‘Rassisme’ woed te midde van Knysna-ramp en Kaap-storm

Foto: Koos Britz/WVS Wildfires/Twitter

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Vrydag verskeie “rassistiese plasings” veroordeel wat op sosiale media gemaak is te midde van die natuurrampe in die Wes-Kaap en spesifiek Knysna.

“Die sentimente wat so openlik in dié sosialemediaplasings uitgespreek word, is uiters kommerwekkend en ons sal die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) versoek om ’n onmiddellike ondersoek daarna te doen. Daarbenewens sal ons ook dié plasings in die massa- haatspraakklag insluit wat AfriForum binnekort by die polisie gaan lê,” het Guido Urlings, veldtogbeampte by AfriForum, gesê.

Urlings het gesê sou die polisie- en SAMRK-klagtes geen oplossing oplewer nie, AfriForum ook die moontlikheid sal oorweeg om siviele litigasie in te stel teen die persone wat vir dié “gevoellose plasings” verantwoordelik is.

AfriForum het skermskote van die volgende stellings op sosiale media ontvang:

Mathandazo Wabo Lova (@JabulaniKhesa)

Dear White People

What’s happening with #KnysnaFire is called #Vutha and only black people can save you from it, just bring the land back.

Savagéé (@KeNegroAkere)

I actually smiled when I saw that Knysna is going thru it all, ‘cause we all know what the majority of the population is there [emoji]

Mlunguza Mthembu Luxolo

Pray this great #capestorm is here to take white people away to Europe. #WantOurLand

Black_X (@XMhehlomakulu)

Dear Jesus please let the storm take a few white people, I’m kidding [emoji] not a few [emojis] #capestorm

You (@IsaacKgafela)

Europeans are finally evacuating izwe lethu? #KnysnaFire

Busisiwe Seabe (@Ms_BSeabe)

If only the #KnysnaFire targeted specific people only… we can only dream right!

“Ons wil dié persone en gemeenskappe aanmoedig om bymekaar te kom en die nodige hulp aan almal te voorsien wat deur dié rampe geraak word, eerder as om rassistiese kommentaar te lewer.”

AfriForum moedig lede van die publiek aan wat soortgelyke plasings van rassisme of haatspraak op sosiale media teëkom om skermgrepe daarvan aan [email protected] te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

95 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mr Swanepoel

Hierdie rassiste kruip lekker weg agter hulle sleutelborde en selfoonskerms. Die wiel sal draai.

ek

Kyk watter “kommin”-taar gelewer!!! Maar as j net iets se wat net amper ni polities korrek is nie dan word jou kommentaar verwyder

Ai

Van lekker lag kom lekker huil, eendag sal ons almal voor God moet rekenskap doen vir als wat ons gedoen en gese het.

Aan die wat als verloor het, aan die wat familie lede verloor het- moet julle nie steur aan dit nie, weet dat daar baie is wat omgee en vir julle bid. Julle gaan deur die vuur en julle sal suiwer soos goud aan die anderkant uitkom as julle getrou bly aan Hom.

peanut

Eienaardig genoeg is dit oorwegend die vervloekte wittes wat met oop hande, harte en beurse nader staan om hulp aan te bied.
WAAR sal hulp vandaan kom as dit nie deur die vervloektes gegee word nie, want vir hul eie het hulle min empatie

Karel Kat

Wel; ék is nie verbaas nie??
Al die brande in DA beheerde gebiede? Jy moet BAIE naïef wees om nie te weet WIE agter hierdie brande sit nie . . .