‘Rassisme’ kry aandag by private skool

Devon Hofmeyr, een van die stigterslede van dié jeugbeweging, sê hulle wou die boodskap oordra dat skole nie gepolitiseer moet word nie (Foto: Verskaf)

Die private skool Cornwall Hill College in Centurion het Donderdag met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) vergader om te bespreek hoe die skool transformasie en diversiteit in die skool kan bevorder. Dit volg nadat ’n groep ouers verlede Vrydag by die skool se jaarlikse gholfdag betoog het teen die beweerde gebrek aan transformasie en diversiteit by dié private skool.

Maroela Media het vroeër berig ouers en oudleerders is glo onder meer ongelukkig omdat die oorgrote meerderheid van personeel by die skool sowel as die beheerliggaam wit is. Die skoolhoof sowel as die voorsitter van die beheerliggaam se bedanking word ook geëis. Daar is ook ongelukkigheid omdat sommige leerders oor hul haarstyl aangespreek is.

Luidens ʼn verklaring uitgereik deur die skool, het sy leierskap en die SAMRK breedvoerig gepraat oor die werk wat reeds by die skool gedoen is ten opsigte van transformasie en diversiteit. Hulle het ook maniere bespreek waarop die skool die SAMRK se dienste en kundigheid op hul transformasiereis vorentoe kan gebruik.

Na afloop van die vergadering het die SAMRK en die skool ooreengekom dat die kommissie as onafhanklike derde party onderhoude sal voer met leerders, personeel, bestuur, die raad van direksies en ouers, om sodoende die hoofoorsake van die betrokke partye se bekommernisse te verstaan.

“Die SAMRK en die skool se bestuur sal eersdaags weer vergader om die reëlings rondom hierdie onderhoude te bespreek en om te verseker dat die skool se daaglikse aktiwiteite minimaal onderbreek word. Sodra die SAMRK die nodige kwalitatiewe data versamel het, sal hy sy aanbevelings met die skool deel, sodat hy enige oorblywende kwessies of probleme kan oplos,” lui die verklaring.

Die skool het ook gevra vir insette van die SAMRK om sy beleid, prosedures en gedragskode vir leerders te hersien.

Die Bittereinders-jeugbeweging meen ook ʼn skool diskrimineer nie teen ʼn persoon deur dissipline toe te pas nie (Foto: Verskaf)

Intussen het die Bittereinders-jeugbeweging Vrydagoggend voor die skool plakkate opgehou, waarop hulle gevra het dat politiek uit skole gehou word. Dié groep meen ook ʼn skool diskrimineer nie teen ʼn persoon deur dissipline toe te pas nie.

Devon Hofmeyr, een van die stigterslede van dié jeugbeweging, sê hulle wou die boodskap oordra dat skole nie gepolitiseer moet word nie.

“Baie ouers en leerders is bang om iets te sê, maar ons het besluit om hul stem wees! Ons sal opstaan teen ongeregtigheid en intimidasie,” het Hofmeyr gesê.

Volgens die skool se bestuur het hy begin met die ontwerp van ʼn diversiteitsprogram wat in die volgende paar maande aan leerlinge bekendgestel sal word.

Skoolhoof Leon Kunneke het opgemerk dat die skool absoluut daartoe verbind is om ʼn   deelnemende en deursigtige transformasieproses deur te voer.

“Ons besef die belang daarvan om openlik en eerlik te wees oor ʼn saak wat só belangrik is vir ons skool en vir die land. Ons sal dus gebruik maak van die insette van ʼn verskeidenheid kundige vennote en adviseurs om die padkaart vir ons transformasiereis vorentoe te ontwerp,” het Kunneke gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Zet ·

Ek kan my oë ni glo ni. Dis ‘n private skool opgebou met private geld wat sy eie reëls maak. Nie belastinggeld nie! As jy by dié skool wil leer dan val jy in by hulle reëls. Moeni registreer en daarni ni happy wees en toitoi om reëls te change na jou voorkeur nie. Verregaande. Voertsek! Soek anner skool of stig jou eie met jou eie reëls. Absoluut belaglik!

Cora ·

Ek is mal oor jou skuilnaam. E k was ZET se oorspronklike ma. As hulle die skool met hulle eie geld gebou het was die nou ‘n ander saak. Verniet maak deure oop vir moan en myne myne myne

johann ·

Hi Zet, Ek stem 100% saam met jou maar wil jy nie asb die “e” in sommige woorde terug bring nie. Ons is tog trots op ons taal.

Adri ·

Ek steun jou, Johann. En ek sou graag wou sien dat die onnodige engelse woorde ook vervang word met mooi, suiwer, duidelike Afrikaanse woorde: gelukkig en verander sê dit dalk nog duidelike as happy en change.

Misky ·

Ek kan en mag nie sê wat ek wil nie en sal nie geplaas word nie. Sekerlik het daai ontevrede ouers dokumente by skool geteken toe hulle GEVRA het om daar aan te sluit, so dis kragtig. Jy het gehou van die skool en reels, so as jy nie tevrede is nie, dan gaan jy. Vat jou plakkate en gaan na ‘n skool met jou standaarde en waardes

jzjz05 ·

Verseker, ek stem as jy nie gelukkig is by die skool nie soek een wat jou pas en politiek hoort nie by n skool nie en die MRK is beken aan ons met sy politiek.

Dup ·

Transformasie in SA beteken: alles wat wit is moet swart word en alles wat opgebou is moet afgebreek word.

Sanet ·

Dup. So in die kol as wat kan kom. Net soos jy daar se. Stem 100% met jou saam .

Jr ·

Hierdie rassisme verskoning word nou n groot grap en is so flou. As julle dit nie like maak en bou jou eie skole.

Jacobus ·

Belaglik! Plek dat die mense kyk na die onregte en blatante pundering wat gepleeg word onder die vaandel van die pandemie. Sê vir Lesufi hy moet na Solidariteit gaan vir ‘n padkaart na ordentlike onderwys.

Daniel ·

Stert swaai die hond, kruip alewig om polities korrek te probeer wees. .

lodewyk ·

Wat se deel van Privaat Skool verstaan hulle nie?? en die dol wat gaan huil het omdat n onderwyser disipline toepas,se nou nog daar is n ander agenda agter die ras kaart wat nou weer gespeel word,as jy as ryk ouer nie gelukkig is met die privaat skool nie,stuur jou kind na n ander privaat skool ,die skole kry geen geldelikke bystand van die regering af nie,ek was ook in die skool en het baie kere ook raas of pakslae gekry,was aangevat as my hare te lank was of my skool klere nie volgens standaard was nie,dink dit is tyd dat seker nadie die chip van hulle skouers afhaal en voortgaan met hulle lewe en ophou fout vind met alles!!

Althes ·

Hoekom mag daar eksklusiewe swart organisasies wees, maar sodra die meerderheid opvoeders en beheerliggame wit is, is dit onaanvaarbaar!
Dis nonsend om alewig die knie te buig vir politici.

Eugene ·

Dis reg buig voor die armsaliges. Plaas dat julle die boelie lesufi onder sy jis skop en wegjaag by die skool

Johann ·

Die arme benadeelde leerders in n privaat skool…ja shure! En die INSTIGATOR was die senior bestuurslid van die Reserwebank en sy issues oor representation en racism? En toe natuurlik sy.pel.Lesufi wat weer lekker blootstelling kry vir sy eie agenda!

Anel ·

Wat verstaan hulle nie van PRIVAAT nie. Dit het niks met die staat te dien nie. Alles kom uit die ouers se sak. Niemand staan ook met ‘n geweer teen jou kop en sê jy sál daar skoolgaan nie. As jy nie gelukkig is nie, man, vat jou goed en waai. Een is nou seker weer aangevat oor hy iets verkeerd gedoen het, by ma en pa gaan kla en nou word rassekaart gespeel. Daai bliedjie gaan in elke geval niks in die lewe bereik nie. Ry op pa en ma se rug. Kastige benadeeldes!!! Asseblief!!!

SomeOne ·

so ongeveer een en ‘n halwe kilometer suid-wes van julle is daar ‘n laërskool wat die staat gebou het, daar is genoeg plek om vir julle solank tydelike klaskamers in te rig, alle fasiliteite is daar, riool, water, krag, speelplek (dis mos wat julle wil hê), dis ‘n veilige area, daar kan selfs plakkerhuise opgerig word, staatsgrond

SomeOne ·

kom ons stig ‘n lagklub, lag vir die arme “onregverdiges” wat alles na hul smaak wil hê, tjoef tjaf, ons lag jul af

Marius ·

Shame arme kinders na al die jare is nog nie gelukkig nie en sal nooit wees nie

Carel Aaron ·

Waarom het julle jul bloedjies in daardie PRIVAAT skool geplaas? Is dit omdat dit n goeie skool met goeie onderwysers is? Omdat hulle ñ goeie bestuursraad het?

Wel om dit so te hou lees die skool se reëls wat julle by die inskrywing aanvaar het.

Waarom moet die wittes agteroor buig om julle rassisme te pas? Daai skool is binne 5 jaar ook nes die ander.

SomeOne ·

“Cornwall Hill College” as julle val vir hierdie aanval, het julle nie genoeg krag om jul teen enige aanslae te verdedig nie

Zet ·

Stem saam. As hulle ni genoeg ruggraat het om hierdie blatante rassisme teen te staan ni, is hulle ni meer di skool wat hulle was ni. Hulle moet hulle waardes beskerm en die skool se kultuur toepas. Dis immers hoekom ouers hulle in eerste plek daar geplaas het. As die skool dit ni kan doen ni, sou ek as betalende ouer my kind uithaal en by ander skool plaas. Die skool het ‘n onderneming belowe om op n sekere manier op te voed, maar as hulle val onder rassistiese druk, verdien hulle nie meer respek en ondersteuning nie.

Boon ·

Dis n private skool. Dus kan hulle mos doen soos hulle dink onderwys moet plaasvind. OF HOE?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.