‘Rassistiese’ Swart Maandag-plasing: Student voorheen skuldig

‘n Skermskoot van Nkonzo se uitlatings.

Die student aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat op Swart Maandag rassistiese uitlatings teenoor wit mense gemaak het, is voorheen aan wangedrag skuldig bevind.

Lonwabo Lwazi Nkonzo het op 30 Oktober te midde van Swart Maandag-optogte wat landwyd teen geweld en plaasmoorde plaasgevind het, op Facebook geskryf: “Dear white people. F**k you and your non-existent genocide.”

Hy het ook ʼn foto van homself by die inskrywing geplaas waarin hy ʼn weggooibare beker vashou met die woorde “white tears” daarop geskryf. Nkonzo het ook op dieselfde dag geskryf: “Black woman are raped by these farm-owners. The dop-system is killing communities. Salaries that are below minimum wage fail to put bread on the table. The inhumane treatment of workers is appalling and if you need a reference, read about these farm-owners, Willem Oosthuizen and Theo Jackson (sic).”

ʼn Ander student aan die universiteit se pa het ʼn skermskoot van Nkonzo se uitlatings gemaak en aan prof. Wim de Villiers, rektor van die universiteit, en die media gestuur en gevra hoe hy die geval van rassisme gaan hanteer.

Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, het vroeër bevestig die eenheid vir gelykwaardigheid het die onlangse beweerde rassistiese kommentaar op sosiale media deur ʼn US-student ondersoek en aanbeveel dat die saak na die kantoor vir studente-dissipline vir verdere ondersoek verwys word.

“Dié voorlopige ondersoek is tans aan die gang. Op grond van die bevindings van die voorlopige ondersoek word ʼn besluit geneem wat mag insluit dat die bewerings van wangedrag ondersoek word deur die studente dissiplinêre komitee in terme van die US se studente dissiplinêre kode op ʼn geskeduleerde datum.”

Viljoen het intussen ook bevestig dat Nkonzo in 2016 tydens die studenteprotes aan oortredings wat met wangedrag verband hou skuldig bevind is.

“Na aanleiding van die verhoor het die paneel ʼn gepaste sanksie toegestaan. Nkonzo het teen die skuldigbevinding geappelleer. As gevolg van ʼn verskeidenheid redes kon die appèl tot op hede nog nie aangehoor word nie.”

Volgens Viljoen het Nkonzo en sy regsverteenwoordigers egter net tot eerskomende Vrydag tyd om met die universiteit ʼn datum af te spreek vir die finalisering van die appèl. “By versuim hiervan sal die US die aangeleentheid voor die appèlkomitee plaas vir finalisering daarvan.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Melanie Boardman Capazorio ·

Ek is mal oor Suid Afrika en bid vir verdraagsaamheid, vrede en naasteliefde. Ongelukkig is daar altyd dubbele standaarde, dit maak mens moedeloos.

EK HAAT SA ·

Ek haat Suid Afrika, ek is ‘n Suid Afrikaner, ek en my ouers en hulle ouers is hier gebore en het hier grootgeword. EK het nooit vir apartheid gestem nie, ook nie hulle nie .. inteendeel destyds met die Sappe en Natte was hulle al aan die verkeerde kant. Nou moet ek en my nageslag gevloek word deur swartes (in hulle twintigs) wat OOK nie deur apartheid benadeel was nie maar op universiteitsbanke kan sit waar EK nie kon sit nie omdat my ouers dit nie kon bekostig nie. Ek moes maar met my eie geldjies na-uurs studeer. Ek haat Suid Afrikaners, wit en swart, ek haat die land, ek is skaam vir my land en sy mense, ek is skaam vir mense wat gemartel en doodgemaak word, ek haat die misdadigers, ek haat die regeerders wat dit toelaat .. as dit so maklik was om in te pak en te trek, het ek al . maar glo my ek beplan ernstig daaraan .. SA is ‘n TWEEDE ZIMBABWE, al bid jy hoe hard . ons is soontoe oppad.

snoefie ·

jy is so reg.dit was nie net swart mense wat benadeel was deur Apartheid nie. maar in tipies Afrikastyl moes hulle dit ook kaap en hulle eie maak. hoekom haat hulle so? moes juis die lyding van die groter meerderheid van Suid Afrikaners ons nie juis verenig het nie? maar in tipies Afrikastyl word Kleurlinge, Indiërs en veral Blankes uitgesluit. dis siek!

Heinrich ·

Ai tog EK HAAT SA; soveel haat moet jou opvreet! Jy laat ongelukkig toe dat ‘n klompie belhamels jou siening verander na ‘n verskriklike veralgemening toe. Die mense met wie ek omgaan se harte is op die regte plek. Ons erken ons is almal Suid-Afrikaners maar dat daar definitiewe verskille in ons kulture is. Sit bietjie die emosie onder beheer en hanteer die ding soos ‘n volwassene; wys aan die klomp wat jy so haat hoe ‘n beskaafde, volwasse mens die ding sou hanteer.

Verlepte botterblom ·

Ek stem heelhartig saam en ek wens ook ek kan uit die land. Ek was van die armste kinders in ‘n arm woonbuurt en het letterlik niks gehad nie behalwe die klere wat ek erens geerf het. Als wat ek besit het ek hard voor gewerk. As hulle ons so graag wil uit hê gee my die geleentheid om na ‘n land van my keuse te gaan, maar dit word om elke draai bemoeilik. Ek is hardwerkend en sal graag vir ‘n land wat my dienste sal waardeer en nie my velkleur wil gaan werk. Ek is nie bang vir werk nie, welke tipe werk. Ek is nie bang om engels te praat nie. Ek soek maar net vrede en rustigheid… Ek is met jou “Ek haat SA….” Wens kon my kind die geleentheid bied om oor die water te gaan waar daar meer geleenthede is…

@ Heinrich ·

Seil jy rustig op jou wolkie, jy sal ook eendag wakkerword soos die Zimmers. Volwasse en beskaafd? Het ek gevloek? Het ek geskel? Siestog, wonder of jyself nog nat agter die ore is en ook nie ‘n woordeboek naby het om die betekenis van volwasse of beskaafd op te kon soek nie. Julle is gelukkig in die minderheid. Klompie belhalmels is ongeveer 18 miljoen, nou as dit ‘n klompie is, dan kan jy nie tel nie.

FA ·

Die saak sal nie as dringend of êrenstig beskou en hanteer word, deur Win de Villiers nie, want die student het nie sy gesig geverf nie.
Dubbel standaarde in die volmaakte vorm.

Oupa F ·

Ag van US se “ondersoek” sal dadels kom. Geen optrede teen hierdie student sal plaasvind uit vrees vir ‘n teen-reaksie. Nietemin volg ek die verloop van hierdie klug met belangstelling

chris ·

gelukkig het hy darem nie sy gesig blou geverf nie, dit sou darem te verskriklik gewees het

honourable member ·

Shame ook seker maar nie veel van n intelligensie vlak nie. Sterkte seun hoop jy kry gou een.

Skepties ·

Waarom is hy nie summier geskors nie? Waarom nie in hegtenis geneem vir haatspraak nie?
Skreiende dubbelle standaarde!!!

HPV ·

US is in elk geval so liberaal eensydig dat niemand hul studente ernstig opneem nie.

Erick ·

Maar as blanke studente hul gesigte pers verf vir ‘n makietie dan word hulle onmiddellik geskors. Geen tyd vir die dubbele standaarde nie.Kry alles in volle maat wat oppad is. Geen simpatie met dié mense.

kat ·

Wim de Villiers en sy span is te lamsakkig om enige probleem op te los wanneer dit swart studente is. Dan word alles onder die mat gevee – maar behoed jou siel as jy wit is, Dan word jy sommer dadelik geskors sonder om eers jou ouers te verwittig soos met die pers -gesiggie debakel. Baie baie gou om wit studente te vervolg . Baie stadig en laaaaang proses indien die student van kleur is. Ek het geen respek vir die bestuur van US nie – want respek word verdien. Nou het US nog ‘n rugraatlose mens bygekry en dit Jansen – nou dit spreek boekdele van die patetiese Bestuur………

waarheid ·

Kyk hoe lyk dit – oppad na nerens al is dit by die Universiteit.

adriana ·

So hierdie mens het al ‘n vorige oortreding maar is nog steeds by US? Was dit nou ‘n wit student was dit nou ‘n ander saak ne De Villiers? Is ek reg? Dan was die wit student summer verwyder met die EFF op sy hakke en die VALKE ook. Ek is seker ek is reg. De Villiers is net so ‘n uitverkoper as de klerk en roelfie.

Batman ·

Foeitog shame! Hy gaan seker ook nou net berading kry. *Skud maar net my kop*

AntieSantie ·

Whites in South Africa are not welcome here. We are unwanted guests in our own country. In the US African Americans are far outnumbered by the European Americans but riot everyday for so called equal rights. Maybe whites in SA can trade places with them. Problem solved.

Tropie ·

Ek is hier gebore. Ek het bloed, sweet en trane gegee vir my land. Ek behoort hier en sal my teenwoordigheid met my laaste druppel bloed verdedig.

kat ·

Toemaar EK HAAT SA – dit gaan verander – nie nou al nie – maar dit gaan.Lees gerus Siener se boeke en dan sal jy dalk uit ‘n ander ander oogpunt kyk en jy sal hoop he. Dit gaan defnietief verander. Glo my asb.

winning ·

Win de Villiers is n bsie verligte rektor. Net wat die US nodig het. Hy vat vas.

Oupa D ·

Is dit nie skreiend dat EK HAAT SA so reg is nie. Alles wat beweer is waar! Watse gemors het ons van hierdie land gemaak? Kinders, as ou man wat nerens heen kan gaan nie, pleit ek dat julle ag slaan op die woorde van die mense hierbo – soek ander heenkome. SA se dae van veiligheid en sekuriteit vir ‘n toekoms is tragies verby.

Wl ·

Wonder maar net, as ons so ‘n euwel en balk in hulle oë is, hoekom maak hulle nie maar net ‘n reëling met die Europiese lande van waar ons voorouers vandaan kom nie, gee ons werk en behuising in ons voorouer vaderland, gee ons gratis vliegtuigkaatjies uit die land uit, en eks seker hulle is ontslae van 90% van ons wat probeer om te oorleef in SA.

HPV ·

Stem saam, ek sal eerste op daardie vliegtuig wees om van mense soos hy ontslae te wees!

Woede en Haat ·

EK HAAT SA – jy is so reg. My ouers se ouers moes destyds uit Rhodesië vlug en alles agterlaat wat hulle voor gewerk en besit het. Die geskiedenis herhaal homself, want ons sal ook alles moet nalaat in hierdie eens pragtige, vooruitstrewende land. As ouer van ‘n 2018 eerstejaar Universiteit Stellenbosch student, huil my hart omdat my kind moes deel wees van die reënboognasie, maar steeds moet jammer sê omdat hy Wit is. Wat steeds nie ‘n gelyke kans kry nie, alhoewel hy binne die nuwe demokrasie gebore is en nie grootgemaak is om ander te haat nie en ‘n rassis te wees nie. Hy is egter nie blind vir die gebeur in ons land nie en het vrye denke. As enkel-ouer is ek nie arm genoeg om finansiële hulp te kry nie. Ek sal alles in my vermoë doen om my kind sy Graad te laat voltooi en uit hierdie land te kry. Vir my is dit te laat, maar hy kan nog. Ek is kwaad, ek is bitter en die haat wat daar nie veronderstel is om te wees in ‘n Christen hart nie, begin swaarder druk as ‘n positiewe en vredeliewende gesindheid. Dit sal wel eendag beter raak, maar voor dit beter raak, gaan die seer bars en SA gaan brand. As woede en haat aan uiting gegee is, gaan mense besef dat daar geen wenners in oorlog is nie en wie weet dalk hande vat en herbou.

wonder ·

Hierdie een gaan so nie werk kry nie!! Hou rekord van die vreeslike uitgesprokenes. Kyk hoe lyk dit – ……………… en vir hiedie tipes veg De Villiers! Wonder waarom dan?

HPV ·

Wonder, van ons besighede hou reeds sulke rekords met fotos , selfs videos van protes optogte. Ons wil nie eers sulkes se werksaansoeke oorweeg nie.

wonder ·

HPV – Jy moet ‘n boek saamstel van al hierdie’s sodat dit aan aan die werkgewers versprei kan word met die ook op aansoeke vir werk in die toekoms.

Drikus ·

Komaan Prof Wim, daai ou se kommentaar was sonder provikasie rassisties. Help hom tog reg asb. Hy gaan te veel sukkel met sy kompleks.

FM ·

Wim de Villiers is gekaap net soos mugabe. Hy regeer nie meer nie, daar word namens hom deur die eff regeer. Punt. Hy is n lamsak.

JOHNY ·

kom nou Mense Wees meerPositief .FW De Klerk Het mos gese die Wigte en Teenwigte gaan nog Inskop . Wees net Geduldig

Johny ·

Kom nou Mense Wees Asb nou net meer Positief .FW De Klerk het mos Gese die Wigte en Teenwigte moet nog Inskop

Danie ·

Ja as n Boer dit geskryf het was hy klaar toe gesluit .Seker groepe kan se wat hul wil ,maar dit is soos FG se daar sal niks van kom nie

wonder ·

FM jy kon die beter gestel het nie!! 100% vir jou!! Cum Laude!!

Pippa ·

Hierdie tipe uitlatings is nou al so holrug gery dat dit nie eens meer skokkend is om dit te lees nie. Die beste reaksie is geen reaksie. Die uitlatings word juis rondgeslinger om n tipe reaksie te ontlok. Nee wat boetie my tyd word eerder bestee aan positiewe en opbouende uitlatings.

Adam ·

So vinnig as wat die pers gesigte eers veroordeel en toe ondersoek was, so langsaam sal hierdie ondersooek ‘n stille dood sterf om vrede vir die rektor te bewaar.

susan ·

Met soveel haat siestog man
Gaan sien ‘n sielkundige ander lande het baie misdaad

Jd ·

Betrurendwaardig. Arme outjie is aandag soekerig. Wys ons eerder sy uniwersiteits punte…..

Wim ·

Nou gaan dan oorsee, maar hou asb op om so te kla.

Wim is oopkop. hy laat nie dat enige ding hom onderkry nie. As ons maar meer sulke mense in die land gehad het.

Haal julle kinders uit die universiteit en skole uit en gaan net waarnatoe jul wil.

ek is deel van die reenboognasie en sal hier bly.

Freud ·

Gaan hy ook soos Me Sparrow en Me Momberg beboet word of gaan dit ook ‘n geval van dubbele standaarde wees en gaan hy net oor die vingers geraps word deur die universiteits owerhede en wegkom daarmee?

Ada ·

Wat het met die swart student gewordvan Porch ek dink wat ook dieselfde tipe ding kwytgeraak het en dat boonop n leiersfiguur beklee? Maroela kan julle dalk n opvolg doen asb?

Sputnik ·

Wat ‘n spul negatiewe kommentaar, gepaardgaande met erge haat vir alles en swak skryfstyl! Eish!!

Ashley ·

Nee, jy is die volstruis boet!! Al 25 jaar in Amerika, en lewe word beter dag vir dag. Gaan kuier oorsee en sien ir jouself.

SafriKiwi ·

‘EK HAAT SA’, jy is so reg! Ons was so bevoorreg om 2 jaar teurg ons kinders uit SA te kon neem en woon nou al 2 jaar in die buiteland. Ek voel meer aanvaar hier as ‘n wit, Afrikaner as wat ek ooit in SA in die werksplek gevoel het. Jong mense, daar is ‘n wêrel van vryheid daar buite sonder rasse haat waar elkeen ‘n plek het! Kom uit as jy kan.

rox ·

Ai ek beny julle. Sterkte en voorspoed. Sal ook graag die land wil verlaat

PieterF ·

‘n Positiewe benadering is verseker beter as om negatief en swartgallig te wees. MAAR dit moet nie verhoed dat die waarheid in die oe gekyk word nie. Wittes is nie welkom in die land nie en word as ‘n minderheidsgroep deur die massas swartes verswelg. Enige beskaafde en regdenkende menslike wese sal besef dat die klein groep wittes wat in SA oor is na 25 jaar van meerderheidsregering geen bedreiging inhou nie. Stede en dorpe is vervalle , dienslewering bestaan nie en die Zuptas beheer die ekonomie. Die blankes word blameer. “HAAT SA” kan dus nie verkwalik word vir sy sienswyse nie.

anti-wim ·

Wim is ‘n pateet en is anti-Afrikaans Wim, en is is so jammer vir jou wat ‘n aanhanger van hom is. Jy word dan onder dieselfe kam as hy geskeer. Kyk net wat De Vill nou weer aangestel het by US: Vir Jansen – en hy het soveel skade veroorsaak – ‘n goeie move van De Vill? Nee! Swak swak swak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.