‘Rassistiese’ gastehuiseienaar moet opdok

Andre Slade en Katarina Križáni.

André Slade, voormalige eienaar van die Sodwana Bay-gastehuis, is ʼn boete van R50 000 opgelê nadat hy gesê het swart mense en regeringsamptenare is nie by sy gastehuis welkom nie.

Landdros Tamo Moodley het Slade in die gelykheidshof skuldig bevind aan onbillike diskriminasie op grond van ras en haatspraak. Die saak is deur die Menseregtekommissie gebring nadat talle klagtes oor Slade se uitlatings ontvang is.

Moodley het ook bevind dat Slade se uitsprake die menswaardigheid van swart mense en staatsamptenare aangetas het. Slade is beveel om binne 60 dae ʼn bedrag R50 000 te betaal aan die nieregeringsorganisasie Mpilonhle.

Slade is ook beveel om alle inhoud op sy webtuiste wat diskriminerend en vernederend is en wat rasse-ondertone het te verwyder. Hy is ook beveel om op te hou om enige diskriminerende materiaal wat haat aanhits te publiseer of te versprei. Dit sluit in die e-boek Where to from Here: Cognition.

Daar is destyds aanklagte van belastingontduiking, die onwettige bedryf van ʼn onderneming en crimen injuria teen Slade aanhangig gemaak.

Slade en Katarina Križáni, sy vrou, bedryf sedert Junie 2016 nie meer die gastehuis nie.

Slade het destyds gesê swart mense is deur God geskape om onderdanig te wees. Volgens hom is sy optrede ʼn opdrag van God. “Ek is julle koning. Ek is die koning op aarde. Julle moet my Inkosi noem,” het hy beweer.

Slade is in Pretoria gebore en getroud met Križáni, ʼn vrou van Slowakye. Die egpaar glo in alternatiewe stelsels soos die antieke Mesopotamiese mite van Inanna en Enki, wat die basis van hul beskouings oor ras en beskawing vorm.

Slade en Križáni voer op hulle webtuiste aan dat dit moeilik was om Moodley se beslissing te volg en dat hy ʼn paar foute gemaak het. “Wat ons egter die meeste gegrief het, was dat hy gesê het dat ons geen bewyse, behalwe Bybelverse, voorgelê het nie, al weet hy self dat ek na die verhoor kwaad na sy kantoor gekom het en daarop aangedring het dat ons bewyse verskaf, maar die Menseregtekommissie het ons hierdie grondwetlike reg geweier.”

Slade en Križáni se webtuiste was Maandagoggend nog onveranderd en hul boek steeds elektronies beskikbaar.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Eish ·

Eish!
Aanhangers van Zechariah Zitchen en sy Annunaki. Sy boek gelees met die titel “The twelfth planet.”
Klomp tjol wat meesterlik geskryf is met “Bewyse” uit die oudste gekodifiseerde taal, dié van die Sumeriërs.
Deur vele gesaghebbendes afgemaak as tjol.
Ernstige poging om die lyn tussen feit en fiksie te laat verdof, vandaar die feit dat sommiges dit hoek, sinker en stok sluk.

Mark ·

Ouer werke vanaf Sumerian Tablets is ver our as jou bybeltjie tjom.

Marius ·

Wat kwalifiseer jou om Zecharia Sitchen af te maak as ” tjol”? Dit is bloot net jou opinie. Ander mense wat wat daardie vakgebied al vir jare bestudeer dink nie dis ” tjol” nie. Die feit dat Andrè Slade sy eie eienaardige vertolking daarvan gemaak het, maak dit nie ” tjol” nie.

Eish ·

Ekskuus dat my kommentaar aanstoot gee. Ek kan ongelukkig nie aanvaar dat mense vervaardig is deur kruisteling tussen die Annunaki van die planeet Nibiru en die Homo Naledi sonder bewyse nie. Die geskrifte van die Sumeriërs soos vertaal deur SItchen is deur gesaghebbendes op die gebied as foutief afgeskiet.
Sitchen se boeke is meesterlik geskryf, maar hoe groter die bewering, hoe groter die bewyslas. Die evolusie hipotese wil dit hê dat al die wesens op aarde oor miljoene jare ontwikkel het uit n kokende pot biotiese sop.
Die kans daarvoor is dieselfde as wanneer n ontploffing in n skrootwerf n volmaakte motor to gevolg het wanneer die ysters terugval aarde toe, instaat om homself te reproduseer en elke jaar te vernuwe.
Dis eenvoudig n gegorrel sonder bewyse.

Marius ·

Ek sou graag wou weet wie jou “gesaghebbendes” is. Zecharia Sitchen is hoogs aangeskrewe by ander gesaghebbendes. Die feit dat jy blindelings nie aan die evolusie glo nie, maak dit nie die moeite werd om verder met jou te redeneer nie. (Die evolusie is HEELTEMAL versoenbaar met die Bybel en is al sedert die 1950’s deur die meeste groot kerke in beginsel aanvaar!)

Sarel swartbrand ·

Klug klug klug net wit mense word beboet en moet betaal swart mense se net sorry .Apartheid in werking ons moet nog net n naam daarvoor kry

tamboti ·

Sarel nee man jy is verkeerd, swart mense hoef nie eers te se hulle is sorry nie!
Wat die res betref, daar is vreeslik baie dinge wat nie deur die Bybel verklaar word nie bv. ronde aarde, dinosaurusse ens. Los maar geleentheid oop vir ‘n paar ander toerie, feite en wetenskappe.

Coenie ·

Ek sal by my huis of gaste huis sou ek een hê toelaat wie ek wil dit word in n regte demokrasie reg van assosiasie genoem soos die black gun owners asosiasie net vir swart mense is of die black lawyers asosiation net vir swart mense is en ons dit aanvaar hierdie piesang republiek gaan ook in die afvoerpyp af.

Ger ·

Stem nie saam met hulle , maar dis sy reg om te glo soos wat hy wil en ook om te bedien wie hy wil. Is amper selfde as wat ek n indieer in sy winkel wil dwing om vir my vark te voorsien , maar net my siening.

Tammy ·

Nou verstaan ek nie die hof se uitspraak nie. Beteken dit ek kan nie selektief mense op my eiendom toelaat nie? Of ek jou daar wil he of nie, ek moet net bek hou en klaar? In alle besighede is kleur koning, of het ek dit verkeerd???? Hoe hanteer prostitute hulle besigheid as hulle nie hulle kliente mag evalueer nie? Dit klink mos na diskriminasie en dat jy nie eers meer mag glo waarin jy wil nie. Op watter planeet bly ons?

Gerhard ·

Dit is al van 94 so dat daar wettig teen blankes gediskrimineer word, jy mag net nie teen ander derkrimineer nie. Waar was julle al die tyd.

PJC ·

Hierdie twee mag dalk die kluts kwyt wees maar die gelykheidshof en die menseregtekomissie is in my oë ń helse groot sirkus. Ek lees gereeld die uitkoms van hofsake en is absoluut negatief oor Indiers op die bank. Bitter min van hulle uitsprake maak vir my sin.

H Venter ·

Ek dink dit is verkeerd. My privaat eiendom is myne en ek kan seker self besluit wie ek binne wil toelaat. Dit is mos nie openbare plek nie.

Elizma ·

Die oomblik as jy n besigheid van jou eiendom bestuur, mag jy nie mense weg wys oor hul kleur nie.

Jz ·

Die persoon wat die bevinding gemaak het ook kleur gebruik so hy is net so skuldig en moet ook beboet word, Swart word anders behandel met n klap op die hand maar as hy wit is hy ook skuldig aan die selfde oortreeding.

Pieter ·

En wat maak die NRO aan wie die geld betaal moet word so spesiaal. Lyk maar vir my na ‘n geknoei.

Theresa ·

Sy kommentare is so kalm. En dis tog sy gastehuis. Absurde besluit. Dan, wat van die meer aggressiewe dreunsang en openbare, oor die mikrofoon aanhitsing van moord en doodslag van dié wat nou so ingedruk moet word in die gastehuis. Waar is hul boetes? Waar is hul vonnisse? Waar is die klagtes wat teen hul ingedien word se uitvoer van vonnis??? Helder soos kristal wat in hierdie land aangaan. Voordat dit reg geskud word, gaan niks anders in plek val nie. Regverdigheid is die basis waarop gebou moet word. Nie ‘n wonder daar is menige moedeloosheid nie.

Elizma ·

Die oomblik as jy ‘n besigheid bedryf, al is dit van jou eiendom af, mag jy nie diskrimineer teen enigiemand nie. …soos iemand wegwys oor sy/haar kleur nie.

christa ·

plaas hy net stil gebly het en gewyer het dat hulle die plek gebruik. Did sy eie plek, kos sy geld en hy is sekerlik geregtig om oor sy eie goed besluite te maak. Wil die regering almal nou besit?

Sê wie ·

Wat het geword van “Reg van toegang voorgehou”? Het die eienaar nie die reg om te sê wie hy toelaat by sy gastehuis nie?

christa ·

Se wie, daardie gebruik is net vir ons eie mense. Het jy nie geweet die regering wil alles besit nie? As hulle dit gekry het, weet hulle nie wat om daarmee te maak nie

Jason ·

Eish…………….. Ek neem aan jy verwys eintlik na Lost book of Enki en nie The 12th planet nie!! Terwyl jy weer recap, kyk na Book of Toth, of “Emerald tablets of Toth.
Daarna, maak n draai by Immanuel Valekofski en so ook die Egiptiese text. Jy sal verbaas wees waar die bybel meeste text kry, en so terloops, Horus en Jesus deel presies dieselfde storie, horus is net ouer. Ondersoek my maat.

Eish ·

Hy wat beweer moet bewys. Sien my kommentaar hierbo. Ek kon vir myself bewys dat die Woord of Bybel waarna jy verwys, onteensglik waar en geïnspireer is deur ons Hemelse Vader. Sitchen het feit en fiksie meesterlik verengels en die grens tussen feit en fabel probeer verdof. Interressante bewerings, maar sonder bewyse, slegs interressant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.