‘Rassistiese’ generaal by MRK aangekla

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die vakbond Solidariteit het vandag bekend gemaak dat hy ʼn amptelike klag teen ʼn senior offisier van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), generaal-majoor Sandra Malebe-Thema, by die Menseregtekommissie (MRK) in Kaapstad gaan indien.

Die klag volg op ʼn voorval wat op Maandag 7 November by die SAPD se Opleidingsakademie in Oudtshoorn plaasgevind het.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het genl.maj. Malebe-Thema, die hoof van basiese polisie-ontwikkeling, tydens haar besoek aan die akademie na bewering rassistiese en vernederende opmerkings teenoor verskeie personeellede verbonde aan die akademie gemaak.

“Malebe-Thema het opleidingspersoneellede na die verhoog ontbied en vernederende opmerkings oor hul kleredrag en gewig gemaak, waarna sy verskeie rassistiese opmerkings gemaak het, soos dat daar te veel wit gesigte in opleiding is en dat sogenaamde diskriminasie teenoor swart studente stopgesit sal word,” het Van der Bijl gesê.

Volgens Van der Bijl het Malebe-Thema na bewering onder meer gesê wit personeellede, wat in sekere afdelings werk, verryk hulself reeds vir ʼn geruime tyd onregmatig. Sy het ook pertinent gesê die wit instrukteurs is rassiste wat die studente onder hul bevel onregverdig behandel.

“Studente deurentyd vir haar opmerkings gelag en kwetsende kommentaar oor hul seniors gelewer.  Genl.maj. Malebe-Thema se optrede het die personeel se gesag oor die rekrute totaal vernietig,” het Van der Bijl verduidelik.

Hy het gesê die betrokke personeellede se grondwetlike reg op waardigheid en gelykheid is ernstig aangetas deur dié optrede. “Solidariteit is tans besig om ʼn formele grief namens sy lede verbonde aan die opleidingsakademie op te stel, sodat die SAPD die saak intern kan ondersoek. Indien die SAPD nie sy eie beleid en voorskrifte nakom nie, kan die vakbond die werkgewer kragtens artikel 60 van die Wet op Billike Indiensneming na die arbeidshof neem,” het Van der Bijl bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Buitestander ·

Ek vertrou regtig dat Malebe-Thema tot orde geroep sal word en dat gesag herstel sal word.

Johnny ·

Goeie grenade, jy glo seker ook aan die tande muis en Klaas Vakie?
Daar sal niks van kom nie. Soos Kerkorrel gesing het: “dis ‘n mors van energie.”.

zoom zoom ·

Sy gaan wegkom met dit wat sy gese het. Niemand gaan n vinger op haar le

Nici ·

En hierdie mense moet in belang van ALMAL optree …. wat ñ grap …. Apartheid is alive and well … die skoen is nou net aan die ander voet. Ons is nie net 23 jaar terug nie, dis veel, veel meer en versoening en die gees van Ubuntu ñ klug.

jr ·

Ha ha, ek het ook gewonder. Party mense verdien dalk hul name !

Ali ·

Een vraag hoe bevorder mens so n persoon? Seriouslly????? Is dit n leier, offisier vir wie ons moet opkyk wat ons as publiek veronderstel is om te beskerm? Maar ja dis regtig n reusagtige skande dat n persoon op daai level sulke twak kwyt raak. As ek dit in my werksplek doen…. ja word ek verseker gefire. So ja laat consistancy toegepas word. So n persoon HOORD NIE IN DIE DIENS VAN DIE STAAT NIE.

pieter ·

Hier gaan niks van kom nie as jy kyk na die foto is net wittes hulle gaan se die klomp werk saam teen haar hulle is rassisties.

popeye ·

Gaan viral op Twitter en Facebook! Onthou net om die agtergrond te gee!

Andrea ·

Ons moet dit nou ons missie maak om sulke goed oral te versprei!

Bullseye ·

Daar sal dadels van kom…hulle doen en se net wat hulle wil

Karin ·

Kyk nou weer die magsvertoning.. En Dan is dit altyd gemik teen die blankes .. Ek staan in pick&pay gister by die voorste betaalpunt in Zambezi retail . man besig om te betaal en daar staan ander entjie web by die toonbank. DAT daardie swart vrou Ons so sleg behandel . magvertoning..

FM ·

Kap hulle SOLIDARITEIT!!!!!! Hou aan….. moet nie opgee nie.Laat ons sien hoe vorder ons regstelsel en of hulle murg in hul pype het. Ons gemeenskap moet asb vir SOLIDARITEIT ondersteun. Hulle doen reuse werk.Dankie SOLIDARITEIT. Byt vas met jul betoog. Hou aan om aan te hou!!!!!

C. Pienaar ·

Verwag julle dat die DA enigsins gaan reageer? Die DA is net ‘n klomp wind. B & B’s. Dis lekker om ook aan die belastingbetaler se speen te suig, al is dit die agterspeen.

Lucas ·

Dink die kamstige Generaal se kwalifikasies moet ondersoek word!! Wat se kursusse het sy deurloop om ‘n generaal te kan wees? Sweerlik weer kader aanstelling!! En jy is reg Lance. Die DA sal beslis niks sê !!

PMB ·

Maroela gaan seker ook nie die kommentaar plaas nie. Die persoon is nie haar rang waardig nie!!! Sulke uitlatings is onvanpas en kan net kom van iemand wat haar rang verniet gekry het “afirmative action”. Sy het seker nog nooit enige opleiding ontvang nie so sy moet sommer daar aanbly vir opleiding. Waar is die dae dat jy moes swot vir jou rang???

E ·

Kleredrag en gewig? Gmf tannie Sandra waar val jy uit met jou 4 goue hangerjies? dis lankal out of fashion.

Joos ·

Daar gaan met mooi NIKS kom van dit nie. Ek het self ‘n generaal by die menseregte kommissie aangegee oor rassisme toe hy ons blankes verneder het in die aanklagkantoor. Hulle het amptelik geantwoord per brief dat dit nie in hul mandaat is nie en dat daar ander maniere is wat ek kan volg (ek weet nou nog nie watter ander manier)

White pigs ·

Sy gaan weg kom nes daai swart onderwyser wat op facebook gese het swart mense is biologies “superior” teenoor “white pigs”. Die Menseregtekommissie het niks aan hom gedoen nie. Die MRK is ‘n groot klug wat net wit rassiste straf.

wilma Potgieter ·

Gn wonder da so oorgrote meerderheid korrupte polisie in di mag nie. Opleidingpersoneel moet ma tevrede wees met met ali bollie wat wil polisie toe

Oom Kalahari ·

So word ons blankes met werks aansoeke ook behandel en word reguit daarop gewys dat dit BEE/AA is en dat jy maar by jou mense moet gaan aanklop vir werke wat ook BEE/AA is deur die regering. Hierdie generaal se onwelkome optrede is ‘n bewys dat die blanke verdruk en verneder word tot in die afgrond en word geen kans gegun op ‘n toekoms of nooit ‘n bevordering sal ontvang nie. Vele mense weet dalk nog nie wat werklik in die praktyk aangaan tensy jy dit self beleef nie en tog moet jy net die verdrukking en vertrapping aanvaar en bid dat iewers ‘n deur dalk mag oopgaan. Sterkte aan hierdie opleiers, want ek weet wat jul moes deurgaan en die sielkundige effek en vernedering wat jul moet saamdra deur hierdie arrogante optrede voor jul studente. Dit is opsigself hartseer om so persoonlik verneder te moet word en met rassistiese klippe (word spreuke) gestenig te word. Te veel poste op hoë vlak is gevul met mense wat dit nie werklik verdien of daar hoort nie, maar dit is mos maar die stelsel en moet maar net aanvaar word.

snoefie ·

ai het duevrou due star lede van haar polisie mag gesien? oirgewig en onfiks. as hulle moet hardloop sal hulle seker dood neersak voordat oortreder gevang was.

Nel ·

Gmmf “dame” se voet! Om ‘n dame te wees moet jy jou soos een kan gedra.

TJ ·

Sy vaar seker teen ander mense uit omdat sy minderwaardig voel omdat sy en haar pelle nie die werk so goed kan doen nie. Die wit instrukteurs word seker van verwag om die standaard te verlaag sodat haar comrades kan pass…sjame

Hendrik ·

ek kan nie veralgemeen nie, maar ek weet van bevelvoerders (vanaf 1993) wat nie werklik geweet het waar hulle inpas nie. in sekere gevalle het hulle standaard heel geval en ander nie. Dit het dinge vir werkers baie moeilik gemaak want ons kon maar min dinge reg doen vir die mentor. Dit het baie gedryf tot “malsiekte”
Ek het maar min van die uniform “anties” gesien wat binne gewigsgrense is.
Wat hierdie rasistiese saak betref. Die beskuldigde sal hierdie saak weer rek tot in die ewigheid in met redes wat normale mense weer teen die mure sal uitdryf.
Rasisme. Daar was nooit soveel rasisme en rasseaat soos nou nie. Ek dink n groot rede is dat jy meeste van die tyd benader word dat “ek is nou in beheer. jy is minderwaardig”. EK SLAAN DIE GHITAAR EN JY DANS. Ek kan dit nie hanteer as ek eenvoudige antwoorde kry en hulle verwag dat ek dit moet glo nie.
Dis mos lyk my die inding.
Nee. ek pak nou te veel uit.

Jen ·

Sy moet op haar kniee gaan en dankie se vir daai bietjie wit gesigte wat sy sien want dis hulle wat regtig iets in die SAP beteken

Jean ·

Sy moet onmiddellik AFGEDANK word soos wat wittes AFGEDANK word wat waag om enige ‘rassistiese’ uitlating te maak. Hoekom word sy nie deur haar werkgewer aangekla en dissipliner verhoor nie, hoekom moet Solidariteit weer julle vuil werk doen? Dit beteken maar net haar werkgewer keur dit goed, wonder as die nuwe wet uitkom of sy steeds niks sal oorkom nie, maar die arme ‘wit gesig’ sal dit weer moet ontgeld.

Jeanne ·

Neem videos mense, versprei die goed aanlyn . . dit is al hoe ons dit die wereld sal kan instuur, ek het het oop noudat Trump die President in Amerika is, voorheen het hulle nie ons stories geglo nie, stuur al hierdie rassistiese videos op FB en oral heen sodat die wereld kennis kan neem. Die doodskis video wed ek jou is al die hele wereld vol, ons moet wakker word en die goed ook begin versprei.

Gerrie Erasmus ·

Ek stem 100% saam maar asb mens neem nie video’s om vir ander te wys hoe oulik is jy en dan boomerang dit soos die doodskis twee nie.

CdV ·

Hoekom is Maroela die enigste wat hieroor rapporteer? Is dit omdat die meeste koerante/ media swart redakteurs het en so voorval nie as nuuswaardig beskou nie en dit “sensor”? Wonder maar net.

Niccy ·

Ja, meeste van die lede word aangestel ‘n gewig binne perke. Net ‘n ruk dan moet hul aansoek doen vir groter uniforms, wat terloops die staat duisende rande kos. Hul bars uit hul nate uit van in stasies sit en gedurig peusel. Sy is seker een van die vet tannies!

Hendrik 2 ·

ek weet van 4 blankes wat in n algemene vergadering by mekkar gesit het. hulle was ook rasisties behandel. daar was vir hulle gesê as hulle nie wil meng nie, dan is daar nie n plek vir hulle nie. Al 4 het die vergadering verlaat en al 4 dra lankal nie meer uniform nie. een van hulle is met depressie uit sy uniform. Hierdie polisie vrou sal dieselde padjie loop met depressie. Dis jammer dat mene se gesondheid daaronder ly.

Marinda ·

Solidariteit moet asb op die generaal se geskiedenis in sapd ingaan en kyk hoeveel jare diens sy het……… en kyk ook na haa trackrecord! Daar gaan n paar geraamtes uit daardie kas spring.

Gerrie Erasmus ·

Ek beveel aan dat elkeen van die wittes ‘n saak van Crimen Iniuria maak teen die sogenaamde generaal. Die storie van die onregmatige verkry van fondse of verryking op sigself is alreeds ‘n misdryf waar mense se eer en waardigheid in die openbaar aangewys was. Top dit op met ‘n verderre siviele saak van naamskending teenoor die minister van polisie, die kommissaris van die polisie en die onmiddelike bevelvoerder van die betrokke generaal en laastens teen die generaal self.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.