Rassisme moet deur almal veroordeel word, sê VF Plus

Andre Slade en Katarina Križáni, bestuurder van die gastehuis. (Foto: Sodwana Bay Guest House)

Andre Slade en Katarina Križáni, bestuurder van die gastehuis. (Foto: Sodwana Bay Guest House)

Rassistiese uitsprake van individue soos Andre Slade, gastehuiseienaar van Sodwana, speel in die hande van mense wat Suid-Afrika rassisties wil polariseer en dit moet ten sterkste veroordeel word, Pieter Mulder, leier van die VF Plus, gesê.

Volgens Mulder is dit onbegryplik dat daar vandag nog mense soos Slade in Suid-Afrika kan wees. “Sy rassistiese opmerkings is werklikheids- en Bybelvreemd – al dink hy blykbaar anders. Ongelukkig is daar nêrens in die wêreld bewyse dat wetgewing teen rassisme, soos wat die regering oorweeg, individue soos Slade se denke of vooroordele sal verander nie.”

Maroela Media het vroeër berig André Slade, die eienaar van Sodwana Bay Guest House, het erken dat sy gastehuis nie “swart mense of regeringsamptenare” aanvaar nie. Slade het gesê swart mense is deur God geskape om onderdanig te wees. Volgens hom is sy optrede ʼn opdrag van God. “Ek is julle koning. Ek is die koning op aarde. Julle moet my Inkosi noem,” het hy Woensdag aan verslaggewers gesê.

Mulder het bygevoeg ʼn samelewing kan nog individue soos Slade oorleef, maar só ʼn samelewing is in die moeilikheid as leiers sulke rassistiese opmerkings begin maak as deel van hul politieke sienings of vir doeleindes van verkiesingspropaganda.

“Leiers stel die voorbeeld en bepaal tot ʼn groot mate die klimaat waarin mense van mekaar verskil en oor mekaar praat. Die algemene goeie verhoudinge in president Nelson Mandela se tyd as president bevestig dit. Om verskeie redes het verhoudinge in Suid-Afrika die afgelope paar jaar agteruitgegaan wat betreur word,” het Mulder gesê.

Slade (52) is in Pretoria gebore en getroud met die 27-jarige Katarina Križáni van Slowakye. Die egpaar glo in alternatiewe stelsels soos die Antieke Mesopotamiese mite van Inanna en Enki, wat die basis van hul beskouings oor ras en beskawing vorm.

Lees alle vorige berigte oor die Sodwana Bay Guest House op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Anti DA ·

Dankie Mnr Mulder die regering het wette om rassisme in plek te hou wat is die verskil tussen apartheid en die feit dat ‘n wit persoon nie in oorweging kom vir ‘n pos omdat hy wit is nie.Die organisasies soos die black business asosiation black gun owner’s waar die organisasies slegs vir swart mense is so al stem ek dit is verkeerd wat Slade doen ……..wat is die verskil???

Eugene ·

Stem volkome saam met Pieter Mulder en dit is verblywend om dit van hom te hoor. Ongelukkig sal ek nie kan glo dat die meerderheid van sy ondersteuners met hom sal saamstem nie.

Sarie ·

Jy sal verbaas wees . Moenie VF+ as n rassistiese party uitmaak nie. Hulle is net meer. realisties. Groot respek vir Dr Mulder en ek is nie n rassis nie.

Carien Nefdt ·

Eugene ken jy dr Pieter Mulder se ondersteuners?? Dit was nog ALTYD sy beleid en ek glo nie mense wat daarteen is sal by hom bly as hulle anders glo nie.

Eugene ·

Carien dan is die meerderheid waarna ek verwys waarskynlik “links” van die VF + sonder n party.

Tiger ·

GEEN wet sal my en my man se siening oor rassisme kan verander nie.Ek wil net vra – Is dit sonde om VIR jou eie ras te wees?Indien wel WYS my waar staan dit .Ek keur wel nie Mnr Slade se uitlatings goed nie ,maar as ons ‘n gaste huis bedryf het sou ons OOK kieskeurig gewees het wie ons daar in neem en wie nie.Dis ‘n feit.

Johan ·

Tiger jou standpunt is nie verkeerd nie. Jou standpunt is net nie op die onderwerp nie. Die mense het ‘n politieke siening wat voortspruit uit ‘n godsdienstige oogpunt. Ons almal het ‘n politieke standpunt gebaseer op ons godsdienstige basis. Hierdie mense is nie Christelik nie en dit bepaal hulle politieke siening. Om lief te wees vir jou eie is reg volgens Christelik denke, maar om jouself te beskou as god oor ander, vereis ‘n ander godsdienstige denkraamwerk. Christus sê jy moet jou vyande ook lief hê.

Buurman ·

Tiger, ek voel ook soos jy. maak nie n moordkuil van my hart nie.

Vaderlandloos ·

Stem saam met Dr Mulder. Dis hoekom jy ‘n brein het om dit te gebruik. Slade wil graag die bybel aanhaal, en dit staan geskrywe “sit n wag voor jou mond”.

Hendrik Havenga ·

Dankie Dr Mulder ek stem volkome saam as ons almal insig en wysheid opebaar sal ons land heeltemal anders gelyk het.

vermeende ·

ANC, DA, VF+ wat is die verskil?
Ons wat maak ook voorsienning dat jy nie onbillik mag diskrimeneer nie.

Ander Koos ·

Rassisme, soos enige ander saak, het tog 2 kante. Oorsaak en gevolg. Tans kry net die gevolg aandag en word die oorsaak gerieflik geignoreer

plaasjapie ·

Ek is teleur gesteld in Mulder van die VF se siening oor rassisme.

Charl ·

Ag, mense, julle is nie lekker nie. Die man is duidelik psigoties. Geen regter wat sy sout werd is sal hom skuldig bevind asn enigiets nie.

Tc ·

Rassis beteken jy glo in jou volk en kultuur so my insiens is ons almal rassiste,wit,swart,bruin en feel!
Sepratis beteken jy is teen of haat ander volke,gelowe,kultuur en kleur so my insiens is Slade n sepratis.
Ongelukkig word die woord rassis uit konteks geruk en misbruik vir verkeerde doeleindes soos tans in ons land!

Eugene ·

Carien Nefdt dan is die meerderheid waarna ek verwys waarskynlik “links” van die VF + sonder n party.

Joann ·

Tiger ek stem. Pieter mulder kan nie veel se nie,hy het maar n sukkelende party. Dis my voorreg en reg wie ek in my huis innooi.

Gerda ·

Andre Slade word sekerlik betaal om sulke uitlatings te maak.

Flippie ·

Sommige mense tree soms so op dat ander mens nie daarmee kan vereenselwig nie. As die mense swart is wat wnfunksioneel optree en wit mense gaan nie daarmee akkoord nie, word hulle as rassiste gebrandmerk. Is die situasie andersom is dit aanvaarbaar.

Hoe kan Dr Mulder aantirassisme wetgewing steun as dit oor die algemeen aanvaar word dat slegs blankes rassiste kan wee?.Hy is dus in wee anti-blank! Of Hoe?

Oom Kalahari ·

Mnr Andre Slade was openlik en het sy hart uitgespreek oor sy persoonlike gevoelens. Gesien in die lig dat hy al voorheen stele afgetrap het met sy akkommodering en misbruik en nie betaling is hy seker geregtig op sy opinie te lig. Hy moes dit sekerlik net meer taktvol en diplomaties gestel het. Hy heg waardes aan sy kultuur en oorsprong en gaan nie so ‘n persoon se sienswyse maklik verander nie. Dit is sekerlik Mnr Slade se reg om wie ookal op sy perseel toe te laat of om weg te wys weens sekere redes en optredes.Ek stem met Tc se skrywe hierbo.

Eugene ·

Dit is so belaglik wanneer rassistiese mense openlik nie wil herken dat hulle rassiste is nie. Hulle sal allerhande versko ings uitdink hoekom hulle kwansuins nie dit is nie. Tot godsdiens word soms ingebring om hulle standpunte te regverdig.

Shaul Paul ·

Rasisme

N mengelmoes van kulture en bloedstrome,wild en ongetem
Dis in Afrika,, Hier waar ons in ons verskeidenheid een is…

Rasisme,kwetsende woorde wat sny deur wit swart en bruin se vel vlees en been
Rasisme n skandvlek op die mensdom

soos melaatsheid van die siel van diegene wat hom haar sou skuldig maak
Verrottend en verterend strek dit voor jou uit

n spoor van verwyte,haat,vergelding en self verdediging agter gelaat
Reg deur die dekades heen onverpoos dit aangepas na die volgende geslag

Rasisme met sy pyn verwerping en seer
Bloedstrome herlei na wit swart en bruin deur lokasies na gegoede buurte vloei dit stadig,stadig

Rasisme baan sy weg deur die nasie en suig so baie in
Waak daar teen
Bid daar teen

want jy is die spieelbeeld van jou verlore broer en suster in die buurte waar die armoede,siekte ,rykdom, welvaart of selfs die dood sou skuil….

plaasjapie ·

In die weermag..laat in die 1980’s…baie van ons het twee jaar van ons lewens opgeoffer, party van ons het hulle lewens geoffer vir die land.
Vir ons eenkleurige regering geveg…min geweet ons sou n paar jaar later in die rug gesteek word..nog minder geweet dat die waarteen ons geveg het nou ons land sou regeer.
Alles verniet..verniet lewens opgeoffer..verniet vir wat ons in geglo het geveg. Nou word alles as gelyk geag..vriende, vyande, tale, kulture en noem maar op.
Nou is dit wat ons voor geveg het n vloekwoord…verkeerd, alles het mos verander.

Eugene ·

Ai plaasjapie dit is 20- 40 jr terug. En ons het ongelukkig verkeerd geglo. Dinge het ten goede verander. Geen meer kerkstr en Spur bomme wat plaasvind nie ens. ens.! Ons neem aan sport wereldwyd deel en baie werksgeleenthede oorsee ens. Ongelukkig ja het ons ander probleme bygekry wat tyd gaan vat om te genees.

Ben Prinsloo ·

Jammer Eugene in al ons slimheid in die 20 ste eeu kan alle siektes nie genees word nie en sterf mense agv daarvan. Van die groot probleme in ons land is volgens my op hierdie bestel soos dit nou is ongeneesbaar. Ek stem saam met plaasjapie. Alles tevergeefs.

plaasjapie ·

Eugene…is ons regtig so blind dat ons volk dink dinge in die land het in die laaste 20 jaar tengoede vir ons verander ? Regtig ?
En hoekom het ons verkeerd geglo…wie het die besluit geneem dat dit verkeerd was ?
Het nie “glo” gedeelte nie saam met die regering van die tyd verander nie ?

anne ·

Eugene, ek sukkel nog om te sien waar dinge die afgelope 20 jaar te goede verander het, bly jy in SA? Geen meer Kerkstraat bomme nie?? die moorde op ons mense gaan daagliks steeds voort net in ‘n erger graad !

realis ·

Sommige sien slegs die positiewe raak.
Natuurlik het dinge ten goede verander. Daar is nou meer super ryk swart mense as ooit tevore. Dis die “positiewe”
Wat julle egter nie se nie is dat daar nou meer as ooit werkloses in hierdie land is. Daar is ongekende astronomiese armoede onder swart en wit. Die land staan op die rand van bankrotskap. Die wit man is nou die vyand en die oorsaak van alles wat verkeerd gaan in SA as gevolg van sy rassistiese houding. Politieke korrektheid het nou ‘n epidemie geword wat grens aan wat ons histories geken het “joiners” sindroom. Ek kan dit nie anders beskryf as “gatkruipery” nie

Eugene ·

Die feite is onder andere soos volg: ons wittes in SA beloop 4. 5 miljoen. Totale bevolking 56miljoen. Dus is ons 8% van die bevolking. Die VF+ het in 2014 verkiesing slegs 165 000 minder as 1% van die stemme gekry. So hoeveel mense sou bv vir ou Steve as hy mansgenoeg was gestem het? So mense ja neem om hemels naam die res van die Suid Afrikaners in aanmerking wanneer julle sulke belaglike bewerings maak. Moet nie net aan julle self dink nie julle is totaal in die minderheid!

plaasjapie ·

Wel eugene sterkte as jou vel wit is en jy dink die meerderheid in ons land gaan saam met jou staan of jou bystaan of wat ookal saam….ons wat in die minderheid is is ongelukkig op ons eie…en ons sal vir ons self moet opstaan. Dink jy regtig die eerste minister van die land is besorgd oor jou ?

Eugene ·

Plaasjapie so dit is net sterkte indien my vel wit is anders nie? Ons land het in elkgeval nie n eerste minister nie. Los tog maar ons meerderheid uit ons is dood gelukkig hier met of sonder probleme. Sterkte!

Rifleman ·

Quick way to lose my vote… Start preaching anti racism! IS IT STATISTICAL OR RACIST THAT EVERYTHING THEY TOUCH TURNS TO OLD?

Slimko[ ·

Ek sien in die kommentare skynheiliges.. ek sien enkeles wat met die moed van sy ootuiging deelneem.. dan hope war saam swem….. swem Jannie.. swem.
Hoekom maak jou wit vel of die waarheid praat van jou ‘n rassis? Asseblief!

plaasjapie ·

Eugene, kan sien ons nie om dieselfde vuur sit nie. Ons blankes is so in die minderheid, dan moet daar nog so baie van ons wees wat eerder saam met die menigtes sal staan….of hulle ons nou uitmoor maak nie saak. Solank die menigtes die golf ry glo ek sal dit sekerlik goed gaan met jou..jy maar moet hoop daai golf breek nie !

Eugene ·

Ag plaasjapie moorde vind ongelukkig oral in die wereld plaas en dit is vir almal van ons n kopseer. Ons sal almal ten spyte van ons verskille nog lekker saamleef in ons pragtige en geliefde land. Sterkte!

sue ·

Genade nee ek weet nie waar kom die mense aan dit nie maar ek se dit geld vir almal nie net sekeres nie. Dit val in swak smaak. Dan moet hy maar sy besigheid sluit. Ons het gister op FB gesien due man is vermoor of dit nou waar is weet ons nie. Nee regtig kan ons nie vredeliewend saam lewe in een land nie.

John ·

Nou wil ‘n klomp mense na Mars toe ook trek… Ek dink nie dit sal die onvriendelike omgewing wees wat hul dood sal kos nie. Iemand sal kort voor lank die rassekaart uitpluk en dan is die gort gaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.