Redakteurs wil dringend met EFF praat oor dreigemente

Julius Malema tydens ‘n perskonferensie.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) wil ʼn dringende vergadering met die leierskap van die EFF versoek ná dreigemente in die sosiale media en op politieke saamtrekke deur die partyleier, Julius Malema, en ander leiers jeens meestal vrouejoernaliste.

“Die afgelope week het Malema talle verslaggewers by die naam genoem en ʼn beroep op EFF-ondersteuners gedoen om ‘beslissend met hulle af te reken’,” het Sanef Saterdag gesê ná sy laaste raadsvergadering van die jaar.

“Ná Malema se aanmerkings het ons gesien hoe sommige joernaliste te lyf gegaan word en in die sosiale media sleggesê word,” sê Sanef. “ʼn Verslaggewer is gedreig buite die lokaal waar die Zondo-kommissie [van ondersoek na staatskaping] sit en waar Malema sommige dreigemente gemaak het.

“In ʼn afsonderlike voorval het drie mans ʼn senior redakteur voorgekeer, wat haar naam uitgeroep en haar getart het terwyl sy inkopies gedoen het.”

Die forum sê stappe moet gedoen word om onaanvaarbare, opruiende aanmerkings deur Malema en ander hoë koppe in die EFF stop te sit. Dié gevalle is maar enkele voorbeelde van ʼn reeks neerhalende aanmerkings en dreigemente deur politici jeens joernaliste wat nie geduld kan word nie.

Daar bestaan ʼn werklike gevaar wanneer sulke dreigemente uit die kuberruimte beweeg en fisieke dreigemente word.

“Daar bestaan ʼn werklike gevaar wanneer sulke dreigemente uit die kuberruimte beweeg en fisieke dreigemente word,” meen Sanef. “Kritiek is deel van die demokrasie, maar haatspraak en seksueel mishandelende dreigemente aanlyn en afknouery is buite orde. Dit kan joernaliste se lewe in gevaar stel.

“Dit het ook ʼn verlammende uitwerking in nuuskantore, waar veral jonger verslaggewers bang en geïntimideer voel en dus kritiese beriggewing oor politici staak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Tydmors ·

Redakteurs mors ook weereens hulle tyd. Gee EFF net lugtyd. EFF het na my mening teen alles oorlog verklaar wat nie rooi ondersteun nie.. hy sê hy het “guns” en praat van wittes wat hy gaan “crush” ons is net te slap om dit te verstaan. Hy is op n missie en niemand gaan hom stuit nie.

Asterix ·

Sluit hom toe. Maar hy het mos nou polisie wat mooi na hom kyk. Hy mag dreig maar as iemand hom dreig dan kyk die ANC gov na hom. Hoekom wil hulle met hom praat? Maak ‘n saak teen die man. Hy sal nie luister nie.

Ivan ·

malema gaan hom nog vasloop . hy gaan seer kty. hy is groot mond en kan nie op sy eie staan nie..sit hom in n veld met een witman wat reg is vir hom en kyk waarheen hardloop hy. hy is n lafaard..

Lag lekker ·

Wat klae julle nou so dit is mos wat julle wou he skryf oor die onderdrukte volkie en vee hulle boudjies af maar o wee ons wil ni seer kry nie (gelukkig het ek geleer jy vertrou geen. Dit is wat my geskiedenis my geleer her)

Paul ·

Dis reg dat joernaliste bevrees en bekommerd is dat dit wat Julius daar kwyt geraak het hul lewe in gevaar kan stel. En as Malema sulke opruiende uitsprake teen boere maak, soos hy dikwels in die verlede gedoen het, moet die boere nie ook bevrees en bekommerd wees nie?

En wat maak die owerheid?

Paul ·

Cyril …. helppppp!

Skuus, maar CR ondersteun dan dat boere se grond afgevat word.

Snowball ·

En praat gaan help? VBS plunderaars – kan mens enigsens iets rasioneel, intelligent of eties van hulle verwag?

Swanna ·

Wat ‘n patetiese persoon ou Malema. Maar dit is hoe hierdie tipe mens op tree. Dreig almal met die dood en wat nog alles. Maar wanneer hy dreigemente kry hardloop hy poliesie toe vir beskerming. Die grootste lafaard wat ek nog gesien het. Ook meer bêk as breins. JU JU JY IS ‘N LAFAARD EN ‘N PATEET!!!!!!!!!!

John ·

Die DA het van ‘n trietsige gang ‘n stem op ‘n piesangboks gemaak toe samewerking vir beheer oor munisipaliteite geneem wou word… net te angstig om ook bo te wees. Malema speel katalisator en kry so mag en besef die regering het hom nou weer bitter nodig. Indien die eiensdomwet gewysig word, is die gort gaar. Die kamma ‘ons gaan alles mooi doen’ weet CR sal nooit realiseer nie want die overalls gaan beserk raak… en shame ons kon toe nie keer nie. Hierdie voordansers word juis daar gehou om voor in die linie te stap om die pad oop te boelie vir die grypers se knypers. Dit sou interessant wees om te sien watter oproepe op die meneer se selfoon gebere is… baie…

Anton X ·

Op hierdie stadium sal Malema enigiets doen om in die tronk te beland, en daarom sy vreeslose uitdrukkings.
‘n Jaar of 2 in die tronk sal hom ophemel tot die weerdergebore Mandela en sal sy politieke loopbaan, en president van SA, verseker wees. So ook wereldwye aansien as gyselaar vir die armes. Die res van die verhaal ken ons maar te goed.

M ·

Die MEDIA het malema gemaak. HOU OP DIE MAN SOVEEL LUGTYD GEE DAMMIT. Julle wil nie leer nie.

robert naude ·

Hoekom kla SANEF dan jou ? Julle het hom mos “groot” gemaak in die politieke wêreld met al die dekking wat julle hom gegee het. Moenie nou huil nie. Dit is maar net die vrugte wat julle pluk. Eintlik geen simpatie met julle nie!!!!!!

John ·

Malema trol media vir daaglikse “exposure” en die media val elke dag vir dit.

Johan H. ·

Hond eet hond. Hy hoort in die tronk,weg van polisie beskerming,sodat daar seker gemaak kan word dat hy nie sy gratis strikiegriep medikasie kan neem nie, sodoende tata die luis en dan kan nog n riooldorp na hom vernoem word. Wen-Wen vir hulle almal…

Petrie ·

Dis hoogtyt dat imand begin stappe neem teen hom hy mag se en dien wat hy wil en weg kom da me hy mag raisties wees en hy kom nix oor ni hy mag slagspreuke haat spraak doen en ander gaan trok toe net oor di k woord maar hy en sy party kom nix oor met hulle rasistise aan merkings wens di mense wat hom doodst drygmente gegee het wil dit uit voer wantt as sy bek oop gaan dan sterf da blankes so dink dis tyt dat hy n les geleer word hy sal nogals mooi lyk agter tralies hy en sy trawante

Francois le Cochon ·

Elke keer as Malema die wereld wil “toespreek”, hou hy net ‘n media konferensie waar joernaliste oor hul voete val om dit by te woon, en dan Maleme se sotlike uitlatings gratis vir hom die wereld in te dra. Redakteurs wat met Malema in gesprek wil tree mors hul tyd. Dit gaan my verstand te bowe dat redakteurs enigsing dit voorstel. Is hulle dan regtig so stupid?. Die enigste oplossing is om gald nie verslag oor Malema en die EFF te doen nie.

Koos ·

Hy laat my dink aan die ou ou storie van die fluitspeler wat die kinders na die rivier gelei het toehynie sy sin kon krynie. So eff navolgers, da en anc pasop

H.A. ·

Malema sal niks oorkom. Dit is die anc se derde mag. Die anc doen die praat werk en die eff doen die slaan werk. Komminusme op sy gevaarlikste.

Oom Doug ·

100 percent reg, dink n bietjie.
Duitsland 1938 die bruin hemde.

HPV ·

Malema se aanhitsing tot geweld gaan ‘n ramp in die helhool veroorsaak, mens verstaan nie waarom hy vrye teuels gegee word terwyl elke regsdenkende mens weet dat sy uitsprake op ‘n bloedige konfrontasie afstuur nie. Nee almal wag seker dat dit gebeur om daarna te sê, ons het een of ander les hieruit geleer, dit is tragies en moes nooit gebeur het nie…die ou Afrika manier van sê na menseslagtings plaasgevind het…

ferdi ·

Geen simpati met redakteurs veral wit vroue en mans vir wat gee julle publisiteid aan di man en sy trawante dis julle eie skuld

jakes ·

Ek sal graag si IK wi toets. Lig brand helder maar niemand is tuis nie.

Cornelia ·

Dit is so dat ‘n regering wat self die status van terroriste organisasie dra, nie sy stutpilare mag ondergrawe nie. Elke arm van sy seekat tentakels is deel van sy magsstruktuur. Wanneer die een arm swak word, help die ander een om te oorrompel. Dit is nie ‘n “gentlemans game” nie. Dit is vir hulle soos ‘n skaakspel. Dit gaan nie vir oor produktiewe insette of uitsette nie. Gaan bloot om magsentralisasie en die res te probeer oortuig dat hulle ‘n hele mensdom se individualiteit, vryheid, eie inisiatiewe, intelligensie, daadkrag, ekonomiese insette, kulturele uniekheid, met sluwe taktiek en universele “boikot terme” vervang tot “puppets on a string.” Dis Kommunisme en die term wat ons ook Afrikanisme noem. Die “seekat” lê die wêreld nasies lam. U weet dit uit die tragiese verhale wat al bitter ver uit die agterhoeke vd geskiedenis kom. Wees wakker en sê soos Mnr Toerien aangehaal het: No way José.

Neutraal ·

Die man bou soveel sake teen hom op en niks kom afgehandek nie. Hy en zuma trawante sal nie in my lewenstyd in die tronk beland nie. Seker ook nie na my tyd.

Koos de Meyer. ·

Hy moet maar sy geluk by ons kom probeer met sy groot mond sonder sy blou lig brigade, dan sal ons sien wie is die grootbek.

Johan ·

Die oplossing is eenvoudig. Malema soek nie joernaliste by sy nonsens-praat geleenthede nie. Stop dus ALLE verwysings na die EFF in alle publikasies, TV en radio. Swyg hulle lam….

Robert ·

soos die sêding is: gee hom genoeg tou…… daar is genoeg voorbeelde daarvan

Wolf, Wolf hoe laat is dit? ·

Malema het inderdaad die media gebruik, maar die media is ook nou besig om hom te ontbloot, sy VBS konneksies word uitwys en ta het geen verweer nie. Die dae van kamtige veldtogte teen korrupsie in die Zuma -Gupta era, terwyl hy en sy trawante die VBS help plunder, laat hom nou lyk soos die giftige nar wat hy is. En soos enige swakkeling sonder inbors, kan hy net dreig en opsweep, terwyl hy spaander vir dekking as hy ‘doodsdreigemente’ kry. Al gillend en vingerswaaiend teen korrupsie, terwyl die ander hand lekker agtertoe wys vir geldjies uit die VBS…..die skoen is aan die ander voet en die media rook hom ‘n bietjie. Hoog tyd!!

Wilma ·

Toemaar ou Malematjie. Meer bek as binnegoed. Hyt ni guts. Hy maak soos n psigopaat. Gebruik ander om sy vuilwerk te doen. Hyt vergeet dat God ingegryp het en Peter Mokaba vani aarde verw het. God Slaap Nooit

Ben ·

100% reg! Dink mooi en onthou die UDF. Wie se front was dit ?Al die misleiding en disinformasie. En die media het die meeste van die werk vir hulle gedoen. Die ding het net ‘n ander baadjie aan en die doelwit is nog steeds kommunisme.

Al ·

Waaromñ vergadering met hom belê? Gaan kla hom strafregtelik aan!
Jul is hopeloos te sag metñ arganis wat haat en geweld aanhits.

BOER ·

Vigs se strikkies is ook mos rooi…..Die slow puncture sal hom ook afblaas en dan sal hy eindelik ook sien dat hy is niks nie.Malema se van se baie.Breek hom op dan sien julle ma le ma.Sy arme ma wat moet le vir hom….

Johanna Botha ·

Wel die media gee hom al die bloodstelling nou kla julle ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.