‘Rassistiese’ ANC-LUR verkla oor wit kinders

ANC-LUR Nancy Sihlwayi. Foto: www.ecprov.gov.za

ANC-LUR Nancy Sihlwayi. Foto: www.ecprov.gov.za

Die Menseregtekommissie gaan versoek word om Nancy Sihlwayi, die regerende party se LUR van maatskaplike ontwikkeling in die Oos-Kaap, vir rassisme en menseregteskendings te ondersoek.

Die DA sal na verwagting Maandag die klag indien. “Sihlwayi se onlangse opdrag aan haar personeel om kinders op grond van hul ras uit te sluit van ʼn jeugprogram wat die regering aangebied het, is niks anders as suiwer rassisme nie,” het Veliswa Mvenya, voorsitter van die DA in die Oos-Kaap, Sondag gesê. Sy het verwys na ʼn onlangse jeugkamp vir minderbevoorregtes in Port Alfred. Sihlwayi het glo opdrag gegee dat geen wit kinders na dié kamp genooi mag word nie.

“Sihlwayi se rassisme skei die jeug op grond van ras en ontmasker die ANC as ʼn organisasie wat nie werk aan ʼn nierassige toekoms vir Suid-Afrika nie.” Mvenya het gesê as LUR van maatskaplike ontwikkeling het Sihlwayi gewys: As die ANC die kans kry, sal die party besluit watter rasse toegang tot sekere geleenthede kry.

Die DA het verlede week ʼn beroep op die ANC gedoen om hom van dié “rassisme” te onttrek, maar die ANC het dit tot dusver nie gedoen nie. Die DA het Sihlwayi reeds by die Oos-Kaapse wetgewer se etiese komitee verkla oor die kwessie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Warren Jansen van Rensburg ·

Nou begin die DA opstaan vir wit mense, soek hulle nou steme vir die Munisipale verkiesing

Elna Kupke ·

Anita, dit maak nie saak of dit DA of ANC is nie. Die blanke se geld is goed genoeg, maar as die blanke kind of ‘n blanke gaan voordeel trek uit die “regeringskas” dan spat die vonke. Die kommuniste sal dit nie nou of ooit erken dat dit die Afrikaners is wat Suid-Afrika opgebou het en tydens die apartheidsera die land beter regeer het as nou nie.

Loeis ·

Elna, wat jy se laat mens dink aan ‘n sekere vrou se deling onlangs op ‘n sosiale platvorm wat so in die media was. Toe het dieselfde party in die artikel vermeld iets heel anders geskreeu (al is die inligting in die deling die waarheid).

Maar die verkiesing kom nader, nou word hierdie goed gedoen om stemme te werf.

jp ·

‘U raciest u.’

hoop hulle vind haar skuldig en onthef haar van haar pos!

Johan ·

Dieselfde met hulp aan boere.Hulp gaan net vir sg.”opkomende”boere . Ek praat van die beloofde droogtehulp want dis mos net droog by die armsalige “opkomende”boere, nie ook by die boere wat sorg vir die kos opi tafel nie.Rassisme in sy ergste vorm!!!!ANC sedemokrasie op sy beste. Ook hulle staan apartheid voor!!!!

Loeis ·

Hierdie vorm natuurlik deel van die grootter prentjie in Suid-Afrika. Mens wonder of die DA nou begin bekommerd raak oor blanke stemme met die verkeising wat nder kom.

VF+ het ‘n verkalring uitgereik wat nogal op die grootter prentjie toepassing vind:

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het onlangs aan bruinmense gesê hulle moet aanvaar dat hulle eintlik swart is. Hy besluit sommer namens hulle. Politieke opportunisme om stemme te werf wanneer dit hulle pas.

Wanneer dit egter by die departement van korrektiewe dienste kom, besluit die ANC egter dat bruines nie swart genoeg is om werk te kry of bevorder te word in die nuwe Suid-Afrika waar ras, meer as ooit, die bepalende faktor vir feitlik alles geword het nie.

Mantashe dink bruinmense is dom en dat hy hulle kan misbruik. Dieselfde ANC wat aan hulle vertel hulle is swart se beleid maak dat teen hulle gediskrimineer word. More dien hierdie vraagstuk voor die Grondwethof. Dié hof moet uitspraak lewer in die saak waarin tien werkers van die departement van korrektiewe dienste saam met Solidariteit veg teen die gevolge van Regstellende Aksie wat alle wit en bruin mense ernstig benadeel.

Die tien is PJ Davids, CF February, AJ Jonkers, LJ Fortuin, GM Baartman, DS Pekeur, TS Abrahams, DR Jordaan, JJ Kotze en DMA Wehr. Die saak gaan egter oor veel meer as net die tien mense. Die saak kan bepalend wees vir die toekoms van alle bruinmense, veral in die Wes-Kaap waar hulle die meerderheid is.

Die Vryheidsfront Plus gee daarom sy volle steun aan hierdie mense wat teen die verdrukking van Regstellende Aksie moet veg.

Die ANC kan terselfdertyd ook vir die land sê hoe lank hy nog wil voortgaan met hierdie onderdrukkende beleid wat niks anders as rassisme is nie. Dit is net so immoreel as enigiets wat onder die vorige bedeling gebeur het. Verkeerd bly verkeerd.

Eliza-beth ·

As ek nou egld gehad het, het ek DADELIK ‘n kamp NET vir wit kiddies op dieselfde datum gedoen!

Griki ·

Dan sou jy sommer voor ‘n vuurpeleton beland het. Die ANC praat met ‘n gesplete tong. Hulle is niks anders as ‘n klomp slange nie.

Gene ·

Nou vind uit of daar van ons mense is wat elk n wit kind sal borg vir kersfees sodat die arme wit kindertjies ook n kersfees kan he wat hulle sal onthou eendag as groot mense.

Eliza-beth ·

Griki ek bang dit nie, laat hulle my dan skiet! WENS, wens ek het geld gehad dan het ek! Gene, hierdie is nie oor ‘n kerskamp nie, maar ja, praat van kersfees, ek ondersteun reeds 5 kinders van kinderhuise elke maand en natuurlik kersfees kry hul presente en ek het reeds 65 presentjies na die Danville Liggiehuisprojek geneem, ek neem ook 24 presente vir ‘n plek vir gestremdes oor kersfees so, ja my deel doen ek hoor. As ek kon het ek meer gedoen maa rmy salaris kom ook net sover. Ek blaas nie my eie fluit nie; ek hoop ek inspireer IEMAND wat hier lees om net paar pakkies lekkers dalk of ‘n speeldingetjie en potlode of iets kleins vir die nuwe skooljaar toe te draai en êrens te gaan gee. As elkeen een kind/oumens/arm persoon help – NET een, glo my sal baie ‘n wonderlike kersfees hê. Ons koop glad nie geskenke vir mekaar maar net vir ander wat minder het. Dis die lekkerste lekkerste lekker, GLO my! Ek daag almal uit – komaan julle! Hoef nie duur speelgoed te wees, dis nie mooi toegedraaide pakkie en die idee van ietsie kry wat tel, regtig!!

Eliza-beth ·

Wil net nog een ding bysê; persoonlik onderskei ek nie tussen gekleurd al dan nie, veral wat kinders betref ek help graag oral waar ek kan, van die kinderhuis kinders is gekleurd, MAAR as iets soos hierdie gebeur maak dit my baie vies.Kinders het nie een gevar om hier te wees nie en nie een van vandag se klein kinders is skuldig aan of apartheid of wat nou gebeur nie; dus as daar goed soos in die berig genoem gebeur, dan WIL ek ‘n kamp net vir wit minderbevoorregte kinders doen!

Winston ·

Jy sal uit jou kamp betoog word deur mense met mense regte. Jy het dit nie

Bruno Stef ·

Die DA is nog vis nog vlees.Ons eie Afrikaanse kunstefeeste word bedreig deur oppertuniste wat nie toegang daartoe geweier word nie maar dan is die links liberaliste saam met die betogers uiters krities as ons wil assosieer met ons eie mense en hulle uitgesluit voel.

Christa ·

Kyk hier, ek moet nou glimlag vir die ironie van die saak. Dit is nie reg nie, vir seker nie – maar is dit nie presies wat gebeur het gedurende Apartheid nie? Ek vra maar net, mense! Ek is wit (onbeskaamd) en is gedurende die piek van die Apartheidsjare gebore. As kind kon ek nooit verstaan hoekom die blankes by híérdie deur moet ingaan en die kleurlinge/Indiërs/swartes by dáárdie deur. En daar is nie politiek in ons huis gepraat nie, so dit was ‘n deurmekaarspul vir my!

Vir seker sal die politieke partye – ANC, DA, COPE, VF+ – wieookal – nou begin ‘Miss Goodie Two Shoes’ speel vir die Munispale Verkiesings in 2016. Kyk maar net hoe word paaie nou reggemaak, munisipale dienste verbeter, HOP-huise toegeken, geen beurtkrag toegepas … noem dit maar op. Maar daar sal stééds ANC-lojaliste bly (dis hul vrye reg) en net drie maande of wat daarna, val alles maar terug tot op die vlak waar dit voor die verkiesings was.

Frederik ·

DB, Hier kom groot sports voor 2019. As jy nou emigreer, gaan jy baie mis.

pop ·

En so “canvass” julle hier op maroela vir FF ens hier op maroela vir stemme. Een so skuldig soos die ander. Wees liewer bly iemand van n ander kleur kom op vir wit arm kinders. Ai tog.

Louw ·

Dis nie net by kampe waar wit kinders nie welkom is nie, probeer n beurs of studielening kry, vir n wit kind, dis nou n lelike deng.

GES ·

Vra my, ek is daardeur. Dit kos harde werk om positief te bly.

Izzy ·

Diskriminasie van die regering se kant is ou nuus….dit word nou net hardop gese en gedoen. Maar nogsteeds gee ons geld, vir al wat ‘n staats-instansie is….want almal voel mos skuldig.

Jan maak n Plan ·

Dis deur sulke aksie van die vet sog dat die nuwe RSA nooit sal werk nie.

nig ·

‘n Kind is ‘n kind, is ‘n kind, is ‘n kind en vra nie om gebore te word nie, nog minder in watter kleur ookal. Mense behoort ALLE kinders te alle tye te help ongeag kleur. Stel ‘n voorbeeld, doen goed aan almal.

Flippie ·

Waarin is ons verbaas? Die NP van KK de Klerk het die regering aan die ANC oorhandig omdat hy nie die ruggraat gehad om met apartheid voort te gaan nie. Toe oorhandig hy die regering aan die ANC – die enigste party wat apartheid wou en kon voortsit.

Wees bly dat ons wit kinders uitgeluit word (blacks only). Dit is net vir die beste.

Al wat my hinder is die feit dat net hulle mag diskrimineer. Hoor nou net oor die nuus dat ‘ n kleuterskool in die sop is oor twee konserte wat hulle gehou het. Een vir die engelse kleuters (swartes) en een vir die afrikaanse kleuters (wittes).

Koos ·

Jy kan nie ‘n organisasie hê wat alle kulture akkommodeer nie. Deselfde geld vir ‘n land.

Cornelius du Rand ·

En soos menige vorige kere word my kommentaar nie geplaas nie. Sodra jy die werklikheid by name noem dan stop die media jou. Vryheid van spraak bestaan beslis nie op Maroela Media nie. Dit is dieselfde media wat vandag se Suid Afrika gepromoveer het. Nou is hulle bang om die waarheid te hoor. Nee wat gaan dit nie meer lees nie.

Gerhardt ·

Ek stem Cornelius, maar hou in gedagte dat Maroela hewig geteiken word deur MRK, FBP ens. Hulle kan letterlik nie kanse met kommentaar waag nie wat oneglukkig betekn hulle is oor versigtig.

Andre ·

Die van julle wat nog weier om te aanvaar dis beter om die land koebaai te se en te verlaat, onthou een ding; Julle kinders gaan eendag nie n keuse he om te bly of immigreer nie, hulle enigste uitweg om vir hulsself en hulle kinders te sorg gaan wees om in n ander land te bly waar hulle MAG werk en KAN werk, en teen daai tyd gaan geen land julle vat nie want julle is te oud.
Julle kinders gaan julle in daai plek los want hulle gaan geen ander keuse he as om te vlug nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.