Rea Vaya-busdiens steeds opgeskort

Foto: @RashadMia187 op Twitter.

Foto: @RashadMia187 op Twitter.

Die Rea Vaya-busdiens is steeds opgeskort, het die stad Johannesburg Woensdagaand gesê.

“Die Rea Vaya-busdiens is steeds opgeskort terwyl Piotrans, wat die diens bedryf, dissiplinêre aksie neem teen werkers wat nie opgedaag het vir werk nie,” het Benny Makgoga, woordvoerder van die stad, gesê.

Makgoga het gesê pendelaars wat geld op hul slimkaarte gelaai het, kan die kaarte as debietkaarte gebruik teen einde ʼn terugbetaling te kry.

Nagenoeg 160 Rea Vaya-busbestuurders het Maandag hulle busse verlaat sonder om ʼn verduideliking te verskaf.

Dion Makhura, streeksvoorsitter van die munisipale vakbond Samwu, het vroeër gesê die vakbond wil met die departement van vervoer vergader.

“Daar is baie uitstaande kwessies. Vir nou gaan ons nie dié kwessies in die openbaar bekend maak nie. Piotrans wil met niemand vergader nie. Hulle moet met ons vergader sodat die bestuurders kan sê wat hulle pla. Die departement van vervoer moet ʼn vergadering fasiliteer,” het Makhura gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ladybug ·

Hierdie busdiens was van die begin af gedoem.

Waarom aanhou met iets wat nie werklik ‘n verskil maak nie, en boon-op staak die bestuurders elke nou en dan? Julle mors net geld!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.