Rea Vaya-staking verby

rea-vaya.jpg

Argieffoto

Die Rea Vaya-busbestuurderstaking in Johannesburg is verby, het die SA Municipal Workers’ Union (Samwu) Donderdag gesê.

“Ons het ʼn ooreenkoms onderteken, personeel sal Vrydag weer op hul pos wees,” het Dion Makhura, streeksvoorsitter van Samwu, gesê.

Busbestuurders het Maandag begin staak en pendelaars in en om Johannesburg gestrand gelaat. Die bestuurders het geëis dat arbeidsmakelaars afgeskaf moet word, die gedragskode hersien moet word, senior personeellede hul eie skofte moet kan kies, en die vakbond aan nuwe werknemers voorgestel word.

Makhura sê daar is aan al die eise, buiten die feit dat senior personeellede hul eie skofte moet kan kies, voldoen.

Piotrans en Litsamaiso bestuur die bedrywighede van die Rea Vaya-busse.

Dumisani Mntambo, woordvoerder vir Piotrans, het ook bevestig dat ʼn ooreenkoms onderteken is. Hy het Dinsdag gesê Piotrans soek ʼn dringende interdik teen die bestuurders, sodat die staking onwettig verklaar kan word. Hy het gesê die staking is onwettig weens die werkers se eise.

Hy het Donderdag gesê die saak is buite die hof geskik.

MyCiTi-busbestuurders is ook Vrydag weer op hul pos ná ʼn twee dae lange staking in Kaapstad. Klik hier om meer te lees. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.