Rasteikens in werkplek slaag nie

Argieffoto

Die blote stel van teikens vir rasverteenwoordiging in die werkplek deug nie, het die departement van arbeid se eenheid vir gelyke indiensneming bevind.

Hoewel dit nie so uitgespel is in die verslag nie, blyk die implikasie te wees dat strenger maatreëls om ʼn meer ras- en geslagsverteenwoordigende samestelling in die werkplek te sien (byvoorbeeld kwotas) oorweeg kan word.

Die DA het dadelik die stel van kwotas verwerp en gesê die stelsel van rasse-koppetellery is die probleem – en die oplos daarvan lê in die verandering van die stelsel, nie die verandering van die strawwe nie.

Die jongste syfers oor die vlakke van ras- en geslagsverteenwoordiging in die arbeidsmark is hierdie week tydens ʼn sitting van die parlementêre portefeuljekomitee oor arbeid bekend gestel.

Daarvolgens blyk dit dat die rassamestelling van die ekonomies aktiewe bevolking tans min of meer die bevolkingsamestelling weerspieël, want sowat 79% van die arbeidsmag is swart, 10% is bruin, 9% is wit en 3% is Indiër.

Mans vul 77% van top-bestuursposte en vroue 23%. Sowat 55% van die arbeidsmag bestaan uit mans en 45% is vroue.

Sowat 67% van top-bestuursposte landwyd word luidens die syfers deur wit mense gevul, 15% deur swart mense, 10% deur Indiërs en 5% deur bruin mense.

Interessant genoeg is daar omvattende verskille tussen die staatsdiens en die private sektor wat die rassamestelling van top-bestuursposte betref. In die staatsdiens word 76% van top-bestuursposte deur swart mense gevul, en in die private sektor word 70% van top-bestuursposte deur wit mense gevul.

Die provinsie met die grootste swart verteenwoordiging in top-bestuursposte is Noordwes met 30%. Die provinsie met die kleinste swart verteenwoordiging in top-bestuursposte is die Wes-Kaap met 4%.

Die Wes-Kaap is die provinsie met die grootste wit verteenwoordiging in top-bestuursposte, op 74%. Die provinsie met die kleinste wit verteenwoordiging in top-bestuursposte is KwaZulu-Natal met 23%, wat deels ʼn gevolg is daarvan dat sowat 80% van die land se Indiërs in KwaZulu-Natal woon en dat Indiërs dus baie meer top-bestuursposte vul in KwaZulu-Natal as in ander provinsies.

Wat ongeskoolde arbeid betref is die neiging presies die teenoorgestelde. Sowat 83% van ongeskoolde poste of werksgeleenthede word deur swart mense gevul, sowat 11% deur bruin mense, sowat 1% deur Indiërs, sowat 1% deur wit mense en sowat 3% deur buitelanders.

Die gevolgtrekkings waartoe die verslag kom, is plek-plek onduidelik. So bevind die verslag dat daar ʼn “kommerwekkende neiging” oor buitelanders met betrekking tot ongeskoolde werksgeleenthede is, maar die verslag wys nie uit wat kommerwekkend is nie, en daar blyk uit die syfers ook nie veel van ʼn neiging te wees nie – die betrokke syfer is die afgelope drie jaar presies stabiel – dit het nie eens met 0,1% geskuif nie.

Voorts bevind die verslag op grond van die syfers dat wit vroue en Indiërvroue weliswaar uitstekend verteenwoordig is in top-bestuursposte, maar dat dieselfde nie van bruin en swart vroue gesê kan word nie. Op grond hiervan bevat die verslag die gevolgtrekking dat meer bruin en swart vroue bevorder moet word.

Michael Cordo

Gestremdes bly luidens die verslag se data onderverteenwoordig in die werkplek.

Laastens maak die verslag die gevolgtrekking dat dit nie help om bloot teikens te stel vir rassetransformasie in die werkplek nie – ander stappe moet oorweeg word.

In reaksie het dr. Michael Cardo, die DA-LP op die komitee, te velde getrek teen die verslag se algehele fokus op ras en geslag, en teen van die gevolgtrekkings.

“Na 20 jaar is dit duidelik dat hierdie stelsel van rasse-koppetellery nie in sy doel slaag nie. En die owerheid gaan dit beslis nie beter laat werk deur dieselfde stelsel te volg en net die strawwe te verhoog nie. Die strawwe is nie die probleem nie. Die stelsel is die probleem,” het Cardo gesê.

Hy het bygevoeg dat beter onderwys en opleiding nodig is – nie rassemanipulasie nie.

“Die huidige modelle genaamd swart ekonomiese bemagtiging en billike indiensneming het kennelik op die feite misluk. Dit moet hersien word – mense moet van nuuts af dink,” het Cardo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johan ·

Dit word wêreldwyd aanvaar hoe meer ‘n Regering met die ekonomie inmeng en onnodige wetgewing en beperkings instel, hoe swakker vaar die ekonomie. Die voorstaanders van sterker wetgewing om rassistiese arbeidspraktyke daar te stel, wil moontlik as uiteindelike doel geen witte êrens in ‘n werk sien nie.

Koos Kookwater ·

En DIT is een van die grootste redes hoekom die nuwe SA in so n gemors is Johan. Ek weet. Want Ek werk in n polities korrekte besigheid

jaco ·

Hou alles soos dit is en neem wit mense se stemreg weg. Verhoog ook wit mense se belasting. So word ons dan “gestraf” vir apartheid, maar ons het dan darem werk.

HA.. ·

Hoekom sal hulle dit oorweeg? Bokka se mense wat onbevoeg is hou van baie geld kry vir niks dienslewering..Maar hey dit is mos maar hoe dinge werk in Suid Afrika..Geen wonder alles is n gemors nie..

David ·

Die oplossing is om ondernemings en bankrekenings oorsee te migreer. Betaal besigheids belasting daar. Dit sal die besigheid vrywaar van hierdie onsinnige rassekwotas en daar is baie belasting vriendeliker plekke. (Mens moet jou huiswerk behoorlik doen, dis nie so eenvoudig as wat dit op die oog af lyk nie, maar heeltemal prakties doenbaar)

Natuurlik betaal personeel plaaslik belasting op salarisse, soos tevore, maar die onderneming kan mense aanstel op meriete en nie kwota nie.

Boer-in-die-Wind ·

Mmmmm, het reeds die wiele aan die rol gesit vir belasting emigrasie. Ek is klaar met my belastinggeld in ‘n bodemlose swartgat in te gooi. (No pun intended.)

Johan Maritz ·

Die provinsie wat die beste presteer, lees boonste berig en vind antwoord spreek boekdele ne ANC

Hanna Hoekom ·

Kom ons vergelyk gou staatsbeheerde instansies met privaat beheerde instansies. Need I say more… Meriete is mos n Westerse begrip.

Ig ·

Ek het onlangs geadverteer vir n admin pos met die hoop dat alle rasse sou aansoek doen. Daar was 33 aansoeke en almal was wit. Ek het uiteraard die beste een aangestel en word met elke oudit gepenaliseer omdat daar nie n swart dame ook in die admin afdeling is nie. As jy pienk, wit of swart is en die beste kandidaat is, hoekom n minderwaardige aanstel net omdat sy swart is? Duidelik kan die rasbehebtgeit bespeur word in Sasol, Eskom, Staatsdiens, SAL, Omnia ens ens se afwaartse spiraal

Hannah Van der Merwe ·

Jy kan nie mense aanstel wat nie die ik of integriteit het om n werk te doen nie. Moet daar prentjies geteken word sodat almal dit kan verstaan?????

Diertjie ·

Orals waar ek instap is net swart werkers!!! Wat is Kwota da aan? Ek is 48 jaar jonk n blanke dame en kry nie werk nie!!! En die “mense ” wat werk het sleep voete of toi toi oor een of ander onbenulligheid. Ek Sal wat wil gee om n werk te he. Se maar net

Werner ·

Stel in alle top poste swart bestuurders aan hoe gouer als groet hoe beter

Mariette ·

Die wetgewing hou nie rekening met faktore soos opleiding, bekwaamheid en ‘n korporatiewe waardestelsel wat nodig is om besighede winsgewend te maak nie. Ek weet, want ek werk in ‘n besigheid waar dit moeilik is om sekere ras en geslagsgroepe in jou spesifieke bedrysgroep te akkommodeer en steeds die besugheid vorentoe te vat. Spesifiek op hoër vlakke.

Danie ·

As gevolg van die Anc Regering se beleid van BEE en AFFIRMATIVE ACTION sal Suid Afrika nooit ooit weer ‘n Ekenomiese Mag word in Afrika nie.
Anc beleid is niks anders as om die Blankes te verhinder om in Top poste aangestel te word.
Apartheid teen Blankes word erger toegepas as wat Apartheid voor 1994 toegepas was.

J ·

En dan vra mens hoekom dit in wes kaap beter, baie beter gaan as byvoorbeeld in die vrot noord wes, kyk maar net wie bedryf die verskillende provinsies, moenie glo, maar anc sal liewers verkies dat wes kaap ook vrot word as om die regte ding te doen en liewers begin om mense in noord wes aanstel wat nie kaders is nie

Dirk Breytenbach ·

Wat het SEB nou eintlik bereik sedert 1994? Glo wetmakers regtig dat soiale ingeniurswese agterstande kan uitwis of al ooit in die wêreld enigsins verbeter het? Kyk maar na die ellende in swart woonbuurte waar armoede hoogty vier. Dan is daar nog steeds mense wat sê dat ons moet onthou dat die huidige leier van die ANC ‘n sakeman is wat met ‘n plan werk. Sy “planne” gebaseer op onlangse wetgewing is duidelik rasgebaseerd en beperkend teenoor wit vaardighede wat die land wel vorentoe kan help neem. Wanneer gaan hy besef dat die agterstande van die verlede nie ingehaal kan word deur diegene met vaardighede uit te rangeer en vervang moet word deur mense met beperkte ondervinding, vaardighede en kwalifikasies. So ‘n leier is gevaarlik en bestuur die land in die grond in. Hoekom is verskeie staatsdepartemente en besighede onder die sg. briljante sakeman en politieke leier se wag, in staatsbesit hopeloos bankrot, onderwys stelsel vernietigend, polisie oneffektief, weermag pateties, kragvoorsiening wankelend, nuwe waterbronne nooit ontgin nie, rassehaat weer aan die orde van die dag, rowers maak staat op OSV om iets te besit wat nie aan hulle behoort nie, tradisonele leiers gaan toegelaat word om pseudo regeringstelsels te bedryf en iets soos NGV word aangepak ten spyte van vermanings deur spesialiste dat dit reeds gedoem is tot falings op verskeie vlakke.
Verskerping van SEB beleid en boetes bring net meer ellende en is nie ‘n oplossing vir SA nie.
SEB regulasies en wette kan nie ekonomiese werklikhede omkeer nie.

Landie ·

Apartheid is lankal verby. Die wette wat in plek gestel is om ongelykheid in die werkplek reg te trek ens. is maar eintlik ‘n erkenning dat die BEE kandidate nie op gelyke valk met blankes kan meeding nie. Dit word nou op alle vlakke bewys. Kom ons noem maar net ons skole, waar die slaagsyfer verlaag is, ons universiteite se vereistes wat ook verlaag is. Vandag moet mens as voormalige werkgewer heel skepties na matriek kwalifikasies en grade kyk want dis beslis nie A kandidate wat grade kry nie.

Leon ·

Die ANC alliansie het nie genoeg breins gehad om na 1994 die blankes aan te moedig om swart mense op te lei om bestuurders en top poste te kan beklee nie.
As hulle dit gedoen het, sou meer swartes besighede begin het wat die ekonomie ‘n hupstoot kon gegee het. Dan sou die swart bestuurders meer swart mense in diens geneem het.
Dit sou ongelukkig die ANC se plan om Suid Afrika in ‘n diktatoriale een party staat geskoei op die USSR en Sjina en Kuba in die wiele ry. Dan sou daar te veel kapitaliste wees en hulle sou nie hulle Sosialistiese Kommunisme kan implementeer wat hulle nou so stadig stuk, stuk implimenteer. Die ANC will die hele land besit en beheer en bestuur en maatskappye met hulle kaders in beheer en almal in die land werk dan vir die staat.
In ander woorde, die politieke bestel wat in die USSR en Kuba en Sjina gefaal het.

jaco ·

as die ANC net kommunisme toegepas het soos wat dit in Rusland, Oos-Duitsland en Pole toegepas is, was SA vandag SONDER goed soos:
1. beurtkrag
2. plakkerskampe
3. vuil swak staatshospitale
4. amper 40% werkloosheid
5. slaggate in paaie wat nooit reggemaak word nie
6. lae standaard onderwys waar leerders ongestraf bly wanneer hulle onderwysers aanrand
7. Nkandla-tipe paleise vir staatshoofde
en so kan my lys aangaan. kommunisme het nou wel sy foute, maar dit was nou ook nie so sleg nie. christene is nou wel aan bande gelê, maar selfs daarmee was loopholes. En in elk geval, as regte kommunisme sou beteken ek sou jn ‘n land soos Oos-Duitsland bly waar alles gewerk het, sou ek met liefde n geheime christen geword het.
Dis regtig vreemd dat die ANC se leiers vir jare in ballingskap in die heel goed werkende kommunistiese lande gebly het, maar NIKS daar geleer het nie.

Shawn ·

Dit is hoekom die privaat goed doen en die staat agter uit gaan . Die top bestuur maak n verskil.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.