Rèan en Rox-Zee verbreek verlowing

Rèan en Rox-zee (Foto; Instagram)

“Ons is nog lief vir mekaar. Ek was bereid om my hele lewe agter te laat vir hom, maar hulle het ons verhouding in die grond ingedryf. Dit is nié Rèan se skuld nie.”

Ja, Rèan en Rox-Zee, een van die gewildste paartjies in Boer soek ʼn vrou, kykNET se werklikheidsreeks, is amptelik uitmekaar nadat hulle net vroeër vandeesmaand verloof geraak het.

Rox-Zee het Vrydag op Instagram aangekondig dat sy en Rèan nie meer verloof is nie omdat sy ouers nie hul verhouding goedgekeur het nie.

“Ek is die een wat die verlowing verbreek het,” het Rox-Zee aan Maroela Media vertel. Sy vertel dat die verlowing reeds verlede week verbreek is, maar volgens haar kom dié ding al ʼn hele ruk.

Sy vertel dat sy verlede jaar, kort ná die einde van die verfilming van die reeks, by Rèan op die plaas naby Groblershoop in die Noord-Kaap gekuier het. Sy het toe al op sy selfoon ʼn boodskap gesien waarin sy ouers vir hom sê dat dié Engelse meisie nie op die plaas sal aard nie.

“Hulle het gesê hy maak ʼn groot fout om met my uit te gaan en dat ek nooit op die plaas sal aanpas nie.”

Volgens Rox-Zee was Rèan gedurig in die middel en moes hy herhaaldelik verduidelik dat hy haar lief het en dat sy ouers die verhouding moet aanvaar.

Toe Rèan vroeër vandeesmaand op pad Durban toe was om sy “Rox” se hand te vra, het sy ouers wéér ʼn boodskap gestuur om te sê dat hulle nie die verhouding goedkeur nie. Sy vertel dat dit op die ou einde net te veel geword het, waarna sy besluit het om die verlowing te verbreek.

Rèan is gebroke, vertel sy.

“My hart is gebreek. Ek wóú op die plaas bly. Ek het al maande lank meubels vir ons huis op die plaas gekoop. Ek het klaar my trourok gekoop, maar hoe gaan dit werk as hulle my nie aanvaar nie?”

“Die laaste week was nie maklik nie, maar mense moet weet dat dit verby is,” sê ʼn hartseer Rox-Zee.

Rèan het aan Maroela Media gesê hy het geen kommentaar nie behalwe dat dit bloot nie tussen hulle uitgewerk het nie.

Maroela Media het vroeër berig die paartjie het op 6 April verloof geraak nadat hulle tydens die 11de seisoen van die reeks ontmoet het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

147 Kommentare

Leola ·

Nee Kwikkie, glad nie belaglik nie!!…
ñ Mens bereik ñ punt waar jy net nie meer fisies en/of emosioneel KAN nie!
Sy ouers tree totaal onvanpas op. Hulle behoort hulself te skaam!
As daar iemand is wat vir die verhouding “harder” moes baklei het, was dit HY!
My hart voel vir jou, Rox-Zee! Ken die gevoel al te goed!
Baie sterkte vir jou!

Sue ·

Stem saam. Ouers se tyd verby. Hoekom gun hulle nie hulle kind sy geluk met die vrou van SY keuse nie. Selfsugtig verby!

Hanneli Baumann ·

Los die kinders uit ma en pa. Julle trou nie met Roxy nie. Julle staan ‘n goeie kans om julle seun te verloor omdat julle inmeng.

Johann Erwee ·

Elkeen van die ouers het reeds die voorreg gehad om ‘n lewensmaat te kies. Gun u kinders dieselfde keuse. As u seun n fout maak is en bly dit sy keuse. Lank nadat die ouers nie meer hier is nie kan u seun steeds verbitterd loop teenoor u en u besluit.

Karperd ·

Ek is seker Rean se ouers weet wat aangaan. Ek het twee dogters wat ook nie wou luister toe ons as ouers hulle oor verkeerde keuses gewaarsku het nie. Een het vroeg uit haar eie geskei, Want die meneer het by ander vroue rond geslaap. Die ander een is nou al 27 jaar baie ongelukkig getroud en bly by die man net terwille van die kinders omdat die man ander goed bo sy vrou verkies. So, pasop wat julle se, liewers nou uitmekaar as later spyt. Ons ouer mense ken die lewe en weet wat aangaan.

Ida ·

Ag nee dis nou regtig nie goeie nuus nie. Hoekom ouers inmeng in hul kinders se liefde lewe gaan my verstand te bowe. As hy gelukkig is met n Engelse vroutjie is dit mos sy saak. Hul was so spontaan gelukkig. Kyk ek is verstom.

Nicolett ·

ROX, Vat hom terug. Jy trou nie met sy ouers nie, jy trou met hom. Hyt jou gekies en hulle moet maar met dit deal.
Ek bid en dink aan jou.
Sterkte

Rita ·

Nicolett, so maklik is dit ook nie. Vir my is ook gesê ek trou met hom en nie sy ma nie maar dis in die praktyk nie waar nie. Sy familie is part & parcel of the deal.

Monya ·

Ongelukkig is die ouers en familie (beide kant toe) deel van die pakket, en hulle sal altyd in hul lewens inmeng. Dis hartseeer, Rox-Zee is gebroke en sy sou als opoffer om by haar Réan te wees. Ongelukkig kry mens nog ouers wat inmeng en nie wil aanvaar dat hul seun groot genoeg is om sy eie besluite te maak nie. Réan se hele familie kon rerig hader probeer het om haar te aanvaar…. sy is pragtig, binne en buite. Ek ken haar persoonlik en ja, haar hart is stukkend, nes Réan sin. Mag julle twee in die toekoms weer geluk vind. Julle is albei pragtig ….

Maryke Burger ·

Rean en Rox. Onthou wat ek vir jou se Rox. As sy ouers jou nie da wil he nie……..los my engelvrou…..los. huil liewer nou . Voor jul kinders kry. Jy sal nooit ooit goed genoeg wees nie. Ek weet. Is al 24 jaar in dit. Los. Jul was so so n pragtige paartjie. Siestog

Verstaan ·

Ek verstaan ook d seer van nie-aanvaar, vir lank het die Ek-sal-nooit-goed-genoeg-wees my opgevreet, dit het my in myself laat twyfel, alles in twyfel laat trek en later kon ek net nooit ‘n goeie woord van my skoonouers kon glo nie, want wat vandag mooi gesê is moes ek 2dae later van ander hoor is heel verdraai en is ek weer sleg gemaak….dis erg en jy as vrou voel skuldig vir dit waardeur jou man moet gaan en jou man voel skuldig teenoor jou dat hy jou aan so iets blootstel. Herhaardelik opstaan vir ons gesin het ook ‘n groot kraak tussen hom en sy ouers gelaat. Is net so hartseer!

LBS ·

Nou hoe was jou huwelik die afgelope 24 jaar? Nie die moeite werd vir jou en jou man en kinders nie? Dit is ‘n kwessie van die paartjie besluit saam, gaan ons dit maak werk en jammer vir die wat nie daarvoor te vinde is nie en bewys hulle verkeerd, of as jy nie sterk hieroor voel nie, ja, los dan maar. Een persoon kan nie vir ‘n ander hieroor besluit nie.

Sussie ·

A nee a…… Staan op jou voete vir jou geluk en toekoms.

Monya ·

Ek stem 100% saam met jou, liewer nou seerkry, as 3, 4 jaar later.

TinRSA ·

Ouers ken hulle kinders. Liefde is blind maar trou sit die bril op. Dalk maar die beste vir hulle. Self nie gedink dit is die regte match nie.

Zelda Boshoff ·

Ek stem. Ouers sien ver. Ek weet waarvan ek praat. Pleks ek ook maar vir my ouers destyds geluister het. Trou is nie perdekoop.

Natalie ·

Ek was gewaarsku en het na 5 jaar getrou met my man, is 4 jaar later geskei. Hy het my hart verwoes. Ouers weet van beter, hy sal dankbaar wees later

Agpoef! ·

Mense verander ouers dink hul ken hul kinders! Hy is ‘n man en nie ‘n kind nie! Ouers moet ophoun inmeng! Rean veg vir jou liefling!

OOK NIE AANVAAR NIE ·

ROX EK WAS OOK NIE AANVAAR NIE MAAR EK HET STERK GESTAAN EN MET MY MAN GETROU…GLO MY EK HET WEEK EEN AL ALMAL BAIE MOOI LAAT VERSTAAN WIE IS DIE VROU IN DIE HUWELIK EN HUIS IS….EK BEHANDEL HULLE SOOS HULLE MY BEHANDEL….STERKTE MAAR EK DINK JY GOOI TE VI NNIG TOU IN.. DAAI MAN IS WRAGTIG LIEF VIR JOU BAKLEI VIR HOM. MENS HET NET EEN KEER DAAI WARE LIEFDE..EK BID VIR JULLE.

Tokkie ·

Ek wens regtig ouers wil ophou om altyd in te meng. Dit is hulle lewe… Dit is so hartseer ?

Elria ·

Dit is so jammer ek het ook ‘n suster wat so in haar seun se lewe inmeng niemand is goed genoeg nie. Julle is lief vir mekaar. En julle trou nie met die ouers nie. Wees net lief vir mekaar die lewe is kort.

Jakes ·

As jy my vra n klomp nonsense. Ek myself is met n Engelse vrou getroud. As mens lief is vir mekaar kan niks mens keer of stop nie. Die Bybel se egter, die man sal sy ouerhuis verlaat en een word met sy vrou. So dalk moet Rean net eers groot word en van mamma se skoot afklim alvorens hy weer begin liefde soek. Geen vrou soek n man wat nog aan sy mamma vas is nie. Rox-Zee sal vinnig nuwe liefde vind, want die program het haar verseker bekendheid gegee.

Melanie ·

Dis baie hartseer! Hy lyk baie lief vir haar. En sy sal haar lewe oppak en by hom inpas. Dit moet iets se. Dis nie vir ouers om te besluit nie. Elkeen is verantwoordelik vir sy eie geluk. En famielie moet net daar wees vir mekaar in goeie en slegte tye.

LBS ·

Ek glo nie sy het bekendheid nodig om ‘n man te kry nie, sy is mooi en oulik genoeg.
En ja, ek dink ook dit is hier ‘n kwessie van Mommy’s Boy.

Henriëtte Nienaber ·

Rox, jy het die regte besluit gemaak. Dit sal nie werk sonder sy familie se ondersteuning nie. Net jammer hy veg nie vir jou nie, jy verdien beter. Sterkte, bly die pragtige persoon wie jy is. Hy sal sy fout besef.

Wimpie ·

Ek stem Kobus.Hulle moet dit eerder plaas soek n vrou noem

Annapatat ·

Dis beter so. Skoon familie/kinders wat nie van jou hou nie, kan dit baie moeilik vir jou en die res maak.

Annoniem ·

Die saak het seker ook n ander kant? Pasop om te oordeel! Wat was haar aandeel in die ding? Wonder net…….

AH ·

Réan, as jy in jou Hart weet sy is die een vir jou, moet jy jou man staan en haar terugneem al is dit teen jou ouers se wense. Jou ouers behoort nie ‘n sê te hê oor wie jou lewensmaat moet wees nie. Dit is uiters selfsugtig van hulle. Hulle kan jou nie gelukkig maak nie. Net jy kan oor jou eie geluk en toekoms besluit. Doen wat reg is vir jou en jou geliefde. Jou ouers het immers hulle kans gehad of was hul huwelik gereël deur jou grootouers? Sterkte, dit vat ‘n ware man om sy man te staan teen sy ouers…..

Leola ·

Nee Kwikkie, glad nie belaglik nie!!…
ñ Mens bereik ñ punt waar jy net nie meer fisies en/of emosioneel KAN nie!
Sy ouers tree totaal onvanpas op. Hulle behoort hulself te skaam!
As daar iemand is wat vir die verhouding “harder” moes baklei het, was dit HY!
My hart voel vir jou, Rox-Zee! Ken die gevoel al te goed!
Baie sterkte vir jou!

Liewe ouers ·

Ek stem saam. Ouers moet ophou krap waar dit nie jeuk nie. GEEN ouer kan of mag sy of haar kind se lewensmaat kies nie. As jy nie tevrede is met hul keuse hou n brug en kom oor dit. Jy het jou lewe gehad en is getroud met jou keuse los jou kind en sy/haar keuse. Roxy veg vir wat jy wil he en Rian sit jou ouers op hul plek.

Tammy ·

Ai Rox, my hart is seer vir jou… al voel dit nie nou so nie, is die seer wat jy nou het ‘beter’ as die jare van seer wat sou volg, want as hy nou al nie vir jou en julle kan opstaan nie, gaan hy dit nooit doen nie… met party mans ‘trou’ jy ongelukkig wel met sy ouers ook.

B ·

Dit is baie moeilik (maar moontlik) om skoonouers te hê wat jou “guts” verpes.
Ek en my skoonouers “gel” nie lekker nie. Maar ter wille van my man. Gedra ek my en hulle gedra hulle. Indien ons mekaar sien.
Ek het reguit gesê dat ek nie met hulle trou nie! Daai huweliks papier het 2 name op.
Met die genade van bo gaan ons vir 8jaar.
Ons is lief vir mekaar en het besef dat ons nie ons familie kon kies nie maar het mekaar gekies.

En my man het al vir sy ma gesê dat ‘n seun kry ‘n vrou soos sy ma… dan sal die verandering by haar moet begin. (Hehehe)

Charmaine ·

Dit is hartseer om te hoor. Kanni glo ouers kan so selfsugtig wees om in die pad van hul kind se geluk te staan nie. Hulle was die perfekte paartjie en so mooi bymekaar gepas. Met die reeks het ek van die begin af geweet hy gaan haar kies. Sterkte aan albei van julle en ek hoop van harte julle paadjies kruis weer eendag, want julle hoort bymekaar.

Elize ·

Hoekom kan hy nie vir homself besluit nie. Selfsugtige ouers. Wat is hulle rede. Kan sekerlik nie in ons leeftyd nog steeds die feit wees dat sy engels is nie. Kom by mense. En wat maak dit nou saak as daar erens in die toekoms n egskeiding is. Niemand kan dit voorspel nie. My stiefma het ook gese my huwelik sal nie hou nie , wel ons is al 35jaar getroud. Bly ek het nie na haar geluister nie.

Sarah ·

Ouers, ouers? R &R is soos Battery en toach. Wat is regtig rede hoekom jul ni jul harts besluit neem ni. .Lewe is so kort…ek is na 3 mnde saam met ny sieksgenoot getrou. Vir niks en niemand geluister ni. Hy was 25 jr geleen vir my. Hy het vir 25 jr altyd geplaas.
Indien dit nodig is verloor die plaas. Dit is aardse goed. Ruan jy het vir my gekyk soos n nan wat murg het in sy pype…
Hoe gee jy di kosbaarste geskenk prys?
Wat n kans Jy gaan oor 50 jr op die stoep sit en treur oor jou sielsgenoot wat jy laat gaan het…
Jy kan tussen skares wees en di eensaams te mens wees

Lion ·

Goeiste genade julle leef net bladie eenkeer en as julle happy is met mekaar bogger die skoonouers jy kan mos respek wys as jy jou eie hart volg en nog steeds respek wys teenoor jou aanstaande skoon ouers om te bewys jy gee om vir hom en hom nie seer te maak nie ..en al sy belange op jou hart te dra dit klink vermy hulle dink rykdom kan liefde koop.. haha nee wat daar is hulle self happy seker maar in.. maar julle 2pas pragtig saam.. go in for the girl go and get youre man back!!!!

Stemsaam ·

My Skoonma Meng Baie in in my en my man se lewe.Hartseer Vir my is my ouers Hou so Baie van hom.Ons is Al n Jaar getroud.Maar gelukig staan my man altyd op Vir my.Ek Weet dis moeilk maar stem saam jy trou met mekaar nie die ouers ook nie.My ouers los ons uit.Ironie van als is Skoonma is Engels en ek is Afrikaans

Marise esterhuizen ·

My ma was gekant teen my man …maar ek het na my hart geluister en is al amper 7 jaar lank saam gelukkig waar van ons 4 jaar gelukkig getroud is.Roxy jy trou nie met sy ma en pa nie en as hul jou nie like nie is dit fine. Ek sou glad nie my verlowing verbreek het nie ek sou hul inteen deel gewys het ek is hier om te bly en dat hul dit moet aanvaar en klaar kry …vat hom terug..

Janet ·

Dis baie erg. Hy trou met jou Rox. Moenie opgee op liefde nie. Jou ouers word oud. Julle het nog n lewe voor julle. Laat die liefde oorwin. Die bybel se die liefde oorwin alles. Moenie opgee nie julle twee julle is pragtig.

Monya ·

Dit gaan oor die boer, maar ongelukkig is die ouers deel van die boer..

Man-up ·

Vir my klink dit asof Rean opgegee het. Indien dit so is, het Rox die regte ding gedoen. My ma was 36 jaar gelede net so gekant teen my boyfriend (toe nog). Dìt omdat sy nie die goeie kant van hom kon sien nie. Ek het! Ek het deurgedruk en vertrou die Here sou my help. En Hy het. Al was dit onder moeilike omstandighede (my boyfriend toe nog, se ma het gesterf en wie het hy 1ste gebel……my ma!!!). Net daar het hul verhouding begin. Vandag is my ma en my man onafskeidbaar. Ons moet leer om ons instinkte te vertrou en dit in die Here se Hand te los.

Patch ·

Miskien is Rean voor n keuse gestel deur die ouers … Of sy of die plaas??? Sal jammer wees as dit die geval is, hulle het gelukkig gelyk.

Monya ·

Hul albei het opgegee, moeg gesukkel. Ek kry hulle so jammer ..

Ruben ·

Dis verskriklik…daars hoop vir jou my ma sal jou aanvaar hou net daai ring en bring hom saam

Max ·

My seun en sy vrou besig om te skei. Haar ouers sê steeds vir haar hoe en wat sy moet doen. Ook met hulle kind. Sy is een van daardie vroue wat kind weghou van hom en sy familie. Ons sien haar nooit. Hartseer. Kind word gestraf, niemand anders om nie haar pappa te sien.

LBS ·

Max, ek is jammer, dis sooo verskriklik. In ‘n egskeiding is dit ook nie net die ouer wat swaarkry nie, maar ook die Oumas en Oupas. Ek sal iets oorkom as ek my kleinseuntjie nie gereeld kan sien nie. Daarom bid ek daagliks vir hulle en hul huwelik ook.

ChrisE ·

Moelike besluit. Hartsbesluit. Gebedsbesluit. My ma het nooit in my persoonlike sake ingemeng nie. Sy het twee keer in my lewe net vir my gesê, dink mooi. Elke besluit wat jy maak het gevolge. Die eerste keer het ek geluister. Die tweede keer nie. Ek moes maar geluister het. Die ou storie van trou met jou eie mense, kultuur, Godsdiens en ras is nog steeds van toepassing. Al sê jy wat. Moenie jare mors om uit te vind, agter gekom jy het ‘n fout gemaak nie.

Sandra ·

My eks skoonma het ook my huwelik verwoes. Alles oorgeneem- my huis, my kind. Afgepers tot in die afgrond in. Maklik om te sê staan op teen so iemand veral as hulle jou emosioneel afgebreek het en laat glo het jy is niks werd nie.

Maddie ·

Ons het nog net haar kant van die storie gehoor. Laat ons nie oordeel nie.

Lelanie ·

Daars altyd 3 kante van ‘n storie…. Haar kant, sy kant en dan die waarheid…

Alida ·

Ek en my man is al amper 33 jaar getroud. My oorlede skoonma wou daai jare ook nie gehad het ek en haar laatlammetjie moet trou nie, want volgens haar sou ons huwelik nie hou nie. Wel…..ek en my man het mekaar liewe as die lewe self. Ons is BÉSTE vriende en doen alles saam. Ouers weet nie beter nie. Mens volg jou eie hart.

Johann ·

Lelanie, so volgens jou kan geen mens dus eerlik wees nie!

Alida ·

#sunrise #capetown #heavenandearth #picoftheday #photooftheday #westerncape #southafrica #ocean

Elna ·

Ek stem. Ouers moet mooi dink oor wat hulle aan hulle kinders doen. Sies man! Om jou kind weg te Hou van sy groot liefde af!!!!

Ken die gevoel ·

Ek is Afrikaans, my man en sy familie engels, alhoewel sy ma ook Afrikaans groot geword het. Verbreek dit nou, my skoonouers het my nooit aanvaar nie, van dag een totdat albei van hulle dood is. Ons is geskei na ‘n tyd, het weer getrou en nog steeds het hulle my nie aanvaar nie. Die probleem is, die party wat tussen ouers en eggenoot is, word uitmekaar getrek en moet alewig kant kies. Ek vandag bitter spyt en het nie daardie eerste dag my pie gevat en gewaai nie. Hoe graag hy jou wil he en lief is vir jou, sy ouers bly deel van die pakkie en as hulle jou nie kan aanvaar nie, gaan dit nooit werk nie. Huil maar nou, eerder as oor 10 jaar wanneer daar kinders en baie meer is. Ek weet waarvan ek praat.

Tino ·

Ek glo dat God iets te doen het wanneer ‘n man en ‘n vrou bymekaar kom. As julle regtig, regtig vir mekaar bedoel is moet “julle” die besluit neem om bymekaar te wees. Wat sê die Woord van God? “Genesis 2:24 – Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.”

Gc ·

Op n plaas werk dit so…. Mammie en pappie is in beheer… Dis hulle plaas… Hulle swaai die septer.

Been there, done it… Betyds my oë oopgemaak en gehardloop

Sue ·

Ouers se tyd vir voorskryf is verby. Gun julle kind die vrou van SY keuse. Rèan as jy regtig vir hierdie meisie omgee, sal jy nie dat jou ouers aan jou voorskryf wie om te trou nie. Ouers moet hulle kinders se keuse vir ‘n lewensmaat respekteer!

JJ ·

Ek en my vrou het so iets ook beleef.
Maar ek het my verstand gevolg want ek het geweet dit is die vrou wat ek wil trou.
Ek en my vrou is nou 39jr getroud met twee wonderlikke kinders en drie klein kinders.

Dries ·

Mense, die sêding van jy tou met die vrou of die man en nie met die ouers nie werk nie altyd in die praktyk uit nie. Ek kry hulle regtig jammer. Dit is seker die ouers se reg om ‘n mening uit te spreek maar dan moet hulle dit daar laat.
Rox-Zee sou geweldige aanpassings moes maak. Sy is ‘n stadskind en dis een ding om ‘n week of wat op die plaas te kuier maar ‘n ander saak om op ‘n afgeleë plaas te kom bly. As sy ouers ook nog gedurig inmeng en hulle afkeer wys, sou dit die lewe vir haar hel gemaak het, om nie te praat van die spanning wat dit tussen haar en Réan sou skep nie. As die huwelik dan sou verbrokkel hoor ek al hoe die ouers sal sê: Ons het jou gesê!

Elizabeth Avenant ·

Beter as dit sou ek nie kon se nie Dries! Stem 100% saam met jou!

Asjas ·

Ek het ook skoonouers gehad wat my nie aanvaar het nie. Nagte om gele en luister hoe hul my sleg maak en hom daarvan probeer oortuig. Min wetend dat dit ek was wat gesorg het dat hy by hul uitkom. Vandag 6 jaar geskei en ek beter af sonder hom. Ek floreer. My eie kar gekoop en sorg alleen vir my 2 kiddies. En al hoe hul hom laaste 6 jaar gesien het as hul by hom gaan kuier het. Die Bybel se jy sal jou ouers verlaat en jou eggenote aanhang.

Gc ·

Dries, wyse woorde wat jy spreek. Daai aanpassing n kuier op n plaas verskil hemels breed van n lewe op n plaas

Zoe ·

Ek glo mens se ouers het wel meer ondervinding in die lewe en verstaan waaroor die lewe gaan. Maar elke persoons het sy of haar eie keuse van man of vrou kies. Mense se keuses in die lewe verskil en dus sy keuse van n vrou gewees. Het sy engels frans of duits. Wat maak dit saak of sy engels is. Ek is n stadsmeisie groot geword en die aanpassing op die plaas weg van al die gejaag was in die beg8n moeilik. Maar as jy daai persoon lief het kan dit werk. Ek is al 15 jr getroud met n boer. Die groor geheim wat my skoonpa vir my gese het is begin iets om jou besig te hou. Jy kan nie net gaan sit en huisvrou speel nie. En glo my …..ons dorpsjapies maak groter sukses van n besigheid as sommige opregte boerekinders. Sy lyk na n dame wat nie net sal gaan sit nie. En ek glo voor sy die ja woord gegee het , het sy reeds geweet of sal sy aanpas of nie. Ouers sal altyd deel wees maar jou geluk hang nie van hulle af nie. Maar dalk moet hy ook biki man up tensy hy self twyfel

Anni ·

Siestog sien in nuwe huisgenoot vertel hul, hoe kansel toe mik. En ja hy is seker saam Sy pa in boerdery, nou moet hy maak soos hul se.

Ellisras ·

Ek is ‘n ouer. Ek het my dogter al 2 keer gewaarsku. 2 keer het sy nie geluister nie. 2 keer was dit ‘n gemors. OUERS WEET.

Net ek ·

Snert. My pa en skoonmaak het gesê ons huwelik sal nie hou. Beide al oorlede en ons het Februarie ons 38ste huweliksherdenking gevier.

PJC ·

Ja Anni ek wonder ook of sy pa die plaas besit waarop hy boer. Nou stel hul hom voor ń keuse: of die plaas of die meisie.

Virgil ·

Dis nou hartseer om te hoor. Kan ware liefde nie enigiets oorkóm nie?

Sarie ·

My seun ly aan ‘n geestesafwyking. Hy kom nie goed met mense oor die weg nie. Toe hy die dag ‘n dame vra om te trou en sy sê ‘ja’, het ons geweet hy gaan daardie huwelik opvoeter. Om hom te probeer oorreed om nie te trou sou nie werk nie, toe praat ons maat met sy verloofde. Sy was glad nie te vinde om hom te los nie. Die huwelik was een groot flop en hulle is na ‘n paar jaar geskei. Nie ons of ons kind mag sy kind sien nie en ons wonder by die dag hoe lyk ons kleinkind nou. Al wat ons kan doen is maar bid.

Nicolene ·

Réan gaan tien teen een nooit trou nie dis hoekom hy op die progran ‘n vrou moes soek. Sy ouers is heel duidelik die probleem.

Réan jou Ma gaan nie saam jou oud word en jou kinders vir jou baar nie.

Ella ·

Ek sit in die booitjie my skoonma en swaer hou nie van my nie maar na 10 jaar sal hul nie wen nie

Hey Hey ·

Rox because you are beautifull. Ek dink julle huwelik/verhouding sal werk. Hy kan sy skoene agterna skop om weer n girl soos jy te kry. Jy was 100% commit. Ek kry die gevoel hy was nie 100% daar nie. Jou positiewe uitsien was duidelik. Hy kan Durbs toe gaan. Hy kan werk en ervaring kry. Boerdery is die beter leefwyse maar weet nie of dit meer die beste is nie. Hou maar die pad dop as hy te laat daar in die stad aankom…

Wouter ·

Rox ek sal met jou trou. Jy is pragtig en ek is smoor verlief op jou, en jy op my ook jy weet dit nog net nie.

Lewies ·

Onderskat ons nie moontlik die seen van die ouers op ‘n verhouding nie.

Eloff ·

Ouers moet die huwelik seen ja, nie lewensmaats kies nie. Dit is NIE skriftuurlik nie!

Johann cb ·

Ek stem saam Lewies! Ek sê steeds sy erfporsie is in gedrang!

Karolis ·

Die enigste volmaakte huwelik is die een waaraan daar gewerk word.

Niklaas ·

Ek is geneig om my te skaar by die ouers. Hul is gewis wyser en met meer lewens kennis en ervaring. Moontlik het hul ook iets steurends ontdek wat kan lol as hierdie 2 mense trou. Min mense was vanaf die begin baie gerus oor hul 2 se kanse. Daai gevoel van potensiële probleme verwagtings duik soms op met n rede. Maar ja…niks is onmoontlik nie , twyfel bestaan egter. Voorspoed aan hulle !

Leslie ·

Ķarolis ek stem saam. Sommige sê ouers se tyd is verby. .. so asof hulle uit die weg geruim moet word! Hierdie boer het sy ouers ook steeds nodig in sy lewe.

A Mac ·

Nou kan die ouers spog hul seun was op tv, het verloof geraak en hulle het die vooruitsigte vir hul seun vir ‘n gelukkige einde in die grond gedryf. Dis jammer dat sommige ouers hulself die reg opeis om hul volwasse kinders se lewens te lei. Daar is niks verkeerde met raat aan jou kinders maar om hul lewe so te wil oorheers is ‘n heel ander saak. Die plaas is seker ‘n familie plaas en die ouers wou dit seker nie in die “Engelse” se hande laat beland nie.

Morras ·

Eks jammer, maar as hy haar rerig as sy toekomstige vrou gesoek het, sou hy baie harder baklei het. As sy rerig so baie vir hom voel sal sy haar nie vir een oomblik aan sy ouers steur nie! Hulle lewe en hulle geluk. Dit bly hulle keuse wat hulle vir mekaar voel en of hulle in ñ huwelik wil ingaan. Nie die ouers se keuse nie!

Jan Brand ·

Vat die vrou Rean, die staat gaan elkgeval die plaas vat.

Martie ·

Ñ storie het altyd 3 kante.
1. Myne
2. Joune
3. Die waarheid.

As die ou dan so lief is vir haar hoekom laat hy sy ouers inmeng?

En as sy dan so lief is vir hom waarom laat sy dit toe, dit sou my net meer vasbeslote maak om hulle ñ punt te bewys!

Piksie ·

Dis jammer om te hoor. Julle IS great saam. Rox dit vat baie om so besluit te maak. Julle is baie selfstandig en offer baie op. Die ouers is so verkeerd om julle nie jul pad te gun nie… be it good or bad, dis julle lewe om te succeed of te fail. God gave you this path. Hats off to still continue honouring and respecting the parent’s (bad meddling) decision. They want respect but should also give respect. RSA is mourning with you both. ?

Hannah ·

Nie net ken ouers hulle kinders nie, maar ouers ken ook die omgewing en omstadighede waar hulle bly, Verlief of Lief? Daar is ‘n verskil. Geen ouer wat sy/haar sout werd is sal hulle kind probeer seermaak nie, eerder hartseer spaar.
“I do kan “vinnig in “I don’t” verander. Sterkte aan beide.

Naomi ·

Funny…met die braai toe Rox die ouers en vriende ontmoet, het sy ouers op tv gese hoe oulik sy is en hoe mooi sy by Rean pas. Rewind en kyk weet daardie episode. Nog Afrikaners met dubbele standaarde. Toe hy ingeskryf het, en die verhouding groei, kon hulle al iets gese het…maar die ouers het toegelaat dat die verhouding sover ontwikkel…daar gaan my respek vir Rean en sy ouers.

Hannah ·

“Sy het toe al op sy selfoon ‘n boodskap gesien” Nie, “Réan het vir my ‘n boodskap gewys nie. Is dit hoe ‘n nuwe verhouding of huwelik begin? Wonder maar net hardop!

@Hannah ·

Jip. Nogal agteraf en berekend. Sal my nogal wip as iemand my foon fynkam en my boodskappe lees en daarna die inhoud met Kreti en Pleti deel. Swak smaak!

Danien ·

Hoekom alles in die media uitbasyn. Dis nie die eerste verlowing wat verbreek word nie en seker nie die laaste nie. Ouers het dalk n ander kant gesien.

Foxi ·

Ek het al van die begin al af gesê……hierdie twee mense is nog nie volwasse genoeg vir n verhouding nie. Nog te kinderagtig en was te haastig. Leer eers mekaar ken. Niks teen hulle nie, maar die verhouding het te vinnig gebeur.

Winx ·

Ek dink net dit was uiters swak styl van die meisietjie om Rean se ouers in die media sleg te sê of te blameer. Laat my dink aan Jerry Springer. Emosionele volwasse mense met self respek en respek vir ander was nie hul vuil wasgoed in die openbaar nie, maak nie saak wie reg of verkeerd is nie.

Jan Karsten ·

Rox-Zee, jy is pragtig, you can do so much better girl.

Pixie ·

Ouers niemand het vir julle voorgeskryf- hoekom vir julle kind voorskryf ?! Julle is selfsugtig ! Hoekom het hy in geskryf as hy nie sy eie keuse kan maak nie ??!!

Ek Sê Net ·

Nie om snaaks te wees nie maar sommige ouers moet hul neuse uit hul kinders se sake hou en sommige mans moet ophou om aan hul ma’s se rokspante te klou.

En ja ek weet waarvan ek praat. Lank gevat en baie trane gestort, op die einde weet my man nou waarvan ek gepraat het en waaroor ek “gekla” het. Nietemin na dit alles het skoonma niks met ons, of ons kind te doen – wat haar eie keuse is. . . Nie die ideale vrou vir haar seun… of haar keuse van vrou nie.

So ek sê weer sommige ouers moet hul plekke leer ken.
As ek nou die Bybel moet/kan aanhaal “‘n man sal sy ouer huis verlaat en sy vrou aanhang”.

Jax ·

Dis moeilik. Ek self met n Engelssprekende getroud. Na 20 jaar is dit steeds n kulturele aanpassing wat Met wedersydse respek en liefde uitgesorteer word!
My kind is met een getroud vir die verkeerde redes. Ek kan maar net hoop my kind kry nie te seer nie. As ouer kan jy praat, voorbeeld stel en bid – Jy kan nie vir jou volwasse kind voorskryf nie. Dit is ook uiters onvolwasse van die ouers om so op te tree!
Sterkte aan die twee jong mense!

Toetsie ·

Ek stem 100% saam met Jakes! Nee wat mense, as julle 2 opreg lief is vir mekaar, dan MAAK jy dit werk famiele of nie!!! Ware liefde tussen 2 mense het nie plek vir ander se opinies nie, ook nie die van ouers nie – vra my, ek weet!!!! Let wel, ek praat van WARE LIEFDE!

Alida ·

Daar is net een manier om n lewensmaat te kies en dit is die persoon self. Ek kan myself nie sien moeite doen, opoffer en liefdevol teenoor n maat optree vir wie ek nie n ‘spark’ het nie. Dis net uit liefde wat mens daardie goed verniet doen…enigiets anders klassifiseer vir my onder besigheid. Dit sal wees soos om sonder betaling vir n baas te werk.

Marinda ·

If you two are meant to be together, it will happen. No matter what his parents say.

My husband and I were told we won’t last three months. Here we are 33 years later. Still happily married, with life’s little ups and downs.

Annette Havenga ·

Rean staan jou man en vat haar terug baklei vir haar julle hoort bymekaar jou ouers sal wel haar later aanvaar as hul sien sy pas wel aan op plaas ek begin al wonder of dit die enigste probleem is en/of dit nie maar die cherry op die koek was nie sy het dalk net n rede gesoek

Nick ·

Nee wat, dis maar beter girl! As mamma gepraat het moet boetie maar luister shame are kind!!!!

Poefpaf ·

Eintlik net een vereiste vir ‘n huwelik – as julle God saam dien, dan kan alle ander struikelblokke oorkom word.
Maar vir ‘n gelowige en ‘n ongelowige om in dieselfde juk te trek is baie, baie moeilik. As ouer is dit my gebed vir my kind, dat hy ‘n maat sal kry wat sy geloofsoortuiging deel, alle ander verskille soos taal of huislike omstandighede, is menslik oorkombaar.
Slegte situasie hierdie, waar ‘n familie se persoonlike en intieme sake op Instagram gedeel word en sy ouers nou as boos voorgehou word. Dit is swak styl. Dit moes op ‘n beter manier gedoen word. Duidelik ontbreek respek vir die ander partye wat nie hulle wasgoed in die openbaar wil was nie.
Sy ouers is dalk nie ver verkeerd oor die verhouding se kans op sukses nie.

Naomi ·

Word Rean nou ge-“ghoema”? Deur sy eie ouers? Shame. Die wit Afrikaner kan nou maar net nie wen nie. Hier wen kolonialisme…boer teen brit.

Swartwolf ·

Wat ‘n spul snert asof die mikro drama in die noord Kaap erens saak maak…..

SjN ·

Ou mense glo nog aan soort soek soort en daar is niks daarmee verkeerd nie. Hulle moet self die besluit neem.

@SjN ·

Stem saam met jou. Die ou mense was reg oor baie dinge.
SA is ‘n goeie voorbeeld.

Naomi ·

Word Rean nou ge-“ghoema”? Deur sy eie ouers? Shame. Die wit Afrikaner kan nou maar net nie wen nie. Hier wen kolonialisme…boer teen brit. Ja, dit sou seker nog ‘n Anglo- boere oorlog veroorsaak…dan sal de la Rey of die Land nie gewerk het nie. Oom en tannie, wat word van julle kind se geluk? O ja, dit maak nie saak nie, ons moet boer. En dan vat die staat die grond…en jou kind maak ‘n slaghuis oop. Naaste aan boerdery. Shame. Pathetic.

Belinda ·

Rox I know it must be difficult but the two of you have something special don’t let anyone take your happiness away! His parents must wake up and smell the roses. This is your life not theirs. Rean if she is the one fight for her don’t let her go! Thinking of you both xxx

ALLIE ·

Rerig….daar is n berig oor n 8 jare seun wat ernstige beserings opgedoen het geduurende n plaasaanval en almal worry oor twee Reality TV stars waat hul verlowing verbreek het??!?..
Geen hoop…….

Maxi ·

En ouers moet ophou OM VOOR HUL KINDERS SE GELUK TE STAAN.
Dis verstommend hoe selfsugtig sekere ouers kan wees. Ek was ook in dieselfde bootjie. Ek was nie die regte vrou vir my man nie en na 29 jaar is ons nog verlief. Ook stom verbaas dat daar soveel mense is wat in dieselfde bootjie is. Daarom dra ek my skoondogters op my hande en wees net lief vir hul wat hul is. O ja ons het ook een engelse sexy skoondogter. Sy blaas nuwe lewe in die afrikaner huis.

humor ·

Om baie baie ver van sulke foutvinderige, kritiese ouers te gaan vestig maak dit makliker, maar dit is nie altyd moontlik nie.

Elsa ·

Ek stem nie saam dat ouers vir hul kinders wil kies nie. Laat jou kind sy eie geluk kies en laat hulle toe om hulle eie heil uit te werk. Ek moet sê, hier in die Noordkaap neuk dit maar met die Engels en hierdie mense praat net Engels uit selfverdediging!

Besadig ·

“Die Man sal sy ouers verlaat en hy en sy vrou sal een word”

Johann du Toit ·

Maar beter so. Julle gaan op die ou einde albei gelukkiger wees. Hy bly by mammie en hoef nie te kies tussen sy ma en sy vrou nie, Sy mammie het hom net vir haarself en jy is ontslae van familieintriges wat vir jare sal aanhou.

Mercia ·

Dis skokkend dat Rean se ouers nie vir Rox aanvaar nie. So hulle sal eerder hul geliefde seun hartseer en ongelukkig sien. Hoe kan n ma nie haar opvoeding van haar kind die voor deel geen nie.Hy sal mos nie verkeerd kies nie. Wie is die ouers om in hulle kind pad te staan. Sulke liefde Kom net een keer op n mens se pad. Hoe regverdig ouers die optrede. Sou Rean se ma en pa sonder mekaar kon lewe. Dink nie so nie. So wragtie Ek wens die ouers Kom tot hulle sinne. Wat maak die taal saak. Hoe weet hulle Rox sal nie aanpas op die plaas nie, Ek dink sy sal solank sy Rean aan haar sy het. My skoon sus is met n engelsman getroud en dis beslis die beste ding wat met die erg Afrikaans familie kon gebeur het. So Rox if you love Rean go for him. Love will prevale in the end. Sterkte Rean en Rox

humor ·

Magtig jonge Boer staan jou man. sal jy dan lewenslank in die knelgreep van jou ouers moet lewe en selfs nie eens die vryheid he tot n eie lewensmaat nie. Skryf n brief aan jou ouers en stel sake duidelik dat jy lankal mondig is en dat hul geen reg het om beslag op jou lewe te le nie. Staan op man sy is n baie pragtige mooie meisie. Ek sou hoe berge klim, deur diep riviere swem en 12 drake met kaal hande verwurg om haar te kry.

HPV ·

Rox-Zee, wyse besluit om die verlowing te verbreek. Jy is beter af sonder hom en persoonlik dink ek jy kan baie beter doen. Sterkte!

Chelle ·

Darem maar snaaks wat tv en publisiteit kan doen! Los hom Rox! Sy ouers ook!!! Laat hul in vrede gaan! Jy is beter af!

Magda ·

Tipies van ouers wat inmeng. Sien hulle haar as ‘n bedreiging. My skoonma was dieselfde. Wanneer gaan Rean gespeen word van pappie en mammie?? Het hulle hom voor ‘n keuse gestel.

GM ·

As sy so gou op hul verhouding opgee, sou sy beslis nie op ‘n plaas geaard het nie, of hoe? Dit verg immers BAIE deursettingsvermoë.
Wat maak dit saak of sy ouers jou aanvaar of nie? Dit maak familiekuiers bietjie onaangenaam, maar as jul lief is vir mekaar, sou jul daardeur kon werk. Hul goedkeuring is nie als nie. Hul is deel van die pakket ja, maar dit beteken nie die kinders moet inmenging in hul huwelik duld nie. Ma en pa hou immers nie daarvan as die kinders in hul huwelik probeer inmeng nie.

Janep ·

Sleg as ours in hul volwasse kinder se lewe inmeng!! My ex skoonma het niks van die idee gehou dat haar enigste seun met ‘n “Engelse meisie” getrou het nie. Sy’ t vreeslik kwaad gesaai & hy’t geluister.

jan ·

Roxy jy het die regte keuse gemaak Die mannetjie is ‘n giggelhasie en sal altyd aan sy ma se rok se soom vas klou & nooit ooit ‘n man vir jou kan wees nie Gaan kry vir jou ‘n regte man – engels of Afrikaans Jy is ‘n pragtige meisiekind en jy verdien die beste en hy was nie die beste vir jou nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.