Rassistiese video: ‘Moet ons nie hieroor straf nie,’ pleit werknemers

Adam Catzavelos. Foto: ‘n Skermskoot uit die video.

Die werknemers van St. George’s Fine Foods, waarvan Adam Catzavelos die voormalige bemarkingsbestuurder is, het ʼn desperate beroep gedoen op ondernemings wat hul sakeverhoudings met die maatskappy beëindig het, om dié besluit te heroorweeg.

Volgens die werknemers hang baie van hulle se welstand en lewensbestaan van die voortbestaan van St. George’s Fine Foods af.

Catzavelos het verlede week gesê hy voel absolute skaamte oor die video waarin hy sy blydskap uitspreek oor die feit dat daar geen “k*****s” op ʼn strand in Griekeland is nie.

Maroela Media het vroeër berig St. George’s Fine Foods het fel deurgeloop oor dié video, met restaurantkettings, waaronder Braza en The Baron, wat hul sakebande met die onderneming beëindig het.

Die werknemers van St. George’s Fine Foods het in die gesamentlike verklaring genoem dat hulle Catzavelos se optrede veroordeel en hulself van die opmerkings in die video distansieer.

“Ons wil dit op die rekord plaas dat die rasse-opmerkings wat deur Adam Catzavelos gemaak is nie teenwoordig is in die werksplek nie en nie strook met dit waarvoor St. George’s Fine Foods staan nie. Ons is ʼn diverse groep van verskillende kulture, rasse en agtergronde wat almal gelyk en met respek en waardigheid in die werksplek behandel word,” lui die verklaring.

Die werknemers het spesifiek gesê Nick en George Catzavelos het hulle nog altyd soos familie behandel, ongeag ras, en werknemers deur moeilike finansiële tye bygestaan.

“Op talle geleenthede het Nick en George vir ons lenings gegee sonder om te versoek dat dit met rente terugbetaal word. Ons het Nick en George nog nooit op enige manier as rassisties beskou nie en ons is nog nooit anders, verneder of ongemaklik laat voel oor die kleur van ons velle nie. Ons ag George gereeld as ʼn vaderfiguur en Nick as ʼn broer binne die besigheid.”

Die werknemers het gesê baie van hulle is broodwinners en sal verlate wees sonder hul poste. “Dit sal onregverdig wees as George, Nick en ons ly as gevolg van Adam Catzavelos se optrede.”

Hulle het verder gesê al sou hulle ander werksgeleenthede kon kry, hulle dit juis nie wil hê nie, as gevolg van hoe die besigheid bestuur word.

“Ons pleit daarom, nie as bestuur nie, maar as werknemers, dat ondernemings voortgaan om handel te dryf met St. George’s Fine Fooods – nie ter wille van die sukses van die maatskappy nie, maar eerder die behoefte van ons en ons gesinne wat nou onder die optrede van ʼn voormalige werknemer gaan ly.”

Die werknemers sê hulle glo die maatskappy kan sonder Adam voortbestaan en dat dit ʼn groot verlies sal wees om so ʼn onderneming ten gronde te laat gaan as gevolg van een man se optrede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Marie Visser ·

Die Woord van God sê elke man sal sy eie pak dra. Niemand kan vir ‘n ander persoon se ongeregtighede boet nie. Die besighede wat nou die ander familie en hul besigheid boikot, is harteloos en bewerk die ongeregtigheid.

Tokkolos ·

Eina lees op ander blad hoe sy BROER sy allie brand
Sê julle Adam het die clip vir hom gestuur en die gevolg is geskiedenis
Oeps moet ek sê toekoms
Adam jy en jou gesin het nou n baie duur les geleer
Sit n wag vooor jou mond jy gaan vir die res van jou lewe met die stigma saam moet leef Sterkte aan almal en ook die werkers

Lollie ·

Ek stem 100% saam met die werknemers. Mens gooi nie ń hele kas tamaties weg omdat daar 1 vrot tamatie in was nie!

Johanita ·

En hoekom nie? Dis dan presies hoe die werknemers en Franchise eienaars destyds met die hele Spur debakel behandel was?

Johanita du Toit ·

En hoeveel van die “werknemers” is dieselfde mense wat destyds met die hele Spur debakel aan die voortou was met “Boikot Spur” en toe nie geworry het oor die weknemers en Franchise eienaars wat niks daarmee te doen gehad het nie, en wat toe ook daaronder gely het nie? Hoekom moet hulle nou enigsins anders behandel word?

Kryger ·

Spur het niemand afgedank nie en ook nie altwee rasse dieselfde hanteer nadat die bom gebars het in ‘n poging om dit wat krom is reg te maak nie.
Adam Catzavelos is afgedank. St George’s fine foods het hulle self duidelik distansieer van hom.
As mens nie die verskil kan sien nie, wil jy dit nie sien nie, want dan het jy ‘n agenda!

marous ·

Verstaan nie . Mense is weg . Plek bestaan nie meer volgens broer . Dit begin nou alles na grieks klink vir my …

christa ·

kan mense so die dam onder die eend uitruk? Mens sou sweer hy het moord gepleeg. Mense is kleinlik verby. Die Bybel se ons moet word soos ‘n kindjie. Kinders is onskuldig en vergewe Nadat ouers nog kwaad is, speel die kinders alweer saam. Mense sal liewer sien dat iemand geruieneer word voor hulle sal vergewe

Nellia ·

Apartheid word so maklik geblameer vir enige rasse of haatspraak.
Het enige iemand al ooit regtig gaan sit en dink….Waar het apartheid regtig begin?
Dit het begin by Piet Retief wat na Dingaan toe gegaan het en samesprekings gevoer het oor hoe die boere en die Zoloes mekaar kan help en bystaan.
Piet Retief het vir Dingaan vertrou en al hulle wapens buite die stat gelaat- om n vreedsame gesprek te voer oor tegnieke en arbeid.
Ons weet almal hoe het daai vergadering afgeloop.
Nou dit is presie waar die eerste sade geplant is oor apartheid en rasse haat.
Grond vergrype het net daarna gevolg.
Hoekom word ons blameer vir apartheid-gaan neuk terug in die geskiedenis,en vat dit van waar dit kom.

Nic ·

Waar in die Bybel lees jy dit? gee asseblief die teks verwysing! My Bybel sê dat jy moet vergewe en jou naaste liefhê soos jouself, nêrens lees ek van vergeet nie. Hoe gaan jy die lesse onthou as jy vergewe en vergeet?

Antiestabliesment ·

Waarom moet julle altyd die Bybel aanhaal of gebruik om jul standpunt te bevestig. Kan julle nie ‘uit jul eie’ vergewe en vergeet nie, moet julle gedwing word deur die Bybel?

Christen ·

Deur ons Christenskap haal ons graag die Bybel aan, deur ons Christenskap is dit ook moontlik om dit in ons eie lewens en leefwyse toe te pas. Ja, ons as Christene deel graag ons geloof en ons Bybel, ons verkondig.

Stuiwer ·

Antiestabliesment, ek stem saam met jou. En raai wat, ek is ook ‘n Christen en glo wat daar in die Bybel staan. Hier is egter iets wat ‘n mens nie met die Bybel kan regmaak nie, maar slegs deur elke person se doelbewuste pogings om dit te doen. Ek glo nie vir een oomblik dat ‘n hele familie hul rug op ‘n ander familielid sal draai op grond van ‘n onbesonne woord wat hy in ‘n oomblik van naïewiteit gesê het nie (dis net ‘n rookskerm). Sal grootouers hul eie kleinkinders se toekoms vernietig? Dit wat hy gesê het, was verkeerd, maar miskien moet die land ophou om op rassisme te konsentreer en eerder die regte misdadigers begin vasvat (diegene wat brand, breek, plunder en moor).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.