‘Rassistiese dosent’ voor hof gedaag

Unisa-kampus. Foto: Izelle Jacobs / Unisa

Die vakbond Solidariteit gaan dringende stappe teen Benny Morota, ʼn regsdosent aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), doen nadat dié universiteit “weereens sy rassistiese optrede oorgesien het”.

Swart akademici onder leiding van Morota het glo tydens ʼn vergadering met die akademici en die visekanselier op 30 Junie vanjaar teenkanting gebied teen die heraanstelling van prof. Melodie Labuschaigne as dekaan, omdat dit glo onaanvaarbaar is om ʼn wit vrou as dekaan aan te stel.

Volgens Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van die professionele bedryf by Solidariteit, is dit nie die eerste keer dat Morota hom aan rassistiese oortredings skuldig maak nie.

“Morota het op 7 Januarie 2016 opslae gemaak toe hy sy haat teenoor wit mense in ʼn Facebook-plasing uitgestort het. Een van sy plasings lui onder meer: “I hate white people and they must go back to wherever they come from or alternatively to hell.” Ander opruiende aanmerkings wat hy gemaak het, lui soos volg: “i dnt entertain white cockroach like yourself … i dnt understand why you interfere in my black business … F*ck you pink white murderer … Enjoy the blood wealth of our people, your time to pay with your white skin is emmenent [sic].”

Botha voer aan hoewel Unisa aanvanklik geskok was en hul teleurstelling oor die voorval uitgespreek het, het hulle hom tien maande later slegs ʼn “ernstige waarskuwing” gegee.

Volgens Botha het Martin Ramotshela, Unisa se woordvoerder, amptelik gesê dat die universiteit nie sal huiwer om ernstige stappe teen Morota te doen indien hy hom weer skuldig maak aan rassisme nie.

“Unisa se woorde dra egter geen gewig nie. Hulle het net weer hul skouers opgetrek en in die proses hul plig versuim om werknemers wat slagoffers van rassisme is te beskerm,” het Botha gesê.

“Solidariteit het namens hul lid aansoek gedoen vir ʼn tussentydse bevel teen Morota. Die bevel is op 13 November uitgereik en die saak word op die keerdag, 4 Desember, in die Pretoria-landdroshof aangehoor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Josua Keys ·

Mense moet julle julself nie bekommer oor die snert nie dit was presies dieselfde in Zimbabwe maar hul eie mense se oe het oopgegaan en wil vernuwing sien in Zimbabwe en ditdit gaan kom glo my maar die tipe mense soos in die artikel genoem moet sumier afgedank word en nie weer toegelaat word om in SA te werk nie, hy het die uitlatings gemaak want hy is toegelaat om dit te doen maar hulle moet dit maar geniet terwyl hulle kan want een van die dae sit hierdie tipe rassiste almal sonder heenkome.

Eish ·

In teenstelling met Morake van Jakaranda se galgebraak is hier dreigemente ingesluit. Mag die hoop om regverdigheid nie beskaafdheid nie.

Veritas ·

Eish jy is soos ek. Daai was nie ‘n spelfout nie. Jy dink te vinnig vir jou vingers. Dis maar al.

Van ·

Ai tog – hoe gaan ons die land regkry as ons almal nie op dieselfde bladsy is nie? Bere die verlede in boeke sodat ons as nasie kan genees and vorentoe beweeg. Wie gaan daar geblameer word as daar niks meer wit mense oor is nie? Wie hou nou eintlik rassisme en apartheid lewendig want dit raak nou oud en afgesaag! Skors die man sodat hy ook kan leer want skynbaar sukkel hy om te verstaan dat wat hy se is nie reg nie. Amper elke dag is daar n vorm van rassisme besig om gebeur………ons moet leer om dit te stop want ons beweeg vinniger agteruit as vorentoe. # Werk nou saam ASB!

SO ·

Sjoe as regstudente van UNISA die man ernstig op neem waar gaan dit eindig. Swak voorbeeld wat hy stel. Hy moet maar homself gaan verduidelik in die hof. Dit is ‘n skande om die minste te sê.

Fourie ·

Die blatante haat en woede in rasse-uitlatings van beide kante af bevestig net weereens dat ons besig is met ‘n oorlog teen ” die geeste in die lug” As Afrikanernasie wat nog altyd op God vertrou het, moet ons vir hierdie mense intree voor die Troon en bid dat God hulle gedagtes nuut maak. DIT is die oplossing: dat ons vir mense soos Morake en Morota op ons gebedslysies plaas!!

Jp ·

Ek gaan hier met jou verskil, gedagtes kan slegs deur God nuutgemaak word indien ons hom toelaat deurdat ons op sy woord nadink Ps 1 vs 2, indien n mens nie sy kant bring nie gaan die ou gedagtes maar net so bly.

Hanna ·

Mooi so Solidariteit! Ek hoop net iets kom hiervan… so siek en sat van dubbele standaarde.

fm ·

Ongelukkig is daar baie ander mense wat soos hierdie dosent dink. Die wit mens word as arrogant gesien wat net meer en meer selektiewe “geregtigheid en regte” wil hê vir hulself asof die verlede glad nie bestaan het nie. Dit frustreer hierdie mense net meer en meer totdat die pot oorkook en wat dan? Ons sal nooit vorentoe beweeg indien hierdie persepsies of wat dit ookal is aangespreek word nie. Maar dit gaan ‘n drastiese ander benadering verg en ek dink nie dit gaan moontlik wees nie. Die wit mens word toenemend gesien as mense wat na Afrika gekom het van Europa om te onderdruk, te oorheers, te vat wat nie aan hulle behoort nie en uit te buit. In die proses is hulle mense erg onmenslik en wreed behandel, hulle onthou byvoorbeeld wat die hardkoppige aartappelboere van Bethal, Mpumalanga in die 50’s aan hulle gedoen het baie goed. Die antwoord is miskien nie om heeltyd op die self verdediging te wees nie maar om die kern van hierdie persepsies aan te spreek. Ek dink egter nie dit gaan of sal enigsins moontlik wees nie.

Alida ·

Daar is nou meer “apartheid” as wat daar ooit was in die ou bedeling. HIerdie rassistiese mense moet beboet word of onthef word van hulle poste. Hulle dink hulle kan sê wat hulle wil. Die howe moet ook nie eensydige uitsprake maak nie. Almal moet gelyk behandel word.

Vergeet en vergewe ·

Bennie Marota – skrik net wakker. Rasisme was en is verkeerd. In dieselfde asem wil ek ook net se, die nie blankes wat onder slawerny was lewe nie meer nie en die blankes wat rasisme betrokke was lewe ook nie meer nie… Jy het ook toe nie onder dit deur geloop nie. As jy in die Try-spieeltjie heeltyd agter jou kyk en nie vorentoe kyk nie gaan jy verongeluk, vergeet en vergewe. As Mandela dit kon doen wat wel in daai tyd gelewe het, waarom kan almal nie.. we were taught to hate, we can learn to love… ware woorde

fm ·

Ongelukkig is daar baie ander mense wat soos hierdie dosent dink. Die wit mens word as arrogant gesien wat net meer en meer selektiewe “geregtigheid en regte” wil hê vir hulself asof die verlede glad nie bestaan het nie. Dit frustreer hierdie mense net meer en meer totdat die pot oorkook en wat dan? Ons sal nooit vorentoe beweeg indien hierdie persepsies of wat dit ookal is aangespreek word nie. Maar dit gaan ‘n drastiese ander benadering verg en ek dink nie dit gaan moontlik wees nie. Die wit mens word toenemend gesien as arrogante mense wat na Afrika gekom het van Europa om te onderdruk, te oorheers, te vat wat nie aan hulle behoort nie en uit te buit. In die proses is hulle mense erg onmenslik en wreed behandel, hulle onthou byvoorbeeld wat die hardkoppige aartappelboere van Bethal, Mpumalanga in die 50’s aan hulle gedoen het baie goed terwyl geen wit mens dit wil onthou of sal erken nie. Die antwoord is miskien nie om heeltyd op die self verdediging te wees nie maar om die kern van hierdie persepsies aan te spreek. Ek dink egter nie dit gaan of sal enigsins moontlik wees nie.

Leon ·

fm jy maak mos nou gruwelike veralgemenings. Wat het die aartappelboer nogal gedoen in die 50’s. Ek vee niks onder die mat in nie, maar omdat ek nie dit erken nie nou vee ek dit onder die mat in. Weet jy van die skandaal waarin Buda-cash in Hongarye betrokke is? Seker nie – kan ek dus aflei jy vee die saak onder die mat in omdat jy maak of jy nie daarvan weet nie. En indien jy daarvan weet – waarom se jy niks daaroor nie, is dit omdat jy dit ontken?

Isle Jooste ·

Fm, ek sal graag die storie van die aartappelboere wou hoor. Waar kan ek meer daarvan leer asb.?

Vergeet en vergewe ·

Bennie Marota – Rasisme was en is verkeerd. In dieselfde asem wil ek ook net se, die NIE-BLANKES wat onder slawerny was lewe nie meer nie en die Blankes wat met rasisme betrokke was lewe ook nie meer nie… Jy het ook toe nie onder dit deur geloop nie. As jy in die tru-spieeltjie van motor heeltyd agter jou kyk en nie vorentoe kyk op pad voor jou nie, gaan jy verongeluk, vergeet en vergewe. As Mandela dit kon doen wat wel in daai tyd gelewe het, waarom kan almal nie.. we were taught to hate, we can learn to love… ware woorde

Theresa ·

Mr Morota, you are a bad example for all people in a country going through hell all ready.
You do not deserve the post where you sit and say negative and hateful things of other races.
Disgraceful to say the least.
You go back to where you come from – do you know where that is?

jaco ·

as hierdie man en sy rasgenote wat SA regeer, sal betaal om my te deporteer na “wherever they come from”, sal ek more die land verlaat.

fm ·

Jaco die enigste manier hoe dit moontlik sal wees is om die miljoene swart Afrikane wat Europese burgerskap het of in Europa bly terug te stuur Afrika toe om plek te maak vir die oorblywende wit mense in Afrika om teruggestuur te word Europa toe.

Rina Vermeulen ·

Lanklaas hier gelees of kommentaar gelewer want dit word nie gepubliseer nie Vryheid van spraak word nie gerespekteer nie .Wat ek wou sè ons kan galbraak tot ons blou is dubble standaarde is die beleid nou . So wat beteken dit dat die blanke sulke swaar strawwe kry en die swartmense ligte strawwe en of feitlik daarmee wegkom wat rassisme betref . Die boodskap wat ek kry is ons word net in die land verdra wat sekere opsigte betref. Ook dat daar iets onder die dekmantel broei en dat die staat ,polisie,regstelsel en ander organisasies hierby betrokke kan wees .In soveel gevalle en sake het dit gebeur, ons gesien dat die staat en ander partye genoem dit as onbenullighede ag of niks daaraan doen nie .Saam staan om dit te beveg is al en om ñ goeie leier weer in ons gemeenskap te kry.

Piet ·

Jaco dan moet jy mos presies bly waar jy is want die Afrikaner kom van Suid-Afrika af, die Afrikaan kom egter uit die oerwoude van die sentrale dele van Afrika af, waar hy wou kom sien of hy kon deel in die dinge wat die witmense na Afrika gebring het.

Veritas ·

Weereens haal die uitlatings van ‘n ekstremis die hoofopskrifte. Die spul, aan weerskante van die rassegevegte, is verreweg in die minderheid maar maak die meeste lawaai. Ongelukkig floreer die media op die nuusdekking van rassime, soveel so dat dit voel of almal rassiste is. Dalk het die tyd aangebreek dat mediahuise, wat hul skuldig maak aan dié tipe beriggewing, geboikot moet word. Niemand van die lesers ken die man eers nie en weinig gee regtig om oor wat hy te sê het. Ek en die ou, wat eenmaal per week my asdrom kom leegmaak, het meer in gemeen en sý opinie is vir my van groter waarde. Ignoreer die rassiste soos Julius Malema en Rob Mugabe en hulle sal vinnig ophou met hul rassistiese uitsprake aangesien hul geen reaksie kry nie

Penellope Jones ·

Hoe sal mens ooit weet wanneer wat reg of verkeerd gesien, geag, aanvaar word ,as daar gedurig dinge gese en gedoen word wat reg en goed is wanneer een persoon dit doen, maar totaal verkeerd is as iemand anders dieselfde sou doen, AFGESIEN van die feit dat rassisme TOTAAL verkeerd is, maak nie saak wie, wat, hoe, waar en waarom nie.

Dis asof net die een kant gestraf word, die ander kant glip deur omdat dubbele standaarde en moontlike “politieke korrektheid” gehandhaaf word.

Is dubbele standaarde net aanvaarbaar wanneer dit pas, wanneer dit ‘n spesifieke aangeleentheid aangaan, of selfs een persoon of nie, maar nie ‘die volgende persoon, of nie ?

Pieter ·

Ek is oortuig dat baie van die probleme met ons jongmense broei by universiteite uit. Kan nie dink hoe hierdie man sonder propaganda teen wittes sy werk kan doen nie. Hy moet eintlik ontslaan word.

James ·

Ai tog! Ja ek kan ook gal braak en alles wat swart is veroordeel! Ek reken sou ons rassisme wil aanspreek, dan moet EEN wet vir alger tel! In youth we learn; in age we understand………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.