Reaksiebeampte in bakkie geskiet

Netcare 911 reageer op ‘n skietery in Phoenix. (Foto: Netcare 911)

ʼn Reaksiebeampte van Durban is Donderdagaand dood in sy motor gevind nadat hy in die kop geskiet is.

Nooddienste en die polisie het Donderdagaand gereageer op ʼn skietery op die Phoenix-hoofweg in Phoenix, Durban.

Netcare 911 is 20:00 na die toneel ontbied. “Terugvoer vanaf die toneel dui daarop dat ʼn gewapende reaksiebeampte in sy motor gesit het wat op ʼn grasbank langs die pad gestaan het. Hy is skynbaar geskiet terwyl hy in sy motor gesit het,” het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

“Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle ʼn middeljarige man met ʼn skietwond aangetref. Die pasiënt is nagegaan, maar het geen tekens van lewe getoon nie en is ongelukkig op die toneel dood verklaar.”

Die polisie in KwaZulu-Natal het bevestig dat die slagoffer in die kop geskiet is en dat hulle die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.