Reaksie op Abrahams se besluit om Zuma te vervolg

President Jacob Zuma in die Nasionale Vergadering (Foto: Elmond Jiyane)

Verskeie politieke partye en organisasies het reageer op Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, se aankondiging Vrydag dat Zuma wel vervolg sal word.

Abrahams het gesê Zuma sal in die hof moet verskyn en dat daar ʼn redelike kans bestaan dat vervolging suksesvol sal wees. Daar is 16 hoofaanklagte oor 783 beweerde voorvalle van korrupsie (2), bedrog (12), geldwassery (1) en rampokkery (1) wat weer teen Zuma ingestel sal word.

ANC

Die ANC het gesê hy bevestig sy vertroue in die land se kriminele regstelsel en dat almal gelyk is voor die reg. Die party het Suid-Afrikaners versoek om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) die geleentheid te bied om sy werk onverhinderd te doen. “Ons laat geld steeds die die reg in ons land dat almal, insluitend comrade Jacob Zuma, onskuldig is tot hulle skuldig bevind word.”

Die party het Zuma verlede maand beveel om te bedank, ʼn jaar voor sy tweede termyn in die amp tot ʼn einde sou kom.

Demokratiese Alliansie

Mmusi Maimane, leier van die DA, het ook die besluit verwelkom. “Dis ʼn oorwinning vir ons almal wat oor die jare heen baklei het om seker te maak dat Zuma aanspreeklik gehou word vir sy oortredings. Dit begin nou,” het hy gesê.

Maimane het gesê sy party het die aansoek in 2009 hersien, nadat die 783 aanklagte onwettig en ongrondwetlik laat vaar is. “Ons het byna nege jaar lank in die hof baklei en hierdie besluit is geregtigheid vir die besluit om die aanklagte te laat vaar. Nou moet daar geen verdere vertraging wees om met die hofsaak te begin nie,” het Maimane bygevoeg. “Die getuies is gereed, die bewyse is sterk en Zuma moet nou sy dag in die hof hê.”

Maimane het bygevoeg hy sal die party se regspan opdrag gee om dadelik enige poging deur Zuma, om die saak verder te vertraag, teen te staan. “Ons sal ook baklei om seker te maak dat die publiek nie die koste van Zuma se verdediging moet dra nie, iets wat hulle al die afgelope nege jaar lank doen.

“Toe Shabir Shaik op 7 April 2005 skuldig bevind is op aanklagte van korrupsie en bedrog wat met die wapenooreenkoms verband hou, het regter Squires se uitspraak dit duidelik gemaak dat Zuma ook vervolg moet word en dat die bewyse hiervoor “oortuigend en oorweldigend is”.

Vryheidsfront Plus

Die VF Plus het ook Abrahams se aankondiging verwelkom. “Zuma het gesê hy sal graag sy dag in die hof wil hê om sy onskuld te bewys, en nou kry hy die geleentheid om dit te doen,” het Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê.

“Die besluit van Abrahams om Zuma te vervolg is die regte besluit, maar dit is jammer dat dit nou eers ná byna tien jaar en ná die vermorsing van miljoene rande van belastingbetalers se geld gebeur. In die belang van deursigtigheid en vir die belastingbetalers van Suid-Afrika, word die besluit verwelkom.”

Groenewald het gesê die vraag is of die beginsel van deursigtigheid en die belang van die mense van Suid-Afrika waarvan Abrahams melding maak, dan nie veronderstel was om nog altyd te geld nie. “Dit is duidelik dat Abrahams na baie jare nou skielik toegee aan druk en dat dit ʼn poging is om homself te red om in sy pos aan te bly.”

Die VF Plus is steeds van mening dat Abrahams nie bevoeg en geskik is vir die pos van nasionale direkteur van openbare vervolging nie en dat hy so gou moontlik vervang moet word met ʼn bevoegde persoon wat meer waardigheid en integriteit aan die nasionale vervolgingsgesag kan gee.

“Dit was nog altyd die VF Plus se standpunt dat daar ʼn smet aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) kleef weens die beweringe van korrupsie met die wapen-aankopeprogram en die beweringe dat Zuma daarby betrokke was. Hier ontstaan nou ook ʼn geleentheid om die mense van Suid-Afrika in te lig dat, indien daar wel korrupsie was, die persone wat daarby betrokke was, aan die pen gaan ry. Dit kan die beeld van die weermag verbeter vir die toekoms.”

United Democratic Movement

Die UDM het die aankondiging verwelkom en gesê die opposisie moet geloof word dat hy baklei het om seker te maak dat die voormalige president sy dag in die hof kry. Die party het bygevoeg Zuma moet nou die staatsgeld, wat hy die afgelope jaar aan regskoste spandeer het, terugbetaal. Mnr. Zuma moet gedagvaar word vir die R15 miljoen van belastingbetalers se geld wat hy op regskoste verkwis het.”

AfriForum

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ook Abrahams se aankondiging verwelkom. Volgens AfriForum sal adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, die NVG se optrede moniteer om seker te maak dat die vervolging glad verloop.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het Abrahams die besluit geneem dat Zuma vervolg moet word met die wete dat Nel namens AfriForum privaat vervolging teen Zuma sou instel indien die NVG dit nie sou doen nie. Kriel wys daarop dat AfriForum juis ’n privaat vervolgingseenheid onder leiding van Nel tot stand gebring het om druk op die NVG toe te pas om hulle werk te doen. “Ons beskou dus die NVG se besluit om Zuma te vervolg nie net as ’n oorwinning vir AfriForum nie, maar ook vir die beginsel van gelykheid voor die reg,” het Kriel bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Eish ·

Ek vertrou dat dié aanklaer iemand van kaliber sal wees in sy veld en integriteit, so ook die regter.

Johan. H. ·

Doen weg met hierdie “comrade” ,, dis so agter , dof en dom, asb ,, dus nou as julle bietjie vooruit wil gaan ….Hoop net al die geld wat terug gegry word , word goed aangewend en beland nie maar net in die volgend soustryn passasiers se sakke nie,,, Maar soos daaie lysie van die ongelukkigste lande ,waarop ons so hoog gesien kan word, Hou ek egter nie my asem op nie,,

Pieter ·

Die ANCircus se comrade benaming laat maar net hulle uitgediende Kommunistiese onderrok uithang. Die geldgierige Zuma, wat ook in wese n kommunis is, sal sekerlik nou alle proppe trok om die komende hofsaak vry te spring. Sal die keer net ietwat moeiliker wees vir hom, aangesien hy sy eie geld sal moet aanwend.

MAAR soos ons hom ken, sal daar eers n lang uitgerekte hofstryd gevoer word, met die gewone apel op apel en nog n apel tot die Grondwethof, en dan skielik erken hy het nie n saak nie, om hom sover te kry om sy eie koste te dek.

Cor ·

Nou sal ons sien vir hoelank gaan die saak nog uitgerek word. Seker langer as n “ Bungie jump” se rek. Dit rek al vir hoeveel jaar en hoelank nog

Hansie slim ·

“#Abrams for President”… asseblief!!!!
Hy is Zuma se boetie!
Zuma is ‘n deskundige in vertraging taktiek!!

Ella ·

Behoede ons daarvan. Soos wie klink hy op die radio? Hitler of Churchill?

Michael ·

Hoop net Gerrie hou die saak mooi dop Met ons regstelsel stap Zuma nog skotvry uit die hof en die aanklaers gaan tronk toe omdat hulle Zuma aangekla het. want hy se mos ” ek het dan niks verkeerd gedoen nie .Die Urk!!!

E.K. die eerste ·

WAT? Glo my Abrahams ook skuldig aan baie vergrype. En hy weet dit en Zuma weet dit. Die enigste manier om weg te kom is om weereens te veroorsaak dat die vervolging met soveel foute gepaard saal gaan daat dit uitgegooi sal word en hy en Zuma en al die ander soustreinryers gaan wegkom. Jammer julle het nie gistermiddag enuus gekyk en julself ingelig oor wie en wat Abrahams regtig is. LEES asb in die berig hoe VF Plus oor Abrahams voel in hierdie saak. REGTIG! Abrahams as president?? I don’t think so!

Dayan ·

Kyk hoe vinnig gaan Zuma nou Dubai toe verdwyn, want iemand in die regering sal hom help om uit die land uit, “gesmokkel”, te word.

CHRISTA ·

As hy Dubai toe gaan kan ons darem Nkandla in ‘n toeriste-aantreklikheid omskep en die vermorste geld terugkry!! Ek is seker daar is genoeg slaap- en badkamers – veral met so baie vroue sou hy meer as een keer moes shower (shower head and all)!!!

Rupert Ashford ·

Goed so. Laat ons nou sien wat gebeur verder. Die ANC (en Juliass) het vir 10 jaar help konkel om hierdie dag te verhoed so hulle moet nie nou mooi broodjies kom bak nie.

Chris ·

Sou dit gebeur dat Zuma skuldig bevind word op al die aanklagte en tronkstraf daarvoor gaan kry, gaan hy sodra hy in die tronk is dodelik siek word, soos sy maatjie Shabir Sheik, en op siekte parool vrygelaat word, as ‘n man wat binne weke die emmer gaan skop. Met ander woorde, hy lag vir die hof, tronk en vir ons.
Ek hoop Maroela Media gaan hierdie brief van my plaas want vorige briewe met ander onderwerpe wat ek onlangs geskryf het, is nooit geplaas nie. Dit lyk my hulle hou van diskriminasie en plaas net dit wat hulle wil.

Eddie ·

Sou Zuma tronk toe gaan , sal dit ‘n lekker aftrede vir hom wees , gratis luukse verblyf ,kos en klere en mediese dienste ! Menige bejaarde sal hul regterhand gee vir so ‘n aftree pakket !

Blue Butterfly ·

Zuma en sy trawante is meesters met vertragingstaktieke. As (en nie wanneer) Zuma tronk toe gaan, sal hy ‘n “get out of jail free”-kaartjie kry en nog vinniger as Shabir op mediese parool vrygelaat word. Abrahams en sy gespuis het al vir jare ‘n bespotting van ons regstelsel gemaak.

Anoniem ·

Ek bekommer ook dat die staat hom net met ‘n halfhartige poging gaan probeer vervolg. Dit troos darem dat Gerrie Nel ‘n ogie gaan hou.

Is daar nou genoeg gronde on Zuma se paspoort te konfiskeer? Hy is mos ‘n vlugrisiko? Sy bose vriende en seun wag in Dubai.

Sarel Strydom ·

Jammer, dit is vir my te vroeg om fees te vier.1) Die saak gaan aanhoudend uitgestel word want tans met baie sake gebeur. 2) Hirdie saak gaan vir jare duur en Zuma se regsspan sal, soos in die verlede alle pogings aanwend om hom uit die hof te hou. Zuma is bang vir die hof.3) Abrahams keer nou vir sy pos want sy beskermheer is nie meer daar nie, die ander ouens speel Politiek vir 2019 verkiesing.

Tc ·

Ag asb,julle Gerrie aanhangers!!Daar gaan niks van Afriforum of Gerrie se kant af gebeur nie,hulle het nog n geleentheid gekry om gou weer the blaf,dan gaan snork Afriforum en ou Bulhond weer.

Gerrit ·

Die regering het n puik wisk en wetenskap curriculum in 1994 gekry en die standaard so afgebring dat daar nie eers meer onderwysers is wat die vakke ordentlik kan aanbied nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.