Reaksie op stimuluspakket: ‘Dis net lippediens’

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Die planne wat pres. Cyril Ramaphosa nou aangekondig het om ekonomiese groei in Suid-Afrika te stimuleer, klink na blote lippediens aan kiesers en beleggers wat bekommerd en ontevrede is oor die kreeftegang van die land se ekonomie.

Só sê Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, ná pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging oor die sogenaamde stimuluspakket.

“Solank die ANC-regering voortgaan om met skadelike beleid soos onteiening sonder vergoeding beleggers af te skrik en die staatsdiens se doeltreffende funksionering lamgelê word met regstellende aksie (RA), sal geen ekonomiese plan groei bewerkstellig nie, al klink dit hoe goed op papier,” het Groenewald gesê.

Ramaphosa se planne sluit in die stigting van ekonomiese forums om groei te stimuleer, die herprioritisering van openbare besteding om werkskepping aan te help, die stigting van ʼn infrastruktuurfonds en dringende optrede om probleme in die onderwys en gesondheidsdiens aan te pak.

Hy maak ook melding van die verbetering van munisipale infrastruktuur en die noodsaaklikheid daarvan om beleggers in veral mynbou te lok.

“Die VF Plus se standpunt is dat die herprioritisering van openbare besteding om werkskepping aan te help, nie groter skuld en lenings tot gevolg moet hê nie. Die regering moet binne sy begroting bly.

“Hy moenie ʼn werkskepper wees nie, maar sy taak is om deur sinvolle beleid en wetgewing ʼn omgewing te skep wat bevorderlik is vir ekonomiese groei. Dit sal beleggers lok en lei tot werkskepping,” het Groenewald gesê.

Groenewald meen die teenoorgestelde gebeur egter en beleidsbesluite soos onteiening sonder vergoeding rig enorme skade aan wat nie deur ʼn paar welklinkende voorstelle ongedaan gemaak sal word nie.

“Pres. Ramaphosa spel ook nie uit presies hoe hy die planne in werking wil stel en uitvoer nie. Soos by munisipaliteite gesien word, is geld vir instandhouding en opgradering wel beskikbaar, maar ʼn kombinasie van onbevoegdheid en korrupsie maak die uitvoering van enige plan haas onmoontlik.”

Maroela Media het vroeër berig Ramaphosa sê die program bestaan uit vyf hoofpunte. Omdat die regering “beperkte fiskale ruimte” het, sal staatsbesteding herprioritiseer moet word om die program uit te voer, terwyl die regering ook staatmaak op beleggings uit die private sektor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Dereck Le Roux. ·

Vir enige een met verstand weet ons almal dat dit niks anders as lippediens en ‘n wolhaarstorie is maar die storie is nie vir ons ore as die minderheid bedoel nie, dit is bedoel vir die oningeligtes en mamparas wat alles vir soetkoek opeet wat die ANC vir hulle gee om op te eet.

zoom zoom ·

Talk is cheap, but money ? buys the Whiskey. CR glo talk is cheap and Chinese money ? buys SA

Pvt ·

Hou op kla mense.
Kom ons doen iets om die land reg te ruk.
Ek is wit en ek stem saam met die Pres en ek weet dit kan gedoen word maar net met mense wat WIL. Waar daar ‘n WIL is is daar ‘n WEG.
Hou op kla en DOEN iets.

Eish ·

Wat op aarde is iets?
Ons doen al lankal “iets” om ons situasie te verbeter.

Landi ·

Dis net Wit wat Wil, en nie meer KAN nie. Want ons WIT het nie meer werk nie, want ons WIT MAG nie meer werk, en ons WIT SAL MOET grond weg gee vir die wat NIE WIL werk nie! So kom ons fier fees PVT? Of WIL jy begin uitdeel om iets te kan doen? Om te kla, is iets wat gebeur wanneer jy ingedoen, belieg, bedrieg en onregverdig behandel word. Ons doen mos iets…ons kla, en dis al wat ons nog kan doen terwyl ons hande afgekap is.

ag-nee-wat ·

Dit is waarom ons heeltyd verloor. Ons moet ophou dink dat ons met goedgesinde mense werk! Hierdie mense waarmee jy WIL saamwerk om die land “beter” te maak is dieselfde mense wat moet besluit oor of hulle jou besittings gaan kom oorneem. Genoeg is genoeg. Ons gaan slegs vooruitgang maak op ons EIE. Ons moet ons eie land bekom en ons geheel en al afsny van hierdie mense. Hulle het ‘n diep haat teenoor ons wat jy nie gaan wegwens nie.

Snowball ·

Ons doen, ons betaal belasting dat dit by ons ore uitkom en ons is wetsgehoorsaam en selfonderhoudend en ons staan letterlik en figuurlik pa vir ons kinders.

Rob ·

Wel PVT doen dit saam met die Pres en laat my asb weet wanneer dit gedoen is.

hendrik ·

Pvt ek dink nie jy weet dit nie maar jy gaan nie voordeel trek uit sy regrukplan nie. Al wat jy gaan doen is betaal sodat” sy mense” daarby kan baat.

Elred Ferreira ·

Ai….party mense se bedoelings is so goed maar hulle is ongelukkig so naief.Daar is wragtig nog mense wat glo jy kan saam met die ANC werk…hou maar aan met drome droom en gesigte sien,

Jerry ·

Al is dit net lippediens, klink dit darem positief en kan dit gemoedere onder die swartbevolking kalmeer sodat grondhervorming sonder grondgrype kan voortgaan en dat investering betaal vir boere wat onteien word en dat dit nie teen n appel en n ui geskied nie! Ten minste doen CR iets vir sy mense, al is dit net hoop wat hy gee! Wat doen Groenewald vir sy mense, ek weet nie, se jy my?

Mrs H ·

Vir wie het Cyril Ramaphoza gaan advies vra voor inlywing as president? Vir wir het mnr die President tydens inlywing bedank vir al die effektiewe advies Jerry? Die Een en Alleenlik, Mnr Groenewald!

Wouter ·

Cyril Ramaphosa het vele talente, my praat soos ‘n priester, hy kan paddas stadig kook en hy kan muisvalletjies stel.

Snowball ·

@Jerry, as die koek ‘n flop is, kan jy maar ‘icing’ so dik opplak as wat jy wil, die koek bly ‘n flop. Jy wil die ou konfronteer wat uitwys die koek is n flop.

Anoniem ·

Cyril is soos n poppe spel als praatjies en niks gebeur en as iets gebeur dan is dit net tot voordeel van sy nasie. So die witman word weereens uitgelaat maar sy geld is goed want betaal sal ons betaal

humor ·

Dankie Pieter Groenewald vir die inligting. Hierdie foefie is egter so duidelik dat selfs die mees onkundiges onders dit raaksien. Die remmende faktore soos grondonteiening, gebrekkige beleggersbelangstelling, beperkte vermoens van plaaslike privaatsektore asook die sekerlike afname aan toerisme en die onvermoe en korrupsie word nie in perspektief gesien nie.

FPK ·

“Brand Suid Afrika” “jy kla oor die toestand van ons land, wel effen doen iets daaromtrent” ware ware woorde

Geweeg en te lig bevind ·

Ditsem Landi, en intussen verminder die waarde van ons eiendomme en die van ons wat probeer om nog teen ‘n mark verwante prys te verkoop wag vir kopers wat nie bestaan nie. Huurders betaal nie meer hul huur nie. Ons is DIK, DIK vir hierdie nonsens.

Johann Jordaan ·

Alles is in die hande van die spul onbevoegde korruptes. So hulle doen net wat hulle saak kan bevorder soos leë beloftes voor die verkiesing. ‘n Voorbeeld is die aankondiging dat Noordwes se eks premier wat die provinsie vernietig het nou ‘n deel van die regrukspan is!! Wys net op sotterny!!

Realis ·

Ek wil graag by Pvt hoor wat staan ons nog verder te doen. Klink asof hy vol voorstelle kan wees. Ons word al reeds swaar belas met ons swaar verdiende geldjies net sodat die owerhede hul verder daaruit verreik. Slegs n klein persentasie van belasting bereik dit waarvoor dit veronderstel is om aangewend te word, soos ons almal weet gaan die grootste gedeelte aan salarisse van onbevoegde en korrupte amptenare, toelaes aan mense wat moeite doen om die land af te breek ens ens ens. Nee wat, ek sou se ek sweet soos ek iets probeer doen.

Jack Klok ·

Pvt, jy is naief. Die fondasie waarop die ANC hulle “moderne” staat en ekonomie wil bou is sosialisme/kommunisme. Gelykheid is die oorheersende beginsel, almal moet tegelyk by die wenpaal aankom. Of jy nou hard en/of knap en/of eerlik en/of skelm is maak nie saak nie, almal moet GELYK wees, ewe ryk, eweveel grond besit, dieselfde kwalifikasies hê ens.

Ongelukkig het hierdie resep nog nerens in die wereld waar dit toegepas is geslaag nie.

Ramaphosa se planne is net ‘n wenslysie, dit klink pragtig maar hy het niks gesê van die beskerming van privaat eiendom nie, die wegdoen van diskriminasie teen blankes op talle fronte soos voorgeskryf deur regstelende aksie en swart ekonomiese bemagtiging nie, die volgehoue aanvalle vanaf regeringskant op blanke instellings en dan natuurlik ook Afrikaans as onderrigtaal nie.

Nee wat, dis weer ‘n geval waar die berg ‘n spreekwoordelike muis gebaar het. Hoeveel omkeer planne het die ANC nie al gehad nie? Nog nie een het iets opgelewer nie.

Onica ·

Presies, soos alles wat die ANC aanraak… niks is ooit bevorderlikvir enigeiemand nie…. net leë beloftes, verkiesingsfoefie.

Paul ·

Ek sal graag wil sien dat hulle hul doelwit werkskepping op plase kwalifiseer. Hoe wil hulle daardie 1 miljoen geleenthede skep? Eerstens sal ek graag wil sien wat hulle met die huidige plase beoog en hoe hulle glo hulle daardeur meer mense indiens geplaas gaan kry, daar is mos tans mense reeds in diens. Dan sal ek graag wil sien wat hul planne met nuwe boere/plase is en wat hulle projekteer hoeveel geleenthede as gevolg daarvan oor die 12 jaar gaan voortspruit.

Vrydenker Vlakvark ·

Die ANC-leierskap met Cyril Ramaphosa inbegrepe, se geskiedenisrekord van bestuuruitnemendheid sedert 1994 wek geen vertroue by my dat die Suid-Afrikaanse nasie in die volgende 100 jaar enigsins ekonomies volhoubaar wêreldkompeterend kan word nie. Intussen gaan die bevolkingsaanwas ongebreidelde voort. Wie kan my verkeerd bewys? Bring die data.

Chris ·

Nuwe naam nuwe korrupsie. Net n ander manier om vir die kaders te sorg sou dit geimpkimenteer word. Alkes verkoesibgs foefie. Nuwe beloftes vir die nasie wat nie nagekom gaan word nie

Daan Erasmus ·

As die President van “Our People” begin praat dan weet ek hy sluit elke (behalwe ‘n paar) leser van Maroela Media uit. Sy “Our People” is net ‘n sekere groep.

Bolander ·

Die Chinese gaan die werk gee.Dit is al klaar besig om in die Boland te gebeur.Doen bietjie navorsing en sien wat in Wellington in die Boland besig is om te gebeur.

Twakkie ·

Ek het geen vertroue in enigiemand van die ANC gesien uit ‘n Westerse, kapitalistiese oogpunt nie. Solank die meerderheid nie die insette kan lewer wat vir ‘n suksesvolle kapitalistiese ekonomie nodig is nie, gaan ons op die ANC se sosialistiese pad aansukkel. Tans is daar nog genoeg kapitalisme in die privaat sektor om sommige dinge aan die gang te hou. Maar as CR se Ekonomiese Raad nie groot sakemanne bevat nie, weet ek nie wat hy regtig hoop om te bereik nie. Nugter weet hoekom mense dink CR is ‘n “sakeman”.

Johanna Botha ·

JA kom ons bou ! ! Net om te sien as iemand se trein laat is hoe alles opgaan in vlamme ?

Koos de Meyer. ·

Die persoon wat sê dat ons iets moet doen. Hy is ook seker een van daardie klomp wat glo, if you can’t win them join them. Ek is trots Afrikaans maar join them nooit. Ons het nog sedes.

ManieM ·

CR moet liewers minder praat en meer doen. Hy moet gaan kyk hoe doen hulle dit in Rwanda waar die president minder praat maar baie self doen. Hy kan verantwoording gee vir alle geld wat die land inkom en hoe gespandeer was.

Landi ·

Jou wereldjie sou baie anders gelyk het as dit nie vir Groenewald was nie Jerry… N hele klomp stokke is al in die wielle se speke gedruk…is jy blind of astrand aspris ondankbaar?

Wouter ·

Ek sal graag die dag wil sien as hy die kaas uit die muisvalletjie gaps.

Joshua ·

Die Rama-ANC propganda masjien staan gereed om die Boere en vennote te beskuldig en te blameer waneer hul grond onteiening n mislukking is om sodoende nog meer anti-wit haat aan te moedig.

Johann M van Heerden ·

CR is ‘n Zuma ‘light’. Alles praat en niks doen. Probleem is ‘n land is ‘n besigheid. Praat alleen is die ouens goed mee, maar by die doen ontbreek dit aan die werks etiek en algemene waardes. Jy pluk nie voorspoed van ‘n boom af nie. Jy moet werk daarvoor en beplan en langtermyn dink. Ek is baie negatief oor die huidiges stand van sake. Ons sal sonder twyfel beheer oor ons eie sake moet kry op een of ander manier. Weet nie hoe kry jy mense om saam te trek en te werk nie. Tussen die goedgelowiges en die wat jy nie kan vertrou nie is daar nie veel oor nie.

Jerry ·

Ek stem saam met realis. Verder is ek n Afrikaner wat hou van uitdagings soos onderhandelings, muisvalletjies, hinderlae ens. “Bring it on”, ek weet dit alles en nog baie meer, ek is voorbereid daarop, ek weet wat om te verwag en ek weet wat die ANC verwag, hulle gaan egter nie kry wat hulle verwag nie! Dit klink egter vir my dat julle, en dit sluit Lindi en Groenewald in, nie weet hoe om julself binne n muisval te handhaaf nie. Julle vlug vir die situasie, waar mense soos myself ons nog altyd in enige situasie kon handhaaf, of dit teen een faktor is of teen 200 000, ons bly staande en met die genade van Bo, bly ons glo!

jakes ·

CR laat my lag. As ek wil lag sal ek eerder n goeie sirkus besoek en na regte narre luister.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.