‘Rassistiese’ UJ-dosent afgedank

Een van die dosent se inskrywings op haar persoonlike Twitter-profiel (Skermskoot verskaf deur Solidariteit)

Een van die dosent se inskrywings op haar persoonlike Twitter-profiel (Skermskoot verskaf deur Solidariteit)

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het ʼn dosent wat rassistiese uitlatings op sosiale media gemaak het, afgedank.

Johan Botha, bedryfshoof vir die professionele bedryf by Solidariteit, het Dinsdag gesê die universiteit het bevestig dat Luella Jacobs, ’n dosent in vervoer en verskaffingskettingbestuur in die bestuursfakulteit, afgedank is.

Jacobs is in Mei voorlopig geskors hangende ʼn dissiplinêre ondersoek na haar uitlatings op Twitter. Sy het oor ʼn geruime tyd snedige en afbrekende aanmerkings, spesifiek teenoor wit mense, op haar persoonlike Twitter-profiel gepubliseer.

Een van die dosent se inskrywings op haar persoonlike Twitter-profiel (Skermskoot verskaf deur Solidariteit)

Een van die dosent se inskrywings op haar persoonlike Twitter-profiel (Skermskoot verskaf deur Solidariteit)

Botha het gesê Jacobs se uitlatings was ʼn doelbewuste aanval op wit mense. “Dit is onaanvaarbaar dat iemand in haar posisie sulke rassistiese gedrag openbaar. Ons meen haar optrede het teen die kultuur en beginsels van die universiteit ingedruis en onnodige rassespanning aangeblaas,” het hy gesê.

Hy het die universiteit bedank vir die wyse waarop die klagte hanteer is. “Solidariteit verwelkom die universiteit se bevinding en afdanking van die dosent. Sulke optrede behoort nie deur enige opleidingsinstelling toegelaat te word nie.”

Herman Esterhuizen, ʼn woordvoerder van die universiteit, het bevestig dat ʼn klag teen die dosent ingedien is, dissiplinêre stappe gevolg is en sy afgedank is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Dee ·

Waarom? Hoe sal sy dìt regkry? Sy’s afgedank en nie geskors nie.

Asjas ·

Ek het die persoon uit nuuskierigheid gaan google en op haar Twitter Accout afgekom. Hoe so persoon ander mense oplei gaan my verstand te bowe.
Gaan kyk gerus op die internet wat hierdie persoon alles kwyt raak!! Sy is absoluut vulger en ‘n blatante rasis!

Piet Pompies ·

Luella Jacobs joined the Department of Transport and Supply Chain Management as Lecturer in January 2014. She holds a MBA from the Gordon Institute of Business Science, where she was a top student in Supply Chain Management, and a BCom Hons (cum laude) from Rhodes University. She was awarded two scholarships from Rhodes University: the Allen Grey Post Graduate Scholarship and the Arthur Mellon Junior Lecturer Scholarship. Luella’s competencies include business strategy development and articulation, performance management, benchmarking, project initiation, strategic procurement, warehousing and inventory management, tender process management and logistics planning and systems thinking. Luella has a wealth of experience spans companies like Deloitte, Accenture, Beyond Outsourcing, SAB and the SA Mint where she was the Supply Chain Manager. Luella, welcome aboard the Faculty of Management!

Asjas ·

En nog steeds het sy geen “common sense” om te weet dat in haar posisie kan jy nie alles wat in jou gedagtes opkom uitblaker op social media nie!
Ek dink iemand moet haar kwalifikasies gaan check, haar comments op Twitter is eenvoudig om die minste te se, glad nie in lyn met bogenoemde beskrywing nie.

Deon ·

Wonder maar net hoeveel van daardie verskriklike lys prestasies is werklik en hoeveel is gekoop.

AmY ·

Gaan bietjie na haar twitter profiel. Dis skokkend. Dis om van naar te word. Kan nie glo sy is geleerd nie. Lei sy werklik mense op? Geen wonder ons Universiteite en Kolleges is in so ñ toestand nie.

Gerhardt ·

Sune

Hoekom is rasistiese in aanhaalingstekens?

Sy is mos ‘n rasis of hoe?

Johannes ·

Na my mening is enige iemand wat sulke twak op sosiale media kwytraak maar net ‘n ou klein kaboutertjie.

pop ·

Dis wat sy wou he. Word afgedank met groooot handshake dan is jou volgende pos in die parlement. Dink maar aan die escom mannetjie, (het sy naam vergeet,lolwys hoe belangrik hy is)Zuma maak hom reg vir sy oorblywende leeftyd as president.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.