“Rassistiese” hond byt kind

Argieffoto

Die ma van ʼn sewejarige meisie wat deur ʼn bulterriër op die knie gebyt is, glo die hond is ʼn “rassis”.

Pam Nkosi, van Honeydew-Noord in Johannesburg, het aan die Sowetan gesê haar dogter het saam met ander kinders in hul kompleks gespeel toe die hond in hul erf ingehardloop het en haar gebyt het.

“Ek glo die hond is ʼn rassis. Die manier wat die hond hom gedra het wys hy is nie vertroud met ander rasse nie,” het sy gesê.

Sy sê die hond se eienaar, Sean Norman, het nog nie haar kind kom besoek of aangebied om tot haar mediese onkostes by te dra nie. Volgens Nkosi beweer Norman die kind is deur ʼn ander hond gebyt of sy het geval. Hy wou egter nie kommentaar oor die voorval lewer nie.

Tarryn Smith, ʼn inspekteur van die DBV, sê hulle het Norman aanbeveel om die hond te skuif omdat die heining te laag is. Die hond is nou by Norman se pa se huis.

Ao. Karen Jacobs van die Honeydew-polisie sê ʼn saak is by die polisie oopgemaak en dit word ondersoek.

Bron: Sowetan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Yolande

Dis nou absoluut belaglik.

Elize Beukes

Oh please get real… rassistiese hond – nou loop dier ook deur!

Leslie

Wat verwag julle!
Dit is mense met wie van ons blankes trou en kinder by het, hulle honde word seker geleer om met ander rasse oor die weg te kom

RinakieDT

hahahaha !!! Hilarious …. nou het ek alles gehoor !!! was daar enige oog getuies ?

Yolani

Wel dit is ‘n hond, honde is tog van ‘n ander ras – en bulterriers veral hou net van hulle self.