Rea Vaya-busse nie Maandag beskikbaar nie

Rea Vaya-busse Foto: joburg.org.za

Rea Vaya-busse Foto: joburg.org.za

Die Rea Vaya-busdiens sal nie Maandag sy dienste hervat nie.

“Passasiers sal Maandag verdere inligting en terugvoer ontvang,” het Benny Makgoga, woordvoerder vir die maatskappy, gesê.

Ongeveer 160 busbestuurders het verlede Maandag sonder enige verduideliking hul busse verlaat. Die bedryfsmaatskappy Piotrans het gesê die bestuurders het nie hul griewe met die bestuur gedeel nie.

Makgoga het gesê die stad Johannesburg en die departement van vervoer het Vrydag ʼn verslag van Piotrans ontvang oor die staking. Die besluit is gevolglik geneem om nie Maandag die dienste te hervat nie.

Besonderhede van die verslag is nie beskikbaar gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.