‘Rassiste’ wat pop aan boom hang veroordeel

Die pop wat Woensdag buite die departement se kantoor aan ‘n boom gehang is. Foto: Twitter

Die ANC en Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het uitgevaar teen ʼn voorval waarin ʼn lewensgrootte pop met Lesufi se gesig daarop aan ʼn boom gehang is.

Die ANC in Gauteng het in ʼn verklaring gesê hy veroordeel die “lafhartige rassistiese” gedrag van diegene wat vasberade is om die pogings om ʼn nie-rassige samelewing te bou ondermyn. Volgens die party het ʼn groep mense Woensdag die departement van onderwys se kantore in Pretoria besoek waar die pop aan die boom gehang is.

Daar was glo ook ʼn plakkaat wat Lesufi daarvan beskuldig het dat hy Afrikaans verkrag. “Hierdie daad deur anti-transformasie-agente druis in teen die oppergesag van die grondwet wat gelykheid en die bevordering van menseregte en vryhede, insluitende nie-rassigheid, wil bevorder.”

Volgens die ANC het Lesufi en sy gesin al verskeie dreigemente ontvang nadat daar besluit is om die taalbeleid by verskeie skole in Gauteng na parallelmedium te verander. “Dit is baie duidelik dat die onlangse uitspraak in die Vicki Momberg-saak, wat ʼn presedent skep vir ander rasverwante sake, nie die gewenste effek gehad het nie aangesien sekere mense steeds voel hulle moet hul rassistiese erfenis van apartheid verdedig,” lui die verklaring.

Die ANC het ʼn beroep op Lesufi gedoen om ʼn saak by die polisie aanhangig te maak sodat wetstoepassers die aangeleentheid kan ondersoek en die skuldiges aan die pen laat ry.

Die kabinet het intussen ook versoek dat daar aksie geneem word. Nomvula Mokonyane, minister van kommunikasie, het die voorval as “ontstellend” beskryf, maar gesê hulle glo nie “dit is die houding van baie mede-wit Suid-Afrikaners nie”.

Mokonyane het ʼn beroep op wit Suid-Afrikaners gedoen om hulself te distansieer van diegene wat die pop aan die boom gehang het. “Ons doen ʼn beroep op patriotiese Suid-Afrikaners om op te staan en te sê nie in my naam nie.”

Lesufi het intussen op Twitter reageer oor die voorval: “Die morone het na ons kantore gekom om my te ‘hang’! Ons het julle rassistiese grootouers oorwin, julle is niks!”

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het intussen ook die voorval veroordeel en gesê dié soort dreigemente is onaanvaarbaar en afstootlik, ongeag wie daarvoor verantwoordelik is. Conrad Steenkamp, hoof van die ATR, het gesê dié raad hoop die daad word gesien vir wat dit is: ʼn poging om polarisering oor taal en onderwys te verdiep. “Dit verteenwoordig ʼn klassieke taktiek wat wêreldwyd deur radikale of manipulatiewe elemente gebruik word om politieke en maatskaplike kwessies te probeer beïnvloed.”

Steenkamp het gesê Suid-Afrikaners kan nie toelaat dat onbekendes dit regkry om die klimaat waarin die gesprekke oor taal en onderrig plaasvind, te vergiftig of te manipuleer nie.

“Ons vra dat die insident nie voor die deur van Afrikaans en Afrikaanssprekendes gelê word nie; ook dat die legitieme behoeftes van baie ouers en kinders vir moedertaalonderrig nie hieraan gekoppel word nie. Die demonisering wat met persepsiepolitiek gepaardgaan is destruktief en ontwikkel dikwels ʼn lewe van sy eie. Wie word deur ʼn daad soos hierdie bevoordeel? Beslis nie Afrikaanssprekendes nie. Dit ondermyn ook gesprekke oor moedertaalonderwys in die breë en inklusiewe sin van die woord, iets wat die ATR en vennote met woord en daad bevorder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Chrisjan ·

Nou spring julle vinnig…maar ons blankes moet ons bekke hou wanneer daar “kill the boer” gesing word en plakkate met slagspreke “kill all whites” rondgeswaai word!

Joe Hall ·

Ek ruik ‘n rot.
Is daai twee ouens besig om die pop te hang, of is hulle besig om dit af te haal?
Kan ‘n lekker kinkel raak.

Irma ·

….. gelukkig is Malema nie ‘n rasis nie want dan sou hulle dieselfde waarskuwing vir hom gegee het. Lagwekkend die dubbel standaarde wat toegepas word

Was nie witmense ·

Hierdie was nie eers witmense nie, dit was die regering of EFF wat moeilikheid wil stook. Ons moet begin hulp vra vir die buiteland, want hulle probeer ons nou erg sleg laat lyk.

gatiep ·

Hehe ons word al lankal as sleg beskou in buiteland.
Het al buitelandse andwoorde gesoek wat by ons aangaan.
Die buiteland se mense voel ons verdien alles wat met ons gebeur.
Ek het geen respek meer vir witmenese van Europe nie.

jaco ·

Hoe lyk ‘n “nie-rassige” samelewing waarin daar regstellende aksie en BEE is? Iets maak nie sin nie.
Hoe kan ons SA samelewing “nie-rassig” wees wanneer wit mense by name uitgesluit word met werkaansoeke en wanneer vir kleurlinge en Indiërs wat werk soek reguit gesê word “sorry we cannot employ you because you are not black enough”.

Cherokee ·

Jaco, jy verdien erkenning vir die kommentaar van die dag.

Lithop ·

En so bly die absolute minderheid Afrikaners hulleself in die voet skiet. Doet so voort en die gevolge gaan angswekkend wees. Is dit nou regtig nodig om die vyand se arsenaal te gaan volmaak met net nóg ammunisie? Dink voor jy twiet of enigeiets in die openbare domein plaas. Jy stel jouself en ander lede van jou gemeenskap in gevaar.

Edd ·

Ek sien nie dat daar die k woord staan of dat daar staan “blacks” op die poster nie. Die is na ‘n spesifike persoon gerig, nie na ‘n ras groep nie.

Willem ·

En waarom het hierdie probleem ontstaan? Agv die aksies van Lesufi het daar ‘n weerstand opgebou en nou sien ons die teenreaksie op die foto. Agv die miskenning van Afrikaans. (Reg of verkeerd, maar rassities? Aikona.)

Dewald ·

wat van die EFF wat wit poppe hang by hul sametrekke.Niemand se n woord oor dit nie.

Elvira ·

Dankie Dewald. Rassisme tel net by die ANC as die persoon of persone n wit vel het. Malema kan opsweep en rassisties wees maar niemand sal iets aan hom doen nie.

Casper Labuschagne ·

‘n Paar vrae:

* Is dit hoegenaamd rassisties? Soortgelyke protes gebeur orals oor die wêreld en dit is vergelykbaar met nagemaakte doodskiste met Zuma se foto op wat tydens proteste gedurende 2017 gesien is. Baie jare gelede was ene Uys die minister van landbou, en as jy op ‘n plaas gekom het en ‘n pop aan ‘n galg gesien hang het, het jy geweet dit is ‘n afbeelding van die minister van landbou – daar was ook baie grappe hieroor gemaak.
* Is dit enigsins haatspraak? Dit is ‘n baie spesifieke protes teen die minagting van minderheidsregte wat onderrig in jou huistaal betref, en wat spesifiek deur Lesufi benadeel is.
* Is daar enige dreigement of geweld daarin? Nee, dit is simbolies en ‘n algemene vorm van protes wat nog nooit enige werklike dreigement of afdreiging ingehou het nie.
* Is Lesufi se woorde, “(Dat) Hulle hierdie rassiste se grootouers verslaan het, julle is niks nie” is veel eerder haatspraak as hierdie protes gebaar self.
* Mag daar ‘n verbod geplaas word op die verspreiding van hierdie beeld op sosiale media? Lesufi self het hierdie beeld op Twitter versprei. Almal is sekerlik by volle regte om sy eie twiet weereens te kan deel?

Sputnik ·

Ek weet nie wie die pop daar geplaas het nie, maar Willem som die situasie mooi op! Lesufi se twiet oor “ons grootouers” weerspieël sy karakter.

Beatrix ·

Ek kan nie glo in ons huidige samelewing dat mense hulle tot sulke sotlikheid wend nie as jy/julle enigsins gedink het julle maak ‘n positiewe impak …. dink ek ons is baie dieper in die gemors as wat ek besef het. Totaal onnodig om mede Afrikaans sprekende burgers so in die rug te steek.

Anoniem ·

Totaal onnodig om aan te neem dit was Afrikaners en nie Lesufi, EFF of regering self nie. Rugsteek? Kyk na jou kommentaar en vertel ons van rugsteek, asseblief?

Piet ·

Beatrix ja dis die afrikaner se eie skuld dat hulle voortbestaan deur die regering verniettig word. Mens moet liewer gelate die aanslag op jou kultuur vat, en as jou nageslagte dink jy is ‘n pateet dan het jy ten minste nageslagte om van te praat. Dis net jammer dat party van ons te trots is om ons self so te verlaag.

Louis ·

Hoekom nog sensasie soek. Daar is genoeg CVO skole en Akademia universiteit vir die memnse wat in Afrikaans wil onderrig word. Kom ons begin ons energie op die regte plek uitstort, met almal se klein bietjie betrokkenheid sal ons n mag in die ovoeding van die kinders en naskoolse opleiding wees.

Gerrit ·

Lesufi en malema is die grootste haters van wit mense ,ek dink hulle kan uitgesonder word as die twee grootste rassiste in die politieke arena.??

Pieter ·

Die lesufi verkrag afrikaanse skole en kaap dit vir eie gewin maar die afrikaanse media sê of berig nie dat hy n rasis is nie want hulle is korup.

Natan ·

Is daar enige bewyse dat die wit minderheid die pop daar gehang het? Dalk het die ANC die pop daar gehang om Afrikaans en die wittes verder by te kom en te verneder, almal braak gal. Blykbaar beskerm die grondwet nie taalregte nie, koloniale Engels word bevorder. Interessant dat die Vicky Momberg saak geopper word om rassisme af te skrik (natuurlik is daar slegs wit rassiste), duidelik is die hofuitspraak polities beïnvloed en korrup soos vermoed. Cry my beloved country…

Riaan ·

Al die persone wat die pop opgehang het, was nie wit nie. Hoe nou?

Albert ·

Stuur die foto van die foto waar beswaardes baba poppe ophang .. waarvan niks gese is

Jack Klok ·

Alvorens ons nie sekerheid het oor wie presies vir die pop verantwoordelik is nie kan geen beskuldigings gemaak word nie. Dis ook nie goed genoeg om op grond van stellings wat via massa en elektroniese media gemaak word iemand skuldig te bevind nie, dit moet in ‘n hof bewys word.

Dit het baie keer in die verlede gebeur dat mense en organisasies wat duistere motiewe het moeilikheid stook net om daarna die onskuldige slagoffers te speel. Sulke mense staan bekend as provokateurs. Dis ‘n stokou taktiek wat ook deur die ANC talle kere gebruik is. Sharpeville was een so ‘n geval. Trouens die hele “glorious struggle” was een lang verhaal van provokasie.

Spike ·

Ja lesufi, julle mag sê wat julle wil, want julle is mos die verontregtis. Kom by man, doen iets aan julle swak selfbeeld en jaloesie want dit is die eintlike probleem.

Elsabe ·

En so gaan die oor en weer geveg vir nog jare en jare aangaan. Een van die dae gaan ons nog in die moeilikheid wees oor ‘n wit top en swart langbroek want hoekom word die wit top nie gedra as ‘n wit broek nie. Ag die wortel van die kwaad is so diep ingewortel daardie emosie wat so vertroetel word is die euwel van alles. Ons vergewe ….. maar vergeet nie. So wat is die nut om vorentoe te beweeg as dit die houding is van baie.

PJC ·

Lesufi is besig met ń fyn uitgewerkte strategie om die Afrikaner se neus in die grond te vryf. Ek is oortuig dat sy optrede deur die ANC geïnisieer is en ek glo dat hy ook nog ń hele paar ander verrrassings vir die Afrikaner en hulle skole het en konfrontasie is wat hy soek om van sy ander planne in werking te stel. Ongeag of daar poppe opgehang word of nie sal Lesufi ń manier kry om konfrontasie te veroorsaak of uit te lok en dit gaan dus niks help vir mense om mekaar te beskuldig nie want dan kry Lesufi dit nog reg om verdeeldheid ook te saai. Almal ken mos die gesegde van verdeel en heers.

Willem ·

Hallo Maroela, ek het vroeër kommentaar hier onderaan die berig geplaas wat julle, lyk my, nie wil plaas nie. Per die Engelse pers koppel hulle die organisasie Toekomsvonk aan die dade van die twee mans in die foto van julle berig, sien die berig by die skakel hier onder.

https://www.timeslive.co.za/politics/2018-04-26-lesufi-to-open-case-against-right-wing-group-threatening-him-and-his-family/

Of dit kwaadwillig is, weet ek nie, ek is geen Steve Hofmeyr aanhanger nie, maar iets is nie pluis nie. Toekomsvonk, Vonkpos edm is deur hom gestig, beloer gedus by die volgende skakel. Waarom betrek die Engelse media hom daarby?

http://toekomsvonk.co.za/

Saarkie ·

Lesufi het bewys hy sal enigiets doen om rassehaat te stook……..

Mrs H ·

Lol as n wit mens nies, is hy n rassis. En dit kom van die geoliede rassistiese masjiene met swart velle nogals. Ons vra net vir gesonde demokrasie teenoor wit en Afrikaans… Van wanneer af is dit rassisties? O ja…ANC het affirmative action indiens geneem en vergeet dat hulle geleerdheid nodig het in ALLE kleure, toe vergeet hulle die deffinissie van Demokrasie. Maar kom ek gee julle swart rassiste in jul meerderheid n idee van wat dit is. Mandella het gese: Nooit weer sal een SAkaner deur n ander onderdruk word nie. Suid Afrika is almal se land wat daarin woon. SA is n reënboog nasie. Dis 24 jaar terug (ek was nog n skool kindjie) en dit het baie goed gegaan op n stadium, tot Mbeki gegaan het…. Sal ons dit ooit weer kan doen? Die swart mense se haatdraende rassisme is so onrealisties en onverstaanbaar. Laat my dink aan n gedierte wat jy heeltyd kos gee, maar as die kos klaar is en hy is nog honger, val hy jou wreed aan instede om jou n kans te gee om nog kossies te gaan haal… Hoe dink die ANC dan?! Soos n eensydigge selfsugtigge redenerende gedrog? Soos die sokkerveld insident vir die soveelste keer. Hulle almal moet weer Mandela se ongelooflikke inspirerende motiverende boeke gaan lees. Maar dan begin ek dink dat swart rassiste se haat so galglik vergiftiggend is, dat hulle hulself vergiftig en weerhou van enige iets leer!?

AD ·

Ag my hemel, kan iemand in hierdie OULIKE SA toe n handbork skryf wat is rassisties. Wat jy mag en nie MAG doen, se ens. Nee my hell. DIE DUBBEL standaarde maak dit moeilik om dag tot dag n lewe te maak en nie eers se watter kleur die ink is waarmee jy skryf nie!

Kan nie glo.... ·

….hier is mense wat dit goedpraat nie!
Al wat hierdie mense doen is om meer olie op die vuur te gooi! Dis mos nou soek vir moeilikheid. En oor n paar simpel mense word alle Afrikaners nou nog meer gehaat!
Sommige van ons probeer in vrede leef!

Anoniem ·

So, jy het besluit dis blankes en klaar? Soos baie mense al gesê het, heel moontlik of Lesufi self, EFF of regering en jy dink outomaties dit was blankes? Ek dink beslis daar is meer aan hierdie storie. lesufi lag al die pad! Nes Rhamaphosa want hulle pas die padda in kookwater teorie en mense soos jy val daarvoor.

Lynette ·

Anoniem daar is fotos van die wit mans wat die ding ophang!

Mielie ·

In my opinie maak nie saak wie dit gehang het nie. Dis onnodig. Dit gaan ons niks help nie inteendeel dit maak dinge net erger. Ons moet nie soos Julius wees nie. Ons is meer werd as sulke bog

Hanna ·

Nou ja Lesufi, jy wat so maklik die rassekaart speel: it takes one to know one! Jy loop absoluut van die gif oor. Ware kleure begin nou lelik wys…

Willem ·

Die “Spear” skildery van Zuma, of Zapiro se spotprente van Zuma val in dieselfde kategorie van uitdrukking.

Anoniem ·

Waar is die bewyse dat blankes die pop daar gehang het. Dis eerder EFF taktief om onmin te saai. En as dit blankes was, wat van Malema wat aanhits dat ons vermoor moet word? So ‘n pop aan ‘n boom is belangriker as plaasmoorde!

Johan ·

Die mense, van welke kleur ook al, wat protes aangeteken het met die oprig van daardie pop sê een ding: “Ons sien jou Lesufi. Ons hou nie van jou nie.” Waar is die suggestie dat hulle nie van hom hou nie omdat hy swart is? Dit sou dan rassisties wees. Maar die enigste een wat kleur raakgesien het in hierdie storie, was Lesufi self. Sien hy nou hoekom mense nie van hom hou nie? Doen hy introspeksie? Nee – hy dink dit gaan hom meer baat om verdeeltheid te saai deur die rassekaart te speel. Die enigste een wat kleur gesien het, was Lesufi. Wie is dus die rassis hier?

Ag Asseblief! ·

Nee!!! en Nogmaals nee!! Ek sal Nie meer stilbly wanneer my menswees verkrag en misken word in my Vaderland nie! Dis nie my skuld dat my vel wit is en dat ek orde en reg
wil sien seëvier nie! Nee en nogmaals nee! Ek sal nie meer misken word vir wat reg is vir die redelike persoon (wit en swart) in Suid-Afrika nie.

Anoniem ·

Ag asseblief wie gee om hoeveel gekleurde poppe aan bome gehang word. Wanneer hulle die dag met die besempie voor hul eie deure vee mag ek dalk en dis n groot dalk, begin omgee

Oom Kalahari ·

Lesuf, is ‘n rasse aanhitser en probeer oral moeilik maak vir die Afrikaanse taal en voort bestaan. Kyk gerus na sy afgelope 2jaar plus se uitsprake, optredes en doelwitte en is duidelik sigbaar wat hy tans besig is met skole vlak ook. Ons moet in gedagte hou dat daar nou al hoe meer uitlokkend opgetree gaan word veral om uitwysings na die buiteland uit te dra asook tot aanloop tot 2019 verkiesings om die massas op te werk en tot ANC gewin. Daar is paar slange wat rondseil met dubbel koppe en is vol gif. Hierdie Lesufi is ‘n sensasie soeker en skielik benodig hy nou addisionele lyfwagte op die belasting betaler se onkoste. Hou maar dop, tyd sal leer en uitspeel. Al moeg vir die woorde BEE/AA/BBEEE, transformasie, Rassis, draai strategie ens

Freud ·

Dit is so dat Lesufi se tweet ivm hierdie voorval net so rasisties was en dit is ‘n jammerte dat geeneen dit op die voorblaaie uitstal nie.

Lana ·

Daar is baie erger gemors wat in SA aangaan as poppe wat aan bome hang. Mense word vermoor!!
Ek kan dink aan ‘n hele paar poppe wat nog gehang kan word.

Al ·

Die ANC maak hulself belaglik om na elke strooihalm te gryp van rassiste. Kyk nou maar na die Caster Semenya saak wat hul die internasionale federasie beskuldig van rassisme oor die monitor van testoroon in vrouens

Vra maar net... ·

1. Is ek kleur blind? Daai pop lyk vir my meer wit as swart. (Hoe is die witmense dan rassisties?
2. Sover my kennis strek, is Lesufi n man en daai is n vroulike pop.
Maar hey Lesufi, as die skoen pas? En oja, jy gaan dalk vir oog toetse moet gaan…. Voor jy besluit om sulke snert te stuur op twitter.
En Lesufi, jy wat so FANTASTIES “GELEERD” is moet dalk navorsing oorweeg, julle almal wat afrikaners uit maak as wit mense. Daai is baie ander rasse wat ook mooi afrikaans kan praat. Nie net wittes nie… Hou op om te veralgemeen!!!

Lana ·

Jy het hom nou lekker gesê van die Afrikaans. Waar ek woon is BAIE meer nie-blankes as blankes wat Afrikaans praat!!

Manna ·

As ANC regering maar net so sterk wil optree teen diegene wat ons wit en swart boere vermoor asook swart rassiste.

Yankee ·

Vaderland, dalk het n blanke die pop gehang. Dalk n swarte. Maak dit regtig saak!! Sou gemaak het 40 jaar gelede, nou egter ” jou punch me, i’ll punch you back”

dejager ·

Ek lees vanoggend in die boek Esther van die slegte minister Haman in die dae van koning Ahasveros.Haman het ń minderheidsgroep in die koninkryk gehaat.Hy het planne beraam en als gedoen om hul ondergang te bewerkstellig.Hy wou nie hê hulle moes as ń aparte groep in die koninkryk bly voortbestaan nie.
God het sy ondergang bewerkstellig op n wonderbare manier.Ek beveel aan dat elke maroela leser die boek Esther vandag lees.
Ek beveel ook aan dat Panyasa Lesufi dit lees.

Ronaldes ·

Ek het net een vraag hoekom word wit mans aangese om die pop aftehaal en daardie fotos word op die media geplaas. Nou lyk did met die eerste oogopslag dat dit wit rasiste was wat daarvoor verantwoordelik was.

Rynhardt ·

Afrikaanse Taalraad,julle veroordeel alles en vra vir alles omverskoning,vir hoe lank nog??????Klink na n klomp ja-broers!Afrikaanssprekendes word onderdruk en uitgemoor terwyl daar agter rassistiese wetgewing geskuil word!

What a joke! ·

Maar ag askuus tog geagte die uwe mnr lesufi maar u is dan die grootste rassis!!! Die uwe hou nie daarvan om aan die omvang kant te wees nie ne!!!!

Penellope Jones ·

Dit sou heelmoontlik alles goed en wel gewees het as die “kleure” omgekeer was.
Dan sou daar gesing, gedans geword het met heelmoontlik aanhitsing ens.

Joshua ·

Het fotos gesien van n optog van ANC lede wat 2 wit poppe aan n plank vasgemaak het en met dit marsjeer…hoekom se die ANC en Lesufi niks van hul comrades se haat en rassisme nie?

Flip Raath ·

Die een klomp hang ‘n pop. Die ander klomp verwoes ‘n standbeeld.

Elvira ·

Wat van die lafhartige rassistiese aanvalle op plaasboere en onskuldige vroue en kinders. Julle beter julle prioriteite regkry ANC wit swart geel groen,ons is ALMAL gat… vir julle dubbelsinnigheid. En mnr Ramaposa eks teleurgesteld in jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.