‘Rassistiese opmerkings verdeel SA’

rassisme mnn_com

Grafika; mnn.com

Die Menseregtekommissie het Maandag aangekondig hulle gaan die beweerde rassistiese uitlatings wat Chris Hart, Penny Sparrow en Justin van Vuuren op Twitter gemaak het, ondersoek.

Isaac Mangena, woordvoerder van die Menseregtekommissie, het gesê hulle is bekommerd oor die uitlatings wat op sosiale media gemaak is. “Mense is welkom om ander klagtes ook in te dien, indien hulle aanstoot geneem het.”

Sparrow het die naweek op Facebook swart mense met “ape” vergelyk wat “strande bemors”. Ná openbare teenstand teen haar uitlatings, het sy teruggekap en gesê sy is nie ʼn rassis is nie en “help minderbevoorregtes van alle bevolkingsgroepe”.

Hart, ʼn bekende ekonoom verbonde aan Standard Bank, het in die pekel beland oor ʼn twiet waarin hy gesê het “Meer as 25 jaar ná Apartheid, vermeerder die aantal slagoffers, tesame met ʼn gevoel van toe-eiening en haat jeens minderhede.”

Intussen het Van Vuuren ook ‘n herrie ontketen oor uitlatings op Facebook teenoor strandgangers in Durban gedurende die feesseisoen. “Hierdie mense moet teruggaan waar hulle vandaan kom, met hulle 13 kinders. Ons strande behoort nie deur die skuim van ons land gebruik te word nie.”

Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het intussen gesê Sparrow en Hart se uitlatings is polariserend. “Ons het groot vordering gemaak om ons samelewing te bou en rassisme deur groepe of individue kan nie toegelaat word nie,” het Kodwa gesê.

Die ANC Jeugliga het by monde van hul nasionale woordvoerder, Mlondi Mkhize, uitgevaar teen rassistiese opmerkings. “Ons was as land lank genoeg geduldig met rassiste wat sout in die wonde van ʼn samelewing wat probeer herstel van sy traumatiese verlede, vryf,” het Mkhize gesê.

Mkhize het verder gesê swart mense is deel van Afrika en “jy sal hulle (swart mense) elke dag in jou doen en late teëkom”. Haatspraak kan volgens Mkhize nie langer geduld word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Nick ·

Geld rassisme dan ook vir Julius Malema wat “one bullet, one boer” sing en wittes “f…… as…….e” noem?
Ek vra maar net.

S ·

Julius Malema het ook gesê Zille dans soos ‘n aap. ‘n Mes sny twee kant toe.

Yahleda Ihlathini ·

Ja Nick. Ons sal nou sien of almal onder dieselfde kam geskeer word. Rassisme kan mos eintlik net aan een kant gevind word

Piet Pompies ·

Ek stem heeltemal saam dat daar nie plek is vir rassisme in Suif Afrika, maar wie gee die huidige regering die reg om wit mense uit te sluit in enige ontwikkeling en ondersteuning. Hiermee verwys ek na verskeie ministers se uitlatings dat net sekere etniese groepe kwalifiseer vir ontwikkeling. Dit is mos ‘n program wat op ras gebasseer is veral as mens kyk na die tydperk van meer as 20 jaar wat die ANC aan bewind is.

Elizabeth ·

Ek het gelees dat engen nie meer franchises aan wit mense gaan verkoop nie want hulle het nie wit mense nodig nie. Adieu engen, jawitz en standard bank.

martin ·

Ek dink ons land het groter probleme wat baie meer aandag moet trek as een opmerking wat iemand maak. Hoekom word die land se groot probleme ook met soveel woema en geesdrif aangepak nie?? Is dit omdat die dame ‘n sagte teiken is?
Dit is seker groter en baie meer werk om die Rand onder beheer te bring, Krag in die land uit te sorteer en werkskepping te bewerkstellig. As iemand my ‘n Aap noem is dit sy opinie en dit pla my nie. KOM ONS KRY NET FOKUS IN DIE LAND MENSE!!!!!

Danie ·

Waarom is dit net die een kleurgoep wat as rassiste uitgekryt word? Skynbaar kan die ander groep nie rassiste wees nie al sê hulle die verskriklikste goed. Skynbaar is dit hulle reg agv sogenaamde sondes van die verlede. Is net een groep rassisties en sondig en die ander groep net goed en reg?…. . Dis regtig belaglik! Iewers sal iemand se oë moet begin oopgaan.

Rita ·

Ja, Danie ek wil ook graag weet wat gebeur met die mense wat erge kommentare op die ENCA blad gelewer het. Ek het ‘n paar van die kommentare ‘ge-screenshot’ op my tablet. Van hulle plaas op skrif dat witmense doodgemaak moet word of herhaal dinge soos ‘one settler, one bullet en nog meer. Ons word ‘pigs en pinks’ genoem. Is dit nie presies dieselfde as haatspraak nie?

Danie ·

Die menseregtekommissie en al die bogenoemdes wat nou ongelukkig is-is skuldig aan rassisme. Kyk na die ongelukkiges hierbo se vorige uitlatings en wat sê die menseregtekommissie daarvan. Dit is net die blankes wat Suid-Afrika kan verdeel met haatspraak. Nege en negentig present van die tyd wanneer hulle hulle monde oopmaak is dit ergerlike swart haatspraak. Die menseregtekommissie en die hele spul is ‘n grap. Die menseregtekommissie in Suid-Afrika moet ook internasionale aangekla word want hulle is deel van ergerlike haatspraak en bevorder spesifiek swart propaganda.

Acca ·

Ek hoop net die verskriklike dryf om rassisme te stop sny weerskante toe vir almal ongeag sy kleur wat rassistiese opmerkings maak. Ek word rassistiese aanmerkings toegesnou maar moet dit gelate aanvaar omdat dit van ‘n sekere groep mense afkom wat homself die reg gee om dit te doen

Willie ·

Wat van Pres/Dokter J Zuma wat voor sy ANC lede sing by ‘n ANC optog in NATAL, dat hulle wapens moet optel teen Blanke mense en Boere wat seker vandag die doodelikste werk het. Is dit nie Rassisme nie? En waar is die Media dan? Wie kan ook vir my sê hoekom daar nie teen hulle opgetree word soos per uitsondering teen die mense nie?

Christo Visagie ·

Willie, as jy te eerlike vrae vra op Maroela media plaas hulle dalk nie jou kommentaar nie, dalk moet hulle Steve Hofmeyer aanstel, hy is nie bang om sy sè te sè nie.

Arie ·

Dis n siek grap, net die wit mense is rassiste, alle ander rasse kan se en doen wat hulle wil

RSA ·

En dit is okay , vir ons president om te sing , brinf my masjiengeweer, en dat hulle die wittes wil skiet? Malema , wat sing “shoot the boer” ?

Nee wragtig , wie is nou eintlik die grootste rassiste?

René ·

Weet jy ek raak sommer naar. Ek so gatvol vir die regering en sy mense. My dogter se bestuurder het so 4 weke terug vur haar in haar gesig gese dat sy ‘n rasis is en dat sy wit mense absoluut haat maar hulle verdra omdat sy moet….was dit nou ‘n uitlating van ‘n wit persoon was die herrie los. Pateties verby. Dis tyd dat sekere mense ophou wegkruip agter die rasisme verskoning en wakker word….wonder hoe lank gaan ons die crap nog opvreet…

Annette Williams ·

Nou waar moet die streep getrek – Ons Blankes word uitgemoor – en in ons gesigte word gese “WHITE TRACH” nou is dit nie ook iets om te ondersoek nie, Bekende Opera het gese white must be killed ens ens wat is dit of tel dit nou net vir Whites ons mag nie maar hulle mag really!!!!!

chrisp ·

Maar natuurlik is SA verdeel.Dit staan in die al drie die groot partye se beleide.
Ons word dus gedwing (volgens wet ) om verdeel te wees,

Willie ·

Hoe gebeur dit dat ons ‘n President het wat nooit in sy lewe in ‘n skool was nie. Google dit dis waar! Is dit hoekom hy nie kan lees of skry nie. Wie doen dan sy werk vir hom?

Johann ·

Wat van die ander swartes wat so aan gaan? Malema, Zuma ens.

Billy ·

Dit is nie die wittes wat die land verdeel nie… dit is nie n geheim wie die haatspraak – meesters is nie

Ag Ja ·

Almal in die land is verdeeld. Of jy nou wit, pienk of pers is. Alle etniese groepe dink die een is beter as die ander. Dis net maklikker om die “ander” te beskuldig (maw die wit minderheid) as iets skeefloop. Haatspraak word teen en vir almal verkondig. Dit kom op daardie ding neer, If you can’t beat them, join them. Dis hoekom ‘n sekere politieke party so groot groep ondersteuners het, een krimineel wat die ander probeer oorskadu, en verder hits hulle mekaar aan. Dis soos ‘n dwelm handelaar, een maak die dwelm, een versprei dit, een koop dit, gebruik dit, en netnou netnou sit almal hoog in die takke van gerooktheid, maar in die werklikheid kom niemand nêrens. Same old pointing finger situation.

jakes ·

Die apies om my huis verwoes my rose en hele tuin. Maar die MENSE wat die naweek Amanzimtoti annekseer het was veel erger. Ons sukkel nou nog om al die drankbottels, skerwe en gemors op te ruim.

Loeis ·

Ene Jupher het oor Hart se stelling getwiet dat Hart en sy gesin uitgemoor moet word (sien http://praag.co.za/?p=35864), maar hy word nie deur die menseregtekommissie ondersoek nie.

Die partytjie gaan voort, en mense is tevrede solank hulle rugby en kriket kan kyk in hul gekkeparadys.

Loeis ·

Met komplimente van die Nasionale Party, FW de Klerk, Pik Botha, Roelf Meyer, Theuns Eloff en vele ander.

Psst, die mense wie vir hulle gestem het skaar hulself vandag by ‘n ander party. Hulle dink ook daardie party gaan nou die probleme regmaak. Hulle moet maar Liewe Heksie saam met Nkosi sing nadat hulle helde op die veld verskyn het, dis sal gepas wees in die gekkeparadys.

Vic ·

Wel, stuur n formele klagte teen die siel na die menseregtekommissie. Of vra Afriforum om dit te doen. Maklik genoeg.

Elizabeth ·

Ag asseblief. Suid Afrika was nog nooit een nie en sal nooit een wees nie. Elke generasie kweek die volgende geslag rassiste. Die mense wat nou kamma so vervolg word, let bietjie op dis oorheersend swart en bruin mense wat nou vreeslik verontreg voel, maar o wee laat zuma of een van hulle net iets doen dan is hulle doodstil. Dood goed en goed dood.

Jan maak n Plan ·

Ek stem volhardig saam met die bogenoemde komentare. Ek hoop van regte die mense regte kommisie beky die sake, maar dan ook die handelinge van onse sogenamde leiers van die regering. Maar nou ja, ek staan seker n groter kans om swanger te raak as wat die mense regte kommisie ook na die regering se handeling en uitsprake kyk, ne. Dis mos lekker in Azania.

Realis ·

Ek laat sak my kop in skaamte vir sulke mense. Wat het die swart mense julle aangedoen dat julle so vol haat en nyd is?

0epsie ·

Realis, kom nou… rerig???
Dink aan Nkandla, dink aan die $500miljard se verlore valuta. En, plaasmoorde. En BBBEEE, en korrupsie, en…. nee, daar is te veel enne….

Wim Kotze ·

Al ooit gehoor van Piet Retief, Bloukrans en Moordspruit? Of meer onlangs Kerkstraat en Amanzimtoti? Of moet ons die nuwe geskiedenis van Suid Afrika net heelhuids aanvaar?

Andre ·

Het ‘n vroulike ANC minister nie onlangs waar sy Kleurlinge in Upington omgewing toegespreek het, na hulle verwys as Hotn*ts nie? As Mkhize sy snater rek oor haatspraak, neem hy dit in ag? Het hy enigiets gesê toe Peter Mokaba en Winnie Mandela gesing het “Kill the Farmer, kill the Boer”? Het hy enigiets gesê toe Julius Malema en sy trawante dit gesing het? Sê hy enigiets daarvan noudat dit in aksie gesien word? Dis maklik wanneer dit aan jou vel raak maar kan jy die verkeerd daarvan raaksien wanneer dit van jou eie kant kom?

BoereBikerBaby ·

Wanneer gaan hulle besef rassisme sal nooit verdwyn, tot in America is rassisme nog ‘n groot issue. Mense is altyd te vinnig om die rassisme kaart te speel wanneer iets nie volgens hulle uitwerk nie. Rassisme is iets wat nooit sal weggaan nie, nie oorsee nie, nie hier nie.

As die mense my wit boertjie noem, voel ek trots daarop. – se maar net.

Marthie ·

Ek stem saam rassisme hoort op geen plek nie, maar weet jy wat maak my vies………? altyd die klem op wit rasse wat uitsprake maak soos bogenoemde en geen maar absoluut geen klagte word teen ander rasse ingedien nie en ook nie nie ophef in die media daaroor gemaak nie…….en ek dink dit is wat n mens omkrap……….skeer almal oor een kam regverdig en dan praat ons weer.

Frans ·

Dit is nou tyd dat die Afrikaner terugkeer na God toe en ons hulp daar soek. Dit is ook nou tyd om met verkiessings vir die VF+ te stem. Bestudeer hulle beleid en hou op om te sê hulle is ver regs en so aan. Ondersteun Afriforum in hulle aksies.
Vir realis kan ek maar net sê word wakker en leer n swarttaal aan dat jy kan verstaan en hoor hoe jy beledig word in jou teenwoordigheid

Chanel ·

http://www.sahrc.org.za/home/index.php?ipkContentID=23

Hier is die link om mense aan te kla by die mense regte kommisie. Hou op kla en kla zuma en al die ander rassistiese mense aan. Ons MOET begin om iets daadwerkliks te doen. Om te sit en sanik gaan niks help nie. Ons kan al ons plaasmoorde artikels en so ook die ander artikels begin aanstuur na buitelandse koerante sodat die wereld daar buite die waarheid kan sien. Ons kan ook fotos begin neem en versprei van die haglike omstandighede waarin wittes woon. Want dis mos net altyd, shame. Staan van jul agterstewe af en begin baklei! Hou op vra wie en wanneer. Jy kan self iets doen. elkeen van ons kan self iets doen. As elk een ‘n verskil maak, is dit op die einde ‘n groot verskil. Kom by mense!!!!!!!! God vra leiers nie klaers nie. Staan op vir di twat God vir ons gegee het en wees groot genoeg om ook die waarheid te sien da tons dit self weg gegooi het in die eerste plek. Wie hou regtig nog die velofte vna 16 Des? Hoe wil ons dan geseen word?

mmmmm ·

Liewe hemel. Het almal dan nou mal geword. Ander mag se wat hulle wil en dit orals plaas en versprei en daar word geen aandag aangegee nie. Nou dat ons gatvol is, nou is ons alweer verkeerd.

Ek persoonlik dink ons moet ook maar net begin die reg in ons eie hande neem en weier om te aanvaar wat in ons keelgate afgedruk word.

Jacoba ·

STOP regstellende aksie dit is een van die GROOTSTE RASSE diskremeneering PROBLEEM. NOU!

Dee ·

Vele van die mense wat hier saam met jou mor en kla stem steeds daarvoor saam met Zille en kie.

Glen ·

Dit is nie die haat na n ander vel kleur wat opmerkings so die van Penny veroorsaak nie . Dit haat om te staan en toe kyk hoe ons pragtige land af gebreek word. Dit is die haat om tesien hoe mese op plase soos skaape geslag en vermoor word . Die haat om met vrees en agter tralies weg tekruip en die vrees dat jou geliefdes die volgende op die nuus is . Wanneer gaan ons se genoeg is genoeg ?

Liewe lulu 1 ·

Gebruik asb die link wat Chantelle geplaas het. Ek sien my naam is gekaap, so ek sit nou maar n 1 voor dat julle kan weet dit is ek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.