Razor laat boef sy moses teëkom

Razor by sers. Vincent Upton (Foto: SAPD Oos-Kaap)

Toewyding tot hul taak en die doeltreffende opleiding van die polisie se vierpotige kamerade, het tot die suksesvolle inhegtenisneming gelei van ʼn 30-jarige verdagte in Kariega in die Oos-Kaap.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, sê die honde-eenheid in Uitenhage het Saterdagoggend omstreeks 05:30 dadelik reageer op ʼn klag van ʼn rooftog in Durbanstraat, Kariega.

“Beamptes het vermoed dat die verdagtes steeds op die perseel kon wees. Hulle het die sleutel bekom en kon só maklik toegang kry tot die perseel.”

Razor, ʼn nuut opgeleide lid van die honde-eenheid, het sy kennis ten toon gestel toe hy op die perseel vrygelaat is. “Sy sintuie het dadelik die verdagte uitgewys wat in ʼn deel van die dak weggekruip het. Die 30-jarige man is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van poging tot huisbraak en diefstal, opsetlike saakbeskadiging en die besit van gesteelde eiendom.”

Die man het koperpype en lugverkoelingspype in sy besit gehad.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Kariega-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Diline

Mooi so! Daar is SO baie kriminele in hierdie land, dis om van naar te word

Charl

Mooi Razor, vát hom my honne !!

Sandra

Jinne knap gedaan Razor. Jy gaan nog sommer baie boewe les laat opse met jou skerp neus

Blikkies

Lekker Razor, ek hoop jy kry ‘n lekker groot been vir elke boef wat jy vang….