‘Rasvoorvalle met dubbele standaarde gehanteer’

‘Rasvoorvalle met dubbele standaarde gehanteer’ (Foto: Verskaf)

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag buite die Pretoria-Noordse landdroshof betoog teen sogenaamde dubbele standaarde waarmee hy sê rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word.

Die organisasie het in ʼn verklaring gesê hy het besluit om na dié landdroshof op te ruk omdat “wit-op-swart-aanvalle deurlopend aan die groot klok gehang word, terwyl swart-op-wit-aanvalle grootliks geïgnoreer word”.

Die burgerregte-organisasie het gesê een só ʼn geval is dié van Carel Kruger – ʼn man van Pretoria wat aan die begin van Augustus ten aanskoue van twee gewapende metropolisiebeamptes deur twee verdagtes met ʼn baksteen aangerand is. Kruger se aanvallers het Woensdagoggend in die hof verskyn.

Die organisasie het gesê die sogenaamde KFC-voorval – wat óók in die Pretoria-omgewing plaasgevind het – is nóg ʼn voorbeeld van dubbele standaarde in die Suid-Afrikaanse regstelsel. Maroela Media het vroeër berig ʼn video van die beweerde aanranding, wat by ʼn KFC-restaurant in Montana plaasgevind het, het wyd opslae gemaak nadat dit soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het. Die beeldmateriaal, wat met ʼn selfoon opgeneem is, toon hoe ʼn groep mans na bewering ʼn egpaar aanval nadat die egpaar die mans gevra het om vorentoe te beweeg in die deurrybaan by die KFC-restaurant.

‘Rasvoorvalle met dubbele standaarde gehanteer’ (Foto: Verskaf)

AfriForum meen die saak van Carine van Staden, ook van Pretoria, is ook onregverdig gehanteer en afgemaak. Van Staden is geskiet nadat sy en haar kêrel ʼn man agtervolg het wat hul motorfiets enkele oomblikke vroeër met ʼn militêre voertuig gestamp en toe weggejaag het. Die man het aangevoer hy het gedink Van Staden wil hom kaap, en hy het daarom ʼn skoot afgevuur. Niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, het Woensdag gesê dit is duidelik daar is dubbele standaarde in die hantering van voorvalle waarby ras betrokke is. “Wanneer die slagoffer swart en die aanvaller wit is, word die saak aan die groot klok gehang, terwyl sake soos dié van Kruger grootliks geïgnoreer word,” het Kriel gesê.

Kriel sê AfriForum veroordeel alle voorvalle van geweld ongeag die ras van die slagoffer of die aanvaller.

‘Rasvoorvalle met dubbele standaarde gehanteer’ (Foto: Verskaf)

“AfriForum het die KFC-voorval, soos baie ander instellings, veroordeel, maar wag tot vandag toe dat die minister van polisie, die meerderheid van die media en die sogenaamde ‘black twitter’ die Kruger- en Van Staden-aanval met dieselfde ywer veroordeel as waarmee die geval met die KFC-voorval veroordeel is.

“Vir solank as wat die samelewing onwillig is om alle voorvalle waarby ras betrokke is oor dieselfde kam te skeer, lewer dit geen bydrae tot die verbetering van rasseverhoudinge nie. Inteendeel, dubbele standaarde veroorsaak verdere polarisasie. Daarom sal AfriForum voortaan deurlopend ʼn beroep doen vir die bevordering van wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Fires ·

Die regering stel nie meer belang aan Blanke Afrikaners nie. As hulle hul sin kan kry is ons more almal weg. Ek as n wit Afrikaanse man is gatvol oor wat in die land aan gaan. Ek gaan ook nie verskoning vra omdat ek hier is nie. Afriforum kry asb. n kanaal oorsee op die been sodat die wereld kan sien wat hier aan gaan en sanksies teen SA instel.

manuela de villiers ·

stem absoluut met jou saam. Die media laat dit lyk of die blankes ‘n barbaarse en ‘n aggressiewe, wrede nasie is, maar die swartmense word as onskuldige engele voorgestel. Dis die beeld wat oorsese mense van ons het

Theresa B ·

Ja nee – Die ander mag mos sê en doen wat hulle wil………………………….

Hendrik ·

Fires ons gaan die 10 Oktober, op Krugerdag, ‘n Afrikaner wegbly dag hou waar ons almal by die huis bly. Noodsaaklike dienste personeel is natuurlik uitgesluit want ons is verantwoordelik.
Dit is ook belangrik dat geen winkels op daardie dag indersteun word nie anders voel die besighede nie die impak nie. Is jy in vir die aksie?

De Villiers ·

Hendrik, ek dink daardie voorstel is ‘n stap in die regte rigting. Ek steun Afriforum se aksie hier, maar ongelukkig help dit nie ‘n enkele organisasie doen iets, maar sy ondersteuners daag nie in hulle hordes op soos swartes nie. Dis wat die media haal, waar mense fisies betrokke is. Goed, dis nie in ons kultuur nie om te betoog nie, maar iets moet ons saam kan doen om so ‘n boodskap uit te bring. Kyk hoe goed het ons wegbly-aksie by die Spur gewerk.

Ansie Cloete ·

Dit is absoluut die waarheid. Blankes mag nie rassisties wees nie maar ons swart mede-burgers mag sê net wat hulle wil. Hulle hardloop gou MRK toe. Wat van die blanke boere wat aangeval en/of vermoor word? Gaan hul of hul families MRK toe wanneer die aanvallers aangekeer word?

Theresa ·

Dankie Hendrik.
Afriforum en Afrisake moet asb. optogte of plakkaatvashou geleenthede vooraf bekendmaak op Maroela asb. Sal enige tyd graag deelneem en ek dink meer mense sal. Ek sal spesiaal verlof neem en terugwerk as ek moet. Die skrif is tog al lankal aan die muur: Massa deelname (gelukkig doen jul dit ordelik, wettig en ordentlik – dankie tog!) trek aandag en mense neem kennis. Onthou dit asb.! Dankie vir al die harde werk – baie waardering.

danie ·

Ek wonder hoeveel mense by hierdie betoging was. Afriforum moet ons asb. laat weet wanneer die eerste toi toi optog gereel word, dit sal inderdaad ‘n eerste vir Afrikaners wees.

madels ·

Dis jammer ek het nie eers geweet van die optog nie, ek sou gegaan het, ek stem saam ek wil ook weet wanneer die volgende optog in Pta is, ek sal verseker daar wees!

Neilia ·

Dis maklik om te se bly by jou huis , sommige mense kan eenvoudig nie so dag bekostig nie . Julle besef kontrakteurs is op n no work no pay basis. Ek sal enige tyd n oplossing steun maar die een is verregaande . Vir my man om een dag nie te werk moet hy 3 dae werk om in te haal en die kans dat hulle nie sy kontrak gaan hernu nog groter . Nee wat dink maar aan iets anders .

Eleanor ·

Ek lees baie maar praat min – maar vandag stem ek vir die wegbly dag – en nog verder – ek is eienaar van n klein maatskappy – as ons maatskappye net kan saamstaan om vir een maand nie tax of paye betaal nie sal jy sien hoe vining sal ons wittes se geld gemis word – in geen ander land ter wereld word die meerderheid deur die minderheid ONDERHOU.

Weet almal waar Tax geld vandaan kom – of dink hulle die regering print net nog en nog soos hulle nodig kry – wonder maar net !!!!!

Kim ·

Ek stem 100% saam met jou Eleanor. Tax Belasting noem dit net wat jy wil. So sal die koei wat gemelk word se melk opdroog.

Adriaan ·

Waarom altyd vrae en moddergooi na “regering”. Ons weet waar ons staan met hulle…die vraag moet eerder wees, wat doen die ruggraatlose, amptelike opposisie in SA?

danie ·

Afriforum onttrek aan die saak. Nagklub meisie kan saak op eie verder voer. Afriforum is nie daar om met sulke gevalle betrokke te raak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.