sou graag wou sien. Sekere grafieke sou hemelshoog staan.

chris loebenberg ·

ja peanut ek stem saam maar glo my dit sal ok maar weer deur die magte gekaap word om n sekere ras te bevoordeel

tragies ·

Alles so vreeslik tragies…….dit wat gebeur veral sinnelose moorde ens, moet op tv verskyn en alle grusame dade……maar sal seker nooit. Moet oral gesien word. Baie baie tragies

Hannes ·

Ek lees die droewige geween en krens van tande……die tyd van praat en kla is op n einde …..hoe se die bybel …n oog vir n oog…..praat help nie net dade wat die sondaars tot geregtigheid dwing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.