‘Rassiste nie hier welkom’

Mmusi Maimane. Foto: DA

Mmusi Maimane. Foto: DA

Mmusi Maimane, die leier van die DA, het Dinsdag gesê rassiste moet nie eens die moeite doen om vir dié party te stem nie.

Hy het ʼn skare by die Apartheidsmuseum in Johannesburg toegespreek en gesê daar is nie plek vir rassiste in die party nie.

“Rassiste is nie welkom in die DA nie. As jy daaraan dink om vir die DA te stem en jy is ʼn rassis, moet asseblief nie vir ons stem nie,” het hy gesê. “Ons het ʼn plig om op te tree teen mense wat betrokke is by rassediskriminasie en -mobilisering. Daar is nie ʼn plek in die DA vir mense wat glo hul velkleur verhef hulle bo ander nie. Geen DA-lid moet tevrede wees totdat ons nie die strukturele ongelykheid in ons samelewing fundamenteel aangespreek het nie. Geen DA-lid moet ooit ʼn blinde oog na rassisme draai nie, maak nie saak hoe subtiel dit mag wees nie.” Sy toespraak is met luide applous verwelkom.

Hy het gesê hy gaan binnekort ʼn rassisme-eed bekend stel wat deur elke lid onderteken moet word as hulle by die party aansluit. Die eed vereis van die ondertekenaar om die waardes van die land se grondwet te handhaaf, diskriminasie te verwerp en ooreen te kom om nie rasseverdeling te laat voortbestaan of die waardigheid van ander te ondermyn nie.

Klik hier om sy volledige toespraak te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Ian ·

Is dit nou rassisme in beide rigtings of slegs die eensydige rassisme soos gesien deur die ANC wat hier van toepassing is? Het Mmusi homself nie ook hieraan skuldig gemaak na sy aanmerkings laasweek nie? Tatta DA.

Schalk ·

En kort voor lank gooi hy sy gewig agter die ANC. Ek vertrou die nuwe DA glad nie.

Schalk ·

Nuusflits!!!! Julle gaan geen kiesers by die stembusse he nie.

Reinhardt ·

Dalk is dit nie klei en yster nie, maar beton en staal?

Chris W ·

Nou wil die DA hom voordoen as “nie-rassistes” nie? Wat ‘n grap!Kyk maar in hul handves – hulle is VIR regstellende aksie ,VIR naamsveranderinge,VIR afskafiing van afrikaans ens ens.!!Ag nee wat wie dink hulle lieg hulle voor?NET HULSELF!!Ha-ha!

Sarie ·

Miskien moet hy ook se hoe presies gaan die DA BEE toepas in die praktyk. Verder sal die DA die kriteria vir rassisme moet uitspel, want volgens my mening was die uitlatings van Hart en Cliff nie rassisties nie.

Rynhardt ·

Mmusi “Obama” Maimane, jy se:”Rassiste is nie welkom in DA nie”.Kom ek help jou en die liberale DA n biwtjie reg! Jy en DA ondersteun regstellende aksie teen blankes, die afneem van wit boere se plase asook dat afrikaanse skole en universiteite moet verengels soos vervat in Vryheismanifes wat julle liberale steun!U en DA weier om ook moorde op wit boere te veroordeel!Wat se dit van u en die liberale DA? Maimane, u is gou om u voor te doen as die uitverkorene van SA, maar kom ek herrinner jou weer aan jou bwroemde toespraak aan media op 11Mei 2016:” We the DA use the Freedom Charter as basis for our party”.Dit wys daar word openlik gediskrimmineer teen wittes! Die DA is ook anti-Christelik.Verder se u, Maimane dat u n rassisme eed gaan he wat deur elke lid onderteken moet word.Moenie vergeet om bogenoemde aspekte uit te spel vir wittes, voordat hul jou eed onderteken nie! MAIMANE, jy en DA sal nooit n stem van Rynhardt kry nie!n Dooie politieke stelsel met twee Anc-partye hou SA gevangene! Maimane, jy en jou politiek kan my nie breinspoel nie!Anc gaan jou en DA hard aarde toe bring! Die DA verteenwoordig niks van my kultuur en waardes nie! Ek het die liberale DA beslis nie nodig nie! Selfs CNA lewer n beter diens aan Afrikaanssprekendes as die liberale DA!

Rynhardt ·

Jammer vir foutjie.Maimane se toespraak was op 11Mei2015!

chrisp ·

Baie dankie Rynhardt.
Dit is werklik uiters verblywend om die kommentare te lees.Die besef van die DA se huigelary is besig om deur baie mense raak gesien te word soos jy en vele ander hier duidelik laat blyk het.Hierdie party is erger as die EFF ,tenminste weet jy presies waar jy met hulle staan.Al wat Mmusi nog nie doen nie is om kill the Boer kill the farmer te sing.

Marko Miladinovic ·

Daai bek kort Jam! Ek het nie wwn komintaar hier gesien van iemand wat met Maimane saamatem nie. Ons mense is beaig om hulle oog klappe af te haal.

Marko Miladinovic ·

Aai maar dit in nou skeinhuilig van hom. Net laas week het hy gekerm dat wittes doen inkoopies en die swartes moet werk. Nee ou pal, jy sal die leisel moet neem en eerste trap. In elk geval “DIE DA IS DIE ANC WAT VERMOM IS”!

Theresa ·

Ag nee. Nog ‘n teleurstelling. Waar gaan hy koop dat hy kan sê swartes werk en wittes koop? HIer waar ek bly hang/lê baie swartes terwyl dit bediening genoem word, ander swartes loop deftig in pragtige klere rond, nog ander ry met hul deftige duur motors rond, nog ander sluipslaap in gras – blykbaar nie van hier nie. Almal koop wel. DIs so jammer dat mense so lekker nonsens praat. Nee ou maat jy raak nou nonsens kwyt wat jou ongelooflik baie stemme kos. Mens moet darem jou feite reg hê as jy dink jy kan ‘n verbetering in die land bring as mense vir jou stem. En die terme rassisme in Suid-Afrika strek baie wyer as wat mense sommer gou voor kan teken op n bladsy. Dit sal SO verfrissend wees as almal van die rassisme waentjie afklim. Maak jul oë wyd oop vir die werklikheid. Ons kan selfs ‘n nuwe terme uitdink vir wat in die land aangaan. Om steeds van witmense as rassiste te praat, is regtig eenvoudig verby. Kyk, luister, neem in en skrik tog wakker. Ek kry skaam vir als wat die kamstige toplui kwytraak.

P J ·

Weg is die DA dan gelukkig. Die eed sal nie geteken kan word as mense eerlik is nie. Politikuste le die eed af met hulle inlywing maar kyk na hulle gedrag daarna. Indien die DA so eed afle en werklik daarvolgens leef is hulle n week daarna net geskiedenis.

Gabriel ·

Ja mense, ek se al lankal die DA is net ‘n vissade vir nog ‘n party soos die ANC, hierdie mense doen ‘n onderhoud met se 2500 mense oor rasisme en dit verteenwoordig die hele land. Komaan dink die boom ons is regtig so agter dat ons al sy bollie moet glo en wat daarvan as ons inkoppies doen tenminste probeer ons die ekonomie aan die gang hou en ek dink hy was in elke geval in die verkeerde “Mall” … Vir Mev Zille wil ek net se jy het ‘n goeie ding in die toilet afgespoel, wanneer die Kaap val moenie huil nie, miskien nie so goed nie. Demokrasie is net nog ‘n mooi word vir breinspoeling.

neelsie ·

Wolf in skaapsklere!!
Hoe n Afrikaanssprekende vir die DA kan stem is vir my duister.
Lees die beleid en word wakker!!

Reinhardt ·

Ek stem saam die DA se taalbeleid bekommer my. Selfs die landverspreiding. Maar kom ons dink gou logies: As alle wit afrikaners VF+ stem, byvoorbeeld, dan gaan hulle maar 5% kry. Dis nou as almal in die land stem natuurlik. So meer realisties sal dit nader aan 8% wees. Wat wil jy daarmee maak? Hap aan die enkels van die DA en ANC?

Michael ·

Die Afrikaans sprekende burger het nie ‘n leier in Suid Afrika nie ek dink nie ek is ‘n rassis nie maar sal ook nie weer DA stem nie ek sal liewer nie stem nie maar finansieel vir Afriforum en Solidariteit bystaan net hulle baklei vir my en my basiese regte

Trots Afrikaans ·

Ons wag vir die man in die bruin pak. Ek sal maar enitjie koop vir ingeval dit ek is. Ek wil nou nie hê die hele proses moet opgehou word deur my nie…..

Pieter dp ·

Dis n goeie gedagte. N Goeie begin aan die wat wel iets vir ons land en mense doen.

Louise ·

Ag liewe Mini-ANC, jul is lankal nie meer vir “almal” nie.

John ·

As die VF+ tog net ‘n bietjie nuwe bloed wil bykry of kans gee en wegdoen met die + dan sal die stemme inrol soos daai rooi stofwolk nou die dag oor die Vrystaat. Die twee broers het hul goeie dade vir die volk gedoen maar regtig daar is ‘n tyd om te gaan. Tog net nie Oom Steve nie. Hy is ‘n goeie akteur/sanger en sy hart sit op die regte plek, maar …. Die DA speel in die hande van die opposisie. Ek kan sien hoe glimlig die ANC. Ek glo ook nie die groot oorwinnings waarvan die DA droom gaan in die komende verkiesing realiseer nie.

MCS ·

Ja, Mmusi, ek dink elke blanke Suid Afrikaner moet lief die keer Vir Pieter Mulder en sy mense wat werklik vir ons land Suid Afrika stem! Ek persoonlik dink die DA is nes die ANC verby hul verkoops datum! Wat doen julle in elkgeval? Nie veel! Ek wens Maroela wil n blad stig waarin ons ons se in Engels kan se so dat al die wat so kastig nie afrikaans kan praat en lees nie, kan verstaan wat ons se!

Jaco ·

Dit is lekker om te Lees van mense met die selfde meeting as ek op die site. Ek Wil tog net noem dat Hierdie site beter angered kan word as om net stoom af teblaas teenoor mense wat dit nooit eers gaan sien nie. Dit is goed om stoom af teblaas maar kan mens nie saam aan n strrategie werk om te verenig agter n party wat ons voel ons verteenwoordig nie. Om glad nie te gaan stem nie is onverantwoordelik en as nie een van ons meer vir die DA Wil stem nie kom ons gooi ons stemmed agter n party wat ons darem so min of meer verteenwoordig. Hierdie is die perfecte platform om so iets op die been tebring

pat aldrich ·

DA is n ANC in wording. Daar is nie plek vir wittes in DA. Kyk maar in die munisipaliteite. Hulle praat nie tee of baklei vir beter nie. Praat jy met julle se hulle hul hande is gebind. Laaste wat julle my stem gekry het. Vertrou julle nie eers as ek julle sien nie wat nogagtet my rug. VF is ten minste my taal en my mense

Anna ·

Ok dan DA,aangesien ons as gesin rassiste is, gevorm en gemaak deur die anc sirkus, en nou julle, koebaai dan

Trolle ·

Rassisme is nou die nuwe mode,so die DA gaan baie stemme verloor.
Wens net daar wil n ou uit die lug val vir ons mense want lyk my mense vertrou nie vir Steve nie en ek weet nie hoekom nie?

Jan maak n Plan ·

Ek dink dis hoog tyd dat Agriforum en Solidariteit saam ‘n politike party stig. Ek is van mening dat dit baie goed sal werk en die einde van Mmusi se Sirkus sal beteken,

Manie ·

Dankie DA, nou het jy jou ware kleure ten toon gestel. Tot wedersiens, vir jou het ek my laaste stem in die argief geplaas. Ek sal my trotse kruisie by VF+ gaan voeg al is hul in die minderheid en dank ook my Hemelse Vader elke dag vir Afriforum en Solidariteit.

Freda Faber ·

Dis bitter jammer dat hy so min weet wat aangaan. Dis deesdae ons blankes wat nie werk kry nie en sukkel by universiteite in te kom. Dis blankes wat hul nasie se kinders moet onderhou en vir hul moet omgee. Dis nie ons skuld hul bly kleintjies kry aangesien die regering vir hul “childgrant” geld gee nie. As hul soos my uithelp huishulp gestop het by 2 kinders, sou hul beter vir hul kon sorg. Nee, die DA verdien nie stemme nie.

blondi ·

ek sal nooit vir DA stem nie want DA het grootste deel aan aborsie wat gewettig is. Om n baba te aborteer is “MOORD” soooo tata DA ek wil nie deel he aan MOORD nie

Jaco ·

Blondi en Freda Faber. Solank julle gaan stem. Hierdie stryd moet by die stembus gestry word of eerder een van die slagvelde is die stembus. Die probleem is dat ons moet saam staan en ooreenkom vir Wie ons gaan stem. Johan en Manier het hulle punt duidelik gestel maar Manier ou maat Soledariteid en Afriforum gaan nie in die politiek betrokke raak soos ek en jy dit graag sal would sien nie want Dit is nie hulle doelsteling nie. Ons sal moet doen met wat daar is en ek sal my Kruis by die VF plus trek want ek dink dit is die party wat die naaste is aan wat ek glo is reg.

Marius ·

Lekker lag ek nou, wou komentaar lewer maar gaan net lag, hulle kry nie my stem nie. Daar verwyt die pot toe net die ketel.

Manie ·

Jaco, dit is reg ou maat, spelfoute kom voor en is net menslik, niemand is ooit volmaak nie. Ek verwys net na Afriforum en Solidariteit wat nog opstaan vir algehele regverdigheid teenoor almal en ja ek is nou ‘n stoere VF+ volgeling.

johan ·

Ek kom met alle rasse oor die weg maar as ek as wit mens beledig word, as ek gedreig word en as daar met my taal gemors word, dan is ek ‘n rassis. So, Mmusi, ek sal doen wat jy se en nie weer DA stem nie maar vir ‘n wit man wat na die wittes omsien.

Wouter rassis van Bloem ·

ID TEN T. Mmusi werk dit maar self uit. Jy het man alleen jou party gesink. Hoekom het jy dan n wit vrou? Ek gaan VF+ moet ondersteun., al is ons net n druppel in die emmer. Tenminste glo ons in “waarvoor ons staan.” Die rassis van Bloemfontein.

Jeanette ·

Ek is nie ‘n ondersteuner van die DA nie, maar wat Maimane nou doen is presies in lyn met die DA se beleid. Indien ons kwaad is, kan dit net vir onsself wees.

Polities is Maimane se optrede briljant:
1. Die bak water waarin die AFRIKANER -PADDA gegooi is, het sy temperatuur bereik en is die magtelose Afrikaner in die sakkie.
2. Maimane het ‘n nuwe teikengroep en begin hy die DA-beleid nou net harder en duideliker uitspel.

Ons is dankbaar vir Afriforum en Solidariteit wat poog om die kastaiings uit die vuur te krap. My vrees is egter dat die DA hier goed geinfiltreer is, om seker te maak die DA-boot bly op koers.

Kom ons ondersteun die VF+ sodat hulle ‘n sterker mandaat het om namens ons op te tree in die parlement.

Truth-Seeker ·

Mmusi (Obama wannabe), net soos die meerderheid in ons land het jy ‘n goeie ding gevat en dit op gemors. Al wat ek gehoor het in jou toespraak was Apartheid, White, Racists. En die dat jy groet in Engels en Zulu, maar nie in Afrikaans nie, spreek boekdele.

Daar is glad nie ‘n verskil tussen jou en die EFF of ANC nie, al wat jy reg kon kry was om dit net meer ‘Professioneel’ te verpak. Jy doen nou presies wat die res van Afrika gedoen het, Biting the hand that feeds you.

Reinhardt ·

Jy praat baie waar. Maar op die oomblik sal ek nie omgee om ons land eerstens net stabiel te kry nie. Dit is hoekom ek DA sal stem, daarna kan ons begin veg vir minderheidsregte. Afrikaans is baie na aan my hart, ek was ook teleurgesteld toe hy nie in Afrikaans groet nie.

Truth-Seeker ·

Reinhardt, ek hoor wat jy se. Maar hoe stabiel dink jy sal ons die land kan kry, as jy vat wat hy gese het in sy toespraak, regstelende aksie sal toegepas word, land reform sal toegepas word etc. As die DA wen, which I doubt, dan gaan dit met die hulp van baie bruin stemme wees. En wie dan ook die meerderheid gaan wees in die DA, ja ek weet daar is meer geleerde mensies in die DA, maar soos hy self gese het “I am black”, so net soos jy na jou mense wil omsien, gaan hy na sy mense omsien, want sonder hulle stem het hy nie ‘n meerderheid nie. Hoekom nou luister na die minderheid as hy beloftes maak aan die meerderheid.

Ek soos jy wil ook net die land stabiel kry, maar ek twyfel of dit gaan gebeur as ek luister na sy laaste toespraak. Want as hy saam die afrikaners gaan staan, dan gaan die meerderheid mos nie daarvan hou nie, hy het dan mos belowe hulle sal eerste gesit word in die klas. En as hy hulle nie eerste gaan sit nie, .. wel dan sien jy weer rook en brande orals..

Reinhardt ·

Ek is uiters teleurgesteld in my mede-Afrikaners. Julle almal praat en gaan tekere oor hoe moeg julle vir rassisme is. Dan kom meneer Maimane en lewer seker een van die beste toesprake en almal kritiseer hom. Julle moet bietjie verder dink as wat julle neus lank is. Kom ons wees gou almal eerlik, julle wil he die DA moet n wit-party wees. Nou sien laas toe ek gekyk het was wit mense 10:1 oortref. Ek stem nie saam met alles wat die DA sê nie, veral hul taalbeleid, maar ek is oortuig dat hulle die beste vir ons land is. Wat is die punt van jul VF+ stemme? Dr. Mulder is baie intelligent, maar hulle sal nooit ons land kan oorwin nie. Julle moet bietjie julsef die vraag vra: Wil ek he die DA moet wen, of wil ek he die ANC moet verloor? Dink mooi.

Truth-Seeker ·

Ja, Pragtige toespraak. Net jammer dit was so baie eensydig. En ongelukkig was ons aan die verkeerde kant. nie waar nie Reinhardt? Jy is reg ons is 10:1 oortref, miskien nog meer. Maar op die einde van die dag is dit ook waar dat “two wrongs, don’t make a right”

chrisp ·

Reinhardt.
Lees gerus david ras se skrywe hieronder.As jy ‘n party ondersteun,ondersteun jy sy beleid punt. Die storie van sterk oposissie is onwaar.Wat oponeer jy as jy dieselfde beleide het?Jy kan dit op die beste net beter doen of hoe? Nee wat bly weg die DA is gif en was nog altyd.As jy FV stem gee dit hul baie meer mag soos david tereg opmerk.

david ras ·

Witmense sal vir altyd ‘n MINDERHEID in SA wees–dis ‘n feit.
Dit laat mens voor ‘n politieke keuse—of jy kan maar identiteitloos verdwyn in die oorweldigende Swart politieke party soos die DA, of jy kan jou identiteit behou in ‘n party soos die VF+
Die DA staan na die vorige verkiesing op 22% van die stemme uitgebring. 22% IS nog ligjare vanaf die 51 % wat nodig is vir ‘n bewindsoorname.
Die DA is dus nog steeds ‘n minderheidsparty. Stem vir die DA en jy bly ‘n minderheid binne ‘n minderheidsparty.
Ek gaan nie ‘n lys van die DA se swak-en -valshede opstel nie, behawe om te se dat hierdie party aan ‘n growwe stilstuipe ly oor alles wat Afrikaans is.
Witmense wat aan die party behoort is net daar om te help aan die illusie van ‘n “non-racial” party.
In die VF+ wat jare al besef van die Blankes se “minderheid status” , is jy ‘n meerderheid binne in ‘n minderheidsparty.
In die DA, moet jy eers die swart meerderheid oortuig van die meriete van jou saak en dan moet hulle weer die swart regerende meerderheid aanvat oor jou wit mindereheid se belange.
Dis die verskil tussen die DA en VF+—-laasgenoemde kan die ANC direk takel sonderom eers deur ‘n swart meerderheid partygenote te worstel.
Vir diegene wat meen dat dr Mulder en VF + niks doen nie, onthou asseblief—
Die 4 manne is in die parlement om namens ons te PRAAT–dis reg, in die parlement word net gepraat (behalwe as jy aan die EFF behoort)
Elke party se spreekbeurt oor enige onderwerp word bepaal volgens sy grootte. Die groter partye kry meer tyd per lid as die kleiner partye.
Jammer om te se, maar die Afrikaanse media, NASPERS, skenk so min aandag aan wat die VF+ in die parlement se, dat meeste Afrikaanstaliges salig onbewus is van wat hulle wel doen, en op die basis van die soort onkunde die party maar afskryf as van minder waarde.

166 000 kiesers het die vorige verkiesing vir die VF+ gestem, en daarvolgens, in terme van die proporsionele kiesstelsel het ons vier lede in die parlement.
Stoot die stemme op na 500 000 en kyk wat gebeur dan !
Hierdie komende verkiesing is slegs op munisipale vlak–daar kan nie van bewind verander word nie.
Maar ons kan op grondvlak ‘n reuse verskil maak, daar waar dit ons belange raak. Die DA belowe beter dienste, reg genoeg, maar byvoorbeeld die verandering van straatname ? Daar heers ‘n oorverdowende stilte by hulle.
Dus–gaan stem mense, stem.!! Alle stemme TEEN die ANC tel, dit hoef nie noodwendig vir die DA te wees nie.
Vir die “gewetensbeswaardes”–bere vir jou eie toekoms jou gewete in die wakis, haal uit jou geweer en gaan stem. ‘n Geen stem is ‘n stem VIR die ANC.

TTh ·

GEEN ware Afrikaner sal stem vir enige van die huidige partye in SA nie en glad nie enige steun gee aan enige marxisties geinspireerde organisasie nie !!! Want die ware Afrikaner is baie meer werd en het baie hoer waardes as wat tans te sien is in SA. HIerdie land moet ‘skoon’ gemaak word van die totale huidige politieke bestel en enige iets wat te make het met kommunisme of marxisme et al… !!!

david ras ·

Al ooit oorweeg dat die beste oplossing vir ons ‘n koalisie regering sou wees tussen DA, VF+, ACDP, COPE ?
Wat laat jou dink dink net die DA het die vermoe en intellek om die land te bestuur ?
Met uitsprake soos die van Maimane ?
As die DA net wil besef ‘n party soos die VF+ hulle vyand nie–die ANC is !
Jammer, maar hulle het ‘n gebrek aan fokus………
My vraag aan die DA is: ek is ‘n Afrikaner, wat wil julle met my stem doen…….?

Trolle ·

Meeste mense is die wereld jy ingesluit voel aangetrokke om naby jou eie ras te wees,wat is so verkeerd daarmee?Alles word uit verband geruk ,dis glad nie te se as ek so is ek wil nou iemand van n ander ras gaan doodmaak of hom haat nie.Dit het nou n swart en wit en swart ding geraak,ek kuier nie eens saam met n klomp engelsmanne nie want ek pas nie in by hulle nie,en snaaks hulle is wit.Maak dit nou van my n rassis??????????

Dan ·

Ek moet myself op skouer klop, het nooit vir die DA gestem nie, ook nie destyd ja gestem nie.

Paul ·

Die ander party wat nie saam ons stem nie het besonder min geword, bykans geen domastrante trotse ja-stemmer meer in sig nie.
Die ironie is dat hulle nog altyd groter rassiste was as ons regses.

Ella ·

Mmusi praat van die bevoorregte witkinders wat skole ens. aanbetref. Hy moet bietjie somme gaan maak, vir elke witmens is daar ± 8 swartmense (ek dink dis meer) m.a.w. die massas (soos mnr. Mandela hulle genoem het) benadeel hulle self deur die getalle. Daar is geen vergelyking nie – volgens my. Ek kon bekostig om 2 kinders groot te maak en in hulle behoeftes te voorsien – ek sou ook graag 7 wou gehad het – waar kom verantwoordelikheid in?? Agge nee! regtig hou asseblief op met die “rassisme” – ek het al lelik deur swart rassisme deurgeloop – ek bou ‘n brug en kom daaroor. Ek hou nie van almal nie en almal hou nie van my nie – wit en swart – dis net hoe dit werk.

alida ·

Hierdie kommentare is voorwaar ‘n sepie – tog is dit goed om te weet hoe die mense voel. Stem vir enige party maar stem. Onthou elke persoon wat nie stem nie se stem gaan aan die ANC en dit wil ons nie he nie.

jen ·

Mr Maimane jy moes 2 keer gedink het voordat jy jou hartseer briefie of sosiale mede geplaas het, daar het jy gewys wat vir jou belangrik is. Jul praat vinnig van rassisme, maar jy is ook ‘n groot rassis. Want as jy nie is nie hoekom het jy tot vandag toe nog nie ‘n woord oor die plaasmoorde gese nie. Nie eers die ordentlikheid gehad om enige hulp aan te bied vir die mense wat n’ water te kort gehad het nie. Nee wat jys niks beter as die EFF en ANC nie. My en my familie se stemme sal jy beslis nie kry nie.

Theresa ·

So bly om iewers te sien ‘n kommentaar praat van SKaap wat trop volg. Anders was daar weer moeilikheid van epidermiese proporsies!!
O ja, dan het die politiek maar ‘n manier om ‘n sirkel te loop.
NP het stelselmatig oorgehel na ANC maniere. ANC word nou ? DA word nou ANC , ens. ens. Maar die gedagtegang en uitoefen van leierskap hier is regtig baie kommer werd.
Reën het gekom a g v gebede. Die leierskap in die RSA het gebede nodig. Baie en opregte gebede.

Danie ·

Praat die DA eier nou van alle rassiste of van wit mense. Dit lyk vir my dat die nie-blankes in die DA nie vertrou kan word nie. Die DA eier moet gaan introspeksie toepas dan sal hy besef dat hy raak deurmekaar met sy swak selfbeeld en rassisme. Swak selfbeeld en rassisme is sinoniem in Suid Afrika.

Moeks ·

Daar is ‘n spesifieke kandidaat van die DA wat my baie pla. Ongelukkig kan ek nie name noem nie, maar het ook reeds besluit sal nooit weer vir DA stem nie.

Fanie ·

Dit is reg so Moesie. Dan is niemand welkom hier, want almal is rassiste!! Dan moet jy maar solank begin pak, want jy is self ‘n rassis! Kry jou ry!!

Cornelius du Rand ·

Nou het die DA ook kwotasie. Dit was die grootste probleem met sy toespraak. Hoe kan ons stem vir ‘n party wat wegbeweeg van meriete en gaan na kwotas. Die beleid van die DA is nou dieselfde as die ANC 10 jaar gelede. Die DA volg die ANC maar is net 10 jaar agter. Geen regsdenkende witmens kan dit goedpraat nie. Waar gaan dit eindig? Die Afrikaner was tegnies in beheer vanaf republiekwording tot en met 1994. Dit is biedjie meer as 30 jaar. As die Afrikaner bevoordeel was, was dit vir hierdie tydperk en het dit gestop. Nou is swart mense in beheer vir 22 jaar en alles gaan tot niet. Daar is geen vooruitsig dat die beleid gaan stop nie selfs al kom die DA aan bewind nie. Hoe lank wil hulle dan bevoordeel word – vir altyd? Wanneer die waarheid verkondig word en dit is negatief teenoor die swart ras is dit rassisme. Suid Afrika en die DA verstaan duidelik nie wat Rassisme is nie. Die effek is geen wit mens mag ‘n swart mens kritiseer op feite nie want dit is rasisme. Belaglik.

Anoniem ·

Wonder maar net…wie is die grootste rasiste in S.A. ……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.