Volgens berigte is Phiri vroeg Woensdagoggend in ʼn hospitaal in Nelspruit (Mbombela) dood ná ʼn kort stryd met longkanker. Hy is twee weke gelede in die hospitaal opgeneem.
Phiri was die stigterslid van die Cannibals in die 1970’s. Hy het later die groep Stimela begin. Dié groep was bekend vir hul albums Fire, Passion and Ecstacy in 1991 en Look, Listen and Decide die jaar daarna.
Phiri was ʼn bekende jazzkunstenaar en sou later vanjaar by die Rocking the Daisies-musiekfees opgetree het.
Die Afrikaanse sanger-liedjieskrywer Anton Goosen het op Facebook hulde gebring aan Phiri. “RIV. Hy was die ghitaarspeler in Stimela en op Paul Simon se Graceland. Ons het eenkeer saam gespeel. Ai…”
Pres. Jacob Zuma het ook hulde gebring aan Phiri. “Hy was ‘n musikale reus. Dit is inderdaad ‘n groot verlies vir Suid-Afrika en die musiekbedryf in geheel. Ons gedagtes en gebede is met sy familie. Mag sy siel in vrede rus.”
RIP, n ware legende!
Rus in vrede, Ray. Jy was ‘n musieklegende!
As ek die bekende se foto of naam weer hoor of sien, sal dit die tweede keer wees.