‘Rassistiese’ generaal amptelik aangekla

Sandra Malebe-Thema. Foto: Facebook

Sandra Malebe-Thema. Foto: Facebook

Die generaal wat glo tydens ʼn byeenkoms by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se opleidingsakademie in Oudtshoorn, haarself aan rassistiese en vernederende opmerkings teenoor verskeie opleidingspersoneellede skuldig gemaak het, is aangekla.

Die vakbond Solidariteit het vandag ’n formele klag teen die hoof van basiese polisie-ontwikkeling, genl.maj. Sandra Malebe-Thema, by die Menseregtekommissie (MRK) in Kaapstad ingedien.

Solidariteit het 22 beëdigde verklarings ontvang van partye wat by die voorval betrokke was en waarin Malebe-Thema se vernederende en rassistiese opmerkings bevestig word. “Bo en behalwe die onvanpaste opmerkings oor die geselekteerde groep personeellede se kleredrag en gewig, is die rassistiese uitsprake wat sy gemaak het selektief en onaanvaarbaar,” het Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, gesê.

“Volgens inligting wat ons ontvang het, het Malebe-Thema die diens van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) onder raaiselagtige omstandighede verlaat. Sy het in daardie stadium die rang van brigadier beklee. Malebe-Thema is sedert 1 Maart 2016 weer, in die rang van generaal-majoor, aangestel. Ons is tans besig om ondersoek in te stel na die redes waarom sy destyds die diens verlaat het,” het Van der Bijl verduidelik.

Volgens Van der Bijl het Malebe-Thema by die geleentheid aangevoer dat daar te veel wit gesigte is wat posisies in opleiding beklee en dat sogenaamde diskriminasie teenoor swart studente beëindig sal word. Sy het na bewering dit onder meer gestel dat wit personeellede wat in sekere afdelings werksaam is hulself reeds ’n geruime tyd lank onregmatig verryk. “Sy het pertinent gemeld dat die wit instrukteurs rassiste is wat die studente onder hul bevel onregmatig hanteer,” het Van der Bijl gesê.

Solidariteit vra in die klag dat die SAPD Malebe-Thema dissiplinêr verhoor om op dié manier verantwoording te doen vir haar rassistiese uitsprake. Sy moet ook billike kompensasie aan al die betrokke personeellede wat deur haar beledig en verkleineer is, betaal. ʼn Openbare verskoning deur Malebe-Thema aan die betrokke personeellede word ook deur die vakbond versoek. Laastens dring Solidariteit daarop aan dat die generaal-majoor binne ’n maand vanaf die bevindingsdatum, ʼn program oor rasseverhoudings in Suid-Afrika moet bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Juan ·

Ons weet amal wat hier gaan gebeur.. en dit is mooi NIKS nie..

lettie ·

Daar is geen melding gemaak op die hoofnuusstrome. Wel van n sg rassistiese seksuele teistering by n wynberg skool. Ek is stomgeslaan. Waarom is daar net n obsessie oor wit mense? Is ons dan so belangrik dat elke stap van ons met n valkoog dopgehou word en uitbasuin word aan die wereld?

Brie-brie ·

Sy kan ook maar ‘n boeta betaal nes die ander persone betaal het vir die rasistiese opmerkings. Wat goed is vir die een, is netso goed vir die ander een ook.

Jan ·

Daar word mos gevra dat sy “billike kompensasie” betaal aan diegene wat deur die debakel geraak word. Ek sou dink dis ‘n beter voorstel as dat sy ‘n boete aan die ANC betaal.

Penellope Jones ·

Hoekom niks hiervan in ander media, veral die Engelse media nie ?

Exley ·

Wanneer gaan die Afrikaners aanvaar dat 99% van die Media liberaal is waar net die blanke nationalis verkeerd is en die ander rasse en blanke liberaliste reg is. Daarom sal niks op die ander media geplaas word oor hoe die blankes te na gekom word nie,

Maroela media moet so veel as moontlik van die insidente plaas en lesers van Maroela media in die buiteland moet dit vertaal en daar onder die mense versprei. Hopelik sal die insidente op die manier aan die lig kom in die buiteland.

Groot ·

Kyk net hoe rassisties is die hoofstroommedia, Hulle is vol haat teenoor ons en die wereld sal dit nog agter kom.

Gerda ·

Ten minste word daar vereistes gestel deur Solidariteit en nie net stilgebly nie.

humor ·

As niks iets geword het, en boonop op n bedenklike wyse???????????

Lance ·

Onbevoegdheid straal uit haar uit, die dat sy sulke opmerkings maak …lees net hier van dit egter …op geen ander platforms nie …hoekom is dit .. dis tog sekerlik ook GROOT nuus ..of nie ?

Gerd Lourens ·

Vind sommer ook uit hoe sy deur die range gevlieg het…

Drikus ·

Opnuut ‘n bewys dat Solidariteit ‘n waardige en objektiewe waghond is. Ons kan hul moeite en voorbereidings hiermee opreg waardeer. Baie dankie.

Ben Prinsloo ·

Asseblief kan ek die klas aanbied wat sy moet volg oor rasseverhoudinge?

Waghond ·

In SA is daar nie plek vir hierdie generaal nie. Solidariteit moet sorg dat hierdie saak aan die groot klok gehang word.

Waghond ·

Stem saam met Gerd Lourens se opmerking hierbo. Sal ook graag wil weet wat is haar “claim to fame”?

Marius ·

Hierdie uitsprake is niks nuuts nie. Ek het vir baie jare in ‘n staats entiteit gewerk, en hierdie tipe rassisme het gereeld gebeur, en ek glo nog steeds.

nannie ·

Sy moet n boete van R150,000.00 kry en vir n wit kinderhuis gee asook afgedank word en dit moet op die voorblad van koerante en tv kanale wees. Sy moet soos Penny Sparrow behandel word en enige ander wit persoon wat verkeerd opgetree het volgens die koerante en tv kanale.

Wonder maar net ·

Ek wonder of die werkswinkels wat bygewoon moet word om rasseverhoudings te verbeter regtig werk. Gaan dit iemand so beinvloed dat hul gaan afsien van hul sienswyse oor ander rasse? Gaan dit nie maar net oor “ek gaan, kry dit oor, kry dit klaar. Almal tevrede?”

Whitey ·

Hoekom moet Solidariteit haar aankla? Waar is haar werkgewers? Wat van ‘n interne dissiplinere verhoor en waar is die eenogige MRK en Khadalia stigting nou? Of is dit net wit rassisme wat ondersoek en aangegee mag word deur ‘n werknemer of politieke party? Goed so Solidariteit, “slap” hulle … Dis nou die ‘generaal-majoor’ en ‘brigadier’ wat jy deesdae in die Polisie kry, geen wonder misdaad in die land het handuit geruk nie. Sy gaan nadat sy hierdie saak gewen het met die ondersteuning van al haar superiors en politieke konneksies WEER bevordering kry.

neelsie ·

Die kwaliteit van sommige senior amptenare is van die laagste waaraan mens kan dink.
Seker nie aan baie hoe standaarde gewoond nie.
Sulke rassisme is laakbaar.
Laat Afriforum hierdie saak aan die groot klok hang.

Donovan ·

Ek weet nie van julle nie… maar in n mate stem ek saam die vrou oor die oor gewigte polisie manne maak nie saak van ras of kleur nie… As jy betrokke is by opleiding en PT is deel van jou werk kan jy nie soos n otter lyk nie… Dit is net soos om by n GYM aan te sluit en daar is n blabber wat jou wil vertel hoe om gewig te verloor en om spiere te bou…. Hoeveel Polisie manne en vroue kan nie eers hulle skoene vas maak nie… Moet my asb nie verkeerd verstaan nie ek is self oor gewig… maar as ons mooi terug dink in die vroee jare het jy nie n vet polisie man gesien nie… wat nog van n weermag lid… Daar word nie meer op die fisiese kant gekonsentreer nie… Waar is daardie dae dat n polisie man op n Vrydag sy fiksheid toetse moes doen … ek kan onthou dat jy op Vrydae oggende jou staal moes wys… Maar ja oral is ons wit gesiggies vir hulle n groot probleem… My motto is “outshine them”… In my beroep, my laaste 3 bestuurders was van kleur en hulle weet as dit nie vir die wit gesiggies is nie dan kry hy nie n pay, bonus of daai lekker colonial vooregte wat hulle so geniet nie…

Andre van der Westhuizen ·

Jy het verkeerde dier gebruik as n voorbeeld, n Otter is een van die mees beweeglike en mooiste diere ooit, jy bedoel seker OT wat ook VARK beteken.

Koos1 ·

Donovan, pasop vir veralgemening. In die ou dae het lede van 50+ jaar in kantore gewerk en die fisiese opleiding aan die jonger generasie gelos. Die 50+ jariges het die studieplanne gedoen ens. Wat ek hiermee wil se is dat die ouer garde het die kennis gedeel en hulle kant gebring toe hulle jonger was, en die jongeres het die PT en opleiding aangebied.
Wel vandag is die bordjies verhang, die vlak van instrukteurs het so verlaag dat die 50+ jariges nog moet opleiding gee. Wel op 50 wil die ou lyf nie meer so lekker nie, en die jong harde lewe eis dan sy tol. Dit is dalk hoekom jy ouer wit instrukteurs sien wat bietjie oor gewig is.

Johan ·

Ek is 30jr in die polisie en weet nie van `n vrydag fiksheid waarvan jy praat nie. Definitief nie in die polisie nie. Terloops jy veralgemeen met jpou stelling. Al die gegriefde lede is bo 45jr oud en ten minste 25jr diens elk, wat ook hul jaarlikse fiksheid geslaag het. Hulle het bloot siviele drag gedra omdat hulle BMI nie korrek was nie. BMI = gewig vs lengte. Na 3/4 deur jou loopbaan sal jy ook nie meer lyk soos 18 jarige rekruut nie.

Theresa ·

Lyk nie oud genoeg om ‘n generaal te wees nie. Kan die media meer berig oor haar volledige CV? Dan natuurlik baie nodig dat hierdie magvergryper in die koerante en dalk selfs op Focus blootgestel word. Na skuldigbevinding, kan die skouers gestroop word van als wat blink.

Asjas ·

Seker Baas Speurder se side kick gewees, daarvoor haar claim to fame. Saam het die twee SA van alle kriminele elemente gereinig.

Askies, ek het bietjie weggevoer geraak daar …

Eddie ·

Ek ken die Gen-Maj. Sy het meer as 30jr diens in die polisie. Weet nie waar sy hierdie dinge kwytgeraak nie.

Annelize ·

Dis die punt van die ysberg hierdie van wat in die SAPD aangaan…

Botterbul ·

Maar laat ‘n witkind dit durf om sulke uitsprake te maak, dan sal jy voor die MRK gedaag word, ‘n rassis uit gemaak word en boonop beboet of met gevangenis straf gevonnis word.

Hierdie is ‘n sirkus en siek spul.

Waarheid ·

Ek glo WAT DIE HART VAN VOL IS (soos rassehaat) LOOP (en kom op media geskryf) BY die MOND UIT!

talje marais ·

Ek wonder of sy ook na die koerante en nuus gevat gaan word en of haar naam sleg gemaak sal word? Of gaan sy net n verhoging en ‘n nuwe hoër pos in die SAPS kry? Sy is niks beter as Penny nie so ek hoop sy word in die pad gesteek en mag nooit weer in vir die SAPS werk nie. Met ‘n hoër boete as Penny want sy in ‘n publieke pos wat haar beter moet maak as die volgende algemene mens. En die een wat haar aangestel het moet ook verantwoordelik gehou word vir haar uitsprake! Ja dis belangrik om haar CV en vordering ook te ondersoek!

Louise ·

Jy weet dat ons al in n stadium is van ons lewe om ons kinders te leer om twee keer te dink oor die polisie en ek weet nie almal nie. Maar hoe gaan my kind die kaf van die koring kan onderskei……..
Dis nie n ware voorbeeld wat hierde vrou nie moes stel nie. Ai

Danie ·

Twee goed wat in my gedagtes opkom. Hoekom is dit nie op koerant voorblaaie en sy geskors hangende ‘n ondersoek nie. En tweedens, hoe sy ‘n ” Generaal” geword het?

Eddie ·

Glo dit of nie …. Die betrokke Gen-Maj het meer as 30jr diens in die polisie.

Vrystaat ·

Dit sal nog verdere bevordering beteken vir haar. Hoe groter rassis jy is as swart is hoe meer punte. Alles dubbele standaarde.

Asjas ·

Het die Polisie nie juis so ruk gelede genoem dat hul soek meer wit mense in die diens nie? Was daar nie so artikel op Maroela gewees nie??
Vra die witmense om aan te sluit net sodat julle ons kan beledig en verkleineer?

Heinrich J Scheffer ·

As jy na haar Linked In profiel kyk is sy besturende direkteur van n myn. In die staat mag jy nie vir die staat werk en n ander besigheid bedreif nie. Sy moet eenvoudig blootgestel word

Jan van Riebeeck ·

As die wit gesiggies die ander ‘outperform’ laat dit hulle sleg lyk.. En dit plaas die groep onder druk om self te begin presteer… Hulle hou nie daarvan nie want dit beteken hulle moet werk vir hulle salaris.

CAROL ·

JA NEE NOU GAAN ONS KYK WAT GEBEUR. NOU GAAN ONS SIEN OF DAAR WERKLIK “JUSTICE” IN ONS LAND IS

Isak Tait ·

Hierdie is maar net nog ‘n bewys dat rassisme net op witmense van toepassing is. Anderskleuriges word nie deur dié wetgewing geraak nie.

JACQUES JOUBERT ·

EK HET VERLEDE JAAR EN DIE JAAR KRIMINELE SAKE VAN REGSVERYDELING EN CRIMEN INJURIA GEMAAK TEEN DIE WAARNEMENDE POLISIE KOMMISSARIS GENERAAL PHAHLANE EN MINISTER VAN POLISIE , PRETORIA SENTRAAL CAS 745/12/2015.DIT WORD STEEDS ONDERSOEK .HET GISTER N BRIEF VAN NPA GEKRY WAT BEVESTIG DAT SAAK NOG ONDERSOEK WORD .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.