‘Rassistiese TikTok-rekening’ nié US s’n

Die Universiteit Stellenbosch (US) veroordeel ’n TikTok-rekening waarin die universiteit se naam en logo glo wederregtelik gebruik word. Dié rekening is glo gebruik om rassistiese aanmerking te maak.

Die rekening is Sondag onder die universiteit se aandag gebring en volgens die universiteit se bestuur is nie die rekening of die rassistiese opmerkings verteenwoordigend van die universiteit se waardes nie. Die universiteit sê hy het nie eers ʼn amptelike rekening op hierdie sosialemediaplatform nie.

Prof. Hester C Klopper, US-Viserektor: Strategie en Internasionalisasie, sê die universiteit het die valse rekening en plasings onder TikTok se aandag gebring, en is besig om kriminele klagtes aanhangig te maak. “Die betrokke plasings is nie net afstootlik rassisties nie, maar dit is ook uiters vernederend en oneerbiedig teenoor die studente, personeel en ander belanghebbers,” sê Klopper.

Maroela Media het dié rekening probeer opspoor, maar dit is blykbaar intussen van TikTok verwyder.

“Die US veroordeel rassisme en die skending van menseregte ten sterkste. Rassisme is in teenstelling met die waardes van die universiteit en die kultuur van respek en menswaardigheid waarna die instelling strewe en is strydig met ons beleid oor onbillike diskriminasie en teistering,” het Klopper gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jzjz05 ·

Die skirminkel wat hiervoor verantwoordelik is hoop ek dat hulle hom vinnig vang .

Jakes ·

As die universiteit kwansuis rassisme veroordeel, kan hulle dan asb in die openbaar ook swartbemagtiging veroordeel want dit is ook rassisme?

Johnny ·

Wanneer jy optree soos US, moet jy maar verwag dat jy geteiken gaan word.

Annatjie ·

US probeer die aandag aftrek van die mense wat kla oor hulle taalbeleid. Een teen tien een van hulle bevoordeelde studente wat die rassis is op TikTok.

Josua ·

As dit n wit persoon is sal hulle aandring op vervolging, maar as dit ‘n swart person is sal die rasse kaart weer uitgeplik word as verskoning en die verlede as verskoning gebruik word om vervoging vry te spring , dalk het dit tyd geword dat selfondersoek gedoen word om te bepaal waarom die dinge in die eerste plek gebeur het maar ons weet reeds wie dit aanwakker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.