Rea Vaya-busbestuurders ontslaan

Rea Vaya-busse Foto: joburg.org.za

Rea Vaya-busse Foto: joburg.org.za

Stakende busbestuurders van die Rea Veya-busdiens is na afloop van ʼn dissiplinêre verhoor ontslaan.

“Al die werkers wat aan wangedrag skuldig bevind is, is met onmiddellike effek ontslaan,” het Piotrans, die maatskappy wat die busdiens bedryf, gesê. “Die afgedankte werkers is in kennis gestel van hul reg om te appelleer teen die straf wat aan hulle opgelê is.”

Nagenoeg 160 busbestuurders het twee weke gelede hulle busse verlaat sonder om ʼn verduideliking te verskaf.

Volgens Piotrans het die meerderheid van die busbestuurders nie vir die dissiplinêre verhore opgedaag nie. “Die maatskappy het redelike pogings aangewend om te verseker dat die werknemers kennisgewings ontvang om die verhore by te woon, en het verder seker gemaak dat die betrokke vakbonde in kennis gestel word van die saak.”

Piotrans het gesê 65 busbestuurders is steeds in diens van die maatskappy. “Ons doen ‘n beroep op ons kliënte om geduldig te wees terwyl ons bedrywighede na normaal terugkeer. Die busdienste sal vir die volgende paar weke nog stadig wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Jaag hulle weg, daar is baie ander wat smag na werk, almal skuld hul mos iets.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.