‘Rassisme, korrupsie’ by Laerskool Theresapark

Skermskoot uit die video van Rekord Pretoria.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Dinsdagaand tydens ʼn virtuele vergadering met ouers van Laerskool Theresapark gesê bewerings van rassisme, wanadministrasie en finansiële wanbestuur teen die skoolbestuur dra wel gewig.

ʼn Verslag oor die gedrag van personeellede en lede van die skool se beheerliggaam volg nadat ʼn groep ouers die skoolhoof vroeër vanjaar oor beweerde wanbestuur uit haar kantoor gegooi het. Beeldmateriaal oor die voorval het op sosiale media die ronde gedoen.

Die voorval het daartoe gelei dat ʼn onafhanklike ondersoekliggaam aangestel is om verskeie bewerings van onder meer korrupsie en rassisme te ondersoek. Die bevindinge van dié verslag is Dinsdag bekend gemaak.

William Makgabo, waarnemende hoofdirekteur van risiko en nakoming vir Gautengse onderwys, het in sy verslag gesê daar is bewyse van korrupte finansiële gedrag deur ʼn aantal personeel- en beheerliggaamlede by die skool.

Volgens die verslag het die skool na bewering twee bankrekeninge gehad. Die doel hiervan is nog nie bekend nie. Daarbenewens is bevind dat sommige lede van die beheerliggaam teenstrydige belange het, aangesien hulle of hul familielede met van die skool se diensverskaffers verbind kan word.

Wat die bewerings van rassisme betref, het die skoolhoof glo teen swart onderwysers gediskrimineer deur hulle as minder opgevoed as hul wit kollegas te beskou. Verder het die verslag onthul dat wit onderwysers na bewering rassisties teenoor swart kinders was en geweier het om opvoeding aan hulle te verskaf. Dié onderwysers is glo ook nog agterstallig met hul kinders se skoolgeld.

Makgabo het die departement aangeraai om strafregtelike klagtes teen diegene wat by onwettige verkrygingsprosesse betrokke is, asook hul familie en goeie vriende, in te dien. Hy het ook ʼn transformasiestrategie voorgestel om personeellede en die beheerliggaam se fokus na hul kernverantwoordelikhede by die skool te herlei.

Lesufi het ouers tydens die virtuele vergadering verseker dat daar teen die betrokke lede opgetree sal word, na aanleiding van Makgabo se aanbevelings.

“Sodra die betrokkenes die geleentheid gekry het om op die verslag se bevindinge te reageer, sal die departement van onderwys teen hulle optree en die nodige belangegroepe daarvan in kennis stel,” het Lesufi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Chris dupreez ·

Een op n tyd een van die beste laerskole, nou n algehele gemors

Pierre ·

Bwahahahahahahahaha hoe lekker lag ek nou, altyd die rassisme kaart van ou Lesufi………jou departement het gefaal niks met rassisme te doen nie.

Perdeby ·

Hy is kleurblind hulle is almal dieselfde kleur as hy. Haar eie mense wat ” gatefull” vir haar gewees.

Harley Davidson ·

Die lezufi karakter laat my altyd net lag oor sy onvermoë om sy werk te doen en nuwe skole te bou en sy rasisme beheptheid,die mannetjie moes vreeslik afgeknou gewees het op skool,gebruik die geld wat taxi operateurs betaal word om kinders kilometers aan te ry na skole wat deur bevoegde mense bestuur word en bou skole by die kinders se woonbuurt.

Anoniem ·

Geen klag nie, ek sal ook weier om iemand anders se kinders opvoeding te gee, hul ouers moet dit doen. Onderwyser gee onderrig, nie opvoeding nie.

Hoekom ·

Die hoof wat uit die stoel gegooi is, is dan swart. Hoe kom hulle by rassisme uit?

koos10 ·

Klein bietjie meer Noord is ‘n graad 1 meisie, 6 jaar oud, by ‘n skool VERKRAG. Lesufi is dood stil daar oor?
Sy algehele agenda is rassisme. Nie finansieële wanbestuur nie. Nie diefstal nie. Nie korupsie nie. Nie skoolbestuur nie. Nie ontwikkeling nie. Nee NIKS behalwe rassisme nie!

Hanna ·

As ek daai hoof was het ek aanranding klagtes teen ieder en elk gemaak het…

Frederik C ·

Hoeveel skole het Lesufi al hierdie jaar laat bou ?? Hy’t mos genoem dat daar een per maand afgegee sal word. Maand 8 is so te sê om.

Francois Le Cochon ·

“Onderwysers agtelstallig met hul kinders se skoolgeld”. Baie skole laat toe dat onderwysers nie skool geld betaal vir hul kinders nie, as ‘n “perk”. Dit is natuurlik hoogs onregmatig. Die wet ivm skool geld afslag maak nie daarvoor voorsiening nie.

koos10 ·

Francois, kan jy asb vir my sê watter wet en artikel. Ek dra kennis dat BL lede nie mag afslag kry nie, maar weet nie van onderwysers nie. Ek vra want ek dien op 2 BL’s en dit raak beide my skole. Ek is nie sarkasies nie, ek wil regtig weet.

Francois Le Cochon ·

Koos10, Staatskoerant 29311 van 18 Oktober 2006. Afslag slegs op gronde van inkomste, niks anders nie, ook nie bates nie. Glad nie afslag vir akademiese- of sport prestasies. Dus geen beurse uit ‘n skoolfonds. Dit kom neer op manipulasie van die begroting in terme van Skolewet Artikel 37(7)(c).

Swerwer ·

So siek vir die woord Rassisme, weet hul ooit wat dit beteken want dit is net hul wat dit gebruik en aanhits, ons het dit nooit geken nie.

Jaco ·

Die foto wys duidelik hoe swart ouers die swart skoolhoof uitdra. Hoe is dit rassisme. Dan sê Lesufi ook die skoolhoof wat volgens die foto swart is, sien neer op swart leerders. Dit maak nie sin nie.

Baardman ·

Rassisme saak is om die aandag af te trek van die korrupsie en bedrog

Daizee ·

Whahahahahahahahaha!!! Ek stem verseker saam Lesufi!!! Dit lyk beslis na rassisme!!!! Whahahaha!!!!

Peetjie ·

Mnr Lesufi… Jou rassisme rympie is nou holrug gery… Asb kry n ander versie…..

Deon ·

Hou op “micro manage” gaan gooi daai rassisme kaart wat jy so lekler gebruik iewers in n put toilet by n skool… Daar is so baie ander meer belangrike goed as jou alewige rassisme ding en jy doen net niks daaraan nie… Verstaan jy dat jy die hek is waar deur die mense moet gaan om skole te bou en infra struktuur op te knap? Tsek man.

Mariana ·

O ja en dit sal die wittes wees wat rassisties is, swartes kan mos nie wees nie. En net miskien was die skoolhoof reg oor die opgevoedheid, seker ook die rede hoekom.daar rassisme geskree word. Jaloesie is nare ding. Ou Lesufi ai, ai,ai sy onvermoë om sy werk te doen spreek boekdele. Rassistiese kader

JM ·

Lesufi, die spreekwoord lui : “Meer bek as binnegoed.” Bou die skole wat jy belowe het en skree minder rassisme! Jy is soos ‘n plaat wat vasgehaak het.

Raakvatter ·

Die skoolhoof is dan swart? Haibo?! Hoe kan sy rassisties wees?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.