‘Rassistiese uitbarsting’ oor sportverbod: ‘Ek sal dit vir altyd berou’

'n Skermskoot van die plasing voor dit verwyder is. Die foto is digitaal gemanipuleer.

‘n Skermskoot van die plasing voor dit verwyder is. Die foto is digitaal gemanipuleer.

Matthew ‘Matt’ Theunissen (26), die jong man wat erg deurgeloop het nadat hy rassistiese uitlatings op sy Facebook-profiel gemaak het, het gesê hy sal die voorval vir die res van sy lewe berou.

“So no more sporting events for South Africa… I’ve never been more proud than to say our government are a bunch of K*****S…yes, I said it so go and f**k yourselves you black f***ing c***s.” [sic], het Maandag op Theunissen se Facebook-profiel verskyn. Dit was in reaksie op Fikile Mbalula, die minister van sport, se onlangse verbod op sporttoernooie weens transformasie.

Die profiel is egter teen Dinsdag verwyder nadat ʼn skermskoot van die plasing soos ʼn veldbrand op sosiale media-platforms versprei het. Theunissen het in ʼn onderhoud met die radiostasie Cape Talk aan die aanbieder John Maytham gesê hy was baie kwaad oor die minister se uitlatings en dat hy dit in reaksie daarop gemaak het hoewel hy weet dit is nie ʼn verskoning nie. Volgens Theunissen is hy al vir langer as ʼn jaar werkloos weens die “tipe politiek in die land”.

Volgens Theunissen het hy die inskrywing kort nadat hy dit gemaak het verwyder, maar iemand het toe reeds ʼn skermskoot daarvan gemaak en dit op Twitter gedeel. “Ek sal dit vir die res van my lewe berou. Ek is spyt oor die taal wat ek gebruik het en weet dit is maak seer en is onvanpas.”

Theunissen het gesê sy uitlatings is nie ʼn weerspieëling van wie hy is nie. “Ek is glad nie ʼn rassis nie. Ek het die regering gekap en nie na die hele land as sulks verwys nie. Daar is niks wat ek nou daaraan kan doen nie. Ek weet dis nie ʼn verskoning nie, maar ek wou net graag jammer sê.”

Theunissen het ook aan Maytham gesê hy sal die Menseregtekommissie kontak ten einde die saak te bespreek. Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het Dinsdag gesê sy sal die voorval na die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie verwys vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Richard ·

Ja Andre, Patricia moes, want sy staan vir almal se regte. Wit, Swart, Indiër en Kleurling.

Vince ·

Die land se mense met breins is net so gatvol soos Matt en al se hulle dit nie, dink hulle dit. Moenie sleg voel as jy jou mind speak nie Matt, kyk na Donald Trump wat elke dag sy mind speak en oorwin!!!

elsabe ·

Weereens mag net sekere kleure mag uitbarstings kry en wil sommer wapens opneem. Wat n belaglike spul

Kaspaas ·

Wat hy gese het is verkeerd maar as die DA maar net so vinnig op hulle perdjie was met die Wits student wat “kill whites” en “f.uck Qhites” op sy hemp gehad het. Hulle is so hard besig om te probeer wys hulle is nie n wit party dat hulle teen die wittes draai, daarom sal my stem nie meer na DA gaan. Nie eens te praat van verlede week se insident by Obz kafee maar al wat jy hoor van swart op wit rasisme is stilte.

Apie ·

Die anc kaders, en veral die minister is verantwoordelik vir hierdie tiepe van uitbarstings. Kla hulle aan. Daar is bai mense wat voel soos hierdie jongman!!!! HOU POLITIEK UIT SPORT!!!!

ou tannie ·

Ja ek is ook nie n rassis nie. Mense se dit altyd : ek is nie n rassis nie maar……

B ·

Wel..hoe dom kan n mens nou wees.Damn!Ons almal raak kwaad vir die tipe ding,maar om jouself so op sosiale media uit te druk..en jy weet wat d gevolge is…stupid.

Maddox ·

Ja-nee, daar is nie pille vir domgeid nie. Vat nou maar jou pakslae soos ‘n man. As ek raad vir jou kan gee, indien jy weer in die toekoms ‘n sosiale webwerf soos faceboek wil gebruik los maar liewers die voggies uit voor jy jou rekenaar se sleutelbord aanvat- sal vir jou baie hartseer en verdriet in die toekoms spaar.

Richard ·

Ek ken die Noordhoek area – very English, en veronderstel om hiper liberaal te wees.

Piet Snot ·

Jy’s reg, Richard.
Maar my ondervinding was baiekeer daar’s niks so verkramp soos ‘n liberaal nie.

Lance ·

Ag bedaar net die tiepe uitlatings kom van alle kante van die spektrum ….en gaan dit regtig ooit verander nie …veral as mense blatant gedreig word ….maar dit is maar ok ….

Eddy ·

Voel dieselfde,die politikuste neuk alles op en ons moet net dankie sê. Ek betaal n pothuis vol belasting en dan mag ek nie eens sport kyk nie. Wonder wat was ons dierbare minister van sport se finansieele bydraes tot ZA. Miskien moet hulle bruggies bou en oor apartheid kom sodat die land en sy mense normaal kan funksioneer

lettie ·

wanneer sal mense leer om nie so stupid te wees om hul rassistiese griewe op sosiale media te plaas. Die wittes word vinniger uitgesnuffel as ander rasse. Gebruik tog jul verstand en hou op ammunisie te gee vir die politieke partye om gal te braak en politieke punte te score. En stert tussen bene om verskoning te vra agterna. Dink voor jy iets plaas!!!!

Flippie ·

Dan is twitter en FB en ook in gesprekke van swartes vol van “umlungu” en “abelungu” waneer hulle na witmense verwys. Dit is ‘n skeldwoord gelykstande aan die K-woord.

En ons aanvaar dit sommer net so as die swartmense na ons wittes verwys as vuil skuim wat deur die see op die strand uitgespoel is.

As ‘wiite die K-woord gebruik is die he’ll los. As hulle die U- word gebruik is dit oraait.

Lou ·

Dis baie jammer. Hy is verby sy rooilyn gedruk en toe knak hy. Hy het nou gesê dat hy jammer is en hy wys opregte berou. Einde van die storie.

Leon Coetzee ·

Hierdie minister is nie van die brightste wat ons al gehad het nie. Hy dink nie aan die skade wat hy veroorsaak nie . Ek is egter klaar met sport , en boikot alles !!

Penellope Jones ·

Die groot probleem is nou dat hierdie tragiese gebeurtenis ‘n bordjie om elke blanke persoon se nek gaan hang. Ek dink nie iemand wat so iets kwytraak op sosiale media besef watter ontsettende skade dit aanrig nie, iets wat ons absoluut nie kan bekostig nie.’
Die ANC se hooftema vir vanjaar se verkiesingsveldtog is rassisme en hierdie gaan seker nou oor en oor gebruik word, en terwyl die ANC baie ontsteld is, is hulle dalk ook heimlik
“verheug” want dit versterk net hul verkiesingsveldtog-tema .
.Dis bitter, bitter jammer en ‘n groot onreg aan diegene wat nie rassisties is nie en ook aan diegene wat nog graag ‘n toekoms in hierdie land wil help bou.

Charlotta ·

Daai bordjie hang lankal om elke witte se nek, of jy nou skuldig is of nie.

James ·

Penellope, wil jy he almal moet hulself mooi gedra sodat die ANC minder stemme moet kry? Jy is ‘n voorbeeld van iemand wat sterk beinvloed is deur poletieke korrekte breinspoeling. Jy stem reeds vir die ANC deurdat jy gehoorsaamheid vir hul patetiese wetteverkondig! Gehoorsaamheid aan die ANC is soos om slagpale toe te gaan sonder te veel verset.

vierkleur ·

Watse toekoms? Soos dinge nou aangaan is daar GEEN toekoms vir SA nie,
behalwe as jy dink Zimbabwe is n lekker land om in te bly.

Die man is heel duidelik geraak deur die regering se rassistiese regstellende aksies. Hy is blank en hy kry nie werk nie,omrede ons uitgesluit is in die arbeidsmark. Snaaks hoe party mense se oogklappe nog nie afgeval het nie

Oom Kalahari ·

Ek stem heelhartig saam met Flippie, Lou & Leen Coetzee se skrywes. Die frustrasie wat die jong man deurmaak met al die diskriminasie wat hy ook daagliks mee moet deel op so jong ouderdom en veral om weer in die beroeps wêreld te kan toe tree, want ek het myself eerstehandse ondervinding daarvan. Die DA is vining om die raskaart te toon teenoor wittes, maar geen doel in hul eie kringe soos teenoor swart student se diskriminasie, ons ge-eerde president met sy sang liedere asook die ANCYL en EFF met hul afwykende stellings en liedere. Waar trek jy dan die streep? Wat sê en waar tree die DA dan ook graag so vining en sterk op teenoor plaasmoorde, Matthew het opreg omverskoning gevra en is uitgelok met ‘n Sport Minister se blatante diskriminerende optredes wat nie in belang van alle Suid-Afrikaners is met kwota en transformasie stelsels nie, maar uitsien na veranderinge wat op meriete gebasseer is en baie jong mense voel al frustreerd oor al die politieke spel wat in alles inmeng en mense se lewens oorneem.

Luister ·

Wie is Matt Theunissen nou eintlik?
Skielik beroemd….of berug?

wynand ·

wanneer betaal die minister van sport die omkoopgeld van die 2010 sokker terug?

Leeukuil ·

Ek is nie ‘n rassis nie. Ek het niks teen Eskimos nie!

a ·

Die man is nog jonk. Hy moet nog uit sy foute leer.Dis nie nodig om hom te kruisig nie.Baie van ons is net so gefrustreerd soos hy. . Toemaar jongman dit sal weer beter gaan. Hou moed en byt vas.

H ·

Ek stem saam hy het ‘n groot fout gemaak en nou is almal op hom. Maar ek onthou nog elke dag “Kill the Farmer, Kill the Boer”. Dis ongelukkig so, die regering steek almal teen mekaar op, en ongelukkig kan mens sien die pot kook nou erg. Jy het ‘n fout gemaak jong man, maak dit reg. En volgende keer moet nie op sosiale media sulke goed kwytraak nie, ek weet ons raak kwaad, baie kwaad. Maar ons uiter dit nie op so ‘n manier nie. sodra ‘n witmens iets sê word daar ‘n klok om sy nek gehang. Want van die goed wat die ANC kwytraak, is dit ok?

Lodewyk ·

Daar is mense wat nooit sal besef hoe diep die wonde van apartheid lê nie, omdat hulle geen empatie het nie, of omdat hulle te jonk is. Wens ek kan hulle wys wat ek in my herinneringe ronddra, hulle sal nooit weer sulke dinge kwyt raak nie!

James ·

Wat van plaasmoorde en die wonde wat dít agterlaat? Haal jou oogklappe af!

Butterfly ·

Lodewyk, ek wil graag meer weet asb. Ek soek al lankal na waarheid van alle kante af. Ek self was te jonk om regtig te weet, gaan ook maar op stories van almal, maar ek besef ook dat dit wat vandag aangaan en sommige van die goed wat wel deur die regering en hul gades verkondig word, wel op leuens gebasseer is.

Nella ·

…en al die Boere en ander blankes wat vermoor word??? Niks maak saak in SA nie behalwe as witmense nou bleikbaar ” rassisties” is!??

J ·

Ek stem nie saam met wat hy gesê het nie. En daar haal hy die 7uur Nuus. Maar elke dag word n blanke vermoor en dit haal nie eens die 7 uur nuus nie. Jy mag n blanke vermoor moet net nie uit frustrasie die K woord gebruik of jou gesig pers verf nie. Dan is die gort gaar

Piet Piper ·

Ja….Maar Julius Malema kan teen die wittes uitvaar soos hy wil en die “bring my Machine-gun ” liedjie kan gesing word en die EFF kan weier om die engelse en afrikaanse insetsels in Nkosi “Sukkel so Le le” in Afrika, te sing……………………..maar dis niks en daarom wat sulke uitbarstings soos hierbo in die berig gebeur.

Pietertjie ·

Die jong man kon eerder moord gepleeg het: dit sou minder skade in hierdie onderstebo land berokken het.

cobus ·

Dink voor jy ink ………dus toe ons met penne geskryf het…….nou is dit dink voor jy die enter knoppie op die sleutelbord druk……ons stem saam met wat hy gedoen het is verkeerd en dus uit frustrasie…….die man het blykbaar n m graad en is werkloos kan iemand nie werk vir hom reel nie asb dit sal die einde wees van sy frustrasie en ledigheid…………

Mr P ·

Ek het twee keer hierdie opmerking ingestuur. Het Vrydagaand na boks op sabc 2 gekyk . Na hoeveel probeer slae kon hulle darem die onderskeie volksliedere kry om gesing te word. Tot my verbasing sing hulle toe die volkslied net in xhosa. Moet dit dan nie in drie tale gesing word nie. Steve mag nie by die afrikaanse feeste die stem sing nie. Hy is nou verhoed om by feeste op te tree. Nou word daar nie n woord gerep nie. HOOP DIE BOODSKAP WORD NOU GEPLUBLISEER.

Ben Prinsloo ·

Henry en Penellope Jones doen ons “rassiste n guns en bewys julle lojaliteit en gaan bly in Alex” Matt Theunissen jy is meer man as baie van ons, jy het die”guts” om die probleem op sy naam te noem. Sterkte vir jou. Hulle noem dan mekaar dieselfde name in die parlement. Hoe nou gehasie?

jaco ·

Die man het glo ‘n M-graad en Kry nie werk nie. Ek het uit daardie selfde frustratie van nie werk Kry nie, my graad-kwalifikasie van my cv afgehaal. Daarna was werk Kry BAIE makliker

zelda ·

Ai mense om soos n straat auntie te kere te gaan,gaan jou niks in die sak bring nie net dat jy nou gemerk is tot die dag van jou dood.S.A. het baie uitdagings wat almal in die oe staar maar die was nie die regte pad gewees om te vat nie,maybe moet jy dalk n ander manier kry om jou mening te lig wat nie met die k woord te doen het nie.

Sarie ·

En wat nou van die twee parlementslede wat mekaar so openlik met die K-woord nogal in die parlement aangeval het. Nogals DA en EFF manne. Hulle het verwys na die oerbetekenis van die K-woord wat ongelowige beteken. Is antie Sparrow al gevonnis? Die onthutse minister se mond kort ook maar blouseep. Hy het weer die M–rwoord gebruik toe hy die Springbokke sterkte toegewens het.

Gert Griep ·

Hierdie minister doen almal n groot guns! Hy raak ontslae van julle blerrie SPORT-AFGOD. Staan op voor die TV en begin iets nuttigs doen met jou naweek!

Hanna ·

Hy het die “K” woord gebruik… watter een, “K”ill the boer, “K”ill the farmer? Now isn’t that ironic?

Hannelie ·

Stem saam Hanna. hoekom het Patricia de Lille nie toe die ANC dit uiter ook na die Menseregtekommissie gehol nie……toemaar ons weet almal hoekom.

Mielie ·

Maak nie saak Wat jy as blanke se nie, die politisie gebruik Wat hulle wil vir hulle voor deel. As hy as blanke n voorstel maak om n positiwe bydrae tot die land gemaak word dit verwerp,as jy hard werk en stil bly Dan ontneem jy hulle van werk, skep jy werksgeleenthede soos bv op plase Dan het jy hulle grond gesteel…..hierdie simpel jong man en die Wat na hom kom gee hulle net skiet goed en dit beteken duisende meer stemme vir die ANC en EFF. Die DA tel nie meer nie, met hulle selektiewe betrokkenheid teenoor blankes is hulle lankal nie meer n waardige party nie. Hulle focus net op nie blanke stemme, en maak staat op die blanke stem in die kaap om dat hulle goed doen daar. N waardige party tree in bres op vir al Sy kiesers en distansieer hom van Wat verkeerd is, ongeag ras.

herman ·

Ag tog, rasisme sal nooit einde kry nie. Dis hier vir ewig en altyd. Dit bly swart teen wit en wit teen swart. Sal nooit eindig nie. Nie in hierdie leeftyd nie. Sulke dinge soos die wat gebeur het, sal ons tot in ewigheid lees. Sterkte boeta, jy het tot uitbarsting gekom en ek dink meeste ander voel ook so maar laat dit net nie op sosiale media uit nie

Josua ·

Patricia jy is die oorsaak dat ek nie meer vir die DA gaan stem nie, ek praat nie die man se aksie goed nie maar verstaan sy frustrasie, dit wys my weereens dat julle regtig nog so nat agter die ore is wat politiek aanbetref, ek het al Indiers en kleurlinge gehoor wat presies die uitlatings gemaak het omdat hulle ook al g…vol is vir die gemors wat die ANC en sy ministers in die land aangejaag het. Daar is net een kultuur in die ANC se oë wat moet “surfive” in die land en dit is swart mense, jy was by die ANC jy behoort te weet. Waarom het jy nie opgetsaan en eerder gesê, kyk wat veroorsaak die ANC in die land net meer rasse spanning en uitlatings soos die, nee maar jy vat eerder die persoon aan om heuning om jou kiesers se monde te smeer m.a.w jy werf dan net swart stemme en nie wit stemme nie. Wie sê dat die man dalk juis vir julle wou stem om te verhoed dat hy in die toekoms dalk nooit weer nodig sal hê om sulke uitlatings te maak nie, jog julle het nog baie om te leer Patricia!!!

Sam ·

Sy jammer maak niks reg nie. Hy was verkeerd einde van die storie en nes Ntokho Qwabe gekruisig was en vir die ek sal tip waneer julle die land terug gee, sal die seun dieselle pad stap. As jy nie iets mooi kan se nie bly eerder stil. As jul dit nogsteeds nie weet nie…SA is al van 1949 nie meer regverdig nie.

m ·

weet maar dat sorry niks hier gaan verander nie. Hierdie tipe uitlatings is kos vir die ander nasies want hulle gaan nou weer vir weke aangaan hieroor. Ai tog mense moet ma net n wag voor hulle monde sit. Mens kan dink wat jy wil ma nie se wat jy dink nie. Moenie probeer aandag soek op social media nie want jy gaan jou vingers verbrand. Ongelukkig word hier in hierdie siek land van ons net na een groep geluister en die simpatie le by hulle nie by ons nie. Leer uit jou foute seun.

neelsie ·

My kultuur en christelike waardes is duidelik verskillend van die van party ander . Dit maak my nie n beter mens nie,inteendeel.
Ek respekteer ander ,maar verwag dit ook van hulle.
As die leiers van n volk so optree dat dit aanstoot gee aan ander kulture , dan hang daar n groot vraagteken oor hulle waardes en leierskap.
Die verantwoordelikheid is aan hulle gegee om n volk te lei ,moenie dit misbruik nie.
Eendag sal die vrae beantwoord moet word………..wat dan? (vra maar vir koning Belsassar! Daniel 5)

Sam ·

Martie.. ek is teen gediskrimineer in my werk. Moes terug staan vir BEE. Ons wil huil maar ons het dieselle aan hulle gedoen. Wat is die verskil? Het ons nie die bed gemaak nie?

Rynhardt ·

THEUNISSEN, jy het net omverskoning gevra vir jou uitlating, want jy het jou vrek geskrik vir MRK (dit is n Gestapo-kommissie wat gestig was om jag te maak op blankes) en De Lille! Die feit dat jy se jy het berou oor alles is vir my pateties en dan gaan kruip jy nog voor die MRK.Theunissen het jy ook berou oor die afgelope 22jaar dat blankes geen toekoms mag he nie, en ook die feit dat ons mense uitgemoor word?? Beide Anc-partye, die Anc en DA was nog nooit aangetree deur die MRK vir hul diskrimminasie teen blankes nie! Ek, Rynhardt verraai nie die Here en Afrikaner/Boervolk nie, en kan voor n vuurpeleton gaan staan!! Ek het n spesiale boodskap vir die DA wat die uitgesproke joernalis, Mckaiser destyds gese het:”How the hell can anybody vote for the DA? It’s suicide!”DA,hoop ek het jou dag met mening opgekikker, want Theunissen kon dit nie doen met jou nie!

ag te maak op blankes!)

Richard ·

On op Sosiale media so te kere te gaan wit of swart help net mooi niks nie. Inteendeel, dit laat gemoedere net nog verder opvlam, en speel baie mooi in die hande van veral die EFF. Die wat nou so galbraak oor die DA omdat hulle gereageer het daarop, moet tog net kennis neem: ‘n Swart DA lid het die veltog begin lei vir daardie kelnerin wat deur swart rassiste geteister was.

Rassime is beide kante toe verkeerd. Viva DA!!!

Joann ·

Se my net wat wil hul dan genoem word???? Altyd is hul K genoem help my net reg asb.want ek weet nie wat hul wil wees nie. Hulle se dan vir ons boere en die U woord en ons moet maar happy wees.

Rynhardt ·

Richard as darem nie kan sien hoe die DA neersien op blankes nie, is daar groot fout!! Jammer, maar ek gaan met oop oe deur die lewe en nie met toe oe nie,weier om daardie Afrikaner-haters te steun!! Jou DA veg nooit vir wittes nie, dit sal nooit by hulle verander nie! Aanbid maar jou DA!

Richard ·

Ek sal dankie Rynhardt – Jy sien, jy kan nie die land maak werk net vir jouself as wit Afrikaner nie. Jy sal en gaan dit nooit regkry nie. Probeer eerder hande vat met mense van alle kuture wat dieselfde waardes, en vrese het. Dan sal jy iewers kom. Sê my bietjie Rynhardt wie gaan dit doen anders as die DA? mmmmm?

Ek ruik ‘n stukkie nostalgie, van blanke bevoordeling by jou …….

Amram ·

Dit is nou ‘n groter verleentheid dat hy sê dat hy dit nie bedoel het nie, en dit vir altyd sal berou. As jy iets te sê het staan dan ten minste daarby.

Rynhardt ·

RICHARD, voor ’94 is my mense van hul land en toekoms beroof op n skurkagtige wyse! Vir 22jaar word ons blankes beroof van n toekoms wat normaal in jou boek is.Jou geliefde DA verteenwoordig niks van ons Afrikanerbelange en kultuur nie! Die realisme van die saak is dat SA is oppad na chaos.Jou geliefde DA-leier, Maumane het op 11Mei2015 gese:”We the DA use the Freedom charter as basis for our party!”.Dit beteken dat jy as blanke, oud en jonk nie n toekoms mag he nie! Ondersteun jou libetale DA, my mense is die Afrikaner/Boervolk!! So sal dit wees by my en opregte, ware Afrikaners!!Jy kan met die grootste plesier val vir jou misleidende DA, ek val nie vir hulle nie!!

Sam ·

En wat van tussen 1949 tot ’94 Rynhardt? Apartheid was reg? Ons is van niks beroof nie Rynhardt, ons kry nou wat ons oupa’s aan hulle gedoen het. Presies dit wat hulle deur gegaan het en gevoel het vir amper 50 jaar, wil jy nou kom kla oor 20 jaar…. Dit wat hulle ken, het hul van ons geleer want dit wat nou gedoen word was al klaar deur die afrikaner/boervolk gedoen! Wil jy kom staan en praat van die afrikaner/boervolk? Jy meen seker die ‘volk’ wat sit agter toe deure en kla, maar steeds soos Richard se nie vir ‘n hel sal jy saam ander kulture staan nie..Nee my maat jy sien in kleur en dit is die rede hoekom jy jou stem sal mors op ‘n party wat nerens sal kom vir die afrikaner volk nie.

Bokram ·

Baie mense voel soos Matt,tenminste hey hy die guts gehad om dit op sosiale media te plaas,die sportverbod is rassisme tot op sy uiterste en ons wittes moet dit maar net aanvaar,raak jy die kluts kwyt en gebruik die K woord dan is die herrie los,maar swart studente loop met ”f the whites en kill the boer hemde en plakate rond en dit word in die openbaar gesing en dit word in die algemeen aanvaar of”ag so what”.Rassisme word deur ons eie regering aan geblaas,daar is n magdom inskrywings op facebook in die verlede van swartes wat die wit nasie dreig en vloek en sleg se,genoeg is mos genoeg,iewers moet iemand die kluts kwyt raak.

Willie ·

Daar was nog nooit sulke rasse haat in SA soos noe nie… met of sonder rede… Daar was nog nooit sulke misdaat, moode, verkargtings en korripsie… Daar was nog nooit so n groot volksmoord nie….
Nou vra ek maar net wie is die ware rassiste… ek kannie onthou dat die in die sogenaamde “Apartheid era” gebuer het nie… en dat die Wittes die Swartes so behandel het nie? Of het ek oogklappe op gehad?

Henriëtta ·

Gooi Matt en Malema, en almal wat soos hulle dink, in die bokskryt en laat hulle mekaar uitsorteer! Sommer al die wat so teem en sanik “we poor blêks” en “ons arme wittes/ blanke volk”, dit gee mens ‘n kramp waar mens nie ‘n kramp wil hê nie man!

Ben Prinsloo ·

Sam jou kommentaar ook nie. Inteendeel dit maak sommige mense meer kriewelrig. Dit is agv die gepeupel waar ons vandag sit waar ons is. Lees my vorige kommentaar.

pop ·

Ek was nooit n rassis of enigiets anders nie. En toe kom ons regering en HANG N BORD OM MY NEK EN MAAK MY EEN. En hier dink ek heeltyd ons kan kies wat ons wil, doen wat ons wil en se wat ek wil, breek af, saai onmin en anargie. Shame toe moes ek hoor net swart mense mag. Nie wittes nie. In die apartheid kon hulle nie in sekere plekke kom en woon nie, maar jy kon dink en se wat jy wou. En alaml was redelik veilig. HUH. waars die demokrasie dan nou heen. Nou doen dit nou asb met ons wittes. Gee ons ook n tuisland, sorg lekker vir ons. Ons het nie passe nodig nie want ons gaan anyway nerens (te gevaarlik) Dis maar net hoe ek nou dink.

Tani ·

Ek was nooit ‘n rasis nie ek was groot gemaak almal is selfde en geen mens verskil nie. My ouers was baie baie streng daaroor. Maar weet julle, die nuwe land en goed wat gebeur het my so verander, ek gee nog steeds baei om vir my mede mense en die mense wat vir my werk se ek kyk baie mooi na hulle. Maar eerlik met alles wat aangaan skole wat afgebrand word, die gedans en vandalisme vir elke liewe ding … maar my so so kwaad en verander so my gevoel tov mense … die hele ding van sport wat nou moet reg gemaak word al kan jy nie die sport doen nie MOET die getalle reg wees hoekom? wat van die Sokker? Rugby sit terug in skole en onderrig in .. maar die sokker voeter net voort??? doen wat hulle wil en getalle is maar ok .. nee wat die regering maak mens rasisties

Theresa ·

Wat het geword van die man wat gesê het wittes se tonge moet uitgesny word en nugter weeet wat nog als. Wat het daarvan geword?
Ek dink hy’t jammer gesê en die saak was nooit weer ïets”nie. So, dan is dit genoeg dat die jong man jammer sê. Hy’t nie iemand vermoor nie – so basta met al die nonsense van kommissies wat hom nou moet onder oë kry. Dan MOET die ander wat die ander so skel, vloek en dreig, ook voor stok gekry word en ons wil dit lees.
Wat word van die hordes wat haatspraak sing wat wittes wil uitmoor en dit sonder skroom sing terwyl hul spring? Hul het GLAD nie jammer gesê nie – nog nooit nie en sal ook nie, want hul wil dit sing.
Wat doen Patricia teenoor dié blatante beledigings??
Komaan. Wees werklik regverdig. Wat tel vir die een, tel vir die ander.
Om iemand te beledig is ongesofistikeerd en simpel.
Om wreedaardige, martelgedagtes uit te spreek teenoor ‘n ander ras – DIT moet opgevolg word. Los die mannetjie nou uit. Fokus op die mense wat aandag dringend nodig het – mense wat nie huiwer om in publiek en media te verkondig watter vreeslike goed hul aan ander wil doen nie. En o ja, hoe vorder jul in hoë posisies om die boere wat so vermoor word te beskerm (net by the way).

M A ·

My dogter, in haar 20s, is wit en het nog nooit gesukkel om werk te kry nie. Sy trek nie haar neus op vir werk nie, al pas dit nie haar geleerdheid nie. Soos die een persoon hierbo sê, sy kwalifikasie het hom gestrem. Wees dus bereid om onder te begin en waarde toe te voeg en jy sal stadig maar seker vorder. As jy moet strate vee, doen dit dan beter as enige iemand anders!

Ben Prinsloo ·

Pop 9 uit 10 vir jou kommentaar. Net 1 punt afgetrek want ek glo nie daar bestaan so iets soos rassisme nie. Hierdie is n idee wat by ons geskep is om ons af te takel. Daar bestaan rasse soos Engelse, Russe, Italianers ens. Elke ras het sy voorliefde vir homself. Is dit verkeerd om n voorliefde vir jou eie volk te hê, is ek agv daarvan n rassis? Maar hierdie selfe gepeupel het baie te sê omdat Israel nie vir die Palestyne nog grond wil gee nie en volgens hulle ook nie die Palestyne wil erken as n volk nie. Tot n standbeeld van Mandela is nou die dag deur hierdie gepeupel aan Palestina geskenk en opgerig. Laat mens dink né.

Chris ·

Opvallend hoe gou Patricia de Lille nou na die MRK wil hardloop. Sy het seker vergeet van die PAC-vergadering wat sy in 1994 bygewoon het en sy moet dit dalk ook aan die SA MRK rapporteer..
Ek kon die volgende knipsel uit die Volksblad/ Rapport van 1994 kon oprakel.
Na die slaging in die St James-katedraal, Kenilworth, Kaapstad, 1994 het Sibusiso Skwatsha van die PAC gesê:
“Ons moet hulle doodmaak in hul kerke. Wanneer hulle in hul kerke sit en hul God aanbid, moet ons hulle doodmaak. Want ons erken nie hulle kerke nie. Die vyand moet doodgemaak word al bevind hy hom ook in kerk of enige ander plek.”
Hierdie bloeddoerstige dreigement is staande en dawerend toegejuig. Dit was in die stadsaal van Umtata. Nog drie uitvoerende PAC-bestuurslede, mnre Barney Desai, Benny Alexander en me Patricia de Lille, was teenwoordig tydens die pleidooi vir nóg kerkslagtings.
Theunissen propageer nie geweld soos wat De Lille toe gedoen het nie. Ooglopend moet net “sekere sondes van die verlede” vir ewig onthou word?

John ·

Mense waaroor gaan ons so aan. Matt het sy mond uitgespoel en hy is nou spyt. Die ANC regeer nou die land en sport is deel van die storie. Die ouens wat aan sport deelneem moet soos hul broers wat ander werk doen, en nog minder as hulle verdien het, besef dat die 60 miljoen of so, oorvat. Sport en grond is volgende op die lys. Wat nou? Is almal wat lief was vir sport bereid om te sterf vir ‘n bal of ‘n kolf of wat ookal? Kinders verval in depressie as hul selfone buite werking is. Ontspan mense! Julle koppe is nog op jul lywe. Dis nie al talent wat die Skepper vir ons gegee het nie. Matt het dit gou genoeg besef. Vergeet van die k-woord, vergeet die hele alfabet. Ons speel in die vyand se hande.

Juan Olivier ·

Die is net ʼn manier om aandag van die swart minister se rassistiese dade te trek.

Whatever ·

Kla wittes, Kla, dis al wat ons kan doen en ons doen dit goed! Ons het nog nooit oorlog gewen nie, maskien ‘n battle of 2 maar nog nooit ‘n oorlog nie. Ons is ‘n bang nasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.